Regstreekse blog: inhuldiging van die nuwe Nederlandse Koning
29/04/2013 in Uncategorized
Vandag tree die Nederlandse Koningin Beatrix af: sy abdikeer. Volg hier regstreeks die nuutste berigte oor die inhuldiging van die nuwe Koning Willem-Alexander of volg dit regstreeks via die webwerf van die NOS en BVN (DSTV-kanaal 431). Kyk hier vir foto’s in Nuus24 se multimediawebblad. Tip: Soek op hierdie bladsy die woord “Suid-Afrika”.
Hieronder sal al die hoogtepunte en die gebeurtenisse regstreeks opgedateer word:
Ons mag nie die burgerpartytjies vergeet nie
Die gewone partytjies van Koninginnedag word ook gevier. Baie mense landwyd – van Appingedam tot Willemstad – vier die verjaardag van koningin (nou prinses) Beatrix van 31 Januarie én hulle vier die inhuldiging van die nuwe koning. Met oud-Hollandse speletjies en vrymarkte regoor die land – in elke dorp en stad.
Koninklikes verlaat na-partytjie
16:16 Die buitelandse koninklikes verlaat die Paleis op de Dam. Vanaand is hulle nog genooi vir ‘n ete by die Muziekgebouw aan het IJ.
Polisie gee demonstrasieplekke vry
15:30 uur die polisie het in Amsterdam vyf van die ses demonstrasieplekke vrygegee, omdat daar niemand demonstreer nie. Net op die Waterlooplein demonstreer ongeveer 70 mense teen die monargie. Die polisie het met die demonstrasieplekke, wat gesamentlik tienduisende protesteerders kan berg, die aantal protesteerders vér oorskat.
Koning eindig toespraak met eed
14:21 Nadat die koning gepraat het oor sy ma, die verhouding tussen die koningskap en die parlement, die voorwaardes vir ‘n goeie demokrasie en sy toekomstige koningskap, eindig hy die toespraak met die grondwetlike eed:
“Ik zweer aan de volkeren van het Koninkrijk dat Ik het Statuut voor het Koninkrijk en de Grondwet steeds zal onderhouden en handhaven. Ik zweer dat Ik de onafhankelijkheid en het grondgebied van het Koninkrijk met al Mijn vermogen zal verdedigen en bewaren; dat Ik de vrijheid en de rechten van alle Nederlanders en alle ingezetenen zal beschermen, en tot instandhouding en bevordering van de welvaart alle middelen zal aanwenden welke de wetten Mij ter beschikking stellen, zoals een goed en getrouw Koning schuldig is te doen. Zo waarlijk helpe Mij God almachtig!”
Jan Taminiau maak rok koningin
14:15 Die Nederlandse ontwerper Jan Taminiau het die koningsblou rok van Koningin Máxima gemaak. Sien hier ‘n foto van die rok en Jan Taminiau.
Koning begin toespraak
14:10 Die koning begin sy toespraak: “Leden van de Staten-Generaal! Vandaag ben ik naar uw vergadering gekomen om als koning te worden beëdigd en ingehuldigd”
14:02 KONING ARRIVEER IN NIEUWE KERK (VIDEO)
Koning verlaat Paleis; loop na Nieuwe Kerk
14:00 Koning Willem-Alexander en Koningin Máxima verlaat die Paleis op de Dam en loop na die Nieuwe Kerk (VIDEO!!!)
Heraute kondig koning aan
13:55 Die Herauten van Wapenen verlaat die paleis aan die voorkant, hulle is in dieselfde stoet as die Koning en Koningin. Die herauten dra ook die Grondwet en die Statuut van die Koninkryk.
Parlementsvoorsitter open Verenigde Vergadering
Die voorsitter van die parlement open die Verenigde Vergadering in die Nieuwe Kerk waarin die koning ingehuldig word.
Prinsesse word selfstandig
13:45 Voordat die Koning en Koningin via die voorkant van die Paleis na die Nieuwe Kerk loop, loop die Koninklike gesin via die agterkant van die Paleis na die vooringang van die Kerk. Hulle loop op volgorde van troonsopvolging, dit beteken die 9-jarige kroonprinses loop saam met haar susters selfstandig eerste. Met agter hulle hul ouma, prinses Beatrix.
