You are browsing the archive for Nuus.

Delmas en die VVK: Rassisme nie die pad na volkstaat

10/06/2012 in Uncategorized

Ongeveer 150 mense het op Donderdag 31 Mei buite Delmas se landdroshof betoog. In die hof moes Enock Mbele (44) en Lazarus Mabhena (54) verskyn weens verdenkings van die moorde op 5 maande oue babyseuntjie, Wiehan Botes, en sy versorger Margrietha de Goede.

Die afgryselike moord moet veroordeel word en die daders moet vir baie lank in die tronk verdwyn.

Maar dis nie die moorde waaroor ek wil skryf nie. Ander mense skryf verskriklike verslae oor moorde op Afrikaners. Nee, ek wil enigiets sê oor die protes. In Januarie het ek ‘n blog oor die volkstaat en enkele organisasies, waaronder die Volksraad Verkiesingskommissie (VVK), geskryf. Dis nou die organisasie wat die betoging in Delmas georganiseer het.

In die blog het ek die vyf basisreëls vir ‘n reële uitvoering van die volkstaatidee beskryf:

  1. Draagvlak onder “eie mense”
  2. Die uitvoerders moet saamstaan
  3. Kies haalbare opsie
  4. Die land mag geen mense uitsluit nie
  5. Daar moet internasionale steun wees

Ek gaan nou nie weer die vyf basisreëls beskryf nie; die blog kan jy hier lees.

Dis belangrik dat die organisasiekommissie van die nie die rassekaart speel nie. Waarom lees jy hier. En om die waarheid te sê; die VVK is nie teleurgestel in swart mense nie, die kommissie is teleurgestel in die ANC. Die leuse wat aanhangers van die VVK gebruik het, is bloot rassisties. PUNT.

“Black cowards – leave our women and children alone”

“Besteel, verkrag, vermoor: Ons is klaar met swart Suid-Afrika”

“Barbare los ons kinders uit”

Dis baie sleg dat die demonstrante die aanduiding van “Black cowards” gebruik. Dis bloot rassisme. En wat van “swart Suid-Afrika”. Elke boer weet die vrugbaarste plaasgrond is swart. Wil die VVK-aanhangers stop met boer? En wie word “besteel, verkrag en vermoor”? Die aanduidings maak min sin.  Beste demonstrant, ek wil jou nie boos maak nie. Maar jy plaas jouself weer in die hoekie wat – internasionaal – genegeer sal word: dié van rassiste. Jul demonstrasie het ‘n doel. Om die doel te behaal moet mense anders demonstreer.

Benoem jou teenstander, dit garandeer jou die grootste kans op sukses.

‘n Organisasie kan jy hard met hard woorde beveg sonder rassistiese uitlatings te doen. En ek is ‘n groot voorstander van kritiek op die huidige post-Mandela ANC; maar ek haat rassisme. Velkleur en seksuele voorkeur kan ‘n mens nie verander nie; dis geneties bepaal. Of anders gesê: die mense is so deur Hom geskep. En daarom is dit vrot om mense op die sake te veroordeel. Ja, die ANC se bestuur lyk soms hopeloos; die DA het onlangs nog verklaar Limpopo se bestuur is . Maar die ANC is nie per definisie “swart” nie. Die politieke party is geen persoon met velkleur nie en het selfs wit aanhangers…

Die rassisme van sommige aanhangers van die VVK sal nie die moorde stop nie. Dit sal net swart mense boos maak. Daar kan selfs nuwe rassistiese moorde op wittes gepleeg word. Met nog meer haat in die land tot gevolg. Rassisme is nie die medisyne nie; dis eerder soos duiwelsvuur.

Laat die VVK sê die moorde is weens falend ANC-beleid ook die ANC se skuld. So kan jy eerder aan punt vyf van die volkstaatpad werk. Ons in Holland is lankal nie meer lief vir die ANC nie. (LEES LEES LEES)

Dis net hoe die VVK en ander Afrikanerorganisasies die moorde benoem: werk van “swartes” of werk van die ANC? Sê die laaste en Nederlandse steun vir jou sal groei, want die grootste Nederlandse koerant en ook die nasionale opinie beskuldig die ANC lankal van rassisme teen wittes en betrokkenheid by moordpartye.

