sonder leisels
November 21, 2012 in Uncategorized
Is dit hoe dit moet voel? Is die rou snukke wat deur my lyf gaan, wat my onbedaarlik laat inmekaar stort… is dit hoe dit moet voel?
Is die intense polse wat deur my pynende hart gaan, hoe dit moet voel? Se my…is dit hoe dit moet voel?
Is dit hoe dit voel om iemand so ongelooflik lief te he? So onvoorwaardelik, so met elke asem, so met elke hartklop?
Ek weet nie. Ek weet nie hoe om lief te he nie.
Niemand het my nog ooit gewys nie. Niemand het my nog ooit geleer nie. Ek het geen verwysingsraamwerk nie. Geen handboek. Geen voetnotas. Geen bronne.
So vergeef my as ek net ‘n oomblik neem om oorweldig te voel. Vergeef my as my emosies onbeheersd my beheer…

Recent Comments