Vanaand
February 13, 2013 in Uncategorized
wil vanaand net my inwurm onder jou vlerk
die vergete emosie van veilige nesskop beleef
jou warm asem in my nek voel
jou arms ‘n veilige koepel van vrede
maar vanaand…..
is dit net ek
en my drome
wat steeds brand in my binneste
vir jou……
©kopiereg voorbehou
Ronel Pienaar
13 Februarie 2013
23h32



















Recent Comments