Regstreekse blog: inhuldiging van die nuwe Nederlandse Koning

29/04/2013 in Uncategorized

Vandag tree die Nederlandse Koningin Beatrix af: sy abdikeer. Volg hier regstreeks die nuutste berigte oor die inhuldiging van die nuwe Koning Willem-Alexander of volg dit regstreeks via die webwerf van die NOS en BVN (DSTV-kanaal 431). Kyk hier vir foto’s in Nuus24 se multimediawebblad. Tip: Soek op hierdie bladsy die woord “Suid-Afrika”.

Hieronder sal al die hoogtepunte en die gebeurtenisse regstreeks opgedateer word:

Ons mag nie die burgerpartytjies vergeet nie

Die gewone partytjies van Koninginnedag word ook gevier. Baie mense landwyd – van Appingedam tot Willemstad – vier die verjaardag van koningin (nou prinses) Beatrix van 31 Januarie én hulle vier die inhuldiging van die nuwe koning. Met oud-Hollandse speletjies en vrymarkte regoor die land – in elke dorp en stad.

Koninklikes verlaat na-partytjie

16:16 Die buitelandse koninklikes verlaat die Paleis op de Dam. Vanaand is hulle nog genooi vir ‘n ete by die Muziekgebouw aan het IJ.

Polisie gee demonstrasieplekke vry

15:30 uur die polisie het in Amsterdam vyf van die ses demonstrasieplekke vrygegee, omdat daar niemand demonstreer nie. Net op die Waterlooplein demonstreer ongeveer 70 mense teen die monargie. Die polisie het met die demonstrasieplekke, wat gesamentlik tienduisende protesteerders kan berg, die aantal protesteerders vér oorskat.

Koning eindig toespraak met eed

14:21 Nadat die koning gepraat het oor sy ma, die verhouding tussen die koningskap en die parlement, die voorwaardes vir ‘n goeie demokrasie en sy toekomstige koningskap, eindig hy die toespraak met die grondwetlike eed:

“Ik zweer aan de volkeren van het Koninkrijk dat Ik het Statuut voor het Koninkrijk en de Grondwet steeds zal onderhouden en handhaven. Ik zweer dat Ik de onafhankelijkheid en het grondgebied van het Koninkrijk met al Mijn vermogen zal verdedigen en bewaren; dat Ik de vrijheid en de rechten van alle Nederlanders en alle ingezetenen zal beschermen, en tot instandhouding en bevordering van de welvaart alle middelen zal aanwenden welke de wetten Mij ter beschikking stellen, zoals een goed en getrouw Koning schuldig is te doen. Zo waarlijk helpe Mij God almachtig!”

Jan Taminiau maak rok koningin

14:15 Die Nederlandse ontwerper Jan Taminiau het die koningsblou rok van Koningin Máxima gemaak. Sien hier ‘n foto van die rok en Jan Taminiau.

Koning begin toespraak

14:10 Die koning begin sy toespraak: “Leden van de Staten-Generaal! Vandaag ben ik naar uw vergadering gekomen om als koning te worden beëdigd en ingehuldigd”

14:02 KONING ARRIVEER IN NIEUWE KERK (VIDEO)

Koning verlaat Paleis; loop na Nieuwe Kerk

14:00 Koning Willem-Alexander en Koningin Máxima verlaat die Paleis op de Dam en loop na die Nieuwe Kerk (VIDEO!!!)

Heraute kondig koning aan

13:55 Die Herauten van Wapenen verlaat die paleis aan die voorkant, hulle is in dieselfde stoet as die Koning en Koningin. Die herauten dra ook die Grondwet en die Statuut van die Koninkryk.

Parlementsvoorsitter open Verenigde Vergadering

Die voorsitter van die parlement open die Verenigde Vergadering in die Nieuwe Kerk waarin die koning ingehuldig word.

Prinsesse word selfstandig

13:45 Voordat die Koning en Koningin via die voorkant van die Paleis na die Nieuwe Kerk loop, loop die Koninklike gesin via die agterkant van die Paleis na die vooringang van die Kerk. Hulle loop op volgorde van troonsopvolging, dit beteken die 9-jarige kroonprinses loop saam met haar susters selfstandig eerste. Met agter hulle hul ouma, prinses Beatrix.

Buitelandse koninklikes arriveer by Nieuwe Kerk

13:30 – 13:45 Baie buitenlandse koninklikes, van wie meeste kroonprinse en kroonprinsesse, loop via die agterkant van die Paleis op de Dam na die vooringang van die Nieuwe Kerk aan die Nieuwerzijds Voorburgwal. Onder wie Prins Charles en sy vrou, wat deur hul leeftyd behoorlik uit die toon geval het, die die kroonprins(ess)e van Spanje, Noorweë, Sweden, Denemarken, België, Oman, Brunei, Verenigde Arabiese Emirate en meer. Besonder was die aankoms van die kroonprins van Thailand en sy vrou, wat baie spaarsamig in die buiteland is, en die vrou van die kroonprins van Japan, wat vir 12 jare gelede laas in die buiteland was.

Waar is die republikeine?

13:10 Die Nederlandse republikeine het verdwyn. Die munisipaliteit het ses prominente plekke in die stad aangewys waar geprotesteer en gedemonstreer mag word. Tot op hede is die pleine amper leeg. Op die Waterlooplein – die “sentrum” van die demonstrasies – is daar enige tientalle demonstreerders aanwesig, terwyl daar op die plein plek vir duisende demonstreerders is. Aanhangers van die monargie loop singend verby (NOS video)

Fout van polisie

Die polisie het om 10:15 twee demonstreerders op die Dam opgepak – weens ordeverstoring. Dis vandag verbode om groepsdemonstrasies te hou op plekke waar veel aanhangers van die monargie is. Individuele demonstrasies mag op die plekke. Dis onduidelik hoekom die polisie hul gearresteer het. Onder hulle was die voorsitter van die Nieuw Republikeins Genootschap; hulle is die grootste republikeinse groep in Nederland, maar het minder as 2000 lede en het nog nooit via demokratiese weë deelgeneem aan verkiesings nie. Die polisie het hulle na 50 minute vry gelaat en met escorte (dis tans nodig in die besige en volle Amsterdam) na een van die demonstrasieplekke gebring. Die polisie het hom verontskuldig en is jammer.