Buitelandse koninklikes arriveer by Nieuwe Kerk
13:30 – 13:45 Baie buitenlandse koninklikes, van wie meeste kroonprinse en kroonprinsesse, loop via die agterkant van die Paleis op de Dam na die vooringang van die Nieuwe Kerk aan die Nieuwerzijds Voorburgwal. Onder wie Prins Charles en sy vrou, wat deur hul leeftyd behoorlik uit die toon geval het, die die kroonprins(ess)e van Spanje, Noorweë, Sweden, Denemarken, België, Oman, Brunei, Verenigde Arabiese Emirate en meer. Besonder was die aankoms van die kroonprins van Thailand en sy vrou, wat baie spaarsamig in die buiteland is, en die vrou van die kroonprins van Japan, wat vir 12 jare gelede laas in die buiteland was.
Waar is die republikeine?
13:10 Die Nederlandse republikeine het verdwyn. Die munisipaliteit het ses prominente plekke in die stad aangewys waar geprotesteer en gedemonstreer mag word. Tot op hede is die pleine amper leeg. Op die Waterlooplein – die “sentrum” van die demonstrasies – is daar enige tientalle demonstreerders aanwesig, terwyl daar op die plein plek vir duisende demonstreerders is. Aanhangers van die monargie loop singend verby (NOS video)
Fout van polisie
Die polisie het om 10:15 twee demonstreerders op die Dam opgepak – weens ordeverstoring. Dis vandag verbode om groepsdemonstrasies te hou op plekke waar veel aanhangers van die monargie is. Individuele demonstrasies mag op die plekke. Dis onduidelik hoekom die polisie hul gearresteer het. Onder hulle was die voorsitter van die Nieuw Republikeins Genootschap; hulle is die grootste republikeinse groep in Nederland, maar het minder as 2000 lede en het nog nooit via demokratiese weë deelgeneem aan verkiesings nie. Die polisie het hulle na 50 minute vry gelaat en met escorte (dis tans nodig in die besige en volle Amsterdam) na een van die demonstrasieplekke gebring. Die polisie het hom verontskuldig en is jammer.
Verenigde Vergadering
Die Eerste en Tweede Kamer van die State-Generaal (dis die hoër- en laerhuis) sal om 14:00 uur byeen kom in ‘n Verenigde Vergadering in die Nieuwe Kerk. Die nuwe koning sal trou sweer aan die Statuut (waarin die struktuur van die Koninkryk vaslê) en die Grondwet. Die parlementslede sal vervolgens trou sweer aan die koning. Hoewel dit verplig is vir parlementslede om die eed af te lê, weier 12 uit 225 parlementslede dit. Dit het vir groot ophef gesorg, omdat die wet – wat die eed van parlementslede verplig stel – relatief kort gelede is vasgestel, en toe is die wet unaniem aangeneem.
Bevolking reeds in Nieuwe Kerk aanwesig
12:45 Die 500 plekke vir burgers in die Nieuwe Kerk (waar die inhuldiging plaasvind) is reeds beset. Die kommissaris van die provinsies (provinsie-hoof) het 500 burgers van hul provinsies afgevaardig. Vanaf 13:00 uur kom die parlementslede en daarna die buitelandse koninklikes. Om 14:00 uur sal Koning Willem-Alexander en Koningin Maxima van die Paleis op de Dam na die Nieuwe Kerk loop.
Munisipaliteit Amsterdam kry “Twitterjail”
12:05 Die twitteraccount van die Gemeente Amsterdam (@AmsterdamNL) was tydelik geblokkeer weens teveel tweets. Dit is ‘n groot probleem, want Twitter is een van die belangrikste kommunikasiekanale tussen die munisipaliteit en die mense wat op die oomblik in die stad is. Verandering van 12:20: die probleem is gelos.
Fokus verskuif
12:00 Die fokus in die Nederlandse media verskuif stadig van die abdikasie na die inhuldiging, wat om 14:00 uur in die Nieuwe Kerk begin.
Nuwe staasiefoto
11:05 Die Rijksvoorlichtingsdienst (RVD) het die eerste nuwe staasiefoto van die nuwe koning via die webwerf van die Koninklik Huis gepubliseer. Vanmiddag sal ook ‘n andere staasiefoto met die hermelyne mantel gepubliseer word.
Ook Suid-Afrika op die plein!
