Tranströmer in Junie
2013/01/12 in Uncategorized
Uit Mörkerseende 1970 p183
Asemskep Julie
Tomas Tranströmer
Hy wat op sy rug lê onder die hoë bome
is ook daarbo. Hy sprei homself uit in duisende takkies
swaai heen en weer,
sit in ‘n uitskietstoel wat lostrek teen stadige spoed.
Die man daar by die piere kyk met skrefiesoë na die water.
Die piere word vinniger oud as die mense.
Hulle houtwerk is silwergrys en hulle het klippe in hulle mae.
Die verblindende lig slaan reg deur.
Die man vaar heeldag in ‘n oop boot
oor die glinsterende seestrate
sal uiteindelik slaap in ‘n blou lamp
terwyl die eilande soos groot motte oor die glas kruip.
Uit Sweeds vertaal deur De Waal Venter
Andrum Juli
Den som ligger på rygg under de höga träden
är också däruppe. Han rännilar sig ut i tussentals kvistar



Recent Comments