Verenigde Vergadering

Die Eerste en Tweede Kamer van die State-Generaal (dis die hoër- en laerhuis) sal om 14:00 uur byeen kom in ‘n Verenigde Vergadering in die Nieuwe Kerk. Die nuwe koning sal trou sweer aan die Statuut (waarin die struktuur van die Koninkryk vaslê) en die Grondwet. Die parlementslede sal vervolgens trou sweer aan die koning. Hoewel dit verplig is vir parlementslede om die eed af te lê, weier 12 uit 225 parlementslede dit. Dit het vir groot ophef gesorg, omdat die wet – wat die eed van parlementslede verplig stel – relatief kort gelede is vasgestel, en toe is die wet unaniem aangeneem.

Bevolking reeds in Nieuwe Kerk aanwesig

12:45 Die 500 plekke vir burgers in die Nieuwe Kerk (waar die inhuldiging plaasvind) is reeds beset. Die kommissaris van die provinsies (provinsie-hoof) het 500 burgers van hul provinsies afgevaardig. Vanaf 13:00 uur kom die parlementslede en daarna die buitelandse koninklikes. Om 14:00 uur sal  Koning Willem-Alexander en Koningin Maxima van die Paleis op de Dam na die Nieuwe Kerk loop.

Munisipaliteit Amsterdam kry “Twitterjail”

12:05 Die twitteraccount van die Gemeente Amsterdam (@AmsterdamNL) was tydelik geblokkeer weens teveel tweets. Dit is ‘n groot probleem, want Twitter is een van die belangrikste kommunikasiekanale tussen die munisipaliteit en die mense wat op die oomblik in die stad is. Verandering van 12:20: die probleem is gelos.

Fokus verskuif

12:00 Die fokus in die Nederlandse media verskuif stadig van die abdikasie na die inhuldiging, wat om 14:00 uur in die Nieuwe Kerk begin.

Nuwe staasiefoto

11:05 Die Rijksvoorlichtingsdienst (RVD) het die eerste nuwe staasiefoto van die nuwe koning via die webwerf van die Koninklik Huis gepubliseer. Vanmiddag sal ook ‘n andere staasiefoto met die hermelyne mantel gepubliseer word.

Ook Suid-Afrika op die plein!

Tydens die balkon-oomblik was daar natuurlik ook buitelanders op die plein. Die volgende vlae het verby gekom op televisie: Aruba, Nederland en Curaçao (dis logies  maar waar was Sint Maarten), maar ook die vlae van Argentinië, Spanje, Italië en Suid-Afrika is gespot!

Sien hier vir foto’s en ‘n video van die balkon-oomblik op die webwerf van de Telegraaf.

Die koninklike familie verlaat balkon

10:40 Die koninklike gesin verlaat die balkon, want hulle gaan nou eet en hulself gereedmaak vir die inhuldiging van vanmiddag.

Kroonprinses en ander prinsesse verskyn:

10:38 ‘n paar minute later as gepland, verskyn die 9-jarige Prinses van Oranje, en haar jonger susters op die balkon.

Prinses breek protokol

10:36 Hoewel die protokol voorskryf prinses Beatrix moet plek maak vir die kinders van die koning, vra sy haar seun: “Even wuifen misschien”. Die volk bly entoesiasties vir die voormalige vorstin juig.

Volkslied vir nuwe koning

10:35 Die orkeste op die Dam speel die volkslied vir die nuwe koning, terwyl Koning Willem-Alexander, Koningin Máxima en prinses Beatrix op die balkon van die Paleis op die Dam staan.

Beatrix introduseer nuwe Koning

10:31 Beatrix sê op die balkon: “Hierbij stel ik u voor: uw nieuwe koning!”

Balkon-oomblik

10:30 Koning Willem-Alexander, Koningin Máxima en die afgetrede prinses Beatrix verskyn op die balkon van die Paleis op de Dam. Prinses Beatrix wens die Koning staan in die midde, maar haar seun sit haar in die midde. Dis direk duidelik wie nou die leiding het?

Jong mense voor paleis

10:15 In 1980 by die inhuldiging van Beatrix moes die polisie nog die jong mense letterlik van die plein af slaan, nou huil die jong mense, waarvan opmerklik baie voor die Paleis op de Dam aanwesig is. Party jong mense huil, omdat hulle net Beatrix ken as staatshoof – ook vir hulle breek ‘n nuwe area aan.

Sien hier vir ‘n video en foto’s van die abdikasie op die webwerf van De Telegraaf.

Prinses Beatrix toon bietjie emosie

10:10 As die ministers en goewerneurs die akte onderteken, toon prinses Beatrix ‘n bietjie emosie. Sy pak die hand van haar seun. Koningin Máxima gee haar man ‘n liefdevolle knipoog.

Die volk juig

10:07-10:15 Die volk juig as Koningin Beatrix die laaste streke van haar handtekening maak. Dit is duidelik hoorbaar in die paleis en (nou) prinses Beatrix begin lag. Ook as Koning Willem-Alexander en Koningin Máxima die akte onderteken juig die volk. As die direkteur van die Kabinet van de Koning die akte ook onderteken – as laaste – juig die volk weer. Die abdikasieproses is voltooi.

KONINGIN BEATRIX TREE AF: WILLEM-ALEXANDER KONING.

10:07:43 Koningin Beatrix teken haar abdikasie. Dit maak Willem-Alexander Koning. Om die besluit te bekragtig, het sy nie eers die handtekening van haar eie seun nodig nie.  Nadat Koning Willem-Alexander en Koningin Máxima die Akte van Abdicatie geteken het, teken die aanwesige ryksregering, die voorsitters van de State-Generaal en die direkteur van die Kabinet van de Koning die akte. Die ondertekening maak die 9-jarige prinses Amalia die Kroonprinses en die eerste Prinses van Oranje in die geskiedenis. Na 33 jaar is Beatrix koningin af en weer prinses.

