You are browsing the archive for Kultuur.

Hoe transformasie moet werk

14/08/2012 in Uncategorized

Ek is ’n groot teenstander van eensydige transformasie in Suid-Afrika, waarby ’n bevolkingsgroep sy alleenreg op ’n goed moet inlewer vir ’n alleenreg vir ’n ander bevolkingsgroep. Byvoorbeeld die ontvangs op ’n skool wat verander van eentalig Afrikaans na eentalig Engels.

Nee. Fout. Dis nog steeds dieselfde: eksklusiwiteit. “Net vir Afrikaans” is vervang deur “Net vir Engels”. Dis die ANC wat dit grootskaals doen deur onderwys in 10 van die land se amptelike tale te venietig en te vervang deur die nuwe apartheidstaal: Engels.

Het die ANC mos nie geleer van die 1976-relle? Hoekom skend die ANC sy eie menseregteverdrae, wat hy na 1994 op internasionale vlak gesluit het?

Moedertaal is ’n reg. En dis ’n reg dat almal se moedertale geakkomodeer word. Die Universiteit van die Vrystaat doen groot sake daarin. Geen verpligte “verengelsing” soos by Tukkies of die ou Randse Afrikaanse Universiteit. Nee, Kovsies is inklusief. Daar is professors, wat nie Afrikaanstalig is nie, wat net Engels en Suid-Sotho magtig is. Maar hulle leer Afrikaans. Hulle probeer en ’n mens kan met hulle komunikeer in Afrikaans. Daar is Afrikaanse professors, wat net Engels en Afrikaans praat; hulle leer Suid-Sotho. Met drie tale is dit moontlik almal regverdig te behandel. Al die lesings op die hoofkampus is parallelmedium in Afrikaans en Engels. Al die aanduidings is meertalig.

Ek het gedink meertalige aanduidings laat jou net kyk na die boonste aanduiding. Nee. Outomaties kyk ’n jy na die aanduiding in jou moedertaal, omdat jy hierdie een die maklikste verstaan. Jy kan sê jy praat Engels as tweede taal op moedertaalvlak. Vergeet dit. Jy kyk steeds na die Afrikaanse aanduiding, omdat jy weet wat daardie woord beteken.

En jy weet nie net die woord se betekenis nie, jy verstaan die gedagte van die persoon wat dit geskryf het. Jy verstaan elke letter, elke punt. Jy voel die woord. Op daardie oomblik is jy vir ’n rukkie daardie woord. Dit gaan soveel verder as net “die betekenis verstaan”. Jy is jou moedertaal. Dit is wie jy is.

Ek verstaan Afrikaans en Engels. Amptelik is my Engels beter. Ek het gedink ek sou na die Engelse aanduidings kyk as hulle bo die Afrikaanse aanduidings staan. Vergeet dit. Afrikaans is so naby aan Nederlands; dit voel nou soos my moedertaal.

Ek gebruik dieselfde woorde; dieselfde gevoel. 19.000 kilometer van huis.

Dis wonderlik.

Is die JA-stem van 1992 in 2012 nog ‘n JA werd?

23/06/2012 in Uncategorized

Ek weet dis ‘n gevaarlike blog, wat ek nou gaan skryf. Daar sal mense saamstem én mense juis nie. Maar dis die maklike; ek kan as relatiewe buitestaander vry skryf, omdat ek geen persoonlike mening uit die verlede met my dra nie.

In 1992 het die regering van Staatspresident De Klerk ‘n referendum gehou onder Suid-Afrika se wit mense. Dit sou die laaste landelike stembusgang in Suid-Afrika wees waar die rye net wit was. Ongeag die demokratiese fout van De Klerk om na die onderhandelings nie weer sy kiesers te raadpleeg nie, wil ek hierdie blog die vraag behandel of die tydperk van 1994 tot nou nodig is.

Moenie my verkeerd verstaan nie; ons hier in Nederland hoor ook van die huidige ongemakke, diskriminasie en moontlik selfs onderdrukking deur die ANC.

Maar was die JA-stem noodsaaklik?

Ja, vir die Afrikaner.

Deur die boikotte, internasionale vergeldings en die binnelandse situasie was die sisteem van apartheid onhoudbaar. Tevens was én is die sisteem van apartheid ‘n misdaad teen die mensdom. Die Afrikaner moes homself daarvan bevry.

