Ons toer na Italië en Spanje se World Cup

June 27, 2013 in Uncategorized

Deel 2 – evaluasie

Die groot besluit in ons klas van driewiel was dat daar is net twee klasse is, nl. T1 en T2.  In watter klas hoort ek?  My klas was histories T1, maar in Italië word ek toe geëvalueer as T2. Met T1 was ek gerat om alles te gee om goed te doen, maar met T2 sou meer as my beste my nog laaste laat kom.  Die onsekerheid en kostes aangegaan het my bietjie ‘’gegooi’’.  Na ingrepe agter die skerms was die evaluering teruggekeer na T1 wat my 4de sou plaas met Italië se resiese (time trial en roadrace), en Spanje se 2x 2de plekke.

Ek sal my siening kan beskryf as ‘’klim net op en trap’’, en dit rasionaliseer ek met die volgende storie. Balie Swart het as skrumafrigter ʼn draai gaan maak by een van die Australiese spanne. Heel aan die begin vra hy toe wat dink die voorry. Die sê toe vir hom hy’s die afrigter so wat dink hy?  So ek ry, en die ander fokus op die bestuur en evaluasie van die span.   My ‘’dink’’ werk is hoofsaaklik beperk tot die raamwerk van my fiets, buite dit, is dit af en toe vrae of voorstelle.

Ek besef dat my ‘geval’ baie uniek is.  Fisies en oppervlakkig gevalueer is ek beslis T2,  maar in funksionaliteit T1.  Dan is daar ook die kwessie dat ek funksioneel verbeter. Dit beteken dat ek verlede jaar sterk begin het as T1.  Hierdie jaar lê ek op die grens van oorskakeling (goeie nuus!, maar tog wil ek die ‘op die nippertjie skuiwe’ sovêr as moontlik uitskakel).

Daar is sprake van drie klasse en dit sal my pas, want in T1 gaan ek nie meer lank kan ry nie, en realisties is ek te stadig vir T2.

Daar is een vraag wat die evalueerders vra wat my teen die bors stuit, en dit is, hoeveel km ek per dag/week ry. My redenasie is dat : ek het bv. die Argus se 109 km gery  in 8.40, terwyl die afsny op 6 ure was. Vir evalueerders beteken die hoeveelheid km afgelê dus meer, maar vir my is dit eerder wat dit sou verg om so iets te doen wat belangriker is. (Ek het al 3 afsnypunte vêr gemis). Daarmee saam het ek vir die Argus geoefen asof ek 3.30 sou ry. In 2001 (voor my beroerte) het ek dit klaargemaak in 4.28, en dit was vir my eerste Argus en met bitter min oefen. My oefenprogram is vanaf Desember nog baie harder onder leiding van Pierre Nel wat ʼn hele paar top atlete afrig.  Ek kan ook net noem dat sy en my roetine, my al maande net laat fokus op fietsry.  Dit kan beskryf word as : ry, herstel tot môre, en weer fietsry. Dit het o.a beteken dat ek anti-inflammatoriese pille vir my knie wat min buig en wat nie meer gewerk het nie drink, dat ek glad nie sosiaal alkohol gebruik nie en ook dat ek so min as moontlik loop.  Dan praat ek nie eers hoeveel ek minder doen met huistakies nie.  Dit sou en sal so bly tot die program verander.

Met elke resies doen ek my beste, maar dit is ondergeskik aan my klassifikasie. My verbetering is vêr breër as ʼn “klas’’. Die groter saak is, hoe ry ek Saterdae (my hoogtepunt), en waar trek my vordering wat nog ʼn lang pad is. Vir my is die norm dat sommige mense werk hard, en dit onderskei hulle.  Dit is my voorbeeld om ook elke dag so produktief te wees as moontlik in die aantal ure beskikbaar.

Ons toer na Italië en Spanje se World Cup – Deel 1

June 24, 2013 in Uncategorized

Ek het so baie om te vertel so sal in kort sarsies my gedagtes wil deel. Dan sal ek ook die raamwerk kan gebruik om my warboel gedagtes te struktureer.  Ek is van nature iemand wat op die hede konsentreer met die oog op die toekoms,  so selfs met so groot oomblik moet ek vinnig skryf voor die emosies weg is.

ʼn Vinnige kyk na my storie

Om ‘n lang storie kort te maak, net ʼn vinnige agtergrond :  In Nov 2003 kry ek beroerte van  ʼn aar wat in my skouer geskeur het.  Dit het bloed klonte in my linker wysvinger gevorm wat opgeskiet het na die serebellum (kleinbrein).   Toe land ek in ICU en was net bietjie meer as  ʼn maand onder koma van sedasie en net daarna weer bietjie meer as drie maande in die rehab.  Die eerste dag by die rehab wou die fisio my evalueer en sit my regop op my bed –  toe val ek net om a.g.v.  onstabiliteit, swak balans en baie swak spiere na weke in ʼn bed.  Daar het hulle my bo-lyf vasgemaak aan my rystoel om te keer dat ek nie uitval nie.  By die rehab begin mens dadelik met fisio en binne ʼn paar weke kon ek tussen ʼn loopbalk die eerste keer opstaan.   Daar was ook ʼn oefenbed en as ek  van my rug op my sy moes draai kon ek met behulp van die venster agter my se diefwering myself omtrek.  Intussen het die neusvoedingbuisie nog uit my neusgat gehang – dit sou eers uitkom voor ek huis toe kon gaan. As daar gekommunikeer moes word, moes iemand  ʼn spelkaart voor my hou sodat ek met by vinger die kern woord kon wys en hulle dan kon afleiding maak van wat ek wil sê, of ek moes maar werk op ʼn ja-nee kopskud.  Gelukkig kon Angeli  my vinniger ‘’lees’’ en dit het dit baie makliker gemaak. Toe los ons tot sy daagliks kom.  Op die vraag sou dit my ooit pla, sou die antwoord eerlik wees, glad nie.  My gesin verduur seker meer ongemak met my stadige manier van dinge doen en so min as moontlik loop (ek ry baie eerder 10 km as 10 tree loop).

Daar is die storie van studente in  ʼn klas wat vra wat maak mens met ʼn beroerte pasiënte.   Die Prof sê toe doen wat jy medies kan en los die venster oop.  Iemand vra toe, hoekom die oop venster – waarop hy sê om dit maklik vir die engeltjies te maak om hulle werk te doen.   Al wat ek hiermee wil sê is my mediese toestand toe en nou is onlosmaaklik verstrengel tot  ʼn eenheid van my fisiese en my geestelike bewustheid van die teenwoordigheid van die Here in my lewe.  Maar ek probeer niemand se mening opmaak nie of oortuig nie,  ek vertel net my klein stukkie en dan word ander hopelik gelos met vrae oor hulle lewe wat weer eie antwoorde vereis.  Dit laat ons dink en ‘’aangeskakel’’ wees.  Dis die punt!

My storie met fietsry

The race don’t go to the swift but those that keep running

Nog in die rehab het ek vir my vriend,  Johan Squires gesê, ons twee gaan die Argus doen, en in 2007 toe doen ons dit!

Vergelyking tussen die dae net na my beroerte en die tyd met die Argus

Net na die beroerte
  • Ek was so swak ek kon nie eers op die bed omdraai om op my sy te lê nie
  • Ek was in ‘n rolstoel waar die mense my bolyf aan die rolstoel moes vasmaak sodat ek gestabiliseer kan word.
  • Om in die rehabilitasiesentrum se gang met my rolstoel te ry was my doelwit om  ± 20 meter op my eie te doen
  • Ek het so swak blaasbeheer gehad dat ek eers op ‘n kateder was
  • Net na my beroerte was ek aan ‘n   ventilator gekoppel, daarna was ek op suurstof tot ek weer gewone lug kon asemhaal
  • Ek was maer en sieklik en my spiertonus was verskiklik swak
  • Ek kon nie alleen toilette toe of gaan stort op my eie nie.
  • Ek kon die dae na die beroerte min tot niks onthou nie
  • Ek was gevoer deur ‘n pypie in my neus
  • Ek was totaal afhanklik van ander vir alles
  • Ek was op baie medikasie
  • Einde van 2003
  • Ek kon geensins praat nie

 

Net na die Argus

  • Ek kon met ‘n bietjie sukkel op enige sy draai
  • My bolyf was veels sterker en ek het nie enige ondersteuning daarvan meer nodig nie. Ek kan met gemak 20 opstote doen nadat ek vir ‘n half uur op die oefenfiets was en dan 20 ‘situps’ doen en vir vyf minute op die ‘mountain climber’ geoefen het.
  • Ek kon die 109 km van die Argus aflê en daarna nog loop
  • My blaas was beter
  • My asemhaling is nog steeds nie diep genoeg nie maar het verbeter met rasse skrede
  • My spiertonus het aansienlik verbeter
  • Ek stort, bad en gaan toilet toe alleen
  • Ek kan alles van die Argus onthou
  • Ek kan voedsel normaal sluk
  • Ek was nog afhanklik van Johan en die tandem maar ek het gevoel dit was een van die aspekte wat die meeste verbeter het – om onafhanklik te wees
  • Begin 2007
  • My spraak was meer verstaanbaar

 

Onlangs

By die SA’s het ek na die klomp fietsryers (baie trots) gekyk. Elkeen van ons het ʼn besonderse storie wat die individu, gesin en vriende geweldig affekteer.  Met die World Cup se spanne van regoor die wêreld  was dit nog meer inspirerend…
Hoe tipeer ek myself.  Almal kry hulle kaarte en speel hulle lewensstorie daarvolgens.  Die sentrale rol vanmy fietsrystrategie wat vir my mees suksesvol is. Hulle sê mos, as jy ʼn hammer is lyk alle probleme soos spykers.  Fietsry is my ‘’hammer’’ wat alles verbeter. Volgende keer gaan ek aan meer spesifiek oor ons toer ʼn paar stories deel

 

Hoop elkeen se 2013 is besonders

December 31, 2012 in Uncategorized

Ek dink enige mens se antwoord oor 2013 en Christenskap verg van elke individu om daaroor self te dink. Ander se gevolgtrekkings het die potensiaal om te lei tot totale wanopvattings, gedeeltelik waar, of ‘n soeke in die regte rigting wat jou laat dink oor mens se eie  ervaring wat jou eie hier-en-nou vraagstukke aanspreek. Die kruks van my redenasie is elkeen se eie gevolgtrekkings, opinies, redenasies is ontsaglik belangrik. Elkeen se unieke lewenspad sal tog met nabetragting rigting vir die persoon se toekoms beskryf. Elke mens het elke dag van sy  lewe die kans om sy eie  lewens verhaal te skryf. Die onderbou van daai verhaal is jou eie waardes en sienings oor spiritualisme. Nou is ons elkeen se vraag aan onsself – wat as dit die laaste bladsy van ons verhaal is? Dis soos die ‘’dipstick’’ van ʼn kar, wat  jou huige geestesgesondheid en welstand meet .

Met waar ek ʼn paar jaar terug suksesvolle spanbou gefasiliteer het waar die fokus was op insig deur nabetragting en langtermyn gesagsverandering indien nodig. Netso is elkeen van ons se vermoë direk gekoppel aan selfinsig oor Christenskap en die ‘’wil’’ om te kan verander. Elke dag se insidente is dus daar om ons te help aanpas en volhard met ander gedrag (start/ stop van gedrag). Die ope vraag is aan ons almal – kan mense verander? (Ten goede, waar jy verbeter – nie waar jy wel verander deur slegter te word nie)   Die realiteit en navorsing bevind mense hou nie van verandering nie. Nou kan mense dink wat het dit met Christenskap en jou toekoms te doen. Alles, want sal ons teenstrydig met ons natuur kan aanpas by 2013 se uitdagings? Om aan te pas by ons unieke insidente op grond van geestelike insig benodig vir 2013 se uitdagings?  Dan moet jy bedag wees dat ons hou van ons ‘’comfort zones’’ en sal selfs skriftuurlik rasionaliseer net om nie aan te pas nie.

Basis opleiding

In fietsry verwys hulle basis oefening. Dit beteken jy gaan nie ʼn maand oefen net om die volgende maand ʼn hoogs presterende pro te raak nie. Jy moet jare intens ry wat jou basis vorm om stadig te vorder. Na aanvanklike belangstelling (uninformed optimism) en behoefte om te vorder volg jy later unieke programme vir jou unieke behoeftes en eienskappe. Vir my beteken dit die Bybel is die belangrikste 50% van jou storie en jou belangrikste fondament. Die volgende 50 % is ons eie unieke lewenspad met ons besluite en situasionele reaksies. Waar en hoe  uitverkiesing en heiligmaking werk is ver bo my begrip, maar hou my nederig want ek is uit en uit ʼn volger in wese en nie ʼn leier nie. Dan is dit juis met geestelike insig en rigting vir my makliker want dis onmoontlik vir enige mense om die leier te wees met eie behoeftes en ʼn eie  ‘’wil’’.  Dis die langpad van ons lewens waarop meeste van ons is met die Bybel as rigting en ons eie gedrag fasiliteer deur die Here se leiding. Die kortpad is wel daar om soos Jesus se mede-gekruisigde met een belydenis vergewing van sondes te verkry. Maar dan as jy dit kry hoe rig dit jou toekoms?

Katkisasie

Ek was een van daai klomp jong mense wat nog Woensdae en Sondae by ons Gereformeerde kerk klas gehad het. Woensdae moes ons gedeeltes uit die boek ‘’Ken en Vertou’’ woord vir woord resiteer in ʼn ry af (en Sondae uit die Psalm liedere boekie). Vir my is om sinne te herhaal soos om onvoorbereid of soosʼn  idioot te lyk. Maar gelukkig sien Ds Steenkamp binne die eerste probeerslae ek moet die woordelikse herhaal los, en net my eie begrip verwoord. Toe kon ek in minder as die helfte tyd voorberei en net met begrip lees waarna ek my begrip kon verwoord. Toe verander die katkisasie dadelik na lekker, en die dryfings daarna by die laerskool net oorkant die pad verander my Woensdae toe van stresvol na my beste dag. My lewensles was dat ander se sienings gaan daaroor of dit begrip is wat jou eie insig uitbou en verklaar . Ander se beskrywing oor vraagstukke en hulle  verduidelikings is interessant,  maar die ware betekenis is die belangrike leerpunte vir jouself wat in dade omskakel.

Wees eerlik met jouself oor jou lewensfilosofie en kern van jou menswees

Ek is so ruk terug na Riaan de Jongh se verjaarsdag en o.a word die Belhar belydenis bespreek. Die kort storie is elkeen het netso belydenis. Jou eie belydenis hoef nie lank te wees nie en is uniek tot jou omstandighede. Jou eie belydenis is anders as ʼn gebed want dit gaan oor jou persoonlike denke en gevolglik oor mens se eie verhouding met die Here. Jou eie belydenis verwoord jou siening van hoe jy die dag se uitdagings verwoord saam met jou geestelike oortuigings. Glo jy dus niks van Die Bybel nie, sê jy juis ook iets. Aan die ander kant  verwoord ELKEEN van ons die kern van wat jy glo (en dis nie noodwendig teologies ingewikkeld nie. Ek voel gemaklik met 2 of 3 geloofoortuigings wat kort- kort fokus verander).  Die klem lê nie op teologies omvangryk en vol korrekte woorde nie, maar op kort bondige waarhede waarin mens self glo. Verder voel ek ook die Bybel kan of gaan oor massas inligting, en alhoewel goed, moet jy jou eie begrip verwoord met jou eie denke en gedrag wat opsom wat jou begrip is van die huidige situasies.

Die grap lui mos : Wat kry jy as jy ʼn NG persoon kruis met ʼn Jehova getuie?  ʼn Persoon wat van deur tot deur loop maar dan niks sê nie. Ek val ook meestal in die kategorie van meestal niks sê nie maar dis ʼn klein insig oor my, waaroor dit wel gaan is mens se eie geestelike ‘’self talk’’ en as mens bly inligting tap sal jy bly ontwikkel.

Het ek dus ʼn algemene betekenis aangaande die betekenis van Christenskap en 2013? Beslis nie. Elkeen se eie unieke storie of situasie verleen hom daartoe om self daaroor te dink en permanensie van antwoorde sal myns insiens verander  en aanpas. Wees vir 2013 baie duidelik wat jy graag wil hê, en laat dit met jou dade belyn wees.  Laat 2013 se doelwitte vir elkeen van ons waar word!