Koningin Beatrix hou toespraak

10:02 In die toespraak begin Koningin Beatrix met “ik” (ek). Gewoonlik praat die Koningin by belangrike geleenthede in meervoud oor “wij” (ons). Sy dank die volk nogmaals en sê: “Vandaag maak ik plaats voor een nieuwe generatie”.

Koningin Beatrix betree Mozeszaal/Vroedschapskamer

10:00 Koningin Beatrix, die Prins van Oranje en Prinses Maxima betree die Mozeszaal/Vroedschapskamer in die Paleis op de Dam. Die volk buite die paleis – wat dit op groot skerme volg – begin skandeer: “Bea Bedankt!”

Gesange vervroeg

09:40 Weens die abdikasie om 10:00 uur is die gebruiklike gesange, wat ‘n eerbetoon vir die Koning(in), vervroeg. Baie plaaslike Oranjeverenigings het die gesange tussen 08:45 en 09:30 laat plaasvind, sodat almal om 10:00 uur televisie kan kyk.

Dag vol buitelandse koninklikes:

In die Nieuwe Kerk in Amsterdam sal baie koninklikes aanwesig wees. Al die Europese vorstehuise is in Amsterdam, terwyl ook baie koninlikes uit die Midde-Ooste in Nederland is. Besonder is die aanwesigheid van die Japanse Kroonprinses. Sy het sedert 2002 geen protokollêre oomblike buite Japan bygewoon. Dit is die eerste keer sedert 2006 dat sy buite Japan is (toe was sy ook in Nederland).

Regering arriveer by Paleis

9:15 Die regering, goewerneurs van Aruba, Curaçao en Sint Maarten, die voorsitters van die State-Generaal en die burgemeester van Amsterdam arriveer by die Paleis op die Dam. Hier sal die Koningin om 10 uur die abdikasie teken.

Die weermag begin – televisie gaan regstreeks

09:00 Die skip Hr.Ms. Evertsen – oor ‘n uur Zr.Ms. – begin 101 saluutskote afvuur. Die televisie begin regstreeks uitsaai vir 18 ure lank. Die begin van ‘n lank dag!

Ook Nederlanders in Suid-Afrika vier

8:54 Ook in  Suid-Afrika vier die Nederlanders die inhuldiging! (NOS)

Suriname verdeeld

8:50 Die voormalige Nederlandse kolonie Suriname is verdeeld. Die opposisiepartye het die toekomstige Koning geluk gewens, terwyl die regering sy beamptes verbied het om enige feeste in Paramaribo te besoek.

Radio gaan regstreeks

29 April | 19:00 uur | Die staatsradio (Radio 1) gaan nou 27-uur non-stop uitsaai oor die inhuldiging.

Koninginnach begin!

Die feeste begin! Om 18:00 uur het die Vrymarkte in Utrecht begin!

Van die grootste buitelandse feeste in Suid-Afrika!

Die grootste buitelandse feeste word georganiseer in Argentinië en Suid-Afrika. Waar in Argentinië ‘n groot bal “Tango para Máxima” georganiseer word deur die Argentynse regering saam met die Nederlandse ambassade in Buenos Aires, organiseer die Nederlandse ambassade die grootste buitelandse fees: 1200 mense is genooi op die ambassade in Pretoria. Ook die konsulaat in Kaapstad het sy eie feesprogram, nes die SASNEV en die Nederlandse vereniging in Kaapstad. Die buitekant van die Nederlandse ambassade in Pretoria is in Oranje, wit, blou en rooi gehul. (Telegraaf)

Wens die nuwe koning geluk!

Die Nationaal Comitee Inhuldiging lanseer saam met Google wenswereldwijd.nl. Hier kan Nederlanders en buitelanders in die buiteland hul wense na die nuwe Koning stuur.

Die dag het grofweg ses hoogtepunte:
  • 10:00 uur: Die abdikasie van Koningin Beatrix;
  • 10:30 uur: Die balkon-oomblik en toespraak van Prinses Beatrix. Koning Willem-Alexander, Koningin Máxima en hul dogters sal ook op die balkon verskyn;
  • 14:00 – 15:30 uur: Inhuldiging van Koning Willem-Alexander in die Nieuwe Kerk in Amsterdam tydens ‘n Verenigde Vergadering van die State-Generaal (die Nederlandse parlement);
  • 19:30 uur: Die Nederlandse volke sing saam die Koningslied;
  • ±19:45 -21:00 uur: Die Koningsvaart oor die IJ in Amsterdam;
  • 21:00 uur: Die Oranjefeest op die Oranjeplein (gewoonlik: Museumplein) in Amsterdam.
Koningsspele landwyd aangebied
Op Vrydag 26 April begin die feeste landwyd. Meer as 1,3 miljoen kinders ontbyt saam en oefen verskillende sporte. Ook die kinders in die Karibiese deel van Nederland oefen saam. (Nationaal Comitee Inhuldiging Caribisch deel v/h Koninkrijk)
Aankondiging abdikasie Koningin Beatrix

Op 28 Januarie van hierdie jaar kondig Koning Beatrix haar atrede aan. Sy sê: “Ik ben dankbaar voor de vele jaren waarin ik uw koningin mocht zijn” (via NOS op 3)

Verwysing: Help, Oranjekoors! Wat gaan aan?!

26/04/2013 in Uncategorized

Lees hier my nuwe blog:

Help, Oranjekoors? Wat gaan aan?!

http://blogs.litnet.co.za/i90christian/2013/04/26/wat-gaan-gebeur/

Op 30 April sal ek van hierdie blog (my Nuus24-blog) regstreeks ‘n tydverslag tik van die inhuldiging van die nuwe Nederlandse koning en dit elke vyf minute (as daar nuus is) opdateer – Ek hoop Nuus24 sal die regstreekse en tussentydse opgedateerde verslag wil gebruik (hint vir die redaksie).

Dis tyd vir ‘n hervorming

07/04/2013 in Uncategorized

Beste lesers,

Ek gaan my blog hier op blogs24 nie langer byhou. Die plasings bly toeganklik en ek sal reageer as enigiemand ‘n nuwe reaksie gee. Maar geen nuwe plasings sal hier meer geplaas word nie.

MAAR DIT BETEKEN NIE EK GAAN STOP. MY AFRIKAANSE PEN SAL BLY SKRYF!