Die poging van Staatspresident Botha in 1983 om apartheid “mensliker” te maak en die harde apartheid te vervang deur ‘n sisteem van “normale omgang” het hopeloos gefaal. Die wêreld het die poging nie verstaan nie (ongeag die negatiewe effekte in Suid-Afrika self) en het Suid-Afrika verder die duimskroewe aangedraai. In die tyd, met ook die De Jongh-sage en die saak met betrekking tot die twee gevange Franse, wat geruil is teen generaal Du Toit, het dit geblyk die sisteem was onvolhoubaar. Daar was amper ‘n permanente noodtoestand in die land.

In die tyd was die Afrikaner die simbool van die kwaad. Maar waar die kritiese uitsaaier AVRO in 1961 al baie versigtig begin saag aan die verwantskapband tussen die Afrikaners en Nederlanders, gaan die Christelike pers vol in die teenaanval. Die Reformatorisch Dagblad verwerp die sisteem van apartheid pas na die vrylating van Mandela in 1990. Refdag skryf in 2010:

Uit veel bronnen blijkt dat de apartheid breed werd gesteund. [...] In [de] interviewbundel ”Wat wij geloven” (1985) bleek er onder kerkleiders uit de breedte van de gereformeerde gezindte grote steun voor blank Zuid-Afrika.

Maar die groep was (en is) in Nederland ‘n klein minderheid.

Die afskaffing van apartheid was nodig; die sisteem kon die ondergang van die Afrikaners word. Wat sou immers gebeur tydens ‘n bloedige rewolutie? Elke dag grootskaalse jag op wit mense?

Die volk kon nie groei; Afrikaners kon hulself in die laaste 10 jare van apartheid nie ideologies ontwikkel soos die res van die wêreld nie. En ideologiese ontwikkeling beteken die instandhouding van ‘n volk. Om ontwikkeling weer moontlik te maak, was daar eintlik net een moontlikheid:

Afskaffing van apartheid.

Vandag weet ons wat die gevolge is van die afskaffing van apartheid. Was die woord Afrikaner voorheen ‘n sinoniem van die woord overheid, vandag staan hulle dikwels teenoor mekaar in die hof.

Op talle én ander vlakke het die Afrikaner moet inlewer. Sommige mense is daardeur moedeloos geword en soek hul uitweg in rassistiese aksies. Ek veroordeel rassisme sterk.

Maar afskaffing van apartheid het ook perspektief gebring. ‘n Perspektief om van voor af (aan) te begin. ‘n Perspektief waarin die Afrikaner met die wêreld kan praat. ‘n Perspektief waarin ander volke, verwant of nie, geniet van die Afrikaanse taal en kultuur. Om nuwe bruë te slaan, om oude en nuwe bande te maak, om hulself populêr te maak. Wie kon in Januarie 1990, in ‘n tyd van ‘n allesvernietigende boikot, vermoed van die populariteit, wat Afrikaans vandag geniet in België en Nederland?

Om aan jouself te kan bou, om aan jouself te werk, om jouself sterker te maak, moet ‘n mens in die midde van die wêreld staan. Jy moet jouself ken, jouself wees en hande uitreik na ander mense, sonder jouself daarby te verloën.

Die meeste Afrikaners doen dit vandag. En ek het plesier daarin om te konkludeer dat die uiters linkse mense soos Piet Croukamp en lede van die AWB en ander verregse organisasies vandag se verkramptes is.

Die Afrikaner kan ‘n toekoms op sy eie maak; leer van sy verlede en om nie dieselfde foute te maak nie.

Selfbeskikking of nie; dis nie dieselfde as rassisme of apartheid. Ieder persoon het die reg om te wees wie hy is, sonder oor ander mense te oordeel.

Die afskaffing van apartheid het die Afrikaner bevry. Bevry van ‘n verstikkende verlede van rassisme, rassehaat en verouderde ideologie.

Die Afrikaner kan vorentoe kyk. Dis nou tyd vir die Onafhanklike Afrikaner-selfbeskikkingsekpedisie en die Orania Beweging om ‘n brief op hoë pote na die Reformatorisch Dagblad te stuur.