Wat mens persoonlik kan leer van die regering deur mites

October 26, 2012 in Uncategorized

Ek sal eerste wees om te sê baie meer en kundiger mense kan beslis beter redeneer oor die land se bestuur. Wat my wel opval is die volgende mites:

  1. Vryheid van spraak is ʼn norm en altyd gerespekteer. So baie ophef word gemaak oor vryheid van spraak, maar die beoogde wetgewing wat joernaliste wil muilband klink vir baie na ʼn behoefte aan onbevraagtekende ‘’shut up and put up’’  scenario, of hulle kan sien mense verskil maar hulle moet asb stil bly. Die ANC wil nie met gereelde roetine aan sy  stommighede herinner word nie. Die verdere toeliggende kwessie is juis as mens na bv e-tol kyk om oorsaak-en-gevolg te verbind. Die regering wil altemits LUISTER na ander opinies . Met e-tol maak hulle pensioen tog ʼn groot  deel uit van daardie beleggingsplan.  So hulle redenasie stop by wat vir hulle gaan goed wees ongeag vir ander.  As mens wil kyk hoe die verhouding lyk tussen die regering en sy landsburgers is dit om na kommunikasietendense te kyk.  As beide partye se opinie gerespekteer, gekoester, en waardeer word as andersoortig maar verwelkom word is dit een ding, maar as jy kyk na die alleen gebruik van lugtyd/airtime en afwesige insig en ooglopende irritasie met ander se sienings en eie dikvellige gedrag kan net (verdere) vervreemding voorspel. As stawing wil ek beweer as mens die regering en sy landsburgers wil beskryf volg die na-apartheidsdae tot nou se kommunikasie jare tendense. Eers was die minderheid skepties maar verandering was veroorsaak deur morele oortuigings. Dieselfde morele oortuigings is steeds die norm. Maar as korrupsie en soortgelyke gedrag gemeet word is dit ook teen daai norm.  Die beoogde muilbandwet beteken net die ANC wil nou alleen besluite maak sonder teenspraak besluite en ongeag die vervreemding/”alienation” gevolge met ʼn totale gebrek aan eienaarskap
  1. Voorspelbaarheid van gedrag word veroorsaak deur beginsels konstant toe te pas. As daar een ding is waar die regering verskriklik faal is dat hulle oggend en aand praatjies nie ooreenstem nie. Veral by internasionale forums (kort termyn) waar hulle praat oor ekonomiese insigte wat  skreiend verskil met wat gedoen gaan word. Dis asof teoretiese of veraf idees tot op ʼn punt gaan, maar as die werklikheid of realiteit ‘’druk’’, word onmiddellik oorgegaan van die kognitiewe na die emosionele om hulle gedrag en besluite te bepaal
  2. Die individu se behoeftes is ondergeskik aan groter belang. Dis asof daar ʼn ongeskrewe aanvaarde norm is wat sê beskerm eie ‘’comfort zones’’ tot alle koste. As jy tog kyk na Zuma en Malema se politieke teater is dit byna dieselfde. Of jy astronomiese ongeregverdige bedrae aangaan vir huisverbeterings, of om onregmatig tenders beïnvloed tot eie voordeel is dit maar eintlik dieselfde. Die probleem kom net in dat hulle vir twee verskillende spanne speel.  As hulle comfort zones omskryf word, word dit duidelik hoekom hulle tot uiterstes sal gaan om dit te beskerm, en te behou.
  3. Daar is ʼn gesonde selfbeeld en insig om konflikareas te kan bespreek in ʼn omgewing wat opponerende opinies verwelkom. Selfbeskerming meganismes soos die      ‘’arpartheidskaart’’   om die fokus weg te lei van die gesprek en die fokuspunt verwater enige siening jeens die onderwerp. As mens tog kyk -  die ANC is lank aan bewind, maar as daar oor iets nou nog  verskil word wat hulle filosofies in ʼn hoek dryf speel hulle die ‘’arpartheidskaart’’ al is dit hoe onvanpas.
  4. Alle landsburgers kan aksies verstaan omdat  dit verdedigbaar is en logika  onsteun dit. Vir my is  dit soos die rasionalisering van ‘’dis so kompleks of jy verstaan nie’’  wat my erg omkrap, maar al wat mens vra is logiese verklarings wat openbare meningsvormers tevrede stel, of verduidelikings dat selfs ek dit verstaan  – dan sal ek tevrede wees al verstaan ek verkeerd. Die mees algemeenste ‘’spelreëls’’ wat in enige groepe (werk veral) voorkom is: ek sal maak of ek jou bullshit glo, en dan maak jy ook of jy myne glo.  Stil bly of ‘’regte geluide’’ word gesien en ervaar as ondersteuning, en eensgesindheid jeens die onderwerp, maar word weer apart afgemaak deur die individue as twyfelagtig en daar is glad nie eens gesinheid nie en net ondersteuning. So ek sal eerste wees om te sê ek verstaan dat die regering van die land in totaal ingewikkelder is as wat ek dalk begryp, maar het dit beter gegaan nadat oorgegaan is na ‘’een mens, een stem’’  oor so lang tyd waar die baie jare se teenstrydige argumente  verkeerd kan      bewys?
  5. Die regering kan verander, om aan te pas by fokuspunte by hulle foute.  Hulle het nie foute, so hulle kan nie aanpas nie! Blinde kol…

Ek wil dus afsluit met die gedagte neem die regering se optredes, en doen presies die teenoorgestelde want dan kan jy makrogedrag na inviduelegedrag as norm gebruik met ʼn hoër ‘’slaag syfer’’. Al wat ek wil wys is dat ek verstaan hoe die tafel gedek is, maar  welwetende  dat wat my pla niks gaan verander nie, maar met mensself is daar lesse om te leer…

 

Fokus vir ‘n wyle op die woord ”siel”

October 18, 2012 in Uncategorized

Mens kry die term “siel” in posbenamings soos sielkundige, of as ʼn algemene beskrywing,  van soveel mense – soveel siele, of die beskrywing in verhoudings as sielsgenote, maar waar lê die fokus van die beskrywing, of het die gebruik van die woord ”siel” erg verwater?

Eerstens  die woordeboek definisie :

Van wikipedia  http://en.wikipedia.org/wiki/Soul “The soul, in many mythological, religious, philosophical, and psychological traditions, is the incorporeal and, in many conceptions, immortal essence of a person …”

Dit wat vir my uitstaan, of my afleiding is, is dat ’n siel o.a beskryf word as die essensie van mense wat bo die fisiese en emosionele aanbeweeg na die hiernamaals. Al wat ek sê is “siel” is verskiklik belangrik en mens moet mooi dink aan terme waar dit gebruik in word.  Dit is veral beskrywings wat “siel” gebruik in uiters afgewaterde beskrywings, soos die  drie beskrywings waarvan ek maar my gevolgtrekkings sal deel –  maar elkeen kan self daaroor dink (dis die punt) – en besluit.   Die terme is:

  • Sielkunde
  • Sielkundige
  • Sielsgenoot

Sielkunde

Prof F Cilliers het ʼn gesaghebbende navorsing gedoen wat sielkunde en bedryfsielkunde op ʼn kontinuum beskryf as synde suiwer sielkunde waar mense van abnormaal aanbeweeg na normaal, en bedryfsielkunde wat weer mense help om van normaal na optimaal te beweeg.  Nou gebruik ons as ouers sielkunde om te beskryf ons benadering tot kinderonderrig. Nou is my vraag  – hoe ontwikkel mens kinders, en teen watter norm? Sonder korrekte sielkunde wil ek ook beweer sonder ʼn godsdienstige onderbou is daar hoogstens ‘n glass ceiling by “normaal” – of die mense gebruik die term van sielkunde as term waar die een die ander uitoorlê in ʼn saketransaksie.

Sielkundige

Ek weet daar is verskeie sielkundiges wie se metodiek gedragwetenskappe suiwer volgens Bybelse norme “seamless” integreer met gedragswetenskappe.Hulle is volgens my redenasie op die regte pad. Dan is daar die twyfelagtiges wat slegs op gedragswetenskappe fokus, maar mense met oogverblindery laat dink hulle weet meer as wat hulle doen,  en die sielkunde as beroepstitel wyer maak as hulle kundigheid… Miskien is dominees tans nader aan die terme omdat hulle gedragswetenskappe en “siel” beter integreer

Sielsgenoot

Hoe ek die term verstaan is dat “siel” eerste staan om die klem of fokus te plaas op “genoot”.  Dit weer beskryf die verhouding tussen twee as besonders eenders denkend  en in pas met mekaar , en sal aanpas maar tog dieselfde bly, maar volg die “melodie” van jare se aanpassings om in pas te bly .  Vir my beteken dit dat daar  ʼn nou verband is tussen siel en genoot, verby begrip en die fisiese, maar behels omtrent eners denkende en gevoelens jeens die geestelike wat hulle gedrag bepaal. Dis veel meer as die Hollywood sienings van die verhoudings wat fokus op kortstondige aantrekking sonder begrip van “siel”

 

Met die skrywe wil ek net sê die woord “siel” word te onnadenkend gebruik deur mense, en kort meer kritiese oordenking en beter gebruik.  Elkeen kan die saak vir hulleself uitmaak, maar ek vermoed ons siening sal die naaste aan geestelike insig wees om jou insig baie te lig verby jou eie denke.   Ek bedoel dus  dat dit die  Heilige Gees is wat ons daardie insig gee. Daarsonder is mens  se eie siening eintlik geestelik bankrot en baie beperk.

Paracycling se SA’s van Maart 2012

June 27, 2012 in Uncategorized

Die pas afgelope SA’s van 2012

 

Na die pas afgelope SA’s het ek deelgeneem aan twee items ( die Time Trial en padresies) die 27ste en 28 ste Maart 20212 deelgeneem. Ek het toe beide gewen, maar vir my was dit net ʼn hoogtepunt na ʼn besonderse pad. Nadat ek het die vorige Desember waar ek gevoel het ek moet totaal rus, en sedert Januarie tot voor die SA’s met verkoue net oor vier weke niks geoefen nie, en my nuwe fiets eers 33 dae voor die SA’s gekry. Eers het ek gedink as ek die fiets kry gaan ek dadelik met mag en mening daarop begin ry. Toe nie, ek het baie stadig begin met ʼn gemiddelde spoed van 9.2 km/u begin, en waar ek met die SA’s geëindig het met 25.20 km/u, en 26.10 km/u (ek het ʼn baie akkurate fietsrekenaartjie wat met GPS tegnologie spoed fynbereken). Die amptelike tegnologie het gewys ek het 24.14 km/u en 25.98 km/u gery, maar ek is geneig om eerder op my tegnologie eerder te vertrou. Daar was ook sterk wind daardie eerste ry  want ek het dieselde afstand as die TT se10 km vinniger gery met daaropvolgende dag se 25 km as gevolg van minder wind en rat keuses wat beter was. Die feit laat ek nasionale klere met SA’s verdien het is ʼn lekker bonus, maar onverwags want dit is aangekondig na die medaljeseremonie, en aangesien Angeli die volgende dag moes werk het en ons na die medaljes toegeken was gery voor die toekening van SA klere.

 

My storie begin al eintlik voor, en veral na my beroerte af en die SAs net ʼn aanduiding van waar ek nou trek.

 

Nog voor my paracycling drome het ek en Riaan de Jong Saterdae op my tandem gery. Sy dogter Erika, en haar vriendin Miemie Lampbrecht ry gewoontelik saam met ons. Een Saterdag voel Miemie nie te goed nie, en sak terug en raak agter. Erika draai toe om en ry toe terug tot by Miemie net om daarna saam met haar te ry. Daai moment is presies hoe ek Riaan sal beskryf en hoekom ek so van fietsry hou. Dit gaan oor meer as fietsry maar ook oor mense en waardestelsels.

 

By die SA’s het was daar ook min te bespeur van kompeterende gedrag teenstrydig tot my persepsies. Ek eintlik gehoop ek kry ʼn bietjie ekstra motivering by mense wat so wintie is dat as jy agter hulle loop kry verkoue. Die persoon wat tweede in my klas gekom het (hy het al SA oorsee verteenwoordig) gevra dat Angeli van ons ʼn foto moes neem na die eerste resies en was van die begin tot na die afloop baie vriendelik en voor die medalje ontvangs by ons gestaan, en na die afloop saam met ons kar toe geloop om ons af te sien.

 

Gelukkig het my motivering op iets heel anders gebaseer as mense. Dan was daar baie mooi opmerkings oor my fiets en verskeie foto’s (waaroor ek as die trotste fietseienaar was). Dan was daar ook ʼn persoon vir my raad gegee om my fiets baie meer stabiel sou maak deur die fiets se vurk te verander waarop hy ons gewys omtrent almal se vurk is afgesaag en weer geheg, maar is dan meer gebuig wat weer stabiliteit veroorsaak. Dis een en dieselfde lewenswaarde wat mens meer beïndruk meer as woorde en bevat ʼn groot gedeelte van fietsry se paracycling kultuur.

 

Die begin van my paracycling

Soos altyd moet mens my huidige verbind met my begin, maar ek dink julle ken my onlangse geskiedenis.  Ek kon onthou toe ek ses jaar oud was toe bly my oom en tannie (Mannetjie en Yvonne Rex) seker net so 300 meter van ons af. Met enige verskoning het ek soontoe gejaag op my fiets. Dan was daar ook die staaltjie waar ek gedurende  dieselfde tyd ons eerste Kersboom by Carletonville was na my pa se afsterwe by  pa se vorige kollegas. Toe ons daaraan gekom het by die Willes (familie vriende). Het die drie kinders net Chopper fietse gekry. Ek het met die ouer dogter (Ingrid) sʼn gery saam met die ander twee (Johan en Erika). Ons het die tyd fyn gesny en ek was bloed rooi in my gesig en ons het nat gesweet by die huis aangekom. Met my ma wat ons beste voet wou voorsit was veral baie omgekrap. Ons moes inderhaas ons gesigte was. In daai proses het ek ʼn wasbak vol koue water gebruik om my gesig weer normaal te laat lyk. My ma staan toe agter my en terwyl ek my gesig afspoel en dit gaan te stadig toe druk my ma vir ʼn sekonde my hele gesig in die wasbak onder die water.

 

Ons het in 1974 toe ek nog in standerd 4 was getrek van waar ek regoor die skool gebly na 10 km verder. Ek het verkies om by daai skool te bly al was vier skole nader. Die enigste voorwaarde was ek moes met my fiets ry, wat ek toe doen. Toe kom ek in die hoërskool. My ma was koshuis sekretaresse by Hoër Volk Skool waarna toe ek wou gaan, want byna al my laerskool vriende was soontoe. Die antwoord was weer ek kan gaan, maar ek nie saam met my ma soontoe ry nie, maar met die fiets. Selfs met Potch se koue winters! Dit het my min gepla en was eintlik net ʼn toevallige voorsetting van my daaglikse roetine.

 

Weer terug by paracycling. Al lank terug het ek vlugtig genoem dat ek in paracycling betrokke wil word. Verlede jaar noem Gardi Kriek dit weer toe vir my. Ek span toe weer die kar voor die perde, en koop nog ʼn nuwe tandem voor die klassifikasie. Voor die klassifikasie het ek ook gedink; met ou mense in gedagte; om iets te skryf oor die tempo van verandering waar Jack Welch CEO van GE Electrical gesê het die tempo van die maatskappy se verandering is gelyk aan sy eie vermoë om anders te dink en aan te pas en verander. Toe kom die skok met my klassifikasie; waarna ek goeie vooruitsigte gehad het; maar ek was heel tevrede met my tandem en die ander driewiel. Die gevolg was ek was heel tevrede in my ‘comfort zone’ en die verandering was slegs moontlik as ek anders kon dink (nuwe fiets). Toe sms ek ʼn paar mense oor die moontlikhede, en hoe meer ek skryf hoe meer word die wrang moontlikhede soeter. Ek het selfs my doelwitte gelamineer en op die yskas gesit om sigbaar en baie duidelik vir my te wees. Ek het daai gelamineerde papier ook gereeld vir ander  gewys en dit was my manier om my ‘kop’ te swaai en om later weer die motivering verskaf om my aksies hoog te hou.

Daarna hoe meer ek dit gesê en geskryf het, hoe meer het dit vir vir my beweeg van weerstand teen verandering, na idealisties maar tog miskien bereikbaar. Toe kry ek my fiets en ek voel as ek liggies trap sal hy maklik my drome bereik, maar om hom te stuur en op ‘smooth’ te wees was my realiteitskok. Die beste manier om dit verduidelik met Startrek se ruimtevaart lugskip te vergelyk waar ek nog een oomblik bitter vinnig teen ‘warp speed’ gemaklik trek by my ‘uinformed optimism’. Tot waar ek my nuwe fiets kry en ewe skielik in ‘slow motion’ met my realiteitskok tot ʼn ampere stilstand kom, na waar ek alle ander bedrywighede (biokinetika en spraak terapie) los om inderhaas elke dag (partykeer keer twee maal per dag) ry. Toe val ek (maar gelukkig 10 km van die huis). Toe moes ek die fiets optel en weer begin ry na die apteek waar hulle my wonde skoon gemaak het en huis toe kan gaan. Toe weet ek is op ʼn goeie plek want my werkliheidsbesef is meer werklik, en my fondasie is gegooi.