Demonstreer anders. Want kaaskoppe haat rassisme.

Is Afrikaanse media blind?

02/05/2012 in Uncategorized

Ek kon baie boos word. Maar ek is nie. Die Afrikaanse media – alle Naspers media én PRAAG – is absoluut geslaag in hul oplettendheid *sarkasme*. Aanlyn was daar geen nuus beskikbaar oor die val van die Nederlandse regering, die wankeling een van die wêreld se twaalf laaste finansiële AAA-statusse en twee dae later die Nederlandse “wandelgange-akkoord” nie? Nog later het die Afrikaanse media ‘n klomp WC-pot gooiende Nederlandse prinse gemis. Almal was groot internasionale nuus, van BBC tot Russia Today en van CNN na Aljazeera, almal het dit berig, behalwe die Afrikaanse media.

Ek kan – hier in Nederland – nie in die Afrikaanse koerante kyk nie, maar dit was aanlyn só stil, dat ek nie glo dat die groot Naspers-koerante enige Nederlandse nuus in hul koerante gedruk het.

Want wat het gebeur? In Oktober 2010 het die huidige Nederlandse kabinet van CDA en VVD begin te regeer. Die kabinet is egter ‘n minderheidskabinet en het dus steun van ander partye nodig om ‘n meerderheid te kry. Die PVV van Geert Wilders was bereid die steun te gee as daar bepaalde punte van sy partyprogram uitgevoer sou word. Die kabinet het in 2010 en 2012 vir meer as 180 Miljard Rand besuinig om die staatsbegroting gesond te kry. In 2012 blyk dit nie genoeg nie en die drie partye begin weer te onderhandel oor nuwe besuinigings. Na sewe weke lê daar ‘n akkoord. Maar op die laaste dag blaas Geert Wilders die akkoord op. Wilders steun sy eie besuinigingplan van 140 Miljard en sy eie begrotingsvoorstel vir 2013 nie meer nie en sê ook sy vertroue in die minderheidskabinet op. Op 21 April was daar nie ‘n plan en ‘n kabinet meer nie. Maar op 30 April was daar ‘n deadline vir die konsepbegroting van 2013, wat die EU-lande in Brussel moet inlewer.

Op 24 April was daar pas ‘n debat in die parlement en kon bepaal word wat gebeur moes. Eerstens is nuwe verkiesing uitgeskryf vir 12 September 2012 en die politici het gedebateer wat moes gebeur met die Brusselse begrotingsdeadline. Op die dag het ook die groot kredietbeoordelaars Moody’s en Fitch gewaarsku vir die finansiële AAA-status van Nederland. Op Donderdag 26 April was daar – totaal onverwag – ‘n akkoord tussen die twee regerende partye CDA en VVD en die opposisiepartye D66 – ChristenUnie en GroenLinks: die wandelgange-akkoord. En die AAA-status was gered.

Ek het elke dag trou die webwerwe van Die Burger, Beeld, Volksblad, Rapport, Sondag en Nuus24 gevolg, maar hulle het niks berig nie. Jy kan my nie vertel nie dat al die Nasperskantore amper ‘n week lank nie op die Nederlandse nuuswebwerwe kyk nie! Ook al het hulle tydelik minder mankrag op hul Europese nuusdiens; Naspers het genoeg joernaliste oor om dit wél te berig. En Naspers, as joernaliste van Die Republikein (Namibië) wél Nederlandse nuuswebwerwe kan dophou, kan julle dit ook! Taal kan geen ekskuus wees nie!

Net Maroela Media skryf aanlyn ‘n redaksionele kommentaar oor “die einde van die middelvingerpolitiek”. Maar waarom is hierdie Nederlandse nuus belangrik, hoor ek jou dink? My antwoord: Dit was tog Naspers wat so geskree het teen die koms van ‘n PVV-LP Bosma na Suid-Afrika? Dit was tog Naspers wat so geskree het dat die PVV nie die beste vriende van Afrikaans was (en is) nie? Dit was tog Naspers wat die PVV verregs noem en hom nie ‘n rol in die Afrikaanse saak dui nie?