Ek gaan nou my nuuskommentaar regstreeks laai op (My)Nuus24 se webwerf. Hierdie beslissing het die volgende redes:

  1. Daar is te min Afrikaanse lesers op Blogs24. Ek wil dankie sê vir Barend en Jeanius, wat my blogs lekker tot die einde gelees het. Barend, baie dankie vir jou baie kommentaar. Ek hoop jy kan sommer kommentaar bly gee op my artikels.
  2. Die “transfer” van MyNuus24Blogs na Blogs24 het heeltemal misluk. Afrikaanse lesers het padgegee na LitNet en die nuwe Nuus24 webwerf. Nou die Engelse bloggers ook padgee – verlaat ek ook hierdie sinkende skip.
  3. Blogs24 werk nie lekker nie. Die stelsel werk baie staties. Dis byvoorbeeld onduidelik hoeveel mense jou blogs lees en dit werk nie goed vir die motivering nie.
  4. Met die hervorming op Nuus24 is daar ‘n nuwe lekker ruimte om regstreeks op Nuus24 se webwerf te blog. Ek verstaan ek kan nie al my blogs daarop pos nie – want dit is “My Nuus” – dus daar is geen ruimte vir persoonlike stories of kultuurbelevings meer nie.
  5. LitNet se skrywers is baie interaktiewer. Dus my persoonlike ruimte sal ek daar vat.
  6. My nuuskommentaar en my persoonlike stories sal ook gelaai word op my algemene blog – dit sal ‘n oorsig gee van al my skryfwerk.
  7. Daar is dus beter verhoë vir my skryfwerk.
Ek wil baie dankie sê vir MyNuus24 se redaksie wat die verhoog aangebied het en wat baie van my plasings op hul voorblad geplaas het. Voor die “transfer” in Mei 2012 het meer as 17.000 mense my blogs gelees. HULDE AAN DIE REDAKSIE!

 

Maar ek vertrek:

Nuus24-webwerf (nuuskommentaar):  http://afrikaans.news24.com/gebruiker/i90Christian

Litnet (persoonlike blogs):  http://blogs.litnet.co.za/i90christian/

Algemene blog (oorsig): http://i90christian.wordpress.com/

Baie dankie vir almal. Ongelukkig moes die Nuus24-blog nooit verdwyn het nie.

LEES HIER MY NUWE BLOG: “OM SOMMER MET DIE KAAP TE SKAKEL” OP LITNET.

Ek het goeie hoop ek sal julle sien op Nuus24 se webwerf.

Later!

Nederlandse Chamberlain-politiek teen ANC gaan nie werk nie

24/03/2013 in Uncategorized

Die buitelandbeleid van die ANC word al kritieser gevolg in Europa. Baie Europese lande, waaronder Nederland, het groot belang by ‘n “westerse buitelandbeleid” van die Suid-Afrikaanse regering.

Maar die laaste jare los die ANC Europa meer en meer as belangrike partner. Die toetreding tot die BRICS-lande, waartoe Suid-Afrika eintlik heeltemal nie behoort nie, omdat hy te klein is en te lae groeisyfers het, die aankoop van olie uit Iran en die vriendelike gepraat met die regerings van China, Venezuela en Cuba maak die westerse lande baie kriewelrig.

Nou ondervind baie Europese lande baie min negatiewe invloede van hierdie beleid. Die meeste lande verloor net ‘n bietjie invloed aan die suidpunt van Afrika. Maar op sommige departemente in Europa word die alarmklokkies reeds gelui.

Sedert die dood van president Chavèz van Venezuela raak die onderwerp weer aktueel. Die Burger het reeds in sy opiniekommentaar geskryf dat Chavèz geen goeie vriend is nie. Dit maak nie saak vir die bande tussen Venezuela en Suid-Afrika nie, want die ANC het baie lekker energiekontrakte gesluit. Toe ek in Suid-Afrika was, het ek gewonder hoekom die petrolprys is so laag (in Nederland betaal ons R25 p/l). Maar julle voer goedkoop olie en petrol in, nie net van Iran, maar ook van Venezuela! Julle is afhanklik van daai kommunistiese diktatuur!

Julle het ook baie lekker kontakte met Kuba. Wat ‘n gruwel. Julle mediese personeel word in daardie land geskool. En dit terwyl al die Europese lande die kommunistiese diktatuur boikot. Maar dis ‘n andere storie.

Maar wat deel Chavèz, Suid-Afrika met die Europese departemente?

Dit gaan almal oor die Karibiese gebied. Die Republiek Frankryk, die Verenigde Koninkryk en die Koninkryk der Nederlande is ook onderdeel van die gebied. Nou het die Republiek Frankryk en die Verenigde Koninkryk nie baie sorge oor Chavèz nie, want hulle is ongeveer 1200 km verwyder van die Venezuolaanse kus. Maar dit is Nederland, wat op net 27 km van die Venezuolaanse kus ‘n klompie eilande besit.

En daai land van kaaskoppe, oorvloedige water en polders se weermag oefen jaarliks saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in die Karoo.

En daai land van die reënboog, misdaad en korrupsie se weermag is (te) groot vriende met dié weermag, wat die meeste gevrees word deur Nederlandse weermag: Venezuela.

Die Suid-Amerikaanse land het al dikwels aanspraak gemaak op die Nederlandse gebiede in die Karibiese see. Maar Nederland bestuur die eilande al sedert 1634, toe Kaapstad én Venezuela nog nie eers bestaan het nie. In 2010 was daar amper oorlog toe Chavèz boos was weëns “Nederlandse vliegtuie in sy lugruim”. Met nadruk op die “”. Want dit was ‘n leuen van Chavèz. Hy het toe gedreig met oorlog. Die Nederlandse minister-president moes spesiaal na Caracas vlieg om die saak te bespreek. Gelukkig het geen oorlog gevolg nie.

Wel het Nederland sy elitetroepe in die gebied verdubbel en sy plaaslike vloot, wat gewoonlik die ou patrollieskip Hr.Ms. De Pelikaan) is, met die nuutste een (die Hr. Ms. Johan de Witt) versterk.

