So alleen,so verlate

January 25, 2013 in Uncategorized

So alleen, so verlate so stap ek deur hierdie

dorre woestyn van my  lewe.

Hoeveel keer moet ek val  en opstaan

net om weer geslaan te word met harde woorde.

Hoeveel keer moet ek deur dieselfde emosies gaan.

Hoeveel keer moet ek deur dieselfde episodes gaan.

Elke episode is dit net iemand anders wat dieselfde woorde

dieselfde optrede openbaar teen oor my.

Elke keer verloor ek ‘n bietjie van myself.

My menswees, nee my vrouwees word vertrap,

‘n harde mens soos die kaktus in die woestyn kom te vore.

Ek kruip agter my verslawing om te vergeet van die seer, die eensaamheid,

die verlatenheid , die teleurstelings van die lewe.

Daar was oomblikke wat ek gevoel om te lewe is nie genoeg nie,

om alles tot niet te maak, sal beter wees as al hierdie seer.

Is daar ‘n pleister vir al die seer van gister?

Is daar ‘n verband om die seer van gister te heel?

Ek wil so graag ‘n pad vind om uit hierdie varlate woestyn

te gaan, om te kan lewe.

Ek smag na die water van die lewe.

Om te lewe vol uit sonder enige verwyte, met liefde  en vrede.

Maar dit is wensdenkery, want ek kyk om my,sien

net die verlatenheid van die woestyn.

 

So alleen, so verlate sonder enige hoop vir vernadering.

 

LR 2013

1 response to So alleen,so verlate

  1. Hi there:) Wishing you a happy and successful day this International Women’s Day:)

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>