Waarom bly Naspers so stil, as Wilder sy slegste kant – sy onverantwoordelikheid en gebrek aan politieke daadkrag – toon? Is dit omdat Naspers hom net op die Engelstalige wêreld rig? Jou eie rubriekskrywer Johan Swarts waarsku daarteen en ek stem deels saam met hom.

Swarts skryf:

“Slaan enige Suid-Afrikaanse glanstydskrif oop en daar sal hulle pryk – die Anglo-Amerikaners. Skakel soggens jou radio aan en jy sal vertel word wat die vorige dag in Hollywood gebeur het. Skakel jou televisie aan en ‘n rits Britse en Amerikaanse televisiereekse sal jou vermaak.

“Die Suid-Afrikaanse media speel lustig saam in Amerika se orkes. Gaandeweg leer ons almal dat Russe die slegte ouens is, alle Moslems hul torso’s met bomme omgord, Iere altyd dronk is en Duitsers nie ‘n sin vir humor het nie.

“Dis so by ons ingeburger dat ons dit as normaal beskou.”

Naspers, waarom het jy nie aanlyn berig oor ‘n onverdraagsame Nederlandse politikus wat ‘n rol speel in die (Suid-) Afrikaanse kultuurdebat nie? Waarom negeer jy die Nederlandse regeringsval en die gevolge daarvan vir die regse Afrikaner se politieke agenda?

Onder Swarts se rubriek is daar ‘n kommentaar van Dan Roodt. Hy sê oor Naspers en sy eie nuusmedium PRAAG:

“Maar wie druk Amerika elke dag in ons keelgate af? Dis die SA media wat vrek oor Amerika en alles wat Amerikaans is. Dus moet Johan Swarts liewer sy eie kollegas as die publiek blameer. Ek dink hulle is te lui of verbeeldingloos om oor iets anders te berig as die geblikte nuus van oorsee wat hulle via Reuters en Sapa bereik. 

Die enigste teenvoeter hiervoor is ‘n sterk Afrikaanse en Afrikanerkultuur wat met behulp van tegnologie en die internet versprei en bemark moet word. Dis presies wat ons by PRAAG doen. Kyk uit vir ons e-boeke!”

Dis bloot statistiek wat ek nou doen. Ek bekyk die laaste 50 internasionale nuusberigte op PRAAG se webwerf:

In nie minder as 33 van die laaste 50 internasionale nuusberigte speel die VSA of VK ‘n rol. PRAAG, daar is meer as 200 lande op aarde en 66% van jou internasionale berigte gaan oor net twee lande; en dis nou juis die twee lande wat jy verwerp…

PRAAG, jy was tog ook baie trots op jou vriendskap met die PVV en die Afrikaner verwantskap met Nederland en Vlaandere, soos ek hier lees? Hoekom is daar dan net twee berigte oor Nederland by die laaste 100 berigte in jou internasionale rubriek? En daardie stukke is ook nog groot PVV-propaganda. Waar bly jou berigte dat Wilders se rol uitgespeel is? Waar bly die “treurige” berig oor jou “held”?

Dan Roodt, as jy wil skryf, skryf die waarheid. Jy hoef my nie te kap nie oor wat ek hier skryf nie: dit is bloot statistiek…

Ek verstaan dat ‘n sug van my Koningin nie ‘n sug is van jul (?) Queen is nie. Hoewel, baie Afrikaners het net 59 jaar gesug onder die bewind van die Britte, terwyl die Oranjes amper 150 jaar lank in die Kaap geregeer het, dat Koning Willem III van Nederland persoonlik die vlag van die Oranje-Vrijstaat ontwerp het en dat Koningin Wilhelmina van Nederland Staatspresident Kruger van die Zuid-Afrikaansche Republiek ge-evakueer het. Maar dit het julle natuurlik lankal vergeet. Maar dis ‘n heel ander storie.

Die Nederlandse media het Naspers ontdek. Meer en meer berriggewing oor Suid-Afrika in die Nederlandse media is gebaseer op Afrikaanse media. In die berriggewing het Times Live steeds ‘n baie belangrike rol gespeel. Maar stadig, stadig, verwys die NOS en De Telegraaf op hul webwerwe nie na Engelstalige media nie, maar verwys hulle na artikels op Beeld se webwerf. Ook die Naspers-kritici sal saamstem met (die taal en kultuur gebaseerde) oortuiging dat ‘n Nederlandse verwysing na Afrikaanse media altyd beter is as ‘n Nederlandse verwysing na Engelstalige media.