Want die ritssluiting begin daar waar die twee kante mekaar die laaste losgelaat het!

“My Afrikááns is a bitkie likè IIIInglish. Ek love my taal!”

21/06/2012 in Uncategorized

In Beeld is daar nou weer – amper soos gewoonlik – ‘n groot debat oor die “verkragting” van Afrikaans. KykNET en die OFM-radiostasie is lankal aangewys as gebruikers van slegte Afrikaans. Maar ook gewoon mense gebruik Gemorskosafrikaans.

Ek kan Afrikaans verstaan. Ek kan ook Engels praat. Maar die konstrukties wat sommige mense – moedertaalsprekers – in Afrikaans maak… Ek durf te sê my Afrikaans is sonder onderrig in die taal,  sonder die taal ooit gepraat te hê, beter as die gemors wat sommige moedertaalspreker use.

Daardie mense gooi in elke sin ‘n handvol Engelse woorde deur hul taal. Met die gevolg dat ek die inhoud heeltemaal nie meer verstaan nie! Ek verstaan Afrikaans en Engels op akademiese vlak, maar die tussentaaltjie wat die mense praat, kan ek nie verstaan nie.

Soos hier:  “Ek scheme as jy na hom luister, sal jy jou top flip.”

Die hoofwoorde uit die sin is: “scheme” en “top flip”. Maar die woorde is onbekend vir my. Ek dink hierdie is van die new “Afrikaanse” woorde, wat uit Engels kom en in Afrikaans verbaster is. Ek verstaan nie wat die spreker bedoel nie.

Dis tog belaglik dat ‘n buitelander, wat nog nooit Afrikaans gepraat het nie, hom erger aan die gemors van sommige Afrikaanse moedertaalsprekers?!

Praat liewer suiwer. Suiwer Afrikaans is dalk retro! Maak hom trendy. Sonder die Engelse gemorskoswoorde!

Die sensitiwiteit van identiteit en kultuur

18/05/2012 in Uncategorized

Wie is jy? Hoe beleef jy jou kultuur? En wat of hoe glo jy? Die antwoorde op hierdie vrae maak ’n mens uniek, want geen mens sal hier dieselfde antwoorde invul nie. Die antwoorde op hierdie vrae maak duidelik dat geen mens dieselfde is. Jy sal waarskynlik selfs nie dieselfde antwoorde op die vrae gee as jou vader of moeder. Ja, die antwoorde sal baie ooreenkomste vertoon, maar hulle sal verskil.

Eintlik bestaan jou identiteit uit al die drie bostaande sake, maar tog gaan ek eers die een behandel wat eintlik niks met identiteit te doen hê, ja, dit laat jou verskil van ander mense, maar in teenstelling tot ander aspekte van jou identiteit is hierdie een geen keuse nie: jou velkleur. Dit is die aanleiding vir die skrywe van hierdie stuk.

Wat is aan die hand? Ek gaan studeer in Suid-Afrika; dit beteken baie invulwerk. En daar is baie vrae om te beantwoord, want ons weet almal die Suid-Afrikaanse luggrens is baie beter bewaak as die Limpopo-rivier. Een van die vrae het gevra na my etnisiteit. Eers het ek gelag om die vraag. Maar eintlik was dit nie minder as baie pynlik nie. Want waarom wil die Suid-Afrikaanse ministerie van Hoër Onderwys my velkleur weet? Maak dit saak? Eers wou ek dit nie invul nie, maar die ambassade het gesê ek moet. Toe wou ik dit fout invul, want dan sou ek geen plek van ’n wit student inneem nie. Maar ek het die gedagte vinnig as rassisties bestempel, omdat ek dan – as ’n wit student – ’n bruin of ’n swart student sou benadeel. Maar lieg op die papier kan my tronkstraf oplewer. Of val ek onder die kwota vir internasionale studente? Of is dit net moontlik om onder daardie kwotum te val as ’n mens in Engels studeer? Jammer, want hierdie een gaan studeer in Afrikaans. Dus ek het “gewoon” by “wit” en “internasionaal”geteken.

