Hoezit
Kyk, die rugby gaan nou nie regtig soos wat ek wou hê dit moes nie. Maar, rugby is rugby en braai gaan ek braai. Daar is immers die outjies van die Proteas wat ‘n man hoop gee en mag hulle die Engelse se tjank behoorlik aftrap. Die Khaki’s het anyway lekker vasgeval teen die Iere en het ek nou nie lekker gekry daaroor nie. Ek hoop van harte ons kan die skrums uitsorteer voor die wêreld beker. Nie dat ek dink dat dit kan gebeur nie. Hoe kan die Bokke ontslae raak van die beste skrummer in die wêreld? Ou Os sal seker nou sy dienste aanbied vir die hoogste bieër. Ek sou.
Uncle JZ se manne reken ons moet die 18de Mei gaan toustaan om kruisies te trek. Dis beslis die regte ding om te doen. Enigeiemand wat NIE stem nie, moet NOOIT by Pensie kla oor alles wat verkeerd is in die good ol’ S.A. nie. Dan moet jy jou bek hou en alles aanvaar soos dit is. Pensie GAAN stem en hopelik so ‘n verskil maak aan sy en sy kinders se toekoms.
Pensie het die week saam met vroulief ‘n kar of twee gaan testdrive. Toe dink ek ek sal maar op die odd week ‘n motor of twee bespreek in my blog. Ek wil noem dat ek nie soos baie mense wat ek ken ‘n “petrolhead” is nie, maar ek hou baie van rygoed en sal dit hanteer so eerlik as moontlik. “I’ll tell it like it is”
Hier dan die eerste een:

GWM CB150
Vroulief was mal daaroor. Vroulief judge ‘n kar op 2 aspekte: Looks en spasie. Ek moet sê, daar is iets aantrekliks oor die ou boksie. Vroulief: 8/10
Die CB150 het soos sy naam aandui ‘n 1500cc enjin in wat nogal nie lui is nie. Sy kragstuur is amazing en hy het al die megefters wat enige komminer sal waardeur. Lugsakke,aircon, elektriese vensters voor en agter en ‘n lekker soundsystem ,en soos vroulief opgemerk het, tonne spasie.
Wat my die meeste beindruk het is die feit dat na ek hom bestuur het, ek die sitplek net so gelos het, en toe basies agter myself gaan inklim het. Die resultaat was genoeg beenspasie vir ‘n perd.Overall ‘n ougat karretjie.Sy waarborg is 3 Jaar /100 000km met 2 jaar padbystand.
Die negatiewe is die feit dat ek geen rekord van Euro N-Cap op die CB150 kan kry nie. Dis nogal belangrik vir Pensie dat Vroulief en klein Pensie veilig sal wees in ‘n mate sou hulle in ‘n ongeluk betrokke wees.
Maar as jy , soos Pensie , op ‘n tight budget is is dit beslis die moeite werd om by GWM ‘n draai te gaan maak.Sy prys begin by ‘n respektabele R124 990.
Pensie se score: 6/10
Groetnis van die ‘burbs
Pensie
Recent Comments