Avatar of Fanie

by Fanie

Die Siwa oase in Egipte (1)

January 24, 2014 in Uncategorized

Die westelike woestyn van Egipte het vyf oases wat eintlik deel van die Libiese of selfs die Sahara woestyn vorm, naamlik Bahariya, Farafra, Dahla, Kharga en die Siwa-oases.  Elkeen het sy eie afsondelike kultuur wat soms moeilik is om te beskryf, maar eerder ervaar moet word.

Oases in die woestyn lyk van die sateliete af eintlik soos diep gate in die woestyn, een Griekse skrywer noem dit lyk soos “kolle op `n luiperd”, een ander resiger praat van “oe” die woestyn.  Die geleerdes noem dit `n depressie of `n eskarpment waar die woestynsand afgaan ondertoe vir honderd of twee honderd meter.  Van binne `n oase lyk dit soos berge wat die oase omring.  Dit beteken die watervlakke is baie vlak en naby die oppervlak van die see en meestal onder seevlak.  Daarom het elke oase`n paar honderd fonteine (ains) en watergate (birs) wat meestal deur die Romeine met damwalle opgebou is om dit te beskerm sodat hulle nie inval nie.  Sommige is suiwer water, trouens die Siwa-water word wêreldwyd  bemark as die suiwerste water.  Daar is ander borrelwaters wat baie warm is met baie minerale in, baie goed vir oumenskwale, sommige praat “bronwaters van gesing”.  As jy daar verder boor kom jy op goeie olie af, daarom is brandstof vandag omtrent R2,00 per liter.

Die Siwa oase is die heel westelike oase wat eintlik van Egipte verwyderd is. Die mense daar praat ook Siwi, nie Arabies nie. Dis `n Berber-dialek wat vandaar tot in Marokko gepraat word. Dus eintlik `n Afro-Asiatiese taal.  Die oase was vir duisende jare  relatief ontoeganklik omdat dit ses dae per kameel het van die Middellandse See is,  300km daarvandaan en tien dae kameelrit tot by die Nylrivier . Die Siwi’s het dus eintlik hulle eie kultuur gevorm en in `n sekere sin `n eie bestaan gemaak.  Baie van hulle families bly ook in Libië, hulle beweeg heen en weer, want die huidige Libiese smokkerlaars beweeg blykbaar gereeld hierdeur.

`n Mens moet nie Siwa vlak loer nie, daar was bekende mense al daar waarvan Alexander die Grote seker die bekendste is van `n verskeidenheid ander antieke bekendes soos Cleopatra en Cambyses se soldate wat oppad soontoe deur `n sandstorm verdwyn het.  Alexander het al die pad van Alexandrië af gereis om raad te vra en het daar goddelike status bekom en farao geword.  Daarnaas was Siwa strategeties vir die Eerste en Tweede Wêredloorloë waarvan die Qattara depressie kernbelangrik was. Ons gesels later meer hieroor.  Eintlik het die Siwa oase bekendheid verwerf oor die orakels wat hieruit gekom het. Die groot Grieke en Romeine het almal hier kom kers opsteek om effens vooruit te weet voor belangrike gebeur of besluite.

`n Mens moet eintlik al eers by die Nyl afgegaan het en dan by die ander oases `n moes draai voor jy by Siwa uitkom. Die lewe het eintlik hier stilgestaan terwyl die wêreld aanbeweeg het.  Om by Siwa `n week of twee te vertoef is seker die grootste tonik wat jy jouself kan gee, al het Siwa die laaste tien tot vyftien jaar begin verander.  Dis nie meer vreemd om `n klein kind op `n drawwende donkie te sien met `n selfoon teen sy oor nie.

So van donkies gepraat, hulle is koning in Siwa. Daar is meer donkies as mense en motors saam daar, darem nie meer as die paar honderdduisend palmbome nie.  Die donkies vervoer mense, plante, kos, enigiets wat jy aan kan dink. Die mense wat beter af is het almal `n donkie-karretjie wat feitlik heeltyd gebruik word, nou dra die donkie gelukkig nie meer nie, hy sleep nou.  As jy met `n oopdeur of venster daar slaap hoor jy die donkies gedurig in die oopveld onder die palm- en olyfbome met mekaar gesels, laataand en vroegoggend. Party donkies kla steen en been.  Ek sweer hulle probeer mekaar moed inpraat oor die dag wat voorlê.  Hulle word vir niks gespaar nie.  Hier is die donkie `n wonderlike ding, jy wonder altyd waarvoor hulle hom nog alles voor gaan gebruik.

Die mense met nog bietjie meer status het `n motorfiets met ingeboude karretjie, meestal Hawaras of Chukchuks uit die Ooste.  Hulle het selfs `n trurat. Om tien tot vyftien mense op so `n Motorfiets-karretjie te sien is nie snaak is nie. Wat wel vreemd is, is dat die bestuurders selde meer as tien jaar oud is, maar die ma sit mos agterop.  Die ma bestuur net die huis, nie die voertuie nie, selfs nie `n donkie nie.  Gelukkig is die jaagduiwels daar maar min gesaai.  Die motors en die 4×4 voertuie is daar ook `n paar van.  Daar is wel een of twee Piete wat jaagduiwels is, maar hulle staan uit soos seer  duime.  By hulle bestuurders kan jy selfs `n les of twee leer, veral as dit by die hoë sanduine kom, net suid van Siwa.