Maar die vrae het my ongemaklik laat voel en steeds bly die vraag: maak die velkleurvraag saak? Want jou velkleur bepaal glad nie jou kultuur nie. Ons in Nederland het boere van Indonesiese afkoms (danksy Nederlands-Indië), wat “gewoon” Hollandse houtskoene (klompe) dra, kaas eet en praat met ‘n plattelandse aksent. Iets wat ons hier gewoonlik net met wit Nederlanders assosieer.

Die bostaande toon kultuur is nie afhanklik van velkleur nie. Maar tog is kultuur ook nie vry van diskriminasie nie. Sommige mense beskou hul kultuur met onduidelike redes as “beter” of die ander as “prehistories”. Die mense wat die laaste aanduiding gebruik, gaan verby aan die feit dat kulture dikwels bestaan uit elemente wat eeue oud is. Waarom praat ons byvoorbeeld van “donder en bliksem”? Omdat ons voorouers ooit geglo het dat die bliksem ontstaan as die heidense Germaanse god Donar met sy hamer op die wolke slaan. Hoewel ons voorouers die Germaanse gode reeds in die 8ste eeu het afsweer ten gunste van die almagtige Heere, praat ons nog altyd van “donder en bliksem” en “Donderdag”. En deur die val van die Romeinse Ryk was die lewensstandaarde van ons voorouers in die 8ste eeu nouliks beter as tydens die prehistorie.

Dis onnodig om te oordeel oor andere kulture, bloot omdat hulle anders is. Maar dit sou dom wees om die oë te sluit vir die probleme wat kultuurverskille kan veroorsaak. Die grootste “probleem” is die spanning wat voortkom uit kultuurverskille. Hierdie spanning kom voort uit bepaalde oerwette, want enigiets, wat onbekend of vreemd is, kan moontlik gevaarlik wees. Daarom veroorsaak veranderinge of onbekende sake spanning by mense.

In jou eie omgewing, in jou eie kultuur weet jy hoe te reageer op omstandighede. As jy vreemde mense ontmoet, word dit ’n gok. Gok jy goed, is dit orraait, maar wanneer jy fout reageer, is daar dikwels skaamte en is dit selfs moontlik dat jy daardie persoon per ongeluk beledig het. Dis net hoe mense omgaan met die spanning, wat voort kom uit die moontlike skaamtes, misopvattings en beledigings. Dis selfs onduidelik of daardie voorvalle sal gebeur. En as dit gebeur is die enige oplossing om respek vir mekaar se goedbedoelde foute en misstappe te toon.

Van my vriende weet ek wie ’n ander kultuur het en hoe ek daarop moet reageer. Fries en Antilliaans. Hulle leer my oor hul kultuur en hul tale. Dis lekker om met hul oor daardie onderwerpe te praat. Maar wat van die mense wat ek nie ken nie? Moet ek net die media glo oor wat die Marrokkane en Turke in Nederland uitvoer? Moet ek die media glo met hul stories oor Turke en Marokkane wat oorvalle en ander misdade pleeg? Wat moet ek doen as ’n Turk vriendelik teen my is? Sal hy weier my vriendin ’n hand te gee? En hoe moet ek daarop reageer?

Ek glo in die beste van mense. Of is ek dalk naïef?

Identiteit en kultuur is sensitiewe sake. Met die antwoorde op die vrae, wat ek in die begin gestel het, maak ’n mens dit ’n ander moontlik om jou te diskrimineer. Verseker die by die sake wat jy nie kan verander nie, soos velkleur, moet die vrae gekeer word! Die daelikse bekommernis van burgers moet nie versterk word deur die regering se vrae nie!

Soms behoort die regering hom nie te bemoei met die probleme en spanninge tussen burgers nie, want soms maak die “institutionalisering” van probleme die probleme net groter. Die regering kan net help deur al sy burgers as gelykwaardig te behandel en dit te toon. Rassistiese vrae, wat amptelik gestel word, kan nooit ’n instrument wees om die probleme te los nie! Dit werk net omgekeer.

Die regering moet hom besig hou met al sy burgers, gelykwaardig, sonder sy burgers te verdeel in groepe. Die regering en overheid moet jou nie veroordeel op basis van identiteit of kultuur nie; die regering is vir almal! Dit staan tog in ons Grondwet?

Is Afrikaanse media blind?

