Fabels en Feetjies
January 16, 2013 in Uncategorized
Ja,
ek glo dat jy wel van my hou
ja,
ek weet jy was al ontrou
Ek sien dat jy tog ietsie voel
en tog
twyfel ek sterk dat so iets kan werk
Dis die jagter in jou, wat jou dryf om planne te bou
die vegter in jou gees
wat jou dryf om jouself te wees
Die meisie in my wat van jou aandag hou
Die vrou in my wat soms smag na jou
Die engel in my wat jou op n afstand hou
As ek val vir jou
Gaan jy lag in jou mou
As ek ja se vir nou
Is ek net n naam op jou lys van onthou….

Barend said on January 16, 2013
Wow! Ek geniet jou verse. Dankie dat jy dit deel. Ek dink jy moet aanhou verse skryf! Hierdie is weereens ‘n baie interessante en stimulerende vers. Dit is so vol nuanse dat ek dit weer wil lees!
hes said on April 12, 2013
Dankie Barend vir jou komplimente.