Avatar of hes

by hes

Deep calls to deep

May 7, 2013 in Uncategorized

Not all men are equal

Yes but some are rich and some are truly poor

Not all men are equal

Yes but some have gold and silver and some crave food and shelter

Not all people can touch your heart

Yes, but some can tear it up and leave permanent scars

Not all love is equal

Yes, but some love require daily effort while some love

catch you when you least expect it and leaves you crying when its gone

Not all people will treat you fair

Yes but some will make you smile and others may hurt you deeply

In this life you will have tribulation

But be of good cheer, I have overcome the world.

 

Avatar of hes

by hes

Dryfsand

April 12, 2013 in Uncategorized

Die pad tans is steil

Die bestemming voel ver

twee kragte wat meet

dis bloed en dis sweet

 

Ek probeer wegkom maar val

in jou dryfsand al weer

is dit my keuse of lot

het ek nog n se in die slot?

Avatar of hes

by hes

Army blues

March 21, 2013 in Uncategorized

Vandag

dink ek aan jou,

verlang ek na jou

en soek ek jou

om my net vas te hou.

Avatar of hes

by hes

Feetjieland

January 16, 2013 in Uncategorized

Hy skryf:

Eiland in my droomland

waar feetjies nog kan toor

dwaal ek oor die dryfsand

sweef ek oor jou spoor

waar water klanke soos klokkies

rippel oor die rots

vind ek jou ook soekend

jy se die wereld moet jou los

 

Avatar of hes

by hes

Fabels en Feetjies

January 16, 2013 in Uncategorized

Ja,

ek glo dat jy wel van my hou

ja,

ek weet jy was al ontrou

Ek sien dat jy tog ietsie voel

en tog

 

twyfel ek sterk dat so iets kan werk

Dis die jagter in jou, wat jou dryf om planne te bou

die vegter in jou gees

wat jou dryf om jouself te wees

 

Die meisie in my wat van jou aandag hou

Die vrou in my wat soms smag na jou

Die engel in my wat jou op n afstand hou

 

As ek val vir jou

Gaan jy lag in jou mou

As ek ja se vir nou

Is ek net n naam op jou lys van onthou….

Avatar of hes

by hes

Dis seer

November 23, 2012 in Uncategorized

Ek voel dit en kry seer.

Ek sien dit en  kry seer.

Ek kies dit en kry seer.

Ek beleef dit elke dag en kry seer.

Ek maak nuwe voornemens maar kry seer.

Ek kyk na elkeen van hulle en kry seer.

Ek kyk op en begin te verstaan van seer.

Sy seer en myne.

Myne en syne.

Ons sin maar

apart.

 

 

Avatar of hes

by hes

Groot skool toe

August 22, 2012 in Uncategorized

En so breek die tyd toe wraggies aan. My prinses kind moet “groot” skool toe volgende jaar. Ek het so gehoop ek kan die tyd so n bietjie langer fnuik en nog so n bietjie langer vashou aan my kind.

So dan is dit waar. As mense wat reeds kinders in laerskole het vir jou se as jy jou kind by die kleuterskool af laai: Die tyd vlieg, voor jy jou oe uitvee dan is jou kind in die laerskool. Ek onthou toe sy 6 maande oud was en ek haar die eerste keer daar moes los. Ek onthou die trane, die worries, die jaag in die middag skool toe sodra ek by my kantoor uitstap.

So stap ek toe vandag rond in die skoolsaal en op die skoolgronde vir die opedag. Als is nuut en my kind rem aan my arm en wil net die volgende stalletjie en tafel se goete bekyk en aan vat. Sy lyk heel opgewonde. Ek kyk rond na die ander mammas en pappas en dit lyk of hulle so mooi inpas. Party ouers het al n ouer boet of sus in die skool en die graad R wat hulle hand vashou is al die tweede of derde kind wat hierdie paadjie moet stap.

Maar my hart is maar swaar en deurmekaar. Die realiteit slaan my reg in die middel van my kop. Orals om my sien ek net tafels en uitstallings. Nou begin dit. Huiswerk, buitemuurse aktiwiteite, skaak, tekkietennis, music for minors, redenaars, netbal , hokkie, koor en kultuur!

“Stop.” Se ek vir myself. Een dag op n slag. Sy is joune en jy is haar mamma. Saam sal julle elke dag aanpak en saam sal julle besluit waaraan sy wil deelneem en waaraan nie. Saam sal julle n sukses van haar laerskoolloopbaan maak.

Ek kyk af na my dogtertjie met haar groot blink ogies wat vir my glimlag onder haar pienkbrilraam en ek weet ons sal ok wees. Solank ons saam is.

Avatar of hes

by hes

Daai leemtes

July 15, 2012 in Uncategorized

Terwyl ek op hierdie sonnige Sondag middag le en lees en tik , so tussendeur kosmaak vir my kleuters en die tuin natlei, besef ek hoe ek ook gereeld die leemtes in my lewe probeer opvul. Tans het ek n leemte in my hart omdat my man nie tuis is nie maar weg vir werk en ek hom mis. Hy is eintlik my beter helfte. Ek kom baie in beheer en sterk voor en by die werk en in my vriendekring is dit hoe mense my sien maar so sonder hom voel ek baie broos en swak. Dis nie n grappie om n 5 en 3 jarige te versorg, voltyds te werk en dan nog by die tuin en huistake uit te kom nie…. Nou moet ek die honde ook nog kos gee, die asblik op n vrydag op die sypaadjie stoot, die kinders by die kleuterskool aflaai, alles wat hy gewoonlik doen…Soos my man tereg ook se, as daar dan net een goeie ding kom van hierdie 4 maande wat hy so min by die huis is, dan is dit dat ek hom weer baie meer gaan waardeer! :-)

So as hierdie leemtes kom waar ek hom erg mis, vergryp ek my gewoonlik aan n sjokolade, nougat of te veel koppies chai tee.