02/05/2012 in Uncategorized

Ek kon baie boos word. Maar ek is nie. Die Afrikaanse media – alle Naspers media én PRAAG – is absoluut geslaag in hul oplettendheid *sarkasme*. Aanlyn was daar geen nuus beskikbaar oor die val van die Nederlandse regering, die wankeling een van die wêreld se twaalf laaste finansiële AAA-statusse en twee dae later die Nederlandse “wandelgange-akkoord” nie? Nog later het die Afrikaanse media ‘n klomp WC-pot gooiende Nederlandse prinse gemis. Almal was groot internasionale nuus, van BBC tot Russia Today en van CNN na Aljazeera, almal het dit berig, behalwe die Afrikaanse media.

Ek kan – hier in Nederland – nie in die Afrikaanse koerante kyk nie, maar dit was aanlyn só stil, dat ek nie glo dat die groot Naspers-koerante enige Nederlandse nuus in hul koerante gedruk het.

Want wat het gebeur? In Oktober 2010 het die huidige Nederlandse kabinet van CDA en VVD begin te regeer. Die kabinet is egter ‘n minderheidskabinet en het dus steun van ander partye nodig om ‘n meerderheid te kry. Die PVV van Geert Wilders was bereid die steun te gee as daar bepaalde punte van sy partyprogram uitgevoer sou word. Die kabinet het in 2010 en 2012 vir meer as 180 Miljard Rand besuinig om die staatsbegroting gesond te kry. In 2012 blyk dit nie genoeg nie en die drie partye begin weer te onderhandel oor nuwe besuinigings. Na sewe weke lê daar ‘n akkoord. Maar op die laaste dag blaas Geert Wilders die akkoord op. Wilders steun sy eie besuinigingplan van 140 Miljard en sy eie begrotingsvoorstel vir 2013 nie meer nie en sê ook sy vertroue in die minderheidskabinet op. Op 21 April was daar nie ‘n plan en ‘n kabinet meer nie. Maar op 30 April was daar ‘n deadline vir die konsepbegroting van 2013, wat die EU-lande in Brussel moet inlewer.

Op 24 April was daar pas ‘n debat in die parlement en kon bepaal word wat gebeur moes. Eerstens is nuwe verkiesing uitgeskryf vir 12 September 2012 en die politici het gedebateer wat moes gebeur met die Brusselse begrotingsdeadline. Op die dag het ook die groot kredietbeoordelaars Moody’s en Fitch gewaarsku vir die finansiële AAA-status van Nederland. Op Donderdag 26 April was daar – totaal onverwag – ‘n akkoord tussen die twee regerende partye CDA en VVD en die opposisiepartye D66 – ChristenUnie en GroenLinks: die wandelgange-akkoord. En die AAA-status was gered.

Ek het elke dag trou die webwerwe van Die Burger, Beeld, Volksblad, Rapport, Sondag en Nuus24 gevolg, maar hulle het niks berig nie. Jy kan my nie vertel nie dat al die Nasperskantore amper ‘n week lank nie op die Nederlandse nuuswebwerwe kyk nie! Ook al het hulle tydelik minder mankrag op hul Europese nuusdiens; Naspers het genoeg joernaliste oor om dit wél te berig. En Naspers, as joernaliste van Die Republikein (Namibië) wél Nederlandse nuuswebwerwe kan dophou, kan julle dit ook! Taal kan geen ekskuus wees nie!

Net Maroela Media skryf aanlyn ‘n redaksionele kommentaar oor “die einde van die middelvingerpolitiek”. Maar waarom is hierdie Nederlandse nuus belangrik, hoor ek jou dink? My antwoord: Dit was tog Naspers wat so geskree het teen die koms van ‘n PVV-LP Bosma na Suid-Afrika? Dit was tog Naspers wat so geskree het dat die PVV nie die beste vriende van Afrikaans was (en is) nie? Dit was tog Naspers wat die PVV verregs noem en hom nie ‘n rol in die Afrikaanse saak dui nie?

Waarom bly Naspers so stil, as Wilder sy slegste kant – sy onverantwoordelikheid en gebrek aan politieke daadkrag – toon? Is dit omdat Naspers hom net op die Engelstalige wêreld rig? Jou eie rubriekskrywer Johan Swarts waarsku daarteen en ek stem deels saam met hom.