Dit bring my terug na wat ek werklik wil vra: Waar lê die fokus en identiteit van die Afrikaanse media? Of is julle net Engelstalige media in ‘n Afrikaans baadjie?

Baie lekker ANC, gaan so voort!

25/03/2012 in Uncategorized

Liewe ANC,

Die Nederlandse media het jou vandeesweek weer “bejubel”, eeuh, ek bedoel … blameer. Die dagblad De Telegraaf blameer jou in haar Saterdagkoerant vir die moord op ‘n 66-jarige Nederlandse vrou in KwaZoeloe-Natal, begin maart. Die Nederlandse landbouweekblad Boerderij blameer jou vir die plaasmoorde en sê sy steun toe aan TLU-SA en die NOS blameer jou beleid van landbouhervorming en ook vir die vernedering van twee Nederlandse staatshoofde in Pretoria.

Dit het almal vorige week Vrydag begin. Die landbouweekblad Boerderij, die grootste en mees gesaghebbende in Nederland, blameer die ANC vir sy beleid met betrekking tot plaasbeveiliging.* Die weekblad wyt die gewelddadige oorvalle, verkragtings en moorde op Afrikaner boere aan die afskaffing van die kommandostelsel. Die ANC doen te min, die ANC steun die aanvalle met die liedjie Kill the Boer, en die res, wat u natuurlik almal weet. Op ‘n groot foto staan ‘n trekker met die Afrikaanse opskrif: “Sonder die boer kan jou ma jou nie voer.” Die slagspreuk was baie lekker, omdat Boerderij vier jaar gelede ‘n veldtog gehou het met die motto: “Wie een boer laat stikken, heeft straks niks te bikken” (Wie ‘n boer laat stik (val), het straks niks te eet nie). Boerderij gee ook sy steun aan TLU-SA. Ek dink dis ‘n historiese stap, want dit beteken dat die “spreekbuis” van die Nederlandse landbou (en daarmee miskien selfs die hele Nederlandse landbousektor) die Afrikaner boere steun.

Woensdag kom die NOS op Radio 1 met ‘n verslag van die landbouhervormings in Suid-Afrika. Die twee boere wat praat, blameer die ANC vir sy voorgestelde hervormingsbeleid (gedwonge verkoop, soos in Zim gebeur het). “Dit moet anders, op vrywillige basis” sê hulle. En die NOS stem saam met hulle. (Nee, die NOS was in hieride geval nie baie objektief nie). Die verslag kwam van Lindley in die Vrystaat, waar die joernalis met twee boere gepraat. Die eerste, ‘n wit boer, het in Engels teen die joernalis gepraat, terwyl die tweede, ‘n swart boer, in Afrikaans teen die joernalis gepraat het. (ek het by die eerste gesug, maar hard gelag toe ek die tweede boer in Afrikaans hoor praat) Waar die Engels soos gebruiklik vertaal is op die Radio, is die Afrikaanse tekste nie vertaal nie. Dus, boer Diettrich, as jy dit lees, praat NOOIT Engels teen Nederlandse joernaliste om hul werk te “vermakkelijk” nie. Praat liewer Afrikaans. Maar, liewe ANC, jy tref volgens die NOS die blaam.

Vrydag was daar natuurlik die GROOT Pretoria-nuus. Maar waar Naspers juig, huil die NOS. Die NOS voel hom diep beledig deur die ANC. Die ANC stel die (straat)name van die Nederlandse Koninginne Wilhelmina (1898 – 1948) en Beatrix (1980 – hede) gelyk aan die (straat)name van mense soos Verwoerd. In November 2011 het ek al ‘n blog geskryf waarin ek baie boos was oor die beslissing. Hoekom staan die naam van Beatrix gelyk aan die Pretoriase apartheidsverlede? Die Nederlandse Koninklijke Familie is selfs baie goeie vriende met Tutu en Mandela. En die Nederlandse prinses Mabel is selfs die leier van die The Elders-stigting, wat in 2007 opgerig is deur Mandela. Liewe ANC, met hierdie beslissing tref jy juis die aanhangers van die Nederlandse monargie. En dis nou juis die groep wat deur hul (soms konserwatiewe) opstelling baie pro-Afrikaans kan word.