Die Nederlandse regering probeer alles om Suid-Afrika se regering uit kommunistiese hande te hou. Ongelukkig gebruik die Nederlandse regering die taktiek van die ou Engelse minister-president Chamberlain, wat met sy appeasementpolitiek nie die begin van Tweede Wêreldoorlog kon keer nie.

Nederland doen in Suid-Afrika dieselfde. “Bly vriende met die ANC.” Ongeag al die mense, wat in Nederland én Suid-Afrika om ander beleid roep. Ja, die Nederlandse media raak al hoe kritieser teen die ANC, die Nederlandse volk raak stadig pro-Afrikaans/Afrikaner. Die misstande word al hoe breër in die pers raakgesien. Selfs die ultra-linkse media is nie langer blind nie.

Maar die regering sluit sy oë. Nee, op taalgebied is hy aktief. Die Nederlandse minister van Buitelandse Sake is baie lief vir Afrikaans. Die Nederlandse regering opereer al hoe selfstandiger, los van die ANC-regering as dit om taalbeleid gaan.

En tog sluit die Nederlandse regering sy oë. Nee, die parlement nie. In 2011 het die regeringspartye ‘n mosie van die opposisie gekeer, wat sê die misdaad in Suid-Afrika moet gestop word, nes die ras-gebaseerde beleid wat die ANC voer. En die mosie het duidelik die ANC verantwoordelik gehou vir wat in Suid-Afrika gebeur. Van die 150 LP’s het 68 ingestem en 82 teen. In 2012 het die regeringspartye weer ‘n mosie gekeer – hierdie keer oor die korrupsie in die ANC-bestuurde regering. In 2013 het die regeringspartye wéér ‘n mosie gekeer, hierdie keer oor plaasmoorde en spesifiek oor Afrikaners. Die mosie was “te ras-gebaseerd” en het “ander volke, wat ook ly onder die misdaad en moorde, genegeer”. Ek moet saamstem met daai laaste argument.

Die Nederlandse regering gaan die opposisie nie baie lank meer kan beteuel nie. Verseker nie nou hy geen meerderheid het in die Eerste Kamer (die Nasionale Raad van Provincies) het nie. Die opposisiepartye is reeds baie lank boos, omdat die regering hul wense negeer, terwyl hy geen meerderheid in een van die parlemente het nie. As die regering nie wil saamwerk nie – en dis nie net met die beleid oor Suid-Afrika nie, maar ook op gebied van behuising, ekonomie, onderwys, ens. – gaan eendag die bom ontplof. Dan sal die regse partye eendag ‘n mosie deur die parlement kry, wat eensydig is en geen oplossings bied nie. Nie vir Afrikaners, nie vir Afrikaans, nie vir Nederland se belange in Suid-Afrika, vir niemand nie.

Dit is nie net belangrik vir Nederland nie, maar ook vir Suid-Afrika. Europa is immers Suid-Afrika se belangrikste handelsgenoot. As die Euro daal, daal die Rand se waarde. As ‘n Europees land oorlog kry met ‘n bondgenoot van Suid-Afrika, plof ook Suid-Afrika se ekonomie.

Dit is belangrik dat die Nederlandse regering nou ‘n duidelike standpunt vorm oor die ANC, die party se bestuurswyse en Suid-Afrika se buitelandbeleid.  Die antwoord van die Nederlandse regering moet allesomvattend wees: van die Afrikaanssprekende Venezolaan tot die Papiamentssprekende Zoeloe.

En ons benodig dit nou: dit is tyd vir aksie!

Hoe transformasie moet werk

14/08/2012 in Uncategorized

Ek is ’n groot teenstander van eensydige transformasie in Suid-Afrika, waarby ’n bevolkingsgroep sy alleenreg op ’n goed moet inlewer vir ’n alleenreg vir ’n ander bevolkingsgroep. Byvoorbeeld die ontvangs op ’n skool wat verander van eentalig Afrikaans na eentalig Engels.

Nee. Fout. Dis nog steeds dieselfde: eksklusiwiteit. “Net vir Afrikaans” is vervang deur “Net vir Engels”. Dis die ANC wat dit grootskaals doen deur onderwys in 10 van die land se amptelike tale te venietig en te vervang deur die nuwe apartheidstaal: Engels.

Het die ANC mos nie geleer van die 1976-relle? Hoekom skend die ANC sy eie menseregteverdrae, wat hy na 1994 op internasionale vlak gesluit het?

Moedertaal is ’n reg. En dis ’n reg dat almal se moedertale geakkomodeer word. Die Universiteit van die Vrystaat doen groot sake daarin. Geen verpligte “verengelsing” soos by Tukkies of die ou Randse Afrikaanse Universiteit. Nee, Kovsies is inklusief. Daar is professors, wat nie Afrikaanstalig is nie, wat net Engels en Suid-Sotho magtig is. Maar hulle leer Afrikaans. Hulle probeer en ’n mens kan met hulle komunikeer in Afrikaans. Daar is Afrikaanse professors, wat net Engels en Afrikaans praat; hulle leer Suid-Sotho. Met drie tale is dit moontlik almal regverdig te behandel. Al die lesings op die hoofkampus is parallelmedium in Afrikaans en Engels. Al die aanduidings is meertalig.

Ek het gedink meertalige aanduidings laat jou net kyk na die boonste aanduiding. Nee. Outomaties kyk ’n jy na die aanduiding in jou moedertaal, omdat jy hierdie een die maklikste verstaan. Jy kan sê jy praat Engels as tweede taal op moedertaalvlak. Vergeet dit. Jy kyk steeds na die Afrikaanse aanduiding, omdat jy weet wat daardie woord beteken.

En jy weet nie net die woord se betekenis nie, jy verstaan die gedagte van die persoon wat dit geskryf het. Jy verstaan elke letter, elke punt. Jy voel die woord. Op daardie oomblik is jy vir ’n rukkie daardie woord. Dit gaan soveel verder as net “die betekenis verstaan”. Jy is jou moedertaal. Dit is wie jy is.

Ek verstaan Afrikaans en Engels. Amptelik is my Engels beter. Ek het gedink ek sou na die Engelse aanduidings kyk as hulle bo die Afrikaanse aanduidings staan. Vergeet dit. Afrikaans is so naby aan Nederlands; dit voel nou soos my moedertaal.