Die pas van lewe is by Siwa onsettend stadig. Wanneer mens enige tyd van die dag net by die fontein van Cleopatra gaan kyk, swem, of net ietsie langaan drink, speel daar tonele voor jou oë af wat onwerklik, meer onverwags is, maar `n donkie is meestal deel daarvan.  Ja, as jy dieper in hulle lewe ingaan, kom jy agter hulle ongelooflik bygelowig oor elke twee ding, ons wei later daaroor uit…

Die sogenaamde “evil eye” wat jy in baie Oosterse lande ook kry is ander hier. In Turkye het die slegte oog die betekenis van om die kwaad weg te keer met `n oog, maar hier is dele van diere, veral die kopbene wat gebruik word.  So is daar `n donkiekop opgemaak soos `n voëlverskrikker wat ek gereken het, is eintlik maar `n aardigheid wat toeriste na die drink- en eetplek van Mohsen lok, totdat jy oplees dit hou die kwaad weg. Daar het baie vreemde goed al hier in Siwa gebeur wat ons later oor vertel.

Ons vertel ook later oor die labarint of die doolhof van Siwa…

Avatar of Fanie

by Fanie

Die bom (1)

February 19, 2013 in Uncategorized

Op 20 Mei 1983 gesels Fanjan met die polisiemanne op die Amsterdam-basis wat so half in die dorp geleë is, nou nie in Nederland nie, vir ingeval jy so vra.  Die boodskap kom toe deur dat daar `n groot bomontploffing in Kerkstraat in Pretoria was.  Die hele land was in rep en roer, baie mense dood of vermink.  Daar was toe `n buzz wat by al die grensbasisse plaasgevind het.  Niemand het nog geweet wat regtig aangaan nie, maar iets vreemd was aan die gebeur.

By elke polisiegrensbasis gebeur daar vreemde goed wat waarskynlik nooit vertel is nie.  Fanjan moes hierdie manne bearbei soos hy aangaan, maar die situasie op elke basis raak elke keer meer kompleks en ruk ent-ent hand uit.  Hoofkantoor was nie eintlik bewus van wat hier aangaan nie.  So het elke basis `n storie gehad om te vertel wat mens amper nie kan oorvertel nie, maar dit moet tog uit, een vir een moet ons dit uithaal.  Noudat die grootbase niks meer aan ons kan doen nie.  Hulle is hoeka ook nie meer vandag in beheer of selfs meer met ons nie.

Elke kamp het sy karakters gehad wat gehelp het om die polisiemanne se drie maande van grensdiens makliker te maak; party grapmakers, party ernstige manne, ander wispelturig.  Na die drie maande was party boesemvriende, ander wou mekaar nooit weer sien nie.  Hulle loop so twee-twee of drie-drie saam, die hele tyd.  Ruil dag- en nagskofte uit om saam te werk of nie saam te werk nie.

So wrintiewaar omtrent al dertig jaar voor Fanjan kans gesien het om dit te verwoord.  Maar uit moet dit seker uit, al word die derms effens gewurg. Die idee van dertig jaar was glad nie in gedagte met die beplanning van hierdie skrywe nie, later wel.  Sekere ander insidente kon onbewustelik daartoe aanleiding gegee het.  Rare gebeutenisse het die naby-familie getref en niemand kon onaangeraak bly nie.  Die lees van die novelles van Frans-Algierse nobelpryswenner, Albert Camus, was seker die grootste inspirasie vir die neerskrywe van hierdie geheuedruppels. Na elke hoofstuk se lees van “Die Buitestaander” of “Die Pes” het die grensverhale in die geheue weer na vore gekom asof dit gister was, sonder dat daar enige noemenswaardige ooreenkoms was.  Die inspirasie van Camus is hier onbeperk.

Die eerste deel van die memoirs vertel net van die rustige en soms vervelige dae op die binnelandse polisiegrense voor die bomontploffing in Pretoria, terwyl die tweede deel eintlik probeer verwoord wat daarna op die grensbasisse gebeur het, nadat die bom afgegaan het en almal se lewens verander het, na watter kant toe ookal.  Dit bly steeds maar `n subjektiewe belewing daarvan en poog ons nie om enige historiese kronologie of regstelling te maak nie.

Gedurende die jare 1981 en 1982 het al die NG Kerk teologiese skole in die land ongekende groot getalle tokkelokke opgelewer.  Daar was bespiegel dat dit die uitvloeisel was van die Jeug-tot-Jeug-Aksie wat tydens 1974 die hele land vol getoer het.  Fanjan beland ook toe so binne hierdie beginnergroepe admissie-studente van 1975.