Vul dit die leemte van hom? Nee dit doen nie. Dit vul wel my langbroeke en rompe…

So besef ek ons almal het maar leemtes wat ons probeer vul. Miskien is dit die leemte van kinders wat uit die huis is, of n eggenoot wat jou verlaat het, dalk n troeteldier wat afgesterf het, n verhouding wat misluk het of n leemte van werkloosheid.

Ons gryp dan na siggarette,drank, koffie, pornografie, sjokolade en dwelms of spandeer geld wat ons nie het nie.

Vul dit die leemtes? Nee dit doen nie.

Dit laat ons bietjie beter voel tot die leemte jou maar weer tref soos n koue glas water in die gesig.

n Ander leemte wat ek het is my familie. Hulle is wydverspreid oor die aardbol. Hulle woon in Engeland en Australie en so mis ek uit op my broer se lewe, ken ek nie sy vier kinders nie, my skoonpa en skoonsus en broer is ook ver en gereeld raak ek nostalgies en hartseer oor hulle so ver is en ek hulle nie vir n braai kan nooi nie.

Maar vandag het ek besluit om te probeer om hierdie leemtes op n beter manier te begin vul. Ek sal ophou moan en meer begin doen. Miskien moet ek uitreik na ander mense en hulle beter leer ken omdat my familie te ver is. In plaas van sjokolade eet kan ek gerus eerder met die honde gaan stap en aandag aan hulle gee. As ek my broer se kinders mis kan ek dalk betrokke raak by n kinderhuis waar ek n verskil kan maak. As my man so baie weg is moet ek ophou tob daaroor en vir vriende gaan kuier. As die winkels my roep en ek lus raak om geld te spandeer kan ek eerder saam my kinders n puzzle bou of n koek vir hulle bak.

En laastens sal ek meer met God praat en Sy woord lees. Want ek weet dit tog eintlik te goed ;

net Hy kan waarlik die leemtes in ons lewens vul.

Avatar of hes

by hes

n Stywe drukkie

June 1, 2012 in Uncategorized

Dankbaarheid strek verder as die dak

Trane loop soms sterk, soms swak……

Ek lees die beeld aandagtig die week in plaas van net die hoofopskrifte

ek lees van n dagmoeder en baba wat wreed vermoor is

ek lees van n jong mamma wat vermoor en in n veld gegooi is

en ek hou my kinders stywer vas die week

ek neem hulle reuk dieper in en ek koester hulle langer voor ek hulle nagsoen

ek kyk met verwondering na hulle pragtige handjies, blink ogies en se dankie vir nog n dag gegun

Ek praat met n kollega en ek hoor haar broer is op 21 jaar dood in n voertuigongeluk

hoe sy hom mis en hoe haar ma nog nie daaroor kan praat nie

en ek mis my boetie in Perth maar ek se dankie dat hy nog lewe en ek hom kan mail en skype

Ek kry swaar in die nuwe pos, ek delf diep in my reserwes en leer weer nuwe konsepte

moet myself van vooraf bewys en ek aanvaar die kritiek

maar vanaand as ek verby al die bedelaars ry se ek dankie vir my werk en die geld in die bank

More vroeg lui my alarm skril, dis koud, my bed lekker warm

ek kyk na my man en gee hom n stywe drukkie,

ek wil nog le maar kan nie

ek glimlag en se dankie

Nog n dag vir ons geleen

Avatar of hes

by hes

Ek eye jou

April 10, 2012 in Uncategorized

Hoekom het sekere mense so n invloed op mens en ander kan jou die minste traak?  Sommige mense trek jou aan soos n magneet en ander irriteer jou soms so erg dat jy hulle van jou wil afstof en wil aanstap.  Ek hou eintlik baie van mense.  En ek is n sosiale persoon alhoewel ek soms terugtrek in my dop en dae kry wat ek n “low profile” wil hou en nie gepla word deur kollegas, vriende of familie nie.   Maar dan ontmoet jy soms iemand wat jou aantrek soos die reuk van n bok n leeu aantrek.  Die persoon hoef nie altyd fisies aantreklik te wees nie.  Dit kan dalk net een eienskap wees wat jou laat smag na nog meer tyd saam met hom of haar.  Dit kan dalk hul sjarme wees of hul selfvertroue.  Dit kan wees dat hulle lewens meer interessant is as joune en jy hulle dalk beny en daarom aan hulle lippe hang.  Dalk is dit omdat hulle nederig is en jou gemaklik laat voel as jy met hulle gesels.  Dalk is dit die persoon wat jou gereeld n kompliment gee en dan later soek jy daai erkenning van daardie persoon af meer gereeld omdat hulle jou goed oor jouself laat voel.  Dalk is dit hulle oe se kleur of die manier wat hulle  stap wat jou laat agterna kyk.  EK ken n paar sulke mense in my lewe.  Ek eye hulle gereeld en as ek hulle vir n ruk nie gesien het of mee gepraat het nie dan kry ek onttrekking en dan soek ek my fix.