Die hardste klap kom van die Saterdagbylae van die Nederlandse dagblad De Telegraaf. Begin maart is die Nederlandse vrou Riet Vuyk in KwaZoeloe-Natal vermoor (Nuus24). Ook die Nederlandse media, soos die NOS en De Telegraaf, het aandag gegee aan die moord. Maar De Telegraaf het dus meer aandag gegee. De Telegraaf speur na die oorsaak van die moord:** Me. Vuyk het ‘n weeshuis in uBombo (Zoeloeland) gehad, maar toe sy eind 2011 kort na Nederland moes, het die ministerie die steun vir die huis gestop. Toe Vuyk terug gekom het, blyk die opsigter (mr. Gina) ‘n opligter, wat die kinders uit die huis verdeel het en die staatstoelae vir homself gebruik. Me. Vuyk is na die polisie gestap weens ‘n aanval van mr. Gina, maar mr. Gina het ook na die polisie gestap met die berig dat me. Vuyk hom aangeval het. Die openbare aanklaer het toe beslis hy laat die saak val. Volgens De Telegraaf het die openbare aanklaer dit gedoen omdat me. Vuyk blank is. Later is Vuyk vermoor deur (waarskynlik?) Gina**. Na die moord blameer die KwaZoeloe-Natalse woordvoerder van die ministerie me. Vuyk weens onkunde. Die uitspraak van die ministerie het voor groot ophef gesorg in Zoeloeland en ook in die Nederlandse pers.** Liewe ANC, De Telegraaf noem jou ministerie “corrupt, gek en zelf onkundig”.

Hierdie vier sake skets ‘n beeld van die Nederlandse media ten opsigte van die huidige ANC. Hierdie berigte was nie van ‘n lokaal blaadjie nie. Dit kwam die drie mees toonaangewende Nederlandse media. Die dagblad De Telegraaf het meer as 2 miljoen lesers per dag, die NOS (onafhanklike staatsnuusdiens) het in 2011 ‘n prys gewen vir die “mees betroubare nuus” en die weekblad Boerderij is die grootste landbouweekblad van Nederland. Hoewel groot ANC-leiers soos Mandela en Tutu onaantasbaar bly, kan Zuma verseker lankal nie meer vertrou op die “Dis apartheid se skuld”-rede nie. Dus liewe ANC, verander Pretoria se naam, vernietig die Krugerstandbeeld, roep op tot genocide met jou gunstelinge liedjie en laat die moordenaars van die boere vry! 

Liewe ANC, gaan lekker voort met jou huidige beleid. Hoe harder jy voortgaan, hoe groter die internasionale druk sal word en hoe vinniger jy uit die Uniegebou sal vertrek.

Want liewe ANC, solank die 400.000 Nederlandse immigrante*** in Suid-Afrika (van die tydperk 1945- 1954) of hul kinders nog leef, sal die Nederlandse belangstelling vir Suid-Afrika nie verslap nie…

Want liewe ANC, ons van Holland bou rustig voort op die dinge wat ons in 2011 al gedoen het om die bande tussen die Afrikaans- en Nederlandssprekendes te versterk.

*Weekblad Boerderij, Bylae Vandaag, 16 maart, bladsy 16. (Beslaan hele bladsy – A3 formaat)

**Dagblad De Telegraaf, Saterdagbylae vir abonnees, 24 maart, bladsy 5. (Beslaan hele bladsy – A2 formaat)

*** Die Nederlandse emigrasie na Suid-Afrika, A.P. du Plessis (Universiteit Utrecht/Universiteit van die Oranje Vrystaat) (1955) Teerhuis en Klinkenberg, Amstelveen/Amsterdam

- Tussen 1945 en 1954 was daar 400.000 Nederlandse immigrante in Suid-Afrika. Die immigrasiegolf het egter tot 1968 geduur…