Avatar of De Waal

by

Antonio Machado in Afrikaans

2012/08/19 in Uncategorized

Antonio Machado

Jeugherinnering

Antonio Machado

‘n Grys namiddag en koud
in winter. Die leerlinge
leer. Eentonige
reën teen die vensters.

Dis tyd vir klas. Op ‘n plakkaat
word Kain afgebeeld
wat vlug, en Abel is dood,
naby ‘n bloedrooi vlek.

Met ‘n diep, weergalmende stem
dreun die onderwyser, oud
en swak aangetrek, maer en droog,
wat ‘n boek in sy hand vashou.

En die hele kinderkoor
sing die les:
“duisend maal honderd is honderd duisend;
duisend maal duisend is ‘n miljoen”.

‘n Grys namiddag en koud
in winter. Die leerlinge
leer. Eentonige
reën teen die vensters.

Uit Spaans vertaal deur De Waal Venter

Antonio Machado is in Seville gebore en het na Madrid verhuis op agtjarige ouderdom. Hy het in Parys studeer waar hy gewerk het as vertaler. Daar het hy in aanraking gekom met bekende Simbolisitiese Franse digters, onder andere Paul Verlaine. Hy het hom bekwaam as onderwyser.

Hy het teruggekeer na Spanje en vanaf 1907 klas gegee in die Soria in Castile. Daar het hy sy vrou Leonor ontmoet. Sy het tragies jonk gesterf. In 1912 verlaat Machado die Soria en gaan na Baeza in Andalusia.

Hy was lojaal teenoor die republiek en verlaat Spanje om hom in Frankryk te vestig toe Catalonia geval het. Daar is hy oorlede in Februarie 1939. Hy word erken as Spanje se grootste digter van van die vroeë Twintigste Eeu.

Nes die digter se eie persoonlikheid destruktiewe elemente toon in die vroeëre “Galerias” en “Soledades”, is die Kain en Abel storie, vertolk in “La Tierra de Alvargonzález”, ‘n verwysing na die faksies in Spanje wat mekaar, en die volk as geheel, verskeur het in ‘n poging om eenheid te bewerkstellig.

RECUERDO INFANTIL

Una tarde parda y fría
de invierno. Los colegiales
estudian. Monotonía
de lluvia tras los cristales.

Es la clase. En un cartel
se representa a Caín
fugitivo, y muerto Abel,
junto a una mancha carmín.

Con timbre sonoro y hueco
truena el maestro, un anciano
mal vestido, enjuto y seco,
que lleva un libro en la mano.

Y todo un coro infantil
va cantando la lección:
«mil veces ciento, cien mil;
mil veces mil, un millón».

Una tarde parda y fría
de invierno. Los colegiales
estudian. Monotonía
de la lluvia en los cristales.

 

Leave a reply

Your email address will not be published.


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>