Swarts skryf:

“Slaan enige Suid-Afrikaanse glanstydskrif oop en daar sal hulle pryk – die Anglo-Amerikaners. Skakel soggens jou radio aan en jy sal vertel word wat die vorige dag in Hollywood gebeur het. Skakel jou televisie aan en ‘n rits Britse en Amerikaanse televisiereekse sal jou vermaak.

“Die Suid-Afrikaanse media speel lustig saam in Amerika se orkes. Gaandeweg leer ons almal dat Russe die slegte ouens is, alle Moslems hul torso’s met bomme omgord, Iere altyd dronk is en Duitsers nie ‘n sin vir humor het nie.

“Dis so by ons ingeburger dat ons dit as normaal beskou.”

Naspers, waarom het jy nie aanlyn berig oor ‘n onverdraagsame Nederlandse politikus wat ‘n rol speel in die (Suid-) Afrikaanse kultuurdebat nie? Waarom negeer jy die Nederlandse regeringsval en die gevolge daarvan vir die regse Afrikaner se politieke agenda?

Onder Swarts se rubriek is daar ‘n kommentaar van Dan Roodt. Hy sê oor Naspers en sy eie nuusmedium PRAAG:

“Maar wie druk Amerika elke dag in ons keelgate af? Dis die SA media wat vrek oor Amerika en alles wat Amerikaans is. Dus moet Johan Swarts liewer sy eie kollegas as die publiek blameer. Ek dink hulle is te lui of verbeeldingloos om oor iets anders te berig as die geblikte nuus van oorsee wat hulle via Reuters en Sapa bereik. 

Die enigste teenvoeter hiervoor is ‘n sterk Afrikaanse en Afrikanerkultuur wat met behulp van tegnologie en die internet versprei en bemark moet word. Dis presies wat ons by PRAAG doen. Kyk uit vir ons e-boeke!”

Dis bloot statistiek wat ek nou doen. Ek bekyk die laaste 50 internasionale nuusberigte op PRAAG se webwerf:

In nie minder as 33 van die laaste 50 internasionale nuusberigte speel die VSA of VK ‘n rol. PRAAG, daar is meer as 200 lande op aarde en 66% van jou internasionale berigte gaan oor net twee lande; en dis nou juis die twee lande wat jy verwerp…

PRAAG, jy was tog ook baie trots op jou vriendskap met die PVV en die Afrikaner verwantskap met Nederland en Vlaandere, soos ek hier lees? Hoekom is daar dan net twee berigte oor Nederland by die laaste 100 berigte in jou internasionale rubriek? En daardie stukke is ook nog groot PVV-propaganda. Waar bly jou berigte dat Wilders se rol uitgespeel is? Waar bly die “treurige” berig oor jou “held”?

Dan Roodt, as jy wil skryf, skryf die waarheid. Jy hoef my nie te kap nie oor wat ek hier skryf nie: dit is bloot statistiek…

Ek verstaan dat ‘n sug van my Koningin nie ‘n sug is van jul (?) Queen is nie. Hoewel, baie Afrikaners het net 59 jaar gesug onder die bewind van die Britte, terwyl die Oranjes amper 150 jaar lank in die Kaap geregeer het, dat Koning Willem III van Nederland persoonlik die vlag van die Oranje-Vrijstaat ontwerp het en dat Koningin Wilhelmina van Nederland Staatspresident Kruger van die Zuid-Afrikaansche Republiek ge-evakueer het. Maar dit het julle natuurlik lankal vergeet. Maar dis ‘n heel ander storie.

Die Nederlandse media het Naspers ontdek. Meer en meer berriggewing oor Suid-Afrika in die Nederlandse media is gebaseer op Afrikaanse media. In die berriggewing het Times Live steeds ‘n baie belangrike rol gespeel. Maar stadig, stadig, verwys die NOS en De Telegraaf op hul webwerwe nie na Engelstalige media nie, maar verwys hulle na artikels op Beeld se webwerf. Ook die Naspers-kritici sal saamstem met (die taal en kultuur gebaseerde) oortuiging dat ‘n Nederlandse verwysing na Afrikaanse media altyd beter is as ‘n Nederlandse verwysing na Engelstalige media.