Na legitimasie as predikante is niemand verskoon nie, almal moes oorlog toe, al was dit na sewe jaar se volgehoue studie. As jy nie sou opdaag by Voortrekkerhoogte nie, sou hulle jou kom uithaal, vertel die kapelaan-generaal van die weermag toe aan al die aspirant-predikante, by die verskillende kweekskole.  Omdat die twee groepe so groot was, kon die weermag nie al die nuwe predikante ten volle benut nie.  So was van die 1982- en 1983-groep proponente oorgeplaas na die polisie-geledere om daar diens te doen as deel van hulle twee dienspligjare wat net die blankes moes doen.

Fanjan word toe so na die polisie oorgeplaas as gevolg van sy sportbetrokkenheid, waarskynlik sonder dat die weermag dit opgeteken het.  Hy was al besig met sy bosopleiding in Maleoskop saam met al die ander polisiemanne, toe daag die weermag ewe by sy skoonouers op om hom te kom haal vir sy kamstige wetsoortreding van ontduiking van verpligte witdiensplig.  Dit het sweet gekos van sy skoonouers op `n plaas in Noord-Kaap om te verduidelik dat hy lankal daar by die polisiekollege aangekom het.

Saam met al die jong polisiemanne moes Fanjan vir ses weke die polisiewette leer by die polisiekollege, leer dril, skiet, bed opmaak en skoene spoeg tot hulle blink en nog heelwat ander goed wat vir hom óf onnodig óf oordadig was.  Om van die gevloek en geskellery van die sersante en al die ouens met die pips op hulle skouers nie eers te praat nie.  Dit het vir die meeste predikante gevoel of hulle `n nuwe taal moes aanleer waarvan hulle nog net gehoor het.  Hulle het almal `n nuwe wêreld moes betree, van die heilige kweekskool tot by die sogenaamde grassroots.  Nogal `n aanpassing, vir party meer as vir ander.  Vir die manne wat in pastorië grootgemaak is, was die skudding groter, ander wat vanuit spoorweghuise gekom het was dit effens makliker, soos die uwe.

Ses weke bosopleiding daarna in Maleoskop, naby Groblersdal, was vermeng saam met al die ander polisiemanne.  Daar het hulle van die bosoorlog en die stedelike terreur geleer tot dit by almal se ore uitgepeul het.  Omdat Maleoskop in `n plaasomgewing geleë was, was die leer daarvan in die veld eintlik `n aangename ervaring en baie vrugbare kontak gemaak met die gewone polisiemanne van die polisiestasies.  Maleoskop was `n mooi plaas met heelwat wilde diere, jakkalse en hyenas, wat ons ook daar in die nagte kon hoor.  Eintlik was dit ongelooflik om al die vreemde items van die oorlog en veral stedelike terreur in die bosomgewing te vind.

Die kapelaan-generaal van die polisie het van die begin gepraat dat Fanjan by die polisiekollege na basiese opleining moes aanbly oorlat hy met die sport ook doenig was.  Na drie maande se opleiding by die polisiekollege en in die bos, is daar besluit dat `n ander predikant daar by polisiekollege sou doenig wees vir die tweejaar tydperk.  Fanjan moes reeds van die eerste week in Mei 1983 grenstoe gaan sodat hulle kon tyd kry om te besluit waar hy moet op eindig.  Mei 1983 was die maand van die bomontploffing in Pretoria.  In daardie tyd het die weermag in Owamboland geveg, terwyl die polisie die Suid-Afrikaanse grense bewaak het.  Daar was toe nog die heeltyd bespiegel wanneer die eerste bom of landmyn in die land Suid-Afrika afgetrap sou word. Dit sou dan kwansuis teen die grense van Mosambiek, Swaziland, Zimbabwe of Botswana kon wees.

Die polisie het hierdie grense gepatroleer soos hulle dit in die stede en platteand gedoen het, selfs in die Nasionale Krugerwiltuin. Die binnelandse grense was verdeel in die Oos- of Wesgrense.  Die Oosgrens het die gebied teen Mosambiek, Swaziland en `n suidoostelike gedeelte van Zimbabwe uitgemaak.  Die Wesgres het hoofsaaklik die grenslyne van Botswana bewaak tot by die suidwestelike deel van die Zimbabwe-grens.  So die het al die dienspligkapelane in die polisie vir ten minste `n maand in die Oos- of Wesgrens vertoef.  Hulle het so twee of drie dae op `n basis aangebly en dan voortbeweeg na die volgende grensbasis soos benodig.  Daar was tegelyke tyd een kapelaan wat op die Oosgrens en een wat op die Wesgrens beweeg het en die polisiemanne bearbei het.

Direk na die basiese opleiding is Fanjan `n polisiemotor verskaf om die polisiemanne op die Oosgrens te bedien gedurende Mei 1983.  So het hy beweeg hy tussen die grensbasisse soos Muzi, Manguzi, Ndumu en Oshoek wat almal of aan Mosambiek of aan Swaziland grens sowel as die basise diep in die Krugerwildtuin gesetel was.

Die eerste deel is diens gedoen voor die bom en die res na die bomontploffing in Mei 1983.

Tot volgende keer…

Avatar of Fanie

by Fanie

Hello world!

November 24, 2012 in Uncategorized

Welcome to 24.com Blog Sites. This is your first post. Edit or delete it, then start blogging!