 

Ek hou van simbole wat die essensie opsom. Ek het gedink ek wil graag ‘n gepaste Christelike simbool op my nuwe fiets (gekry 23 Februarie) kry, en laat aanbring op my fiets. Toe doen ek ‘n internet soek en o.a kry ek die volgende oor arende. Ek gaan nie baie sê oor arende  as ʼn voëlbeskrywing nie, want die simboliese gaan meer oor gevoel as ’n beskrywing wat Arende uitlê. Ek wil graag die volgende inligting netso verskaf soos gekry op die internet.

 

“The Eagle has always been connected to the sun and heaven; a powerful symbol, it signifies resurrection and rebirth.

The Eagle is said to have the ability to soar, until it is lost to the sun, and, according to Aristotle, it can gaze into the blazing midday sun, without going blind. For this reason, it has come to symbolize Christ and those who are just; or stand for the virtues of courage, faith, and contemplation. It is also from this symbolic interpretation, that the lectern, from which the Gospels are read, is often given the form of a Winged Eagle.

The Bible identifies the Eagle as a sign of God’s power over the wicked. Because of the constant care and protection it provides to it’s offspring; God’s loving care of the Israelite’s was compared to that of the eagle. (Deuteronomy 32:11)

Eagles are associated with far-sighted vision, ambition realized and desire fulfilled. It is also associated with lightning storms and thunderbolts.

In Greek and Roman times, the Eagle was referred to as a God or “The King of Birds”. In Roman art, the flight of the Eagle, was described as the soul ascending toward heaven

 

 

Belangrike punte vir my met fietsry

Omdat daar ook so baie soorte arende is besluit ek op die ou ent op ʼn Visarend. Vir my is daar verskeie raakpunte met Christenskap en Visarende. Vir my is die unieke eienskap van visarende sy unieke duidelike roep wat hom onderskei van ander arende.

Gevolgtrekking van visarende en ooreenstemming met Christenskap:

  • As jy sonder water is sal jy doodgaan, maar as jy die Visarend hoor roep lei die roep jou na lewensreddende water met baie kos vir fisiese welstand, maar nog baie meer gaan dit oor  geestelike welstand wat lei na ʼn ewige lewe.
  • Daar is ʼn duidelike roep wat jy hoor, en nou kan besluit hoe jy gaan reageer met twee opsies: ignoreer die roep, of volg dit. Daar is ook ʼn geestelike roep, maar hoe mens daarop gaan reageer hang net van jouself af.
  • Met fietsry is daar my intensies, maar dan is daar die baie groter afhanklikheid van die Here wat my voorsien van geleenthede, finansies, ondersteuning, fisiese gesondheid en om risiko’s te negeer wat vir my dui op versorging wat ver bo my begrip lê.
  • Seker die grooste vraag is met die wederkoms waarmee gaan jy besig wees. Ek hoop vir my dis met fietsry want daarmee is ek op my gelukkigste en die naaste aan Hom. Die na-beroerte dae was ek verseker ʼn beter luisteraar wat weer gelei na iets baie mooier en opwindender as wat ek kan verklaar. Net sodra ek dink ‘nou kan dit nie beter nie’  was ek ongekend verkeerd. Voorbeelde daarvan is waar ek in 2007 my eerste Argus gery het saam met Johan Squires op sy tandem. Toe dog ek dis my hoogte punt, nie net was verkeerd nie, ek was ‘spectacular’ verkeerd want toe  kry ek my driewiel, en daarna het ek nog met die tandem met elke seun ten minste een resies gery. Saam met vriende het ek ook twee resiese gery (Gert Oosthuizen en Barend Steyn). Tydens en daarna het ek en Riaan de Jongh Saterdae ook Tandem gery.Vir my gaan dit alles oor waar ek slegs ek die ‘roep’ volg, en waardeer ek die ‘journey’ soontoe want onder andere omsluit mense soos Riaan  in wat my help om voor te berei. (met die dat die nuwe fiets baie anders isnog belangriker), maar Riaan verskaf Saterdae my die geleentheid om my vlerke te sprei en selfvertroue te kweek terwyl ry ʼn tweede natuur word.

Nog foto’ en gevolgtrekkings

 

Die kombinasie van vermindering van risiko’s deur sorg, en die versorgings element waar die Visarend besmoontlik vir kleintjies sorg sodat hulle kan groei en hulle potensiaal bereik, of waar visarende is, is waar baie water en kos.

 

 

Terwyl mens fokus op die huidige, is daar ʼn lewensplan  wat oor baie jare strek wat spreek van visie en wysheid

‘ n Visarend is majestueus en grasieus, en baie sekureer  met ʼn ongekende tydsberekening vir perfekte visvangtegniek

 

ʼn Visarend se vlerke spreek van grootsheid, moeitelose en beskerming. Die ooreenstemming is met volstruise is het hulle het albei vlerke, maar die verskil is een vlieg goed, en die ander een glad nie. Met ons keuses kan jy of lug toe gaan, of op die grond bly.

 

Terug by die SA’s. Daardie Sondagoggend net voor ons moes ry SA’s toe het ek  eers weer soos altyd ons worshond gevat vir sy hardloop van ongeveer 3 km. Op daai stadium was al my gedagtes net op fietsry gefokus. Dit het gewentel om resies strategie, wat my realistiese spoed moes wees en hart klop moes wees. Dan maal daai selfde gedagtes heeltyd deur my kop. ʼn Groot deel van die interne stryd was dat ek het teenstrydig met my gevoel die vorige Desember gerus het, om ek het eers Januarie begin ‘spin’ het, en ek het my nuwe fiets eers 33 dae voor die SA’s gekry. Die verskil tussen my ou- en-nuwe fiets was ook geweldig groot. Op daai oomblik het ek duidelik gevoel dit sal goed gaan, en toe was my gemoed weer ongekend stil. Ek dink dit het baie te maak met ʼn vorige filosofiesekonflik tussen my en my ma. Ek het ek vir my ma gesê die mense by ouetehuise sit elke dag in hulle selgroepies en praat oor God se almagtigheid, net om weer daarna oor te gaan in ‘patetiese’ gedrag wat nie vir my sin maak nie. By gesê ,as ek iets sê is die strek van my redenasie opgesom in - ek hoor iets, en verskil sterk en die verskil is meer sigbaar as hoorbaar, maar ek het gesê een van die grootste dinge van Christendom is die feit laat mens glo in ʼn almagtige God en dit maak ook ons met hope potensiaal en ook magtig want ons het toegang tot God, maar miskien kry mense waarvoor hulle bid, maar weet dit nie. So elke mens hoe oud ook al en hoe vol skete beskik oor die potensiaal om baie te bereik, maar mense se geneigdheid om te rasionaliseer dat dit hulle lot hulle beperk en as verskoning is vir niks doen nie maak nie vir my sin nie. Ek het met die fietsry beleef ek hoef net my bes te doen dan sal God die res doen. Dit sou na die SA’s meer as enige iets anders verklaar van juis hoekom dit so goed gegaan het (nie God moet eers jou lot verbeter waarna jy bietjie effort sal insit nie).

 

Met met my planne vir die SA’s by Durban  het ek onverwagse probleme gekry met die registrasie. Ek neem aan met die wat ek nuut in die sisteem is het aanleiding tot dit gegee. In Februarie het ek al die organiseerders gesms of daar enige probleme is met my registrasie. Toe moes ek hoor hulle weet nie van my nie. Dit nadat ek vir die SA’s moes kwalifiseer wat ek dubbeld seker gemaak het ek doen in November 2011. Toe was dit inderhaas reggestel.

 

Ek en Angeli ry toe die Sondag omdat ek die SA’s Dinsdag sou ry. Net om te hoor ek moet weer vir klassifikasie die Maandag gaan. Die Maandag sou ek my registrasie papiere kry, maar toe weet niemand wie het dit nie. Daai Mandagaand het ek dit nog nie die registrasie goed nie. Toe verander my sms’e van sinvol en akkommoderend na ongeskik en baie omgekrap (om dit mooi te stel). Net voor beide resies gaan my pols op na 115 (normaal is 72 en my rustende pols in die 50’s), maar ek is seker dit moes ook in die honderds gewees. Toe sê die vrou wat alles is gereël ek sou Dinsdag my goed kry. Ek is seker toe moes my pols daal sommer met 10 op ʼn slag, en kon ek begin ontspan.

 

Ek sal net breedvoerig vertel van hoe moeilik dit is om ʼn fiets te kry vir my. Die agter deel van die fiets bestaan uit ʼn Trikit vir die twee agterwiele wat van die Verenigde Koninkryke ingevoer word met ʼn normale wagtydperk van ses maande. Die koper wat volgende gehelp kon word het teruggestaanvir my laat die SA bouer kon aangaan met die saam voeg van ʼn gewone fiets. So om my fiets te vervang is realisties gesproke 10 maande. Enige risiko maak my keel sommer toetrek.  Nou nog sluit ek selfs die fiets al is dit in die garage, maar die Durban toe gaan was dit nog erger. In Durban moes ons die eerste aand in die City Travel Lodge slaap. Daar kon die fiets nie deur die deur nie by die kamer nie toe moes die fiets by die wag staan onder ʼn lig, en by die karre en gesluit. Die volgende aande moes hy weer in die woonstel se ‘courtyard’ gebly. Met die hele Durban-trip moes Angeli eers vir die fiets sorg, dan kon ons (sy) eers die res van die bagasie karwy.

 

Daai Maandag het ons die roete met die kar verken, en ek het die een helfte daarvan drie keer gery (die  besige deel eerder gelos).

 

My logboek het ʼn tema vir elke week. Daai week was dit ‘ Doen jou bes, God doen die res’. Toe was dit so…

 

Met my voorbereiding het ek geweet dit sal goed gaan mits ek opreg kan antwoord op die volgende twee vrae:

  • Kan ek my ego in toom hou tydens glorie; en
  • Is my volging van die Here onvoorwaardelik sonder dat dit afhang van iets eenmalig of vir die kort termyn gebeurtenis

Toe gaan dit so goed wat ‘n teken is ek het ‘ja’ gesê en op daai oomblik ek was ek opreg. Die volgende resies en almal daarna sal my bly toets, maar my intensies is om te bly doen wat ek al solank doen, en wil doen.

 

Ek was nog my hele lewe iemand wat lewe volgens die aanhaling ‘act if it’s impossible to fail’. Laat ek weer nog ʼn storie oor my vertel. Nog voor skool het ons gebly naby ʼn winkeltjie beman was deur ʼn swarte. As daai man sien ek kom het hy die winkel gesluit en weg gehardloop omdat hulle lae dak gehad waarop en staan en ʼn ‘back summersaults’ maak het van ± 2 meter tot op gras. Hulle het ook gesê die engeltjies moet bly wees as ek uiteindelik slaap laat hulle kan rus. Die aksies het verminder maar is nogsteeds is daar die onlangse storie toe ons kerk toe gery het,  en agter ons huis se muur is seker so 15 meter tot by ʼn pad. Angeli merk toe op met die lang gras is en dat dit nie ʼn wonder daar was ʼn klein slangtjie in ons erf was nie. Later braai ons toe, en ek wag net dat Angeli in die huis in gaan. Ek kry toe ʼn braaitang en blitz en kry die kinders om brande stukkies oor die muur te gooi in droë winter gras. Dit brand toe so erg dat die bure se struike teenaan die muur brand en die agterste pad verkeer moes stop oor die rook en brand wat geblus is. Ek wil afsluit ek verstaan daar is mense; soos ek; wat baie beskerming nodig het, en sal hê, maar die punt is ek kry dit al baie jare. Ek neem dit nounet (soms) waar.

Fietsry het as deel van die totale prentjie op-en-afdraandes. Wat beteken daar is maklike en moeilike tye, en hoe jy dit hanteer, reflekteer jou geestelike oortuigings. Juis met moeilike opdraandes is dit juis die tyd om die Here se krag te toon want op mens se eie sal jy bitter min bereik. So ‘’problems exist dat mens dit kan aanspreek”, so dat jy respek vir omstandighede het en aan jou bas voel op jou eie maak jy nie hond haar af nie, maar met die Here se ingrepe is die uitkoms juis daar om jou deur die moeilike tye te dra

Gegewe al die afsny punte ek al gemis het vir fietsrenne, teenoor die jaar se moontlikhede is dit duidelik dat ek ver bo my verwagtings kan presteer, maar juis omdat ek glo ‘the race don’t go to the swift, but those that keep running’, en die vorige tye en fietrenne is my voorbereiding vir ʼn wonderlike geleenthede vir die toekoms.

My siening is dinge werk buitendien uit soos wat dit moet. As die Here wil of jy iets doen of nie Hy is nie gebonde aan mense om alle situasies ten volle te beheer nie, maar dit sal jammer wees as mens sekere geleenthede mis net om jy nie jou kant bring nie

Die groot ding vir my met die fiets is oor my intensies en motivering. As dit oor myself gaan kan ek maar los, maar as dit gaan om Sy naam te verheerlik sal dit iets anders wees. Daar is twee maniere om na die fiets te kyk : of  ʼn mens kan binne my beperkinge kyk (en los), of as ʼn geloof saak van die begin tot die einde alle sake beredeneer en gebruik waar fietsry slegs ʼn metafoor is vir unieke omstandighede. Vir my is fietsry juis iets wat my stoffasie toets maar is ook juis iets in my lewenspad om te bly leer op ʼn lekker manier…

 

Musiek en gemoed

April 10, 2011 in Uncategorized

My standpunte moet gesien word teen die agtergrond van – ek kan ook net een ding goed speel, en dis die radio. Ek wil dus eerder die invloed van die verband tussen ons ‘ore’ en emosionele gemoed of welstand uitlig en my nie oor aspekte soos tegniek uitlaat nie. Juis die radio en sy invloed op mense se gemoed sal ek probeer uitlig met hierdie blog om ons weereens te laat besin oor die musiek wat ons luister en juis dan die verband met ons gemoed. Daar word beweer dat daar ‘n direkte verband is tussen ons emosies en die musiek waarna ons luister.

Eers ‘n storie. Ons het so paar jaar (± 10 jaar) gelede ‘n klavier by my suster gekry, aangesien ons kinders begin het met musieklesse. Die klavier was lank nie gebuik nie en ons moes ‘n professionele stemmer laat uitkom om die klavier weer in te stem. By sy aankoms het hy ‘n baie vals klavier en ‘n paar gebreekte snare gekry. Hy was min gepla, en was deur ‘n proses van regmaak en instem. Hy kon dit binne ‘n paar uur verander om mooi klanke moontlik te maak. Die punt wat ek maak is dus om realisties met onsself te wees oor ons emosies en die ‘klanke’ wat ons maak vir die nabye omgewing om hulle en onsself te beïnvloed. Mens kan die atmosfeer wat om jou is beskryf as ‘n tipe musiek. Dit sal onder andere bepaal hoe jy ander beïnvloed deur te klink soos iemand wat klink of hy sy naels op ‘n bord krap, of harmonieuse, en pragtige klanke een strook deur te produseer en mense nader te trek met jou gemoedstemming.

Die eerste stelling wat ek dus wil maak is ons dat ons emosies (en welstand) natuurlik ook met tye ‘van noot af is’ en dan kan mens deur musiek verseker dat jou gemoed weer ‘nootsuiwer’ word.

Op die internet beweer hulle jy moet jou emosies (soos hartseer, opgewektheid, humor ens…) , tot uiting laat kom deur daardie emosies met musiek te belyn. Ek dink mens kan eerder andersom werk deur te besluit watter emosies wil jy beleef, en daarvolgens die musiek te kies wat daardie emosies ontsluit.

Net soos elkeen ‘n ‘aura’ uitstraal, so behoort dit net sin te maak laat ons elkeen ‘n sekere invloed op onsself en op ander sal hê volgens ons ‘vibe’. As mens daaraan dink – ons ouers was gewoond dat Sondae stil was, gewyde musiek of klassieke musiek is gespeel en dit moes ons meer gemaklik en rustig gemaak het, wat aanleiding gee tot ons huidige behoeftes van die manier van optree. Ek dink dit het te doen met ritme, en tempo’s. Ek kan net dink generasies toon dieselfde emosies as die musiek wat hulle luister en wil luister en soos enige ding verander voorkeur patrone wat jou menswees beskryf.