Ek gebruik dieselfde woorde; dieselfde gevoel. 19.000 kilometer van huis.

Dis wonderlik.

Is die JA-stem van 1992 in 2012 nog ‘n JA werd?

23/06/2012 in Uncategorized

Ek weet dis ‘n gevaarlike blog, wat ek nou gaan skryf. Daar sal mense saamstem én mense juis nie. Maar dis die maklike; ek kan as relatiewe buitestaander vry skryf, omdat ek geen persoonlike mening uit die verlede met my dra nie.

In 1992 het die regering van Staatspresident De Klerk ‘n referendum gehou onder Suid-Afrika se wit mense. Dit sou die laaste landelike stembusgang in Suid-Afrika wees waar die rye net wit was. Ongeag die demokratiese fout van De Klerk om na die onderhandelings nie weer sy kiesers te raadpleeg nie, wil ek hierdie blog die vraag behandel of die tydperk van 1994 tot nou nodig is.

Moenie my verkeerd verstaan nie; ons hier in Nederland hoor ook van die huidige ongemakke, diskriminasie en moontlik selfs onderdrukking deur die ANC.

Maar was die JA-stem noodsaaklik?

Ja, vir die Afrikaner.

Deur die boikotte, internasionale vergeldings en die binnelandse situasie was die sisteem van apartheid onhoudbaar. Tevens was én is die sisteem van apartheid ‘n misdaad teen die mensdom. Die Afrikaner moes homself daarvan bevry.

Die poging van Staatspresident Botha in 1983 om apartheid “mensliker” te maak en die harde apartheid te vervang deur ‘n sisteem van “normale omgang” het hopeloos gefaal. Die wêreld het die poging nie verstaan nie (ongeag die negatiewe effekte in Suid-Afrika self) en het Suid-Afrika verder die duimskroewe aangedraai. In die tyd, met ook die De Jongh-sage en die saak met betrekking tot die twee gevange Franse, wat geruil is teen generaal Du Toit, het dit geblyk die sisteem was onvolhoubaar. Daar was amper ‘n permanente noodtoestand in die land.

In die tyd was die Afrikaner die simbool van die kwaad. Maar waar die kritiese uitsaaier AVRO in 1961 al baie versigtig begin saag aan die verwantskapband tussen die Afrikaners en Nederlanders, gaan die Christelike pers vol in die teenaanval. Die Reformatorisch Dagblad verwerp die sisteem van apartheid pas na die vrylating van Mandela in 1990. Refdag skryf in 2010:

Uit veel bronnen blijkt dat de apartheid breed werd gesteund. [...] In [de] interviewbundel ”Wat wij geloven” (1985) bleek er onder kerkleiders uit de breedte van de gereformeerde gezindte grote steun voor blank Zuid-Afrika.

Maar die groep was (en is) in Nederland ‘n klein minderheid.

Die afskaffing van apartheid was nodig; die sisteem kon die ondergang van die Afrikaners word. Wat sou immers gebeur tydens ‘n bloedige rewolutie? Elke dag grootskaalse jag op wit mense?

Die volk kon nie groei; Afrikaners kon hulself in die laaste 10 jare van apartheid nie ideologies ontwikkel soos die res van die wêreld nie. En ideologiese ontwikkeling beteken die instandhouding van ‘n volk. Om ontwikkeling weer moontlik te maak, was daar eintlik net een moontlikheid:

Afskaffing van apartheid.

Vandag weet ons wat die gevolge is van die afskaffing van apartheid. Was die woord Afrikaner voorheen ‘n sinoniem van die woord overheid, vandag staan hulle dikwels teenoor mekaar in die hof.

Op talle én ander vlakke het die Afrikaner moet inlewer. Sommige mense is daardeur moedeloos geword en soek hul uitweg in rassistiese aksies. Ek veroordeel rassisme sterk.

Maar afskaffing van apartheid het ook perspektief gebring. ‘n Perspektief om van voor af (aan) te begin. ‘n Perspektief waarin die Afrikaner met die wêreld kan praat. ‘n Perspektief waarin ander volke, verwant of nie, geniet van die Afrikaanse taal en kultuur. Om nuwe bruë te slaan, om oude en nuwe bande te maak, om hulself populêr te maak. Wie kon in Januarie 1990, in ‘n tyd van ‘n allesvernietigende boikot, vermoed van die populariteit, wat Afrikaans vandag geniet in België en Nederland?

Om aan jouself te kan bou, om aan jouself te werk, om jouself sterker te maak, moet ‘n mens in die midde van die wêreld staan. Jy moet jouself ken, jouself wees en hande uitreik na ander mense, sonder jouself daarby te verloën.

Die meeste Afrikaners doen dit vandag. En ek het plesier daarin om te konkludeer dat die uiters linkse mense soos Piet Croukamp en lede van die AWB en ander verregse organisasies vandag se verkramptes is.

Die Afrikaner kan ‘n toekoms op sy eie maak; leer van sy verlede en om nie dieselfde foute te maak nie.

Selfbeskikking of nie; dis nie dieselfde as rassisme of apartheid. Ieder persoon het die reg om te wees wie hy is, sonder oor ander mense te oordeel.

Die afskaffing van apartheid het die Afrikaner bevry. Bevry van ‘n verstikkende verlede van rassisme, rassehaat en verouderde ideologie.

Die Afrikaner kan vorentoe kyk. Dis nou tyd vir die Onafhanklike Afrikaner-selfbeskikkingsekpedisie en die Orania Beweging om ‘n brief op hoë pote na die Reformatorisch Dagblad te stuur.

Want die ritssluiting begin daar waar die twee kante mekaar die laaste losgelaat het!

“My Afrikááns is a bitkie likè IIIInglish. Ek love my taal!”

21/06/2012 in Uncategorized

In Beeld is daar nou weer – amper soos gewoonlik – ‘n groot debat oor die “verkragting” van Afrikaans. KykNET en die OFM-radiostasie is lankal aangewys as gebruikers van slegte Afrikaans. Maar ook gewoon mense gebruik Gemorskosafrikaans.

