Sommernet
November 16, 2012 in Uncategorized
Ek wil sommernet in jou armholte inkruip
sommernet insmelt in jou sus
sommernet weet
kan als vergeet
sommernet by jou rus
jou vrede voel
terwyl die kommer
uit my spoel………..
©kopiereg voorbehou
16 Nov 2012 21h00
RP

explorer said on November 19, 2012
Dit is baie waar. As mens inkruip en insmelt, is daar geen meer kommer nie… geen…
nesekis said on November 19, 2012
want niks anders is belangriker nie!!
Barend said on November 17, 2012
Heo, hierdie is pragtig. Ek wens self hierdie dinge. Miskien eendag.
nesekis said on November 17, 2012
Hoop ons drome word waar!! Intussen……
Barend said on November 17, 2012
Ja, maar dit is ook al ‘n groot voorreg net om te kan droom. Dit is net so groot voorreg om te kan droom as om te kan skryf.
Miskien word ons drome nooit waar nie. Maar dan sal ons drome gelukkig ook verander, en gelukkig sal ons kan skryf!
nesekis said on November 17, 2012
Jy spreek ware woorde!!!