Die mark vir ouens soos Jack Parow en ander rappers gee vir my die gevolgtrekking van uiters kwaad en hulle vind uiting in hulle soort ‘musiek’ vir hulle emosies. Al wat ek kan sê id dat ek hoop my gemoed eindig nooit daar op nie, maar wat interessant is, is die aanhang van die musiek wat ‘n tendens toon dat dit groter wordende ondersteuning het!

Ek verstaan ook jy kry individualistieseoptredes, en dan uiters groot produksies en daar is plek vir almal. In die groot orkeste het mense spesifieke rolle en daar is verskillende instrumente wat deur ‘n proses van integrasie bydra tot die groot geheel om saam sin te maak terwyl individuele bydraes op sy eie nie sal sin maak nie. Die groot ding is wees ‘nootvas’ en hoogs voorspelbaar.

Elkeen van ons sal kwalik met ons musiekbehoeftes ooit net eendimensioneel kan wees nie, want as ek spin soek ek andersoortige musiek (een van die dinge van musiek is dit is ‘n groot motiveerder as dit by oefen kom wat weereens die verband tussen gemoed en musiek beklemtoon) en dit verskil van die tipe wat mens wil luister net voor jy gaan slaap, of braai/partytjie hou/kerkmusiek/agtergrondmusiek…

Die gang van die lewe stem mens tot ‘n sekere tempo wat net kan dink vir baie is dit baie besig, hoë werkstempo en geweldig vinnig. As ek dit moet vertaal as ‘n tipe musiek en teenvoeters vind wat as meer ‘normaal’ voel, kan mens in die kar of oor die internet of by jou werkstasie ‘n omgewing skep wat jou emosies in ‘n rigting stuur waar jy wil hê dit moet wees en as jy die behoefte het om die tempo te laat daal, laat daal dit deur musiek! Ondersteunende sienings soos verkry op die internet 

Seven Ways Music Influences Mood- http://www.spring.org.uk/2007/03/seven-ways-music-influences-mood.php , Jeremy Dean 

Mood music has direct access to the emotions. As such it’s a fantastic tool for tweaking our moods. Saarikallio and Erkkila (2007) investigated the ways people use music to control and improve their mood by interviewing eight adolescents from Finland. The participants may be a small, very specific group, but they actually present a really useful list:

  1. Entertainment – At the most fundamental level music provides stimulation. It lifts the mood before going out, it passes the time while doing the washing up, it accompanies travelling, reading and surfing the web.
  2. Revival – Music revitalises in the morning and calms in the evening.
  3. Strong sensation – Music can provide deep, thrilling emotional experiences, particularly while performing.
  4. Diversion – Music distracts the mind from unpleasant thoughts which can easily fill the silence.
  5. Discharge – Music matching deep moods can release emotions: purging and cleansing.
  6. Mental work – Music encourages daydreaming, sliding into old memories, exploring the past.
  7. Solace – Shared emotion, shared experience, a connection to someone lost.

These seven strategies all aim for two goals: controlling and improving mood. One of the beauties of music is it can accomplish more than one goal at a time. Uplifting music can both divert, entertain and revive. Sad, soulful music can provide solace, encourage mental work and discharge emotions. The examples are endless.

Many of Saarikallio and Erkkila’s findings chime with previous research. For example, distraction is considered one of the most effective strategies for regulating mood. Music has also been strongly connected with reflective states. These tend to allow us greater understanding of our emotions.

One of the few negative connections Saarikallio and Erkkila consider is that sad music might promote rumination. Rumination is the constant examination of emotional state which, ironically, can lead to less clarity. On the contrary, however, Saarikallio and Erkkila found that music increased the understanding of feelings, an effect not associated with rumination.

Over to you…
Perhaps the way we use music varies with factors like age and culture. Do these adolescent’s experiences ring true for you? If not, what would you add to the list?

Music can move the soul. It can be a very strong influence. Some music can calm us down, some music can make us wild! How does music effect us?

Music is used in a variety of ways. It is used in the medical field as a source of research and as a sort of therapy as well. Music has been used as therapy for seizures, to lower blood pressure, treat ADD children, treat mental illness, treat depression, aid in healing, treat stress and insomnia and premature infants.

Musicologist Julius Portnoy found that music can change metabolic rates, increase or decrease blood pressure, effect energy levels, and digestion, positively or negatively, depending on the type of music. Calming music, such as classical music was found to have a very calming effect on the body, and cause the increase of endorphins, thirty minutes of such music was equal to the effect of a dose of valium. Both hemispheres of the brain are involved in processing music. The music in these studies is not the “lyrics”, but the music itself, the melody, the tones, the tunes, the rhythm, the chords.

Ouerskap

December 22, 2010 in Uncategorized

Voor ek begin, as ek ‘n lys maak van waarvan ek seker is van vaderskap, of kan doen, sal dit aansienlik korter wees as die waarvan ek nie seker is nie, of teoreties verstaan maar prakties of heeltemal of gedeeltelik faal. Dan is daar die groot ‘grys’ arias waar ek vermoed daar is die regte manier, maar kry dit nie reg nie. Verder sê hulle ‘n mechanic se kar is die stukkendste, so voor dat ek voorgee (soos die mechanic) ek weet baie, wil ek net sê ek doen nie, en by dit nog voeg my rol as pa is nou baie anders en uniek, en ek deel maar my ‘notas’ en redenasies uit ‘n baie eng benadering van ‘n komplekse saak wat geskied in omgewings waar al twee ouers wat miskien werk, enkel ouerskap en verskeie ander ‘gebroke werklikhede’ wat die realiteit nog verder veel meer kompleks maak.

Iets waaroor ek egter baie seker is ‘n mens se gesin, en dus jou kinders is onlosmaaklik verbind tot jou geestelike en fisiese gesondheid. So, tydens my beroerte het ook my drie seuns se lewens erg verander met ‘n situasie wat eensklaps verander sonder waarskuwing en hulle lewens beïnvloed het. Eers om net deur die traumatiese gedeelte te kom (± die eerste 3 maande na my beroerte) en dan die daarop volgende jare(2004 tot nou) is enige aanpassing baie ontwrigtend as gevolg van my unieke omstandighede.

Ek plaas ook die blog sonder laat dit hersien was. So lees dit maar met sinskonstruksie foute en plaas asseblief die klem op wat ek wil sê.

Venster-tyd is baie korter as wat ‘n mens besef

What lies behind us and what lies before us are small matters compared to what lies within us – Ralph Waldo Emerson 

 

Soos wat alle ouers sal weet die tyd wat kinders onder jou dak kom tot hulle daaruit is, is baie kort! Nie verniet sê hulle met kinders is ‘n dag lank , maar die jare kort nie!

Eers ‘n bietjie teorie wat die tafel dek. Ek het die Blake en Mouton se bestuursraamwerk so bietjie aangepas om by ouerskap aan te pas, en lyk nou so:

 

Ek weet nie van iemand wat die heel tyd op die 9.9 plek kan bly jaar in en jaar uit nie. Verder verwys hulle na ‘situasionele leierskap’ (dis waar jy na gelang van die situasie jou styl aanpas. As ‘n huis brand waardeer jy tog iemand wat bevele uitblaf en sentrale speel sonder om mooi te praat met mense en sterk leiding te neem, maar in rustige tye kan die styl aanpas om meer mensgerig en demokraties te wees.

Ek dink ek was al by alle style, maar by die 9.9 styl wil ek dink dis ‘n mite. Ek verkeer onder geen illusies nie dat ek ook nie daar is nie. Volgens my begin jy met ‘n baba meestal by die linker kant van die illustrasie (jy neem alle besluite soos wanneer moet hulle eet en wanneer moet hulle slaap). Dan land jy meestal op in die middel in die Laerskool, en eindig meestal met tiener soms by voorskriftelike opdragte (jy moet jou kamer opruim, jy moet jou huiswerk doen/ leer…)en dan weer soms by die 1.1 as ek net mooi keelvol is en takies selfdoen (skottelgoed/honde was), by 1.9 was ek weer op vakansie/naweke, en 9.1 as ek van deelnemende gespreke oorgaan in ‘n outokratiese styl en nie vra nie, maar voorskriftelik sê, terwyl ek maar probeer om so nou en dan ‘n 5.5 styl te handhaaf (en selfs dit kry ek selde reg!). Darem het ek al my momente van selfs bo 5.5 gehad. Een van dit is as ons en vriende kuier en die gesinsdinamieka is belyn met mekaar! Ek het meeste momente wat gehad het bo 5.5, en selfs hoër was met die tandem en ek het al met twee seuns daar uitgekom met fietsresesiese, die ander een (Anthony) het weer saam met my geoefen vir ‘n resies aan die begin van Julie, maar ek moes dit toe los van wee ‘n erge verkoue. Mens jou net kan indink op die tandem gaan jy deur ‘n belewenis van gebonde, interafhanklik (jy is afhanklik van die ander ou om hard te trap!), respek en vertroue terwyl jy heeltyd trap en net positief reageer op enige insident. Tans ry ek en Anthony ook nog ten minste een maal ‘n week as voorbereiding vir die 94.7, en het dit suksesvol gery in November. Ek hoop maar dit verskaf die nodige verwysingsraamwerk en skep ‘n unieke omstandigheid wat kan lei tot ‘n manier van optrede jeens almal . Die probleem is ek ry saam met een seun, en die res van die gesin kry dan juis dan min aandag.

Ek wil net ook byvoeg (eintlik brag!) met die resies in die begin van Julie moes een van my seuns(Gerald) inderhaas namens my ry. Want ek het lank vooraf oor internet ingeskryf. Die vooraf dae was ek grieperig, en waar ek eers gehoop ek sal nog kan ry, maar die aand voor die resies sien ek toe daar is nie eers naastenby ‘n kans nie. Toe willig Gerald in om saam met Anthony te ry sonder om te oefen, en nog so op nommer 99, en hulle ry toe nogsteeds die 60 km net oor 2 ure gery! Na die tyd was dit vir my baie verblydend want vir twee ure kon hulle fokus op ‘n uitdaging sonder om te moan, foutvinderig of afkrakend, en verskiklik interafhanklik te wees. Hulle beide se gesigte het by die einde behoorlik gestraal. Ai as ons maar daai dinamika kon vat en in pille sit sou ons baie geld kon maak, of net ten minste ons baie minder grys hare gee!

Die konsep van ‘n stelsel teorie of transaksionele model klink baie ingewikkeld, maar is eintlik baie eenvoudig en baie nuttig want dit voorspel baie dinge, en is volg:

 

 

Om die illustrasie beter te verduidelik vir Suid Afrikaners baie maklik. As jy misdaad wil aanspreek kan jy groter tronke bou (uitsette), beter polisiëring en hofprosedures hê (deursette) of wetsgehoorsame burgers kweek van jongs af wat norms en etiek skep wat teenstrydig met misdaad is(insette)

Weer terug by ouerskap. Die punt wat vir my uitstaan is ons as ouers is meestal betrokke tot die skep van ‘n standvastige omgewing en die skep van grense van wat aanvaarbaar is en nie wat ons kinders voorberei met die keuses wat hulle al gemaak het, maak, en gaan maak.

 

Ek en Angeli is in die prentjie nou meestal beperk tot min insette (waar ons vroeër meer aktief en rigtinggewend was) en as hulle eers uit die huis is, is ons met niks meer betrokke nie, verder het ons net hoop en drome vir uitsette van die kinders (hoop hulle doen goed, hoop hulle kry goeie werk, hoop hulle kry ‘n goeie gesin, hoop hulle het goeie gehalte van lewe), maar ek besef ter deë net hulle (en God) kan dit laat waar word. Hulle lewens tot nou was eers klei, wat nou vorm aan neem, en nog baie later afgerond word.

Hoe ek afleidings maak is, ons dek ons die tafel waar die kinders gaan eet. Ons het nie beheer of hulle gaan eet nie, maar ons kan hulle darem honger maak en die kos voorsien wat beperk word tot ons vorige ervarings en beskikbare geleenthede!

Bewuste vs Onderbewuste

 

Die bewuste –en onderbewuste is ‘n ingewikkelde konsep wat in hoofsaak beteken mens se gedrag word in hoofsaak gevorm deur die onbewuste en onderbewuste. So ‘n groot gedeelte van ons gedrag word bepaal deur faktore buite ons bewuste. Ek verstaan dit laat dit waarvan jy nie weet nie as die ruimte vir die Heilige Gees om in hoofsaak te werk, en waar ouers kinders onwetend beïnvloed en voorberei vir uitdagings. Die volgende skakel verduidelik Freud se weergawe van die psige in die verband. http://allpsych.com/psychology101/ego.html

 

Mens se onderbewuste is egter dus verantwoordelik vir meeste gedrag en reaksies. Daar word van die onderbewuste gesê dit is soos ‘n bandopname/video van alle insidente en gebeure in die mens se lewe wat met geboorte aangeskakel word en eers afgeskakel word as jy jou laaste asem uitblaas. Die bandopname/video sal alles opneem. Die groot ding van die onderbewuste is dat hy nie kan onderskei tussen die waarheid en ‘n leun nie. Die resultate of gedrag kom na vore as simptome. Verder sê hulle die onderbewuste is soos ‘n diep moeras van modder met elke insident vasvang wat soos ‘n lugborrel is en afhande van die invloed op jou sal lugborrels verskil in grootte en diepte. Die vermoë om met hipnoterapie, meditasie of enige manier wat suksesvolle intap op die onderbewuste met dinge wat pla of waaraan gewerk word is soos om die lugborrel met ‘n speld te steek sodat hy bars en jou simptome in die niet laat verdwyn.

Mense kan dus die bewuste net oppervlakkig en met selfinsig aanspreek, maar aanvaar dis net oppervlakkig en is baie beperk.

 

Daar is ‘n tegniek wat ons met spanbou gevolg het wat idee gee oor hoe daar met onderbewustes gewerk kan word. Dit werk as volg om in te tap by die onderbewuste, en is ‘n proses wat met musiek gevoelens na die oppervlak bring, maar ek maak dit hierna duideliker.

       

      Die proses begin waar fasiliteerders verduideliklik die proses vir iemand wat op die reis wil gaan as dat hy veilig sal wees (hy moet hom verbeel hy is in ‘n warm gemaklike lugborrel, en hy kan uiting gee deur bewegings of net stil te staan en musiek gaan hom begelei in ‘n proses om emosies en gedrag beter te verstaan. Dit gaan juis om met seerkry emosies of met die huidige gebrokewerklikheid issues te deel. Daar moet ‘n persoon bystaan indien hy iemand wil beweeg (laat die persoon kan fokus op die musiek sonder om te worry oor eksterne faktore, maar hy kan sommer op sy bed ook lê en dan is nog ‘n persoon nie nodig nie. Daar sal een stuk musiek wees. Direk daarna sy storie vingerverf op ‘n A4.

       

      Benodighede is waterverf , ‘n glas water, vadoek en koerantpapier om op te werk. Daarna moet die persoon die verklarende verfwerk as ‘n storie aan homself skryf. Hy kan daai skrywe bespreek met sy fasiliteerder, maar dis net vir sy oë. So keuses om dit te bespreek is opsioneel. Waarna die verfwerk en skrywe verbrand word as bevestiging as die einde van ‘n era .

      Die proses fokus die bewuste op sielsvolle musiek (sonder woorde soos klavierstukke, klasieke musiek…) en baie instrukteurs/begeleiers verkies liggaamsbewegings wat nie oordrewe is nie, maar meer hand, arms, bene en kopbewegings wat gepaard gaan in ‘n spasie van so 1 vierkant ‘n meter, terwyl die persoon geblinddoek is. Na afloop van die musiek belewenis laat deelnemers hulle lei om die hele proses te gebruik vir vingerverf (waterverf) waar in ‘n storie uitgebeeld word, waarna dit neergeskryf word as ‘n brief aan jouself of ‘n dagboek inskrywing. Die laaste gedeelte is waar mens die praat oor die belewenis. Om daai gesprek toe te laat om geëksploreer word is ‘n onafhanklike persoon die aangewese. Sulke fasiliteerders kan afskop deur te vra waaroor die verf gegaan het en wat iemand wou hy uitbeeld en hoe sy ervaring/ inherente menswees komponente sy gedrag beïnvloed.

        

       Verdere notas aan begeleiers/ fasiliteerders is: Die proses moet rustig wees, en met so min as moontlik teenwoordigheid van die begeleier. Die begeleier moet in en uit die vertrek beweeg (so 2 of 3 keer). Die begeleier begin die musiek en weer uitloop. Dan kom die begeleier weer in en sit die musiek sagter en begin die vingerverfproses en loop weer uit. Daarna kan die begeleier weer vra of iets benodig word en weer op die einde die skryf proses begin. Daarna kan die begeleier sekere gedeeltes bespreek (of nie) van die betekenis van die verfwerk. Die einde is waar die verfwerk, brief in ‘n brandseremonie verbrand word as teken laat dit die einde van daai beperkende gevoelens is. 