Dit bring my terug na wat ek werklik wil vra: Waar lê die fokus en identiteit van die Afrikaanse media? Of is julle net Engelstalige media in ‘n Afrikaans baadjie?

Wat van dié name?

13/04/2012 in Uncategorized

Soos Riaan Cruywagen in sy SAUK advertensie rap van “Wie is die mense?!”, wonder ek nou sterk watter mense die NOS bedoel in sy berig oor die Suid-Afrikaanse en Nederlandse gholfers in Maleisië. Nou weet ek totaal niks van gholf nie en het gewonder watter gholfers nou van Nederland en welke van Suid-Afrika kom.

Die NOS, die Nederlandse nasionale nuusdiens, skryf:

Zuid-Afrikaanse golfers aan kop

Hennie Otto en James Kruger gaan na de tweede dag van het Maleisisch Open aan de leiding. Door regen- en onweersbuien konden een kleine tachtig spelers hun ronde niet voltooien.

Louis Oosthuizen kon zijn ronde evenmin afmaken. De Zuid-Afrikaan, die zondag na een play-off als tweede eindigde op de Masters, staat na twaalf holes derde op -8 en heeft één slag achterstand op zijn twee landgenoten. Charl Schwartzel, de leider na de eerste dag, staat na twaalf holes twaalfde met -5.

Ook Joost Luiten (-1 na zeven holes) en Robert-Jan Derksen (+2 na tien holes) moeten zaterdag hun ronde afmaken. Guido van der Valk kan met +9 naar huis.

Ek het die berig baie vlugtig gelees, soos ek altyd lees. Jy vat net ‘n paar woorde van die sinne, die belangrikste, en dan bedink jy jou eie storie. Jy vat net genoeg woorde, sodat jy dink jy weet wat die teks sê. Soos ons almal weet gaan hierdie strategie 100 keer goed en dan ‘n keer fout. Vandag was dit vrydag die 13de, dus … die teks het ek fout gelees.

Ek het die teks heeltemaal verstaan. Maar ek het nie geweet nie watter gholfers van Suid-Afrika kom en watter gholfers Nederlands is nie. Gewoonlik sien jy in die internasionale beriggewing net aan die name van watter land die spelers kom. Maar probeer dit maar met die Nederlandse en Suid-Afrikaanse name. Dis amper onmoontlik om die name te onderskei.

Maar nie heeltemaal onmoontlik nie: die NOS noem van 1 van die spelers duidelik die nasionaliteit: Louis Oosthuizen is van Suid-Afrika.

Nou is dit ook duidelik van watter land Charl Schwartzel kom, want die titel sê dit én sy naam is nie Hollands nie, meer Duits. En in Nederland is daar – anders as in Suid-Afrika – baie min Duitse name.

Maar wat van die name Hennie Otto, James Kruger, Louis Oosthuizen, Joost Luiten, Robert-Jan Derksen en Guido van der Valk?

Dié name kon sommer almal Nederlandse name wees…

Ook toe ek die artikel ‘n tweede keer gelees het, het ek nog nie verstaan nie watter gholfers tot watter land behoort. Is ek werklik dom? Maar toe het ek nogmaals die artikel gelees en gesien dat Otto en Kruger ook Suid-Afrikaanse gholfers is, want hulle “gaan aan de leiding”, soos die NOS skryf.

Maar wat van Joost Luiten, Robert-Jan Derksen en Guido van der Valk? Ek wonder of die berig werklik net oor Suid-Afrikaanse gholfers gaan, want die berig spreek nie van Nederlandse gholfers nie. Pas toe ek die nasionaliteit van die laaste drie spelers rerig nie uit die berig kon haal nie, het ek op Wikipedia gekyk. Hoewel die laaste drie spelers Nederlands is, was dit glad nie duidelik in die berig nie, want die berig spreek net van Suid-Afrikaanse gholfers… Ondanks die onduidelikheid verstaan ek nou die storie heeltemaal.

Maar gelukkig daar is een voordeel: Al die gholfers wat in die berig genoem word, kan in ons eie “geheimtaaltjie” praat, sonder dat die res van die wêreld dit kan verstaan.

Manne, sukses daar in Maleisië!