aan my ouers…

March 1, 2009 in Uncategorized

                              Mamma en Pappa

                              Ek gaan vannaand op my kniee en ek se dankie
                              vir ouers soos julle
                              Ek kan dag en nag vra en julle is daar
                              Julle is my anker julle is my rots

                              Ek gaan vanaand op my knie en ek se dankie
                              dat ek die voorreg het
                              om vir julle te kan se mamma en pappa
                              julle het my lewe gegee

                              Ek gaan vannaand op my knee en ek se dankie
                              vir die voorbeeld wat ek van julle kry
                              vir die liefde wat ek kry
                              al verdien ek dit nie altyd

                              Ek gaan vannaand op my knee en ek se dankie
                              vir elke harde wword vir elke tug
                              dit het my ‘n beter mens gemaak
                              ek sal niks wees sonder julle

                              Ek gaan vannaand op my knee en ek se dankie
                                             vir elke les geleer
                              vir elke seer gesond gesoen
                              vir elke vertroosende woord

                                            Ek gaan vannaand op my knee en se dankie
                                            Dankie Heer dat u my goed genoeg
                                            ga-ag het om my vir hierdie ouers te gee
                                            ek kon nie vir beter gevra het nie…

Ek weet nie of my ouers ooit dit sal lees nie, maar dit kom nie naby wat ek vir my ouers wil se nie. Ek sou nooit oorleef het sonder my ouers nie. Hulle is nie die rykste mense wat daar is nie, maar hulle is biljoeners in liefde.

Wat hulle vir ons as kinders gedoen het en steeds doen sal ons nooit vir hul kan terug gee nie. Hulle is al oor die 40 jaar getroud. Ek kan nie vir beter rolmodelle vra nie. Ek is lief vir julle en ek kan nooit genoeg dankie se vir wie en wat julle is nie. Dankie uit die diepte van my hart. Ek is trots op julle ek hoop dat ek eendag vir julle die vreugde kan bring wat julle in my lewe gebring het.
                             

2 responses to aan my ouers…

  1. Dankie vir kom “hello” se

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>