       

      Nota: Om die persoon so weerbaar en ‘oop’ is in so ‘n proses moet daar deurentyd agter die skerms gebid word vir beskerming en leiding van die Here vir die pad wat geloop gaan word, of as mens self deur so proses gaan vra vir die Here se beskerming, en vra vir Sy leiding op ‘n onbekende pad, en ‘n belewenis wat ‘n groot vooruitgang sal beteken en vir die nodige insig en wysheid. Na afloop van die proses dank Hom vir die beelde, geheue en beskerming. Dis ‘n pad waar die individu alleen op gaan, met slegs die minimum ondersteuning maar sal ‘n groot impak maak.

Weer terug by kinders. So kinders lê alle gebeure van insidente en veral woorde vas.

Nog ‘n manier om in die onderbewuste te werk is meditasie. Daarby saam klink iets soos meditasie oosters. Maar soos Willem Nicol

http://www.kalahari.net/christian/Gebed-van-die-hart/35688/24996818.aspx dis nie so nie. Dis maar net ‘n manier wat mens deur intens rustigheid toe laat dat mens beter kan luister (in stede van jou wat praat!) met God.

Die keuses wat kinders maak verseker hulle uitkomste, en ons as ouers bly soms afrigters maar ander kere toeskouers (veral met tieners!). Met moontlike aanmoediging, en rigtinggewende advies of voorbeelde van ouers hang die res van hulle af.

 

Diversiteit en ‘drielingseuns

Ek een keer ‘n navorsingsartikel gelees oor diversiteit. Daarin het gestaan dat dit ‘n biologiese feit is dat organismes wat dieselde as mekaar is mekaar vermy/uitroei in ‘n oorlewingstryd. Partykeer sit ons seuns in verhouding wat getipeer kan word as ‘gun – mekaar – nie – die son – oor -mekaar -se – koppe – nie’. Ek verstaan miskien die diversiteit-storie intellektueel as ‘n wedywering tot beperkte aandag, maar dan is my reaksie op die situasie egter een van onmiddellik kwaad en teleurgesteld. Meestal sê ek/ons iets, maar by tye sê ek niks (moeg gepraat).

So ruk terug het ek weer eens juis daaroor oor vir die seuns geskryf in ‘n brief wat meer as my gebruiklike minimum sê, wat die volgende was:

Die eerste ding wat julle moet verstaan en glo is die beginsel van Jesus waar Hy alle sondaars lief het, maar sonde haat. So as julle eerlik met julleself is sal julle uitkom by die gevoel van ONVOORWAARDELIKE LIEFDE en dit beteken onder andere ek (en ma) is vir al ons seuns ewe lief, en julle kan niks doen om dit te verander nie-dis vas. Dus is goed wat ons oneindig seer maak as julle mekaar afkraak, lelik behandel of disrespekvol behandel. Ek kan dus eerlik en reguit vir julle sê ek haat ook enige lelike optredes teenoor mekaar, maar bly onvoorwaardelik lief vir julle almal.”

 

Ek weet as jy elke seun sy werklike gevoel jeens mekaar vasstel sal dit ongetwyfeld getipeer kan word as hope liefde. Ek voel ook in die eerste paar jaar het die seuns mekaar nie as ‘dieselfde’ of kompeteerend vir aandag ervaar nie maar die ‘tienerfase’ het dit totaal verander. Onder andere ons het al ‘n paar keer verwys na hulle oulike klein kind wees waar hulle goed oor die weggekom het, lekker vir mekaar gelag het en konsidererend was, en hoe dit nou (soms) verander het (op een van hulle foto’s is waar hulle as kleuters en opsigtelik gemoedelik en vriendelik. Op een van die ander foto’s is dit waar ek lê met al drie op my rug terwyl van gesigte se uitdrukkings wissel van skaterlag tot ondeund glimlag). In gesinne waar die rolle drasties verskil t.o.v mans, vrouens, ouderdom, belangstelling, buitemuurse aktiwiteite… is die uitdagings minder as met meerlinge van dieselfde geslag waar jy noodwendig meer getoets word deur raaiselagtige gedrag (veral as daar dieselfde belangstellings is- met die behoefte om te verskil, maar as een verskil sal hulle dit afmaak as logies is en dat dit ‘almal’ behoort te pla).

Toe die seuns klein (ek dink 8 jaar) was het ek ‘n program oor meerlinge en ESP gekyk wat beweer het as jy vir hulle vra om ‘n nommer onder 10 apart van mekaar neer te skryf is die kanse goed dat dit dieselfde gaan wees. Na die tyd probeer ek dit toe ook. Ek roep hulle en sê hulle moet elkeen op ‘n tafelhoek sit en ‘n nommer onder 10 skryf. Hulle doen toe die skryf, maar teken toe almal ‘n huisie. So ongetwyfeld is daar nog altyd ‘n noueband wat bo my begrip lê. So al is die band nie nou so ‘cool’ nie, maar ek weet daar is ‘n hegte band al verwys ek nooit daarna nie, en as een ‘n probleem met ‘n ander het, verstaan ek dit as het hulle dieselde behoeftes en soek dieselfde goedkeuring of prestasie en wil graag ‘n unieke individualis wees wat die bo-toon voer. As hulle om een of ander rede alleen by ons is verander hulle gedrag na inskiklik met geen aggressie nie, en baie inagnemend . Maar as hulle saam is verander dit tot meestens ordentlik. By dit kan ek ook net sê twee kom makliker oor die weg.

Die volgende kan dit miskien verklaar. Net na hulle geboorte was hulle twee(Anthony en Richard) baie siek met probleem longetjies van wee ‘n virus. Hulle was etlike dae in ICU met drips, respirators wat moes help asemhaal, en in hulle naeltjies was ‘n kateder om bloed gereeld te toets of hulle suurstofvlakke nog reg was. Richard het toe teen die respirator baklei en van sy longsakkies gebars. Gelukkig was die pediater by en kon die longetjie dreineer. Lank na die voorval het die pediater genoem net ±10% van sulke gevalle bly leef. Altwee is deur dieselfde tendense, en veral die ‘drips in hulle kop en kritiese punte was vir almal onstelend. Toe Richard sterker word sê die pediater ons kan Anthony huis toe. By die huis was Anthony omtrent onmiddellik heeltemal gesond. Die pediater het toe vir ons gesê Anthony het nooit die virus gehad nie en was daar om sy broer by te staan deur hulle spesiale band… (Na Richard se ongeluk van nou die dag en na sy hospitalisasie was met sy eerste dag by die huis vir ons almal rede vir blydskap. Maar met Richard se laaste dag in die hospitaal slaan Anthony uit met rooi kolletjies oor sy maag, nek en gesig. Dit vir ons gelyk na iets soos masels. Ek het dit maar verstaan as sy ‘simpatie staking’ want hy het bietjie kopseer gehad, en hy kon weer na vier dae skool toe gaan met die uitslag iets van die verlede)

Die verskil tussen ‘gewildheid’/ maat en leierskap/ouerskap

Daar was ‘n samajoor op Infanterieskool. Hy het vir ons troepe gesê ons moet ons sy taak mooi verstaan as hy vriende soek is dit buite die kamp, maar hierbinne gaan ons bars, want sy rol is om ons so goed as moontlik voor te berei en hy gaan ons voorberei deur te fokus op sy taak. So ons gaan hom as ongenaakbaar beleef, maar as ons klaar is sal ons bly wees want ons sal goed opgelei wees.

Die punt is vir my is ek sien myself nie as ‘n sersantmajoor nie, maar as die kinders maats soek is dit by hulle portuur, en as ons maats soek is dit by ons portuur. Dit wil nie sê jy ervaar nooit vriendskap of ligtelike oomblikke met kinders nie (eintlik is dit baie lekker en hopelik ervaar alle ouers dit vir ± 80 % van die tyd), maar eerstens bly jy die ouer en leier en baie later kom die vriendskaplike rol.

As ek van my op skool of op universiteits dae my huidige gedrag beskryf sal dit klink soos twee baie verskillende persone. Al wat ek kan dink verklaar dit is dat wat vir my destyds reg was, is anders as nou en veral met wat my rol verander het. Die vraagstuk wat ek wil uitlig is dat jou gedrag noodwendig sal verander om aan te pas by jou veranderende rol. Die punt is mens verander om aan te pas by jou huidige realiteit. Dus moet ‘n mens aanpas en jou gedrag gaan dus verander (en moet verander).

Emosionele intelligensie

So veel klem word gelê op IK, terwyl emosionele intelligensie dinge soos respek, liefde en emosies soos hartseer en blydskap omvat wat interpersoonlike gedrag beskryf. Om emosionele intelligensie(EI) te beskryf is makliker as mens die teendeel of baie beperkende gedrag te kan beskryf wat sal wees soos iemand wat skree, iemand anders dood praat, woede tantrums gooi, soos ‘n vuilbek of nukkerig is tydens konflik situasies optree. Ek glo daar word na IK en EI verwys om ons te wys na ‘n eiesoortige intelligensie, maar by dit wil ek ook redeneer jy moet ook Spiritualistiese Intelligensie kry. Volgens my is daar die baie ‘dom’ of ‘bankrot ‘kant, en dan die baie slim kant. Hoekom dit eiesoortig is by elkeen kan jy bepaal waar jy (of jou kinders) lê. Jy sal baie slimmes (IK) kry maar wat uit balans baie sleg vaar met die ander twee gebiede. Hoekom ek dink dit is belangrik vir kinders is dat van die mense sulke gebreke eers agterkom later in hulle lewe (dis soos alkoholisme die eerste stap na beterskap is as jy erken jy het ‘n probleem). Die ding is kinders kan emosionele intelligensie aanleer voordat skade aangerig word (proaktief i.p.v reaktief). Emosionele intelligensie word eers aangeleer deur die kinders by hulle ouers en daarna doen hulle-hulle eie ding doen, maar dis nooit vas nie en veranderbaar.

As ek een ding kan sê ek het in ‘n ouerhuis groot geword waar ek nie een keer gehoor het my ma moes skree of iemand doodpraat nie om ‘n punt te maak nie alhoewel dit altyd gemaak was – voorwaar ‘n voorreg! Nie ek of my suster moes ooit enige emosies onderdruk nie(juis daarom kan ons nou nog nie as konflik vermydende beskryf word nie maar is ook nie skoorsoekend nie).

Daarenteen waar IK verstaan word as byna vas, en is emosionele intelligensie op enige tyd verander- en vermeerderbaar.

Soos ek vir Angeli gesê het so ses jaar terug toe ons kinders begin het met die tienerfase. waar hulle tienerhormone hulle gedrag gaan beïnvloed maar volgens my is daar ‘n verskil tussen ongeskik wees en ander onverklaarbare ‘nuwe’ gedrag.

Ek het ook vir haar die voorbeeld gegee wat as volg is van as iemand wat op ‘n snelweg voor jou insny, en jy die keuse van hoe jou gedrag gaan wees :

1) as die insnyer klein en tingerig is sal sekere reaksies aanvaarbaar wees soos humeurig, rasserig of vloekerig , of

2)as die ou massief is met bultende spiere en ‘n geweer het sal jy liefs baie versigtig en bedees optree.

So situasies wat gedrag bepaal is ‘n klomp nonsens, en gee jou net verskonings oor wat vir jou pas.

Netso kan mens nie aanvaar dat tiener-hormone toelaat dat dit as verskoning dien vir swak gedrag nie. Dit kan voorkom of sekere situasies en geassosieerde hormone die gedrag bepaal, maar dis nie so nie. Mens kan slegs aflei die ‘hormone’ het slegs ‘n predisposisionele invloed op die mens wat sy sy gedrag beheer en sodoende die emosies en hormone altyd kan beheer en bepaal- ongeag (dit sluit PMS in).

Dan beskryf Daniel Golman in sy boek ‘The New Leaders’ hoe hulle twee en sestig CEO’s en hulle topbestuurspanne moes beskryf hoe gelukkig, energievol, en hoe gedetermineerd hulle was. Hulle was ook gevra hoeveel konflik daar binne die groep was, hoeveel persoonlikheidsverskille bestaan , hoeveel wrywing en emosionele konflik hulle belewe. Die studie het bevind hoe meer positief die klimaat hoe beter hulle samewerking- en hoe beter die finansiële resultate. Die teendeel was egter ook waar vir spanne waar baie konflik was was die resultate altyd ook sleg. Die gevolgtrekking wat hy gemaak het is dat die groepslede se emosionele intelligensie is die somtotaal van die lede soos getoon in hulle gedrag (veral m.b.t. harmonie). Die spanne wat goed gedoen het is daardie spanne wie se leiers juis geweet het hoe om ‘n balans te handhaaf tussen fokus op die taak maar ook op mense te fokus deur hulle kwaliteit van verhoudings hoog hou en op taak elemente te fokus en sodoende die harmonie, hoë prestasie en goeie resultate. Hulle het ook bevind daardie spanne waar bestuurders nie oor die weg gekom het nie se resultate was deur die bank sleg. Hulle het verder gesê dis so voorspelbaar dat hulle ‘n algoritme gebruik wat sê vir elke 1% verbetering in klimaat is daar ‘n 2% verbetering in resultate.

Ek is ook baie seker jy sal dieselfde tendens is by families kry. In harmonieuse huise sal kinders beter vaar, en in huise waar onenigheid dag in en uit die norm is sal mens kinders kry wat swakvaar, ‘n swak selfbeeld het en hulle toekoms self al hoe meer wegkalwe. Ons as ouers dek dus die tafel met ons huidige gedrag wat die toon aangee vir ons kinders se gemoedstoestand en siening van die toekoms. Jy as ouer kan nie net jou hande opgooi en saamslaan nie. Die punt is ons as ouers moet die verantwoordelikheid aanvaar wat saam met die posisie en situasies gaan en veral ‘n hoë premie plaas op ‘harmonie’.

Ek wil dus die stelling ook maak vir elke 1% verbetering in gesinsklimaat behoort te lei tot ‘n 2% verbetering in kinders se prestasie by die skool. Net so min as wat jy iemand kan dwing om te lag en jy moet hom eers ‘n grap vertel laat hy lag. So is emosies en ‘n gevoel van welstand die gevolg van iets, en vir daai ‘iets’ is ALLE gesinslede is saam daarvoor verantwoordelik.

Daar is ook ‘n bevinding laat spanne wat onder ongelukkige en stresvolle omstandighede beleef se IK’s dramaties daal, en onder ‘n lekker klimaat sal die IK weer toeneem tot hulle volle potensiaal. Ek wonder hoeveel kinders sal beter presteer met vakke, beter oor hulle self en die toekomsvooruitsig voel as hulle huisklimaat verbeter.

Ek sou sê mens se lewe is ‘n reeks maklike en moeilike tye. Mens kry as deel van jou lewe sekere ‘toetse’ of moeilike tye/gebeurtenisse en hoe jy daarop reageer sê meer oor jou as die gemaklike tye. Dis maar soos hulle sê jy kan nie karakter bou in goeie tye nie.

Dan is daar die storie van Victor Franckl ‘n Joodse oorlewende van die Nazi kampe om later baie invloedryk en toonaangewend werk in die sielkundeveld gedoen het. Ek is baie seker in sy afgryslike omstandighede is sy gedrag en ‘self talk’ nie deur sy situasie bepaal nie, sodat hy later baanbrekerswerk kon doen in die sielkunde. Wat vir my uitstaan hier is mense dink hulle reaksies is afhanklik van situasies. Vat maar eerder ouens soos Victor Franckl wat ongeag sy situasie in die moordkampe nogsteeds kon trots wees op sy reaksies en gedrag. Ek vermoed sy gedrag tydens die kampe was beperk tot ‘die regte geluide’ en sy oorheersende gevoel maar eers onderdruk het tot die situasie verander het (en nogsteeds bly fokus het op die positiewe en waardetoevoeging) waar hy vrylik sy mening kon lig, en soos wat hy natuurlik wou wat tog duidelik meer sinvol was.

In Victor Franckl se boek Man’s Search for Meaning, sê hy die mense wat die doodskampe oorleef het was die wat ‘n visie vir die toekoms gehad:  “…everything can be taken from a man but one thing:  the last of the human freedoms — to choose one’s attitude in any given set of circumstances, to choose one’s own way.”  Verder was hy veral baie gekant teen mede kollega’s se redenasies van ‘reductionism’ (nog voor die oorlog) ‘n voorbeeld van dit was waar mede neuroloë (hy het homself eers as neuroloog in sy vroeë loopbaan toetrede gekwalifiseer). Die neuroloë het gedrag sien as ‘n neweffek van die brein, en glad nie erken dat daar iets soos spiritualiteit is nie. Hy het gesê daar was destyds ‘n hele generasie wat geïndoktrineer deur wetenskaplikes word om mense eng te sien as basiese oorsaak-gevolg wesens. 

