Profile photo of duand

by

Werkloosheid in SA

August 8, 2011 in Uncategorized

Collins Chabane, minister vir prestasiemonitering en evaluering in die presidensie, het die afgelope naweek op ’n kongres gesê dat ongeveer ses miljoen jeugdiges in Suid-Afrika sonder werk sit.

Dit is 70% van die jeug van die land.

Hy het dié tekort aan werk toegeskryf aan ’n skoolstelsel wat nie vir die jeug die nodige vaardighede leer om werk te kry nie, ’n ontoereikende gesondheidsdiens wat toelaat dat jeugdiges steeds die slagoffers van MIV/vigs word en jeugdiges wat die slagoffers van misdaad is.

Waar dink jy lê die groot probleem, en hoe kan dit opgelos word?

Gesels saam in die kommentaarvenster hieronder, of stuur ‘n brief vir publikasie aan terugvoer@nuus24.com.

3 responses to Werkloosheid in SA

  1. Stem saam met Chabane: die probleem lê by ‘n ontoereikende skoolstelsel respektiewelik opvoedingsisteem, welke verander moet word. Natuurlik kos dit geld om so ‘n sisteem te herstruktureer – maar dis die toekoms werd om in opvoeding te investeer deur te herstruktureer. Leerders en jong mense moet meer vir die werksmark “vermiddelbaar” gemaak word (wat tans nie die geval is); vir ‘n lewe na skool. Die sisteem moet buite die karton dink – ‘n paradigmewissel moet plaasvind. Eerstens, waarom nie praktyksorienteerde module in leerplanne inbou nie. Waarom nie ‘n moduul van drie maande praktykswerk in ‘n firma doen nie (waar die firma ook verplig is om die praktikant aan te neem en aan te leer)? Dit gee die leerder die kans om werkservaring te sammel en iets oor die werkslewe te leer terwyl die firma ook nut daarvan het om kleiner werksopgawes aan leerlinge af te gee. Hierdie verskynsle ken ek ook van Europa, waar leerders in die firma vir drie maande werk en werksrelevante ervaring kry (en ek praat nie van ‘n holiday job waar die leerlinge uitgebuit word nie) – miskien kry die leerling nog ietsie op die sy maar die hoofsaak is dat beide parteie terselfdetyd daarvan profiteer. Dis ‘n ideale konsep vir Graad 10 tot 12 leerders of vir praktiesorienteerde leerders of vir diegene wat nie op universiteit wil studeer maar direk wil gaan werk en waar hulle bereids met ietwat ervaring op die mark kom (hoeveel matrikulante sit vandag sonder werk omdat hulle nie genoeg praktiese “ervaring” het nie?!!) – ‘n skande eintlik vir die jeug. Sodoende begin hulle nie alreeds met ‘n nadeel op die werkmark nie maar hulle verbeter hul kanse om “vermiddelbaar” te word. ‘n land is net so sterk soos sy opvoeding en jeug. En as die jeug bereids met ‘n nadeel begin, dan is dit geen wonder dat die werkloosheid (en gepaardgaande kriminaliteit) so hoog is. Natuurlik moet geld uitgegee word – maar nie aan die verkeerde plekke nie. Ons MOET in opvoeding investeer – dis die toekoms – en die toekoms word nie goedkoper nie. Tweedens, meer geld moet beskikbaar gestel word vir kinder-opvoeding (créches, laerskole ens.) – dis die wortels van kwalitatiewe goeie opvoeding – geld vir die opleiding en verdere opleiding van onderwysers sodar hulle ook die nodige vaardighede en kwalifikasies besit om ons kinders ‘n kwalitatiewe en kwantitatiewe opvoeding te kan waarborg. Ongelukkig is te veel laerskool onderwysers net onderwyser “by default” (wat per se nie verkeerd of sleg is nie, maar ook hulle moet verder opgelei word om sodoende kwaliteit aan die kinders aan te gee). Punt is: wanneer die begin van ‘n kind se opvoeding verkeerd is respektiewelik nie kwalitatief goed is nie, bestee ‘n mens meer tyd en geld om dit wat verkeerd is, later te korrigeer – en dis vir my dán ‘n verkwissing van goeie geld (welke ‘n mens bereids aan die begin kon vermy het).

  2. Lees vandag, dat die werkloosheid onder jeug in Duitsland 9.1 persent is = 430 000 (en dit vir ‘n land met 82 miljoen mense), in vergelyking met SA met 49.9 miljon mense en ‘n werkloosheidssyfer van 70 persent (!). In Holland is dit 7.1 en in Oosteryk 8.2. Die EU gemiddelde is 20.3 persent met net Spanje as die land met die hoogste jeugwerkloosheid, met 45.7 persent. Dis tog syfers waarvan ‘n land soos SA net kan “droom”. Maar die punt is: wat maak ander lande anders as SA? Hulle het klaar strukture eerstens, wat opvoeding algemeen anbelang – kyk my bydrae hierbo – en tweedens, hulle het klaar strukture wat die vermiddelbaarheid van jong mense beter fasiliteer (soos bv. verskeidene skool opsies, of die dual-sisteem soos in Duitsland waar jong mense terselfdetyd kan werk en “studeer”). Waarom kan ons nie ‘n dual-sisteem skaf nie – dis mos ‘n wonderlike idee, of hoe? Dit kos geen geld nie, net investisiekoste wat die instelling van ordentlik en deurdagte strukture aangaan. Sodoende kry ‘n jong mens nie net werk nie maar hy kwalifiseer homself terselfdetyd. Natuurlik kan so ‘n dual-sisteem net werk wanneer die regtelike- of werksraamwerke ook daar is, welke raamwerke die firmas moet verplig om sulke dual-werkskontrakte met jong mense te sluit respektiewelik, dat ‘n firma ten minste ‘n kwota aan sulke kontrakte voorlê as bewys daarvoor dat hule die geskepte raamwerke i.v.m. die dual-sisteem volg en respekteer. So kan jeug werkloosheid wesentlik verringer word, die jong mense het weer beroepsperspektiewe, die firma baat daarvan (hulle kan van “goedkoper” werk profiteer, moet daarvoor ook iets aan die jong mense gee naamlik werk en ‘n kwota sal ook verhinder dat firmas dán net “goedkoper” jong mense aanstel en ouer en werknemers met ervaring huis toe stuur omdat hulle, in vergelyking met jonger mense, duurder is).

  3. (==== http://www.proxy4biz.com
    top Nike air Jordan shoes33$,Air Force 1 33$, Nike dunks SB shoe,Nike Shox shoe. Wholesale Cheap Nike shoes with discount jersey, High quality T-shirts,ED hardy t-shirts,ED Hardy hoodies,ED hardy shoes,ED hardy Jeans,Evisu shoes,GUCCI shoes,LV Handbag,Chanel Handbag

    Nike shox(R4,NZ,OZ,TL1,TL2,TL3) $35

    Handbags(Coach lv fendi d&g) $35

    Tshirts (Polo ,ed hardy,lacoste) $13

    Jean(True Religion,ed hardy,coogi) $30

    Sunglasses(Oakey,coach,gucci,Armaini) $15
    N
    ew era cap $16)
    ==== http://www.proxy4biz.com ====

    ==== http://www.proxy4biz.com ====

    ==== http://www.proxy4biz.com ====

    Bikini (Ed hardy,polo) $18

    ==== http://www.proxy4biz.com ====

    online shoping ! welcome to ((( http://www.proxy4biz.com )))

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>