Tydens die balkon-oomblik was daar natuurlik ook buitelanders op die plein. Die volgende vlae het verby gekom op televisie: Aruba, Nederland en Curaçao (dis logies maar waar was Sint Maarten), maar ook die vlae van Argentinië, Spanje, Italië en Suid-Afrika is gespot!
Sien hier vir foto’s en ‘n video van die balkon-oomblik op die webwerf van de Telegraaf.
Die koninklike familie verlaat balkon
10:40 Die koninklike gesin verlaat die balkon, want hulle gaan nou eet en hulself gereedmaak vir die inhuldiging van vanmiddag.
Kroonprinses en ander prinsesse verskyn:
10:38 ‘n paar minute later as gepland, verskyn die 9-jarige Prinses van Oranje, en haar jonger susters op die balkon.
Prinses breek protokol
10:36 Hoewel die protokol voorskryf prinses Beatrix moet plek maak vir die kinders van die koning, vra sy haar seun: “Even wuifen misschien”. Die volk bly entoesiasties vir die voormalige vorstin juig.
Volkslied vir nuwe koning
10:35 Die orkeste op die Dam speel die volkslied vir die nuwe koning, terwyl Koning Willem-Alexander, Koningin Máxima en prinses Beatrix op die balkon van die Paleis op die Dam staan.
Beatrix introduseer nuwe Koning
10:31 Beatrix sê op die balkon: “Hierbij stel ik u voor: uw nieuwe koning!”
Balkon-oomblik
10:30 Koning Willem-Alexander, Koningin Máxima en die afgetrede prinses Beatrix verskyn op die balkon van die Paleis op de Dam. Prinses Beatrix wens die Koning staan in die midde, maar haar seun sit haar in die midde. Dis direk duidelik wie nou die leiding het?
Jong mense voor paleis
10:15 In 1980 by die inhuldiging van Beatrix moes die polisie nog die jong mense letterlik van die plein af slaan, nou huil die jong mense, waarvan opmerklik baie voor die Paleis op de Dam aanwesig is. Party jong mense huil, omdat hulle net Beatrix ken as staatshoof – ook vir hulle breek ‘n nuwe area aan.
Sien hier vir ‘n video en foto’s van die abdikasie op die webwerf van De Telegraaf.
Prinses Beatrix toon bietjie emosie
10:10 As die ministers en goewerneurs die akte onderteken, toon prinses Beatrix ‘n bietjie emosie. Sy pak die hand van haar seun. Koningin Máxima gee haar man ‘n liefdevolle knipoog.
Die volk juig
10:07-10:15 Die volk juig as Koningin Beatrix die laaste streke van haar handtekening maak. Dit is duidelik hoorbaar in die paleis en (nou) prinses Beatrix begin lag. Ook as Koning Willem-Alexander en Koningin Máxima die akte onderteken juig die volk. As die direkteur van die Kabinet van de Koning die akte ook onderteken – as laaste – juig die volk weer. Die abdikasieproses is voltooi.
KONINGIN BEATRIX TREE AF: WILLEM-ALEXANDER KONING.
10:07:43 Koningin Beatrix teken haar abdikasie. Dit maak Willem-Alexander Koning. Om die besluit te bekragtig, het sy nie eers die handtekening van haar eie seun nodig nie. Nadat Koning Willem-Alexander en Koningin Máxima die Akte van Abdicatie geteken het, teken die aanwesige ryksregering, die voorsitters van de State-Generaal en die direkteur van die Kabinet van de Koning die akte. Die ondertekening maak die 9-jarige prinses Amalia die Kroonprinses en die eerste Prinses van Oranje in die geskiedenis. Na 33 jaar is Beatrix koningin af en weer prinses.
Koningin Beatrix hou toespraak
10:02 In die toespraak begin Koningin Beatrix met “ik” (ek). Gewoonlik praat die Koningin by belangrike geleenthede in meervoud oor “wij” (ons). Sy dank die volk nogmaals en sê: “Vandaag maak ik plaats voor een nieuwe generatie”.
Koningin Beatrix betree Mozeszaal/Vroedschapskamer
10:00 Koningin Beatrix, die Prins van Oranje en Prinses Maxima betree die Mozeszaal/Vroedschapskamer in die Paleis op de Dam. Die volk buite die paleis – wat dit op groot skerme volg – begin skandeer: “Bea Bedankt!”