Daarby is Frankl se boodskap soos weergegee deur Dr C George Boeree “There exists, beyond instincts and selfish genes,” beyond classical and operant conditioning, beyond the imperatives of biology and culture, a special something, uniquely human, uniquely personal.  For much of psychology’s history, we have, in the name of science, tried to eliminate the “soul” from our professional vocabularies.  But perhaps it is time to follow Frankl’s lead and reverse the years of reductionism”.

 

Insig

Die vermoë om te (bly) verander word aan die hand gewerk deur selfinsig. Ander kan net sekere insette lig wat insig ondersteun, maar as dit nie tot selfinsig lei nie gaan niks verander nie. Ons as ouers gaan van wee ons ervarings sekere insigte deel maar net kinders kan met selfinsig sekere goed stop en met ander begin. Die probleem lê volgens my juis die tyd verskil tussen insig van ouers en selfinsig van tieners. Nie verniet sê hulle die tieners is die slimste ding op aarde nie. Hulle dink hulle het die antwoorde op alle dilemmas, en die het wel partykeer, maar ander kere nie.

Leer karbestuur is ‘n metafoor vir ontwikkeling

Een van die lekker taakies is om ons drie 17 jariges ten volle te leer karbestuur. Dit ongetwyfeld een van die hoogte punte vir my . Volgens my is daar die ‘meganistiese ‘ deel soos bepaal deur die wet en hulle leerlinglisensies, vir my was/is die dinamiese egter die gedeelte wat verskiklik lekker is. Die dinamiese gedeeltes waar hulle eers moes leer wegtrek op ‘n afgeleë grondpad, tot waar hulle almal goed in die dorp ry was vir my ongetwyfeld een van die hoogtepunte.

Pieter van Jaarsveld het eenkeer in ‘n aanbieding grappende wys onder andere vertel mens leer by jou ma van ESP/dubbel standaarde om ‘n trui aan te trek as sy koud kry of dink jy is koud. So hier is wat ek wil sê werk met dit wat jy sien en nie met aannames nie.

Vir my is die punt ook mens sê goed vir hulle bes wil, en so ook met bestuur. Maar op die ou end leer jy hulle meer met jou gedrag. Eintlik moet jy sê maak presies soos ek en ma en ons sal met ons woorde dit probeer helderder maak.

Ons het nou onlangs op ‘n Saterdag Krugersdorp toe gegaan, en ek kon gemaklik soontoe ry, maar moes toe van Krugersdorp op ‘n baie besige Ontdekkers na North Cliff toe en weer terug en weer na die ander kant van Johannesburg na my sister toe gaan. Net na my beroerte kon ek lekker kommentaar lewer as ek nie bestuur nie. Maar nie die slag nie! Die punt vir my is en daar kom ‘n (kritiese) tyd wat jy ‘n voorbeeld is en alle woorde verloor hulle waarde. Soos hulle sê ‘talk is cheap, but money buy the wisky’. Ek was baie bly die kar het nie een keer gestol nie, en dat ek mooi beheer gehad het met die wegtrek by heuwels met spitsverkeer. Op sulke tye gaan dit oor baie meer as woorde en lesings maar oor jou voorbeeld Op sulke tye gaan dit nie oor my egoïstiese behoeftes nie, maar om as goeie voorbeeld te dien wat navolgswaardig is

 

‘n Ouer se gedrag se gedrag spreek harder as woorde

                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                  

A teacher affects eternity; he can never tell where his influence stops –Henry Adams

 

Die grootste ‘teacher’ is ons as ouers. Goeie of slegte voorbeelde kan mens nooit bepaal wanneer die invloed gaan stop nie bes moontlik na baie geslagte oor baie jare. Ek van mening daar word op swak punte gefokus terwyl dit baie eng as die totale prentjie afgemaak word terwyl die totale prentjie is van geboorte tot waar jy nou is. Mens kan kinders dus nie label as ‘slim’ ,’dom’, ‘betroubaar’, onbetroubaar … nie. Mens kan wel sê iets was sleg sonder om dit as ‘n label te personialiseer deur te fokus op die aspek waarmee jy verskil sonder om die hele persoon daarmee te beskryf (speel die bal en nie die persoon nie).

 

Ek wil die stelling prakties maak deur te verwys na my omstandighede waar ek laas in 2003 die broodwinner was en al my vriende het ‘n senior pos wat hulle dag omskryf terwyl ek by die huis sit, skottelgoed was en die kinders rondry- nie goed vir mens se selfbeeld nie, en nog slegter as ‘n navolgingswaardige voorbeeld. Ek gee nie om oor die ingreep van die beroerte op my lewe nie, maar die verlies van my vorige loopbaan is baie moeilik verwerkbaar en juis omdat dit so swak voorbeeld vir die kinders is maak dit nog erger. Mens kan so fikseer op die korttermyn probleme dat die volledige prentjie negeer word. Die kinders staan miskien voor loopbaan keuses, maar ek ook! Al wat ek beslis weet ek moet vinnig my gedrag wesentlik verander, maar ek kan nie die onlangse omstandighede gebruik om my te tipeer nie sodat dit blyk van toepassing te wees nog altyd nie.

Afsluiting

Ter afsluiting net die storie van Abram Maslow (Hergenhahn p 330) wat vertel van Maslow wat voor sy eie kinders ‘n entoesiastiese ondersteuner van die behavioriste was (die sielkunde bestaan uit verskillende skole van denke, onder andere behavioriste waarvan Pavlov die verband tussen stimulus en respons verbind het met sy op ‘n klokkie se geluid wat toon dat die honde gaan kos kry en dan begin die honde al kwyl) se redenasies was dus gekoppel aan die van behaviorisme. Toe hy sy eie kind die eerste keer vas hou verander hy oomblik om ‘n Humanis te word. Die humanistiese psigologie is ‘n denkrigting wat veral selfverwesenliking beklemtoon. Die groot ding is hy was vas oortuig van sy redenasies voor sy eie kind en toe verander (hy sê so vinnig soos die klap van ‘n donderslag) hy om baie erkenning te kry en hy het homself beskryf dit het sy benadering tot sielkunde so verander laat hy die behavioriste sien as ‘foolish’. Hy sê ook elkeen met ‘n baba kan nie meer ‘n behavioriste wees nie. Ons as ouers het die onsettende groot en lekker uitdaging om ons kinders te lei op ‘n duistere pad van totaal afhanklik tot onafhanklike jong mense wie se gedrag en besluite onder ouers se beheer uit is

Richard se ongeluk

September 2, 2010 in Uncategorized

 

Richard se ongeluk

 

Each new season grows from leftovers from the past. That is the essence of change, and change is the essence of life – Hal Borland

 

vers 1

 

Ek het weer die  Saterdag van 28 Augustus beleef dis nie ‘about the destination’ nie, maar oor die ‘journey’. My seun -  Richard was toe in ‘n groot motorongeluk met die bakkie waarin hy en sy vriend gery het en gerol het. Hy was uit die bakkie geslinger en was onder die bakkie gepen terwyl hy dubbel gevou was. Hy het egter net vier kompressie frakture in sy rug opgedoen, en ‘n hele paar skrape en snye. Die paramedici sê in sy 20 jaar is dit die eerste keer wat hy iemand lewend uit so ‘n kar uithaal. Richard sê hy moes net na die ongeluk so dubbeldgevou lê vir 30 – 45 minute om vir genoeg hulp te wag om die bakkie te kon lig. In daardie tyd het die diesel so op hom getap dat sy selfoon se skerm daarvan vol was, en sy klere en plakkies stink so daarvan dat ons die klere sommer gou weggegooi het! In sy tyd onder die bakkie het hy ook opgegooi, en gedink hy gaan dood. Ek weet hy is bonatuurlik beskerm deur ‘n hoër hand en dat verskeie gebede later wel gehelp het. Ek is vas oortuig dat hy beskerm was nog voor ons eers kon begin bid, en dit is ‘n indikasie van hoe groot GOD ons dien.

 

Sy maat wat saam met hom was is genadiglik deur die hele ongeluk sonder enige fisiese komplikasies. Hy kon daarna die nodige hulp ontbied. As hy ook so seergekry het dat hy nie die hulp kon ontbied nie, kon die gebeure heel anders verloop het.

 

Die eerste aand was vir my en Angeli regtig moeilik. Ons kon nie rustig slaap nie, en was baie huilerig. My een groot troos was dat ek ‘n beeld gekry het waar hy in die hospitaalkamer op sy bed lê. Sy kamer was totaal gevul met ‘n warm goue helder lig. Toe kon ek begin bedaar met my emosies wat toe ook meer onder beheer was.

 

Vir die heel begin het ons fokus gegaan oor beskerming van Richard en Franz. Net daarna het Franz se ma wat saam met Richard in die ambulans gery het ook die heeltyd by ons by die ongevalle gebly. Ons dominee het ook ‘n draai kom maak terwyl Richard nog in die ongevalle was, en vriende kon ons ondersteun met gebede. Ook ‘n vriendin – Eurika – wat vir ons drinkgoed gebring het en ons bediende by die huis gaan oplaai, betaal en by die taxi’s gaan aflaai het, was deel van ons ondersteuningsnetwerk. Die punt is, Richard was van die begin af, en is nogsteeds omring deur goedheid. Ek weet ons ervarings gaan lei tot iets moois, en al wat ons en Richard kan doen is om ons fokus op die positiewe te hou, en alle negatiewe denke nie eers te hê nie, of sommer bitter gou te ignoreer.

 

 

Foto’s net na:

 

 

 

 

 

Richard – vers 2

 

Na ons groot ‘skrik’ word alles toe egter vinnig beter. Die volgende Donderdagmiddag het hy sy rugstut gekry (hy het mos 4 kompressie frakture en moes mos net op sy rug gelê het). So, die vorige dag kon jy sien die frustrasie en irritasie lê maar vlak. Nou kon die fisio begin werk, en hy sy roetine verander. Die vrou by die x-strale en scan sê sy rugspiere is onsaglik sterk en goed ontwikkel (ek dink van swem) en dan is hy ook jonk en fiks (gereelde fietsry). Die Dr’s se prognose was dat hy ten volle gaan herstel. Hy moet nou die stut vir 3 maande pal dra. Die Dr kon alle snye en skrape reg gemaak het met ‘n paar steke. Onlangs het die steke uitgekom – onder andere op sy oogbank (winkelhaak bo oogbank tot op ooglid), en op sy neus, en been.

 

Richard – vers 3

 

Net voor ons drieling se geboorte, toe reël die meerlingvereniging (Samba) vir die aspirant pa’s ‘n opleidingsessie. Daar gekom verwag ons allerhande mooi en baie dinge om eers as lesse te leer, maar toe is daar net twee kort sessies. Eerstens wys hulle ons foto’s van meerlinge as babas, en weer as hulle groot is. Toe wys hulle ons hoe om doeke te vou. Net na Richard se aankoms by ongevalle wou hy weet hoe lyk hy en toe het ons sommer ‘n foto geneem op die selfoon om hom te wys hoe hy lyk. Ek het eers met Richard net die realiteit van sy ongeluk eerder daai foto’s ge-sms as om met woorde te probeer sê van sy, en ons realiteit. Na ‘n paar dae vertel die reeks foto’s egter die volle storie van dat dit eers rof was, en later weer heel goed. Die uiteinde van die storie het nog nie gebeur nie, maar hulle sê min dinge is so goeie voorspeler vir die toekoms as die verlede nie. So, ek kan net dink sy toekoms behoort ook een van genade, beskerming en bestiering te wees. Met enige ingreep sal ons reaksies nog dieselfde gewees het, maar ons is bitter bly dat dit so gebeur soos dit het…

 

 

 

 

Tydens Richard se nege dae in die hospitaal het ‘n skoolvriend van my (Bertus Huisamen), wie se dogter in dieselfde graad as Richard is ook vir hom kom bid. Deel van daardie gebed was vir bonatuurlike genesing. As mens kyk na hoe Richard tans lyk is dit ‘n besondere getuienis van hoe dit voor ons oë waar word. My gevoel was altyd as mens op daardie krag van ons Here fokus en daarvolgens leef, kan enige redenasie, van gedwee reaksies in situasies wat pateties is en gedwee aanvaar word ,en wat Hom as kragteloos bestempel, mos nie sin maak nie. Mens kan mos nie sekere situasies so beredeneer dat dit Hom swak laat lyk, maar tog weer optree dat jy in Hom glo nie. So as mens in Hom glo begin dan redeneer dat ‘bonatuurlik’ sterk is en gee Hom die ruimte om dit te kan wys.

Partykeer keer dwing die lewe jou van ‘n regop tot klein houding, maar dis goed want as jy op jou knieë is, is jy op die regte plek om hulp te kry.

 

Hy vorder so goed hy (19 September) wou belydenisklas toe gegaan het. Ek dink sy beskerming en vordering het baie met ons, en sy, keuses te make soos om vir hierdie jaar ons fietsresiese vir eers te los want sy belydenisklasse geniet prioriteit. Dan het ek die kinders gevra om uit tydskrifte prente te sny en ‘n collage te plak wat hulle begrip en ervarings van die belydenisklas weergee. Richard het toe gesê hy sal eerste (‘n week voor die ongeluk).

  

Richard se ongeluk het vir almal iets gewys of lesse geleer. Na elke moment of stukkie ervaring kan mens vir ‘n oomblik stilstaan om die betekenis te verstaan. Soos hulle sê:

 

‘n Man wat nie uit sy foute leer nie, is dom

‘n Man wat uit sy foute leer, is slim, maar

‘n Man wat uit ander se foute leer, is wys

 

Vir almal is die trauma van Richard se noue ontkoming dus ‘n moment om te herbesin oor baie dinge, maar vir my gaan dit oor dankbaarheid, en elkeen sal hooplik wys wees oor wat werklik belangrik is sonder dat ‘n traumatiese ongeluk nodig is om te dit te onderstreep .

 

Om te fokus op wat die betekennis van elke stukkie gebeurtenis is wil ek eers die storie soos vertel deur Angus Buchan vertel – van ‘n sendeling wat in China gaan werk het. Daar was een man wat tot bekering gekom het. Na ‘n lang tydperk (ek dink ‘n jaar) kom die sendeling toe weer verby, en vra hoe gaan dit met die man se geloofslewe. Hy het toe gesê soms gaan dit moeilik, maar hy sien dit is soos twee honde (goeie en slegte), en hy voer die goeie een meer as die ander. Ek vermoed ook as ek ‘n strategie moes uitwerk wat mense vervreem sal dit juis wees om getroudes te kry dat hulle mekaar irriteer, of deur bepaalde gedrag te vervreem of met die hulp van trauma gesinslede deur ‘n scenario te laat gaan om almal so te laat reageer dat hulle verval in negatiewe reaksies. Maar genadiglik is die anderkant se fokus – die van genade en bestiering – sterker, terwyl beterskap net ‘n kwessie van tyd is.

 

 

Argus 2010

April 8, 2010 in Uncategorized

Inleiding

Ek het hierdie jaar weer die Argus fietsresies se 110 km gery. Soos almal sal weet, het ek byna net na my beroerte (November 2003) weer begin om op ‘n oefenfiets ry. Dit nadat my eerste uitdaging was om die rehabilitasiesentrum se gang van ongeveer 20 meter met ‘n rolstoel te ry en hulle my bo-lyf met ‘n laken aan die rolstoel moes vasmaak sodat ek nie uitval nie. Sedertdien kon ek al ‘n paar resiese van oor 90 km voltooi (94.7, OFM x 2, Argus x 3, , Fastone) en ‘n paar kortes soos Race-for-victory en Vodacom s’n. Soos julle sal sien met die Argus, alhoewel ek baie verbeter het, is daar baie plek om te verbeter – veral t.o.v. opdraandes en teen wind!

Met my ervaring hoop ek dit kan vir ander ook – soos vir my – as ‘n metafoor dien wat veel wyer as fietsry is. Die fokus van die storie sal wees dat daar ‘n uitdaging was; ‘n unieke pad vol besluite en aksies wat uitloop op geleentheid en die pad van die Argus.

Ek deel  graag van hierdie dinge met julle .