Ek kan Afrikaans verstaan. Ek kan ook Engels praat. Maar die konstrukties wat sommige mense – moedertaalsprekers – in Afrikaans maak… Ek durf te sê my Afrikaans is sonder onderrig in die taal,  sonder die taal ooit gepraat te hê, beter as die gemors wat sommige moedertaalspreker use.

Daardie mense gooi in elke sin ‘n handvol Engelse woorde deur hul taal. Met die gevolg dat ek die inhoud heeltemaal nie meer verstaan nie! Ek verstaan Afrikaans en Engels op akademiese vlak, maar die tussentaaltjie wat die mense praat, kan ek nie verstaan nie.

Soos hier:  “Ek scheme as jy na hom luister, sal jy jou top flip.”

Die hoofwoorde uit die sin is: “scheme” en “top flip”. Maar die woorde is onbekend vir my. Ek dink hierdie is van die new “Afrikaanse” woorde, wat uit Engels kom en in Afrikaans verbaster is. Ek verstaan nie wat die spreker bedoel nie.

Dis tog belaglik dat ‘n buitelander, wat nog nooit Afrikaans gepraat het nie, hom erger aan die gemors van sommige Afrikaanse moedertaalsprekers?!

Praat liewer suiwer. Suiwer Afrikaans is dalk retro! Maak hom trendy. Sonder die Engelse gemorskoswoorde!

Zuma se 210 miljoen en arm mense

19/06/2012 in Uncategorized

Zuma (ek weier hom na hierdie voorval president te noem) het vandeesweek wel sy beste, mees slimme opmerking gemaak. Die ANC moet mense se lewens verbeter.

WAT?!

Zuma het gesê “Die ANC moet beleide ontwikkel om die lewens van die land se mense te verbeter. Ons moet met beleide vorendag kom wat Suid-Afrika vorentoe sal neem.”

Zuma het dit gesê op 15 Junie 2012.

Die Grondwet van 1996 skryf in artikel 26:

Elkeen het die reg op toegang tot geskikte behuising.

Vandag is ek vriendelik.

Liewe Zuma. Jou party beheers sedert 9 Mei 1994 die Uniegebou. Die eerste stap om mense se lewens te verbeter, is die verbetering van behuising. Sonder behuising is dit amper onmoontlik om mense se lewensstandaarde te verbeter. In die grondwet van die land wat jy bestuur, is jy sedert 4 Februarie 1997 verplig om die behuising van mense te verbeter.

Op 15 Junie 2012, vyftien jaar later, praat jy oor “die verbetering van mense se lewensstandaarde”.

Ek vra: HOE?!

Jou party kon sedert 1994 nie eers die eerste stap voltooi nie. Steeds woon miljoene swart, bruin én wit mense in plakkerskampe regoor die land. Sommige plakkerskampe tel selfs miljoene inwoners.

Zuma; die grondwet sê in artikel 26 ook:

Die staat moet redelike wetgewende en ander maatreëls tref om binne sy beskikbare middele hierdie reg in toenemende mate te verwesenlik

Die staat – dus jy Zuma – moet maatreëls tref om binne sy [die staat se] beskikbare middele hierdie reg [...] te verwesenlik.  Maar liewe Zuma, jy gebruik nie al jou beskikbare middele nie. Jy verhoog liewer die staatstoelae aan jou vroue of bestee miljoene aan jou paleisies.

ZUMA, HOEKOM JY GEBRUIK VIR 210 MILJOEN RAND AAN VLIEGTUIE, TERWYL DAAR MENSE IN JOU LAND IS WAT GEEN TOEGANG HET TOT KOS NIE?!

Die bedrag kan gebruik word vir die bou van duisende huise, skole, toilette of ‘n hospitaal.

Zuma, soos ek geskryf het, is ek vandag vriendelik. Ek verstaan die staatshoof moet vlieg. Besoeke, vergaderings en afsprake regoor die wêreld. Maar liewe Zuma, ek verstaan die bedrag nie. Dis 210 miljoen Zuid-Afrikaanse Rand (ZAR). Dis glo 21 miljoen Euro (EUR) in drie jare se tyd.

En toe het ek vergelyk. My land se ekonomie is ewe groot as die Suid-Afrikaanse ekonomie. My land lê in drie wêrelddele (Europa, Noord-Amerika en Suid-Amerika); Suid-Afrika nie. Dus die Nederlandse vliegkoste moet hoër wees, ne?

Nee. Die Nederlandse vliegkoste bedra sedert 2009 net 9 miljoen Euro (3 miljoen per jaar) of 90 miljoen Zuid-Afrikaanse Rand. Die Koningin, haar opvolger en sy vrou, die vier minister-presidente en 40 ander ministers van die Koninkryk se vier lande het gevlieg vir 90 miljoen rand.  Die 50 ampsdraërs vlieg vir 90 miljoen Rand in binne- en buiteland. Nederlandse binnelandse vlugte bedra meer as 8.000 km – transatlanties.

Zuma, jy en jou vise-president het in die tyd vir meer as 210 miljoen rand gevlieg. En julle is net twee ampsdraërs!

ZUMA, HOE KAN JY HIERDIE GEDRAG TEENOOR JOUSELF EN JOU LAND, JOU BELASTINGBETALERS EN JOU ARM MENSE VERANTWOORD?!

Zuma, jy weet tog hoe dit is om arm te wees, ne? Of het julle by die MK net amminusie geëet?

Die Nederlandse regeringsvliegtuig
Die Koninkryk lê op drie kontinente, maar die Fokker PH-KBX kan net die Atlantiese oseaan oorvlieg via Nederland/Kanada/Florida/Antille of Nederland/Senegal/Brasilië/Antille…

Delmas en die VVK: Rassisme nie die pad na volkstaat

10/06/2012 in Uncategorized

Ongeveer 150 mense het op Donderdag 31 Mei buite Delmas se landdroshof betoog. In die hof moes Enock Mbele (44) en Lazarus Mabhena (54) verskyn weens verdenkings van die moorde op 5 maande oue babyseuntjie, Wiehan Botes, en sy versorger Margrietha de Goede.

Die afgryselike moord moet veroordeel word en die daders moet vir baie lank in die tronk verdwyn.