Gesange vervroeg
09:40 Weens die abdikasie om 10:00 uur is die gebruiklike gesange, wat ‘n eerbetoon vir die Koning(in), vervroeg. Baie plaaslike Oranjeverenigings het die gesange tussen 08:45 en 09:30 laat plaasvind, sodat almal om 10:00 uur televisie kan kyk.
Dag vol buitelandse koninklikes:
In die Nieuwe Kerk in Amsterdam sal baie koninklikes aanwesig wees. Al die Europese vorstehuise is in Amsterdam, terwyl ook baie koninlikes uit die Midde-Ooste in Nederland is. Besonder is die aanwesigheid van die Japanse Kroonprinses. Sy het sedert 2002 geen protokollêre oomblike buite Japan bygewoon. Dit is die eerste keer sedert 2006 dat sy buite Japan is (toe was sy ook in Nederland).
Regering arriveer by Paleis
9:15 Die regering, goewerneurs van Aruba, Curaçao en Sint Maarten, die voorsitters van die State-Generaal en die burgemeester van Amsterdam arriveer by die Paleis op die Dam. Hier sal die Koningin om 10 uur die abdikasie teken.
Die weermag begin – televisie gaan regstreeks
09:00 Die skip Hr.Ms. Evertsen – oor ‘n uur Zr.Ms. – begin 101 saluutskote afvuur. Die televisie begin regstreeks uitsaai vir 18 ure lank. Die begin van ‘n lank dag!
Ook Nederlanders in Suid-Afrika vier
8:54 Ook in Suid-Afrika vier die Nederlanders die inhuldiging! (NOS)
Suriname verdeeld
8:50 Die voormalige Nederlandse kolonie Suriname is verdeeld. Die opposisiepartye het die toekomstige Koning geluk gewens, terwyl die regering sy beamptes verbied het om enige feeste in Paramaribo te besoek.
Radio gaan regstreeks
29 April | 19:00 uur | Die staatsradio (Radio 1) gaan nou 27-uur non-stop uitsaai oor die inhuldiging.
Koninginnach begin!
Die feeste begin! Om 18:00 uur het die Vrymarkte in Utrecht begin!
Van die grootste buitelandse feeste in Suid-Afrika!
Die grootste buitelandse feeste word georganiseer in Argentinië en Suid-Afrika. Waar in Argentinië ‘n groot bal “Tango para Máxima” georganiseer word deur die Argentynse regering saam met die Nederlandse ambassade in Buenos Aires, organiseer die Nederlandse ambassade die grootste buitelandse fees: 1200 mense is genooi op die ambassade in Pretoria. Ook die konsulaat in Kaapstad het sy eie feesprogram, nes die SASNEV en die Nederlandse vereniging in Kaapstad. Die buitekant van die Nederlandse ambassade in Pretoria is in Oranje, wit, blou en rooi gehul. (Telegraaf)
Wens die nuwe koning geluk!
Die Nationaal Comitee Inhuldiging lanseer saam met Google wenswereldwijd.nl. Hier kan Nederlanders en buitelanders in die buiteland hul wense na die nuwe Koning stuur.
Die dag het grofweg ses hoogtepunte:
- 10:00 uur: Die abdikasie van Koningin Beatrix;
- 10:30 uur: Die balkon-oomblik en toespraak van Prinses Beatrix. Koning Willem-Alexander, Koningin Máxima en hul dogters sal ook op die balkon verskyn;
- 14:00 – 15:30 uur: Inhuldiging van Koning Willem-Alexander in die Nieuwe Kerk in Amsterdam tydens ‘n Verenigde Vergadering van die State-Generaal (die Nederlandse parlement);
- 19:30 uur: Die Nederlandse volke sing saam die Koningslied;
- ±19:45 -21:00 uur: Die Koningsvaart oor die IJ in Amsterdam;
- 21:00 uur: Die Oranjefeest op die Oranjeplein (gewoonlik: Museumplein) in Amsterdam.
Koningsspele landwyd aangebied
Aankondiging abdikasie Koningin Beatrix
Op 28 Januarie van hierdie jaar kondig Koning Beatrix haar atrede aan. Sy sê: “Ik ben dankbaar voor de vele jaren waarin ik uw koningin mocht zijn” (via NOS op 3)


Recent Comments