Ek het mos gedink ek sal hierdie jaar die Argus maar laat vaar, maar toe nie.  Die punt is dat as ek nie die Argus gedoen het nie, was daar niks om intens te beleef of vir ander van te vertel nie. In my vorige blog het ek geskryf dat as ek my vorige twee Argus’e in perspektief probeer sit, was 2006 s’n ons was van niks seker nie maar het nogtans gedoen, en 2009 s’n ek kon saam met my seuns (al drie) dit doen, en hierdie jaar s’n weer het ek aanvanklik geredeneer ek sal dit mos los as gevolg van sekere omstandighede en toe was ek die geleentheid gebied om weer te ‘dink’ oor my unieke pad.  Dit het toe meer gegaan oor my omstandighede en behoeftes, danksegging, keuses en gedrag. En dit is tog veel wyer as ‘n fietsresies.

Na my beroerte van November 2003 was hierdie vir my ‘n groot geleentheid om dankbaarheid te betoon vir baie dinge – onder andere vir my pad van verbetering  en wonderlike mense in my lewe, en in retrospek weet ek nou dis nie iets wat ek vinnig kon aframmel nie!

Die huidige (present) is ons geskenk elke dag

Ek kan nie genoeg sê hoe belangrik elke dag is nie. My suster en haar twee kinders was ongeveer ‘n jaar na my beroerte in ‘n baie groot motorongeluk. Haar beserings was van so aard dat sy by die dood omgedraai het, maar albei hulle kinders het ongelukkig in daardie ongeluk gesterf.  Voordat ‘n mens so direk deur dood gekonfronteer word, dink ;iemand soos ek; aan die dood as iets van die realiteit, maar verstaan dit net in beginsel met min emosie. Verder het ek ook my pa aan die dood afgestaan toe ek 6 jaar oud was.  Dit het veroorsaak dat ek die gepaardgaande emosie nog verder as gewoonlik onderdruk het, en was alle response deur my uit reaksievorming (selfverdedigingsmeganisme) as uiters normaal afgemaak.  Om deur so ‘n proses te gaan waar ek eers my Pa en toe my susters-kinders deur die dood verloor het, en ek daarmee gekonfronteer was, was ‘n ”ongemaklike” stappie na die gebroke-realiteit.

Ek het met die pas afgelope Argus die kinder se name, op my fiets se handvatsels geplak. Aanvanklik was dit bedoel as ‘n spesiale herdenking van twee uiters talentvolle mense, maar toe was dit later veel meer.  Ek word gekonfronteer deur ons “geskenk” (lewe) elke dag en om dit die meeste te bly maak tot dit nie meer daar is nie.  As ek hulle dus wil herdenk is dit om die meeste van elke dag te maak tot ekself doodgaan.

Voorbereiding

You cannot achieve a new goal by applying the same level of thinking that got you where you are today – Albert Einstein.

Ek het so ‘n bietjie nagedink oor hoekom ons so lank gevat het (7.22) want ek het ‘n program getrou gevolg wat spesifiek vir die Argus geskryf is en het die aantal ure ingesit, wat beteken dat ek 7 + ure per week geoefen het vanaf  Januarie. Aan die einde van Januarie het ek ook ‘n resies gery en ook saam met  my vriend – Gert Oosthuizen – op die tandem  ‘n oefenlopie/resies van  63 km gery met ‘n gemiddelde spoed van 26.8.  Ek het dus gereken as ek die tyd omsit in die afstand van die Argus was dit  ± 4.10 vir die Argus, en as ek vir die opdraandes en ander gebeurlikhede tyd bysit kon ons maklik in 5 ure klaarmaak.

Die vraag by ons was, hoekom het ons toe 7.22 gery? Die antwoord was voor die hand liggend, en as volg: Ek het voorberei op ‘n vinnige trapspoed met min weerstand (aërobies). Op die program wat ek gevolg het praat hulle gedurig van ‘n trapspoed (cadence) van 90, terwyl dit laas keer met die Argus net 58 was, en terwyl dieselfde weersomstandighede met die sterk wind reg van voor die eerste helfte en die tweede helfte was die uitmergelende opdraandes (soos Chapmanspeak en Suikerbossie) en dit het krag vereis, dus anaërobies deur baie krag voortdurend. Hier in Potchefstroom sê ons mos as daar ‘n bult is, is dit ‘n brug! Dus op alle plat roetes sal ek goed doen. So van brûe gepraat. Daar is twee brûe op pad biokinetika toe en op die brûe sien ek my spoed gaan af na 9 km/u terwyl my gemiddelde spoed verbeter het tot 23 km/u (met die recumbent) en 30 km/u (met die tandem). Met die plat gedeeltes het ek al aansienlik verbeter, terwyl die brûe spoed dieselfde en baie laag gebly het! Dit is soos om vir eksamen te ‘spot’, en daarvolgens voor te berei, en dan kry jy nie die vrae nie. Al sit jy baie ure in bly die resultate swak! Omtrent 85 % van my voorbereiding was ook om te spin, m.a.w. as ek sweet en vinnig trap dink ek dit was ‘n goeie sessie en die res op die tandem (wat ook maar plat was), maar eindelik was dit nie voldoende voorbereiding nie want die weerstand was te laag. Nou weet ek volgende keer sit ek die fiets in sy vinnigste/moeilikste rat  en los hom daar as ek op die tandem oefen en as ek noodgedwonge spin sal ek die weerstand verhoog om minder oor trapspoed “worry”.

Swart kolletjies op my naels

Ek sit maar die gedeelte hierby, en hoop dat die leser self op die einde sal kan aflei hoekom dit met die Argus iets te make het, maar laat ek net gou vertel van my storie met die kolletjies. Net voor my beroerte was ek gou by die huisdokter (ek dink vir iets soos ‘n seer keel?). Hy ondersoek my toe en merk toe ook klein swart kolletjies op my naels op, waarop hy toe sê so iets kan dui op iets ergers soos beroertes. Daarna vergeet/ ignoreer ek dit met gevolglike uitkomste.

In 2006 begin ek toe boekhou van die verskyning van die kolletjies -15 kolletjies vir daai jaar, en 14 die jaar daarna, en net 4 in 2008, maar weer 11 in 2009. Die vraag was toe hoe om die tendens te verstaan.

Ek was toe net vir ‘n check-up na die internis (in 2010) wat my ten tye van my beroerte bygestaan het. Hy het my weer sorgvuldig ondersoek (Hy laat my altyd skuldig voel want sy speekkamer is vol maar nogtans spandeer hy baie tyd om ‘n deeglike  ondersoek te doen en hy laat my nooit betaal nie). Daarna het hulle met ‘n spesiale scan my vorige  geskeurde aar; wat aanleiding gegee het tot my beroerte; en my hart ondersoek en bevind dit is ‘n teksboek voorbeeld is van hoe gesonde organe moet lyk. Terwyl ek in Johannesburg moes wees vir die afspraak by die internis het ek ook weer gegaan vir Haemacirc Solution (my drip wat onder andere help met are se herstel deur voedingstowwe te vervoer waar dit hoort).

Ten spyte van die “clean bill of health” het ek maar nogsteeds gewonder oor die verskyning van die kolletjies op my naels. Ek weet die uiterse minimum van my kolletjies, maar aan die eiende van 2008 het ek opgehou met Haemacirc Solution met net 4 kolletjies, en die jaar daarna was dit weer 11.  Hierdie jaar het ek weer met Haemacirc Solution begin en tot op datum het ek nog nie weer ‘n kolletjie op my naels nie. Ek weet nie hoe dit werk nie en dit maak nie saak nie. Wat ek weet is die kolletjies is ‘n sigbare simptoom van wat nie goed is nie.

Ek het bietjie op die internet oor die koletjies die volgende raak gelees: ”Splinter hemorrhages are tiny lines that run vertically under nails. At first they are usually plum-colored, but then darken to brown or black in a couple of days. In certain conditions (in particular, infective endocarditis), clots can migrate from the affected heart valve and find their way into various parts of the body. If this happens in the finger, it can cause damage to the capillaries resulting in a splinter hemorrhage”. Wikipedia,” en “Black, splinter like bits under the nails can be a sign of a bleeding disorder”. Dennis Hardy

Met ‘n resies soos die Argus gaan enige voorbereiding om risiko’s aan te spreek en te verminder. Ek voel hierdie was miskien potensieël die grootste risiko en wat met min moeite en tyd aangespreek was…

Resies

Verblyf

Half pad

Ons sou by Betuli oorslaap. Ek weet van die plek, maar het beslis nie geweet waar dit is. Toe ek vooraf sien ons is ses mense het ek bedenkinge gehad dat ons te veel was (wat oorslaapplek betref)  – ons was 6 mense plus die 4 huismense. Maar toe was dit seker een van die mooiste dorpe (dis byna teenaan die Gariep dam) waar ek nog was, en die huis was so groot dat een van die gaste grappenderwys opgemerk het die gang is so groot dat jy action krieket daar kan speel. Nie net was daar baie plek nie, maar ons kon baie lekker oorbly.

Die inspirerende storie was toe iemand vertel van ‘n persoon wie onder andere voorheen te veel gedrink het maar ook verbonde was aan een van die drie susters kerke. Sy lewe het toe soos handomkeer verander toe hy wedergebore is. Hy beseël dit toe met ‘n groot doop, waarop die (eng) kerkleier instede van bly is, toe so met hom verskil dat hulle verwag hy moet in die kerk opstaan en sy sonde bely. Hy het toe vir sy kennisse gesê toe sy lewe erg en teenstydig met Christenskap was het die kerkleiers niks gesê nie maar noudat sy lewe weer belyn is moet hy sy sonde bely (groot doop). Gert het toe gesê eintlik moes hy instem maar dan getuig oor sy ervaring.

Mense se ‘in-the-box’ denke en verwysingsraamwerke word opgemaak deur onder andere jou opleiding en oortuigings wat jou oogklappe word wat bepaal wat vir jou aanvaarbaar is, of nie, en dit vorm jou manier om die wêreld te verstaan en wat vir jou reg en aanvaarbaar is. Vir my gaan iets soos Godsdiens nie om mense se denke nie, maar om God se wil en dus nie oor ons baie eng sienings nie. Maar ons moet sienings toelaat om oop te wees vir gebeure of ideologieë wat jou lei tot ‘out of the box thinking’ en wat nogsteeds belyn is met die Here se wil. Vir dit moet jy staat maak op Die Bybel en jou unieke lewenspad wat die Here jou sal wys al val dit buite sommige mense se verwysingsraamwerke, veral ook van wat reg en verkeerd is en gebaseer is op dogma wat onvanpas is wat eerder die kerk as vir God dien.

Verblyf vir die Argus in die Paarl

By die Paarl het ek en Gert baie lekker gebly by Thomas en Susan Hickman. Hulle ken my goed en al baie jare want ek en Thomas het saam gewerk (15 jaar + gelede) en ek het ‘n paar keer ‘n jaar in die Paarl gaan werk, waarop ek ook ‘n paar keer by hulle aan huis gebly het. Thomas is verseker een van die baie unieke storie vertellers wat sommer ‘n hele paar stories vertel wat totaal onbekend is so kan vertel dat dit van die begin tot die einde lekker bly, en Susan is ‘n voorbeeld van ‘n vrou wat mans nodig het- gasvry, georganiseerd en die wysheid om te weet waar moet sy inpas en waar om uniek en genoegsaamsterk te bly by wat op so wyse dat sy volwaardig na vore kom as iemand wat nooit onderskik is nie.

Thomas het ‘n hele paar staaltjies oor my vertel wat enersyds baie snaaks was en andersyds kan mens maklik aflei van hoe ek destyds was, en hoe ek nou baie anders is, en dit vertel ‘n storie opsigself van hoe een persoon soos handomkeer kan verander – met my persoonlikheid wat omtrent dieselfde gebly het maar my gedrag wat wesentlik verander het en plek gemaak het vir nuwe roetines en gewoontes. Die punt is, by hulle was die boodskap dat ek beslis baie rede vir dankbaarheid het, of dit gegaan het oor die vêr verlede of oor die onlangse verlede.

Ek kan nie naastenby vertel hoe lekker dit vir my was nie, maar onder andere was my gemoed voor die resies baie rustiger as met my vorige Argus’e (2006, 2009). Hierdie keer het ek baie rustiger gevoel voor die resies, my hartklop baie rustiger as met die vorige drie (twee na die beroerte) waar my hartklop tot meer as dubbeld (115 slae per minuut) van my rustende polsslag voor die wegspring was, en dit begin opgaan met die rit soontoe. Hierdie keer, toe Thomas ons gaan aflaai het vir die wegspring, het my pols tussen 74 en 80 gebly (met fietsry gebruik ek ‘n harttempo monitor wat my slae per minuut monitor).

Ek het ook gedink (so ‘n maand of twee voor die tyd) ons sal op die langste vyf ure neem, maar het gemeen ‘n heel haalbare 4.30 kon bereik word. Toe ek sien die Suid Ooster gaan 46 km/u +  waai het ek al gesien hier kom probleme. Toe was ons tyd 7.22. Maar dit het my min gepla want vir my was die tyd ‘n bysaak. Vir my was een van die hoofredes, ’n duidelike boodskap om te gaan en deel te neem en ander doelwitte was vir my belangrik.

Daar was veral baie ander en onsettend belangrike rolspelers in die storie. Daar is egter een persoon wat vir my uitstaan, en dit is die ander ou op die tandem – Gert Oosthuizen. Hy was verseker ‘n belangrike rat, want hy is in die proses van besighede verkoop/koop, so sy prioriteite was anders as myne. Die feit dat sy vrou, Belinda verlof moes insit sodat ons kon gaan en sy by sy splinternuwe besigheid moes gaan werk sodat hy kon gaan is vir my kosbaarder as goud!

Onthou ook ek het ook al twee afsnye (met meer as een en ‘n half ure) gemis, dus raak ek nie afgehaal as my tyd stadig is nie. Vir my gaan dit oor om elke keer te voel, en ek is beter met elke Argus, en ek bly ook meer oefen in die voorafgaande tyd. Vir my gaan dit tog oor hoe ek voel en lyk en veral oor wat ek wil bereik. Kyk maar byvoorbeeld net na die oudste persoon wat die Argus gery het, Japie Malan, wat 90 jaar oud is, en sy tyd was 06h48. Dit beteken daar is nog baie tyd oor om te bly verbeter!

Ons uitslae was ook beter as 1 078 wat wel gery het, en as jy dink 35 000 +   het hulle ingeskryf, waarvan baie van hulle sien die wind is baie erg en dan nie eers opdaag nie, en 28 974 klaargemaak het, was dit nie so sleg nie. Veral as jy in ag neem dat ons kettingprobleme (ons ketting het vier keer afgeval) en ratprobleme (die voorste ratte bestaan uit drie ratte en dit het op daardie dag baie moeilik geskuif) bygooi wat ons verseker meer as 22 minute moes kos (ek dink dit was nader aan 45 minute). Neem in ag dat die een deel van die saak is om die probleem (soos die ketting of die ratte) op te los, en dan is daar die ander deel van my, wat weer op die fiets moet klim vir die wegtrek, wat vir my soos ‘n leeftyd voel. Om op te klim en so gou as moontlik te maak moet ek rustig wees en bly, maar gedurende die resies wou ek net gou maak, met die gevolg dat ek eintlik langer gevat het. Dit het dus veroorsaak dat ek elke keer amper dubbeld so lank vat! Dan is daar ook nog die 93 wat seer gekry het, waarvan 15 nog die Maandag in die hospitaal was. Met ons maksimum spoed van 71 km/u was ons beskermengel seker bly toe die resies verby was…

Ons het ook heeltyd alleen gery. Jy kan tot 27% – 45% t.o.v. windweerstand verminder as jy agter groepe ry, wat weer seker 80 % van alle inspanning op die fiets uitmaak. Ek het dit vooraf vir Gert in ‘n e-pos genoem – net voor ons oefenlopie – maar tydens ons oefenlopie was die ander te vinnig om te vang. Veral met groot groepe is haas onmoontlik om die ‘bus’ te vang. Ek het gedurende die begin van die Argus weer vir Gert gesê ‘hou in die slip(stream)’, waarop hy gedink het ek bedoel om te  probeer sê om in ‘n vinnige groep ry. Ek het eintlik bedoel dat daar verskeie mense is wat net soos ons sukkel en stadig ry en hy moes agter hulle bly en van een fietsryer gaan tot by die volgendes om ons energie te spaar vir later maar nogtans ons spoed net handhaaf. Ek voel as ek met gemak kon sê wat ek bedoel het kon ek die dag aansienlik anders laat verloop het . Ek skryf maar sulke situasies af as my gebroke werklikheid.