Maar dis nie die moorde waaroor ek wil skryf nie. Ander mense skryf verskriklike verslae oor moorde op Afrikaners. Nee, ek wil enigiets sê oor die protes. In Januarie het ek ‘n blog oor die volkstaat en enkele organisasies, waaronder die Volksraad Verkiesingskommissie (VVK), geskryf. Dis nou die organisasie wat die betoging in Delmas georganiseer het.

In die blog het ek die vyf basisreëls vir ‘n reële uitvoering van die volkstaatidee beskryf:

  1. Draagvlak onder “eie mense”
  2. Die uitvoerders moet saamstaan
  3. Kies haalbare opsie
  4. Die land mag geen mense uitsluit nie
  5. Daar moet internasionale steun wees

Ek gaan nou nie weer die vyf basisreëls beskryf nie; die blog kan jy hier lees.

Dis belangrik dat die organisasiekommissie van die nie die rassekaart speel nie. Waarom lees jy hier. En om die waarheid te sê; die VVK is nie teleurgestel in swart mense nie, die kommissie is teleurgestel in die ANC. Die leuse wat aanhangers van die VVK gebruik het, is bloot rassisties. PUNT.

“Black cowards – leave our women and children alone”

“Besteel, verkrag, vermoor: Ons is klaar met swart Suid-Afrika”

“Barbare los ons kinders uit”

Dis baie sleg dat die demonstrante die aanduiding van “Black cowards” gebruik. Dis bloot rassisme. En wat van “swart Suid-Afrika”. Elke boer weet die vrugbaarste plaasgrond is swart. Wil die VVK-aanhangers stop met boer? En wie word “besteel, verkrag en vermoor”? Die aanduidings maak min sin.  Beste demonstrant, ek wil jou nie boos maak nie. Maar jy plaas jouself weer in die hoekie wat – internasionaal – genegeer sal word: dié van rassiste. Jul demonstrasie het ‘n doel. Om die doel te behaal moet mense anders demonstreer.

Benoem jou teenstander, dit garandeer jou die grootste kans op sukses.

‘n Organisasie kan jy hard met hard woorde beveg sonder rassistiese uitlatings te doen. En ek is ‘n groot voorstander van kritiek op die huidige post-Mandela ANC; maar ek haat rassisme. Velkleur en seksuele voorkeur kan ‘n mens nie verander nie; dis geneties bepaal. Of anders gesê: die mense is so deur Hom geskep. En daarom is dit vrot om mense op die sake te veroordeel. Ja, die ANC se bestuur lyk soms hopeloos; die DA het onlangs nog verklaar Limpopo se bestuur is . Maar die ANC is nie per definisie “swart” nie. Die politieke party is geen persoon met velkleur nie en het selfs wit aanhangers…

Die rassisme van sommige aanhangers van die VVK sal nie die moorde stop nie. Dit sal net swart mense boos maak. Daar kan selfs nuwe rassistiese moorde op wittes gepleeg word. Met nog meer haat in die land tot gevolg. Rassisme is nie die medisyne nie; dis eerder soos duiwelsvuur.

Laat die VVK sê die moorde is weens falend ANC-beleid ook die ANC se skuld. So kan jy eerder aan punt vyf van die volkstaatpad werk. Ons in Holland is lankal nie meer lief vir die ANC nie. (LEES LEES LEES)

Dis net hoe die VVK en ander Afrikanerorganisasies die moorde benoem: werk van “swartes” of werk van die ANC? Sê die laaste en Nederlandse steun vir jou sal groei, want die grootste Nederlandse koerant en ook die nasionale opinie beskuldig die ANC lankal van rassisme teen wittes en betrokkenheid by moordpartye.

Demonstreer anders. Want kaaskoppe haat rassisme.

Geveg teen korrupsie; wie se voordeel?

03/06/2012 in Uncategorized

Suid-Afrika het amper ’n permanente stryd teen korrupsie. So het Nuus24 berig dat politici en amptenare in Suid-Afrika vir meer as R30 miljard in eie sak steek. Dis ongeveer dieselfde bedrag wat my land weens die krisis aan die Euro se noodfonds moet gee. Die bedrag is ongeveer gelyk aan wat 131.000 Nederlanders, met hul eerste-wêreldsalaris saam verdien.

Die R30 miljard wat nou verdwyn in sakke van mense met geld, kon ook gebruik word vir arm mense. ‘n Arm gesin verdien gemiddeld slegs R10.000 per jaar. As ’n mens die korrupsie sou kon uitroei, kan die regering meer as 3.000.000 (drie miljoen!!!) gesinne ’n jaarliks bedrag van 10.000 Zuid-Afrikaanse rand (ZAR) gee en daarmee die inkomste van die armstes vertweevoudig.

Hierdie aantal van 3.000.000 is ’n derde van die 10 miljoen arm gesinne wat Suid-Afrika het. As die regering die gesinne 10.000 rand per jaar sou gee, kry mense ’n aanvullende bedrag van R28 per dag.

Van die ongeveer 50 miljoen Suid-Afrikaners leef ongeveer 40% onder die armoedegrens. Die getal sou regtig hard daal as die ANC in staat is om korrupsie by die horings te vat.

Maar waarom sou die ANC die korrupsie wil beveg? Die ANC het immers geen baat by die aksie nie. 40% van die Suid-Afrikaners glo dat “byna al” die amptenare en politici korrup is. As hierdie vermoede werklikheid is, is daar baie min politici oor wat korrupsie kan bestry. Maar die politici wil dikwels hul eie ANC-vriende nie verloor en die president wil nog ’n termyn. Dus daar gebeur niks.

En die belastingbetaler, jy sien jou geld nie terug. Of die geld nou in die ANC se sakke verdwyn of by die armes kom, Jan Alleman voel geen verskil: daar is steeds geen opbrengs. Ja, as 3.000.000 arm gesinne geld kry, sal die kriminaliteit miskien daal. Miskien…

Pas as die ANC jou geld weer terug die wyk in pomp; in die paaie, skole of hospitale, weet jy dat die land jou tuiste is.

Maar nee, die ANC investeer liewer in homself. Die geveg teen korrupsie is nie ANC se voordeel nie. Die ANC en bestuur … dit lyk soms hopeloos.