Profile photo of De Waal

by

Tomas Tranströmer oor die Tweede Wêreldoorlog

2012/12/24 in Uncategorized

 

Die vergete kaptein

Tomas Tranströmer

Ons het baie skadu’s. Ek was op pad huis toe
in die Septembernag toe Y
uit sy graf klim na veertig jaar
en my begin geselskap hou.

Eers was hy heeltemal leeg, net ‘n naam
maar sy gedagtes het vinniger geswem
as wat die tyd loop
en ons ingehaal.

Ek sit sy oë oor my oë
en sien die oorlogsee.
Die laaste boot waarvan hy kaptein was
neem vorm aan onder ons.

Voor en agter kruip die Atlantiese konvooi,
die skepe wat sou oorlewe
en dié wat die Merk dra
(onsigbaar vir almal)

terwyl slapelose nagte mekaar aflos
maar nooit hom nie –
reddingsgordel onder sy oliejas.
Hy het nooit tuisgekom nie.

Dit was ‘n interne geween wat hom laat doodbloei het
in ‘n hospitaal in Cardiff.
Hy kon uiteindelik gaan lê
en in ‘n horison verander.

Totsiens elf-knope konvooie! Totsiens 1940!
Hier eindig die wêreldgeskiedenis.
Die bomwerpers het bly hang.
Die heidvelde het geblom.

‘n Foto van vroeg hierdie eeu wys ‘n strand.
Daar staan ses seuns in netjiese klere.
Hulle hou seilbootjies in hulle arms.
Watter ernstige gesigte!

Die bote wat lewe en dood vir party van hulle beteken het.
En skrywende oor die dooies –
dit is ook ‘n spel wat swaar word
met wat nog moet kom.

Uit Sweeds vertaal deur De Waal Venter

 

Tomas Tranströmer

Den bortglömde kaptenen

Vi har många skuggor. Jag var på väg hem
i septembernatten då Y
klev upp ur sin grav efter fyrti år
och gjorde mig sällskap.

Uit:
För levande och döda 1989

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published.


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>