My menings, wat vir my uitgestaan het en ander interessanthede

  • Die lewe het maar sy ‘ups’ en ‘downs’ en hoe mens veral op die ‘storms’ reageer wys jou ware stoffasie. So ek gebruik juis so ‘n geleentheid om net weer te besin oor my ‘stoffasie’. Ek sê altyd kinders is daar om jou nederig te hou. Dus is iets soos die Argus miskien ook daar om my nederig te hou – haha. Net soos ek dink ek doen goed, is iets soos die Argus daar om my te wys daar is nog baie plek om te verbeter.
  • As mense my sien moet hulle seker dink ek moet baie sukkel, maar dis net my loop en spraak wat baie lol. Dus kan hulle saamstem met my siening dat ek omtrent heeltemal reg is, en dat dit net sekere sigbare probleempies is wat eersdaags iets van die verlede sal wees. As ek een stuk raad aan ander kan gee is dit is om iemand soos ek te sien en eerstens te dink dat alles reg is,  en soos hulle die teendeel gewys word, om dit dan “af te trek”.  Instede van, om met die eerste oog opslag te dink ek is totaal ‘gekrok’ en dan met die teendeel wat bewys word ‘n optel som te maak wat hulle menings vorm van alles wat hulle sien wat werk (en wat hulle verbaas). Ek kan daardie mense verseker, die tweede benadering vat baie tyd en krap my net onnodig om en plaas ‘n wrang smaak op andersins lekker verhoudings. Op my eie maak ek dit af dat hulle reaksies meer oor hulle self sê en nie oor my nie. Ek neem my dus voor om nie my irritasie te wys nie, maar vaal soms. Ek verstaan dit dalk, maar dit bly erg kwestend.

Dis veral hoekom ek hou van die Argus, want vir ‘n tyd word die gevolgtrekking deur ander en myself gemaak, dat ek die Argus aanpak, so dit kannie so sleg met my gaan nie, en die hele atmosfeer het voortgeduur vandat ons weggetrek het tot ek weer by die huis was. Dit geld vir alle resiese, maar daai gevoel is nog steker met die Argus, met die wat dit vir ‘n direkte vyf dae was maar indirek is die effek nog baie langer. Vir my is elke iets soos hierdie ‘n baie spesiale geleentheid om my te beskryf as iemand wat ‘n beroerte gehad het maar deur fietsry al ‘n paar keer gewys het dis nie einde van fisiese drome nie, inteendeel…

Daar was ook die geval van omtrent twee weke na die Argus.  Ek en Richard moes gou by Clicks ‘n voorskrif gaan kry. Die apteker daar het ons al by die spinning gesien, en sy het my gevra of ek nog gaan spin.  Ek kon toe sê ek rus na die Argus, maar sal eersdaags weer gaan spin. Die groot ding vir my was juis toe ek vir haar ‘n fietsry foto op my selfoon gewys het, waarop sy toe gevra het dat ons die foto na haar selfoon toe moet stuur sodat sy dit ook vir haar man kon gaan wys!  Sulke situasies is oneindig lekker en spesiaaal.

My spraak

Laat ek net gou die storie vertel dat luister moeilik is, maar met steurnisse nog moeiliker, en soms baie krities. In die 2de wêreldoorlog was van die geallieerde magte in ‘n baie benarde posisie en radio toe “send enforcements we are going to advance” en hulle kry geen hulp nie en kry toe erg bloedneus. Hulle vra toe uit oor die feit daar geen ondersteuning gekom het na die radio boodskap nie, waarop die basis sê hulle het oor die radio gehoor “send a tripence(geld) we are going to a dance” .

As ek iets sê is dit amper soos stomstreke – van raai reg en wen ‘n prys. Die ernstiger punt is dit is amper sewe jaar na my beroerte mense verstaan nogsteeds nie altyd my uitspraak nie.  ‘n Voorbeeld is van my familie wat Desember by ons kom braai het. Angeli het vinnig ‘n slaai in die huis gaan maak, dus was ek spraakgewys op myself aangewese by die braaivleis vuur. Ek sê toe vir hulle dat die vleis reg is om afgehaal te word.  Eers het hulle probeer uitmaak wat ek sê, maar kon nie, en daarna gaan hulle net aan met hulle gesprek onder mekaar, maar toe hulle sien ek vererg my liederlik, en nogsteeds nie uitwerk wat ek sê nie (al het ek net op die ou end die woord “Angeli” gesê) het ek maar later tou opgegooi en die vleis droëer as gewoonlik gebraai tot Angeli weer uitgekom het. Ek het my daarna voorgeneem ek gaan my lewe voortaan baie gemaklik vir my maak, en dit is, ek stel my net bloot aan my gesin en daardie mense wat my verstaan of probeer verstaan.

Daar is egter een plek waar ek wel graag (soms alleen) kuier en dit by ‘n man wat motorneuronsiekte het – Rennie en sy vrou Eurika. Sy spraak lol ook sodat net ‘n paar mense hom verstaan (veral sy vrou is ook meestal sy tolk). Angeli verstaan hom inderdaad ook beter as ek. Dus weet ek hoe dit is aan die anderkant van die draad – van ek wat meestal nie verstaan nie en die vrouens wel. Wat ek ook by wil sê, ek antwoord byna nooit ‘n telefoon nie (as ek nog ‘n oproep kry gee ek onmiddellik vir Angeli my foon) en reageer veel eerder as ‘n reël op ‘n sms of epos, maar as ek sien dis Eurika antwoord ek want sy doen omtrent die meeste van die praatwerk waarop ek net hoef te reageer en gee sy my opsies waarop ek net ‘ja’ of ‘nee’ kan sê, en as sy my nie verstaan nie bly sy rustig, wat my weer nie verbouereerd maak nie en my, en Rennie se gedeelde spraakgebrek plaas ook minder druk op my.

Wat ek wel oor die jare geleer het is dat vrouens volgens my ‘n onregverdige voordeel het met die verstaan van my, want hulle beskik oor die vermoë om gouer uit te maak wat ek sê. As ek dus sien daar is twee winkel assistente waarvan een ‘n man en die ander ‘n vrou is kies ek altyd die vrou en sê ek net een voorspelbare woord vir die vrou (handelsmerk wat ek soek) en dan kon hulle my gewoonlik help.

Ek sal moeilik erken dat ek my afsonder in my ‘comfort zone’ , maar ek doen dit. Nou lyk dit my ek is by ‘n volgende fase, want vreemde mense maak skielik uit wat ek sê. Ek dink dit het baie te doen met my wat onder andere van alle dinge, by ’n sangjuffrou (Jeanette Malan) geland het met nuwe voorstelle en planne vir my stemgebruik. Volgens my kom daar tye wat ‘n mens gekonfronteer word met die beginsel van – If you do what you have always done, the results will stay the same. Lyk my die tyd was reg om van spraakterapeute oor te gaan na ‘n nuwe benadering.

 Angeli sê baie keer dit lyk of ek voortdurend by die rekenaar is (en ek is!). Dan tik ek in ‘n brief aan haar sy moenie sê ek is net by die rekenaar nie, sy moet haar afvra wat ek daar doen. My punt is, meeste mense kan direk praat of net bel en wat meer gebalanseerde tydsverdeling meebring. Die regte vraag sou wees (volgens my) wat ek daar gedoen het en haar begrip van hoekom dit so lank neem om iets te doen sal die hele aksie in perspektief stel. Elke persoon het maar sy kwota woorde om per dag te sê en ek moet myne net tik. Nou laat sy my maar begaan.

Terug by die Argus. Met die hele ekskursie se baie ure op die pad soontoe en terug was verseker verantwoordelik vir my grootste druk, want ek is verseker gewoond om vir lang tye stil te bly, maar die hele dinamika in die kar het soos ‘n berg voor my gelê. Gert lees gelukkig my blogs (wat hopelik vir hom wys dat ek gewoonweg/normaal dink) en verstaan en toon begrip vir my spraak probleem. Dit was toe op die ou end nie ‘n probleem nie want ons was mos twee karre wat saamgery het en ‘n ander persoon (Andries) het omtrent 90% van die tyd saam met ons gery.

Daarby saam, toe Gert die eerste keer nie verstaan wat ek sê nie het ek weer gesê ‘moet nie worry nie’ waarop hy rustig gesê ek moet dit herhaal sodat hy kan leer om my te verstaan. Op die einde van ons trippie kon hy my omtrent heeltemal verstaan wat my weer aanpor om met ander te praat. Een van die dinge wat aan my knaag is dat ek so verval in wat ek sê (ek gaan weer mooi en duidelik praat) en hoe ek oor myself en hoe ander dink (omtrent niemand verstaan wat ek sê nie) is my ‘self fulfilled prophecy’. Sy begrip het juis vir my gewys dat ek reg is om aan te gaan na my gerieflike gestruktureerde lewe.

Tydens my verblyf in die Paarl het Thomas verwys na party sportmanne wat hulle self beskryf as ‘die beste in die wêreld’ en dat dit gaan oor die verlede wat beteken hulle toppunt is naby of hulle het dit reeds bereik. Ek dink deur hulle self beskrywing; of in die openbaar of om net so self dink; neem hulle hulle motivering weg, m.a.w. al wat oorbly is die kort pad af.

As mens die tyd vat wat die Argus gery is, is dit nie eers naastenby goed genoeg nie (miskien as dit net onder die 3 ure was). Ek weet ons het op die dag goed genoeg gedoen, maar in die toekoms is daar baie plek vir verbetering! So volgens my, as ek die dag sub 3 ure ry sal ek dit beskou as goed genoeg, en moontlik my voet van die versneller afhaal.

By dit wil ek net noem daar was altyd maar altyd politieke teater en daar sal altyd wees, m.a.w. party gesaghebbendes wat een ding werklik glo maar ‘n ander doen, anders as veral openbare figure wat ons toutjies trek. Ek was deel van die dienspligstelsel en het dus alles geglo wat politici en kerkleiers gesê het. So ‘n paar jaar later sien ek ek was dus deel van die entoesiastiese jongklomp wat spring as die toutjies deur die gesaghebbendes getrek is. Ek is juis een van daai mense wat as stadig beskryf kan word want ek kom sulke subtiliteite altyd te laat agter. Eers het ek altyd net onmiddellik oorreageer terwyl ek nou baie meer gematig optree maar nogsteeds net toelaat dat ek my eie menings vorm. Ek laat dus nie toe dat sportmanne, politici of ander openbare figure my mening vorm nie, en hoop niemand s’n nie. Vorm jou eie mening en gebruik dan soos nodig en wees baie voorspelbaar en jouself.

Jy het altyd net twee opsies – Willem Nel praat in sy boek, Stille Avontuur van jou keuse om bitter of beter te word. Dan is daar die mentaliteitskeuse van om ‘n ‘victum of circumstance’ of ‘master of own destiny’ te wees. Dan het Wynand Marx vir my die baie interessante epos/artikel van Clem Sunter gestuur waarin hy onder andere verwys na John Vorster  se ‘Adapt or Die’ toespraak. Die punt is, elke persoon word gekonfronteer met sy toekoms verwagtinge en om pateties daaroor te dink gaan niemand beïndruk nie en om vanaf n standpunt van better, master of own destiny en voortdurende aanpassing te werk verskaf tog die nodige brandstof vir ‘n scenario wat noodwendig baie anders daarna sal uitsien.

Soos  Dag Hammerskjvid se aanhaling sê ‘ The longest journey of any person is the journey inward ‘ Mens kan maklik in die slaggat (vir mense in SA het slaggate tog ‘n besonderse betekenis) trap om jou fokus op dinge rondom jou te hê, maar die punt is daar is net een plek in die wêreld wat jy kan verbeter, en dis jou  eie hoekie.

Iets soos die Argus, of selfs my beroerte bied my die geleentheid om op my inwaartse roete te bly fokus. Elkeen het maar sy unieke lewenspaadjie en ons kan net ons eie paadjie verstaan as ons toelaat dat ons genoegsaam nabetrag wat elke omstandighede vir ons beteken, sodat ons daaruit kan leer om te bly verander.

Dan sê hulle ook in daily motivator ‘The only real aging is the erosion of worthy ideals’. Ouderdom (of enige omstandighede) wat jou briek om vir jou as verskoning te dien hoekom jy agteruit gaan moet mens verstaan as vals, onjuis en deur jou kwansuise redes mens onnodig kragteloos te laat blyk. Daarom gaan ‘n ding soos hoop en ideale oor iets wat jou aanvuur, terwyl die teendeel jou plaas in die kategorie van oorleef en ‘n afdraande pad.

Kirk Douglas; wat ook ‘n beroerte gehad het; het as volg geskryf in sy boek My Stroke of Luck- 2002 “There must be thousands of stroke victims right now who have given up. They don’t go out of the house. They don’t try to communicate. They have forgotten how to laugh. They just do nothing and wait ……. for what? Ek kan net gou noem van Thomas wat my ‘n groot bottel heuning gegee het. Hy sê toe dis ‘n baie spesiale bottel en bly bietjie stil, en voeg toe grappenderwys by –  want net een by het dit gemaak.  So as ek die bottel sien elke oggend begin my dag sommer met ‘n lag. Nou is die vraag wat was sy grootste geskenk – die heuning of die grappie!

By dit wil ek net voeg ons almal kan in sekere benarde situasies moed verloor maar as jy terugstaan sal jy sien daar is altyd ‘n manier om te bly waarde toevoeg. Die toekoms is nie daar om planloos voor te wag nie, maar is vir hier-en-nou en vrot van die planne met aksies wat die planne ondersteun.

 

 

Afsluiting

William S Churhill het die volgende gesê “Success consists of going from failure to failure without loss of enthusiasm” wat waar is maar vir my vra ek wat was my doel met die Argus. Dan het ek omtrent alles bereik (soos met elke Argus) wat ek vooraf wou behalwe die geantisipeerde tyd. Ek weet net een ding,ek gaan nie entoesiasme verloor nie of op my louere rus nie!

Voor ons gery het was daar ‘n kaartjie bo op my sak. Daarin het Angeli en elke kind ‘n boodskappie geskryf. Onder andere het sy daarin geskryf dat baie mense inspirasie uit my fietsry put. Vir my is die punt, ons kort almal inspirasie en ons kry dit van verskillende bronne af. Daar is ook die persoon wat jare lank aan erge depressie ly, soveel so dat hy vorige musiekstukke glad nie meer gespeel het nie. Net na my Argus het hy weer begin speel. Hy is vir my die ideale voorbeeld van success breeds success. Dit help my en ander om te dink die toekoms is vol hoop en al wat ons moet doen is om dit te ontsluit.

Dan is daar ook die kwessie van wanneer was my wonderwerk.  In die Strokeconennection tydskrif se September/ Oktober 2008 uitgawe praat hulle onder ander oor bloedings soos myne is so dodelik, en laat 35 -52% mense binne die eerste maand dood gaan, en net 20% van die wat dit wel maak herwin funksionaliteit om onafhanklik te wees. (Ek dink daardie 20% kon veel hoër gewees het as hulle nie so pateties was nie, en eerder vanuit geleentheid en krag geredeneer het. Ek dink eintlik net daai 80% het bietjie ruggraat nodig om te verbeter sodat hulle ook onafhanklik kan wees).Toe ek my beroerte oorleef het, en het ek hard genoeg geoefen sodat dit beskryf kan word as my wonderwerk.  Elke leser kan self besluit wat vir hulle reg klink of die wonderwerk net in 2003 plaasgevind on nou, maar my gevoel is die wonderwerk was eerste en dit het my in  ‘n geseënde possie gesit om my omstandighede om te swaai met ‘n gesonde gemoed, fisiese krag en deursettingsvermoë wat aanleiding gegee het tot my gehalte van lewe.

Met my beroerte het Angeli die gerusstelling gekry dat ons van alles finansieel voorsien sal word. Juis met die Argus was dit so sigbaar want ek was weer in ‘n situasie dat vir die alles voorsien was. Die vervoerkostes is voorsien (biokinetika sentrum veral Esti Kruger en Miemie Greyling), verblyf (half pad  - gawe vriende in Betuli, en in die Paarl – Thomas en Susan Hickman) en ‘n tandem partner – Gert Oosthuizen, en my suster-hulle wat my ook kontant gegee het!

Ter afsluiting net gou die grappie van die totale alkoholis. Die dronkie sit so dronkverdrietig tussen ‘n hoop bottels en vat die een na die ander leë bottel en sê ‘oor jou het ek my plaas verloor’ en gooi hom stukkend, en vat die volgende leë bottel en kyk hom so dronkverdrietig aan en sê ‘oor jou het ek my vrou verloor’ en gooi hom ook stukkend, en so gaan hy aan tot by ‘n vol bottel kom en vir hom sê – met jou praat ek later, en weer mooi neersit, en gaan toe weer aan om die ander leë bottels een vir een stukkend te gooi . Al wat ek wil sê is,  met die Argus gaan ek ook weer later ‘praat’.

Foto