Profile photo of jenny22

by

Regering woedend oor gru-verkragting

February 7, 2013 in South Africa

“Die regering het in ‘n verklaring sy woede uitgespreek oor die tienermeisie wat in Bredasdorp in die Wes-Kaap om die beurt verkrag en toe vermoor is.”

Kan die regering so eenvoudig wees. Of dink hulle Jan-Alleman is so onnosel? Ek dink dit is meer ‘n geval van die regering wat in hulle onnoselheid dink almal is onnosel.

Nou skielik wil hulle ‘n groot bohaai maak. Hoe lank al is verkragting en vroue mishandeling nie die nuwe nasionale sport van Suid-Afrika nie. Entlik is dit by die tyd al die ou gevestigde sport. En wat is al die jare daaraan gedoen? Dadels en bokdrolletjies. Die regering het mos sedert 1994 praat en praat en nogmaals praat en daarby sanik, en sanik en nogmaals sanik vervolmaak. Maar doen weet hulle nie veel van af nie.

En hierdie skielike woede, gaan nogmaals maar net ‘n gepratery bly.

Sit julle geld waar julle monde is. Oeps, daar is nie geld nie, lankal al verkwistig.

Liewe regering, almal in die land is nie onnosel nie. So hou op om vir die pawiljoen te speel!

En more, wie gaan more verkrag word sonder dat ‘n vinger gelig word om vroue te beskerm!

Gaan lees hier die snert wat hulle kwyt geraak het

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>