Nuwejaar 2013 – Hoe doen ek dit???

December 31, 2012 in General

Ons is alweer op die vooraand van ‘n afsluiting en ‘n openings rede.

Dit is die einde van nog ‘n jaar, 2012 om presies te wees. Hier is ons om die ou jaar uit te gaan en die nuwe tegemoet te loop. Orals waar ek kyk sien ek mense wat ander voorspoed vir die nuwe een toewens.

Vir almal wat na 2 Januarie 2012 gebore is, sal dit ‘n eerste keer wees wat jy ‘n nuwejaar ingaan en deel van die vieringe uitmaak. Wat ‘n wonderlike gevoel om te weet jy het dit gemaak tot by die eerste nuwe jaar. Ek moet eers bieg dat ek as kind, voor ek skool toe gegaan het ,vreeslik gewonder wat gebeur aan die einde van die kalender wanneer 31 Desember bereik word. Hoe, waar en wanneer begin mens dan weer bo-aan die volgende kalender. Was mos nog klein en het nie geweet dat aan die einde van die dag op oujaar dat die volgende dag maar net die eerste dag van die nuwe kalender is nie. Ek het in my onkunde gewonder of mens dan nou, soos met slangetjies en leertjies,  agteruit moet beweeg om weer by blokkie nr 1 te kom. Maar, het ek gewonder, neem dit dan weer so lank soos die jaar wat nou net verby is? Ook maar dom gewees of was ek maar net oningelig.

Vanaand gaan daar orals om die aarde partytjies gehou word om die nuwe jaar in te lei en te verwelkom. Mense sal “mal” te kere gaan, net om die 2de Januarie baie jammer vir hulleself te voel. Dan summier te verklaar dat hulle NOOIT weer so baie gaan drink nie. Baie gaan ruiterlik erken dat as hulle geweet het dat hulle so dors op die 2de sou wees dan het hulle dalk nog meer gedrink.

Dan is daar die 2012 matrikulante wat sit en naels kou. Alhoewel dit nuwe jaar is, gaan meeste van hulle dit nie geniet nie. Die onsekerheid loop hoogety met die uitslae wat eers oor twee dae bekend sal wees. Daar is wel van hulle wat seker is dat hulle met ‘n matriek sertifikaat sal kan spog, maar dan is daar diegene wat so-by-so ‘n dunnerige broek sal moet aantrek om deur te kan skuur. Nietemin, fees gaan daar gevier word.

Maar met al die vreugdevure is daar ongelukkig ook die hartseer. Daar is van die feesgangers wat 2013 sal ingaan en ongelukkig nie die res van die jaar daar wees om verder te deel nie. Die mens is mos nou maar eenmaal so ‘n spesie wat, sodra jy hom waarsku, eenvoudig nie gehoor gee nie en dan die prys betaal. Hoeveel mense gaan op oujaarsaand erne heen om te paartie hou om dan net in die koerant terug te kom, hartseer maar tog so waar. Kyk ek in die media, dan blyk dit dat 2012 se feesgety die jaar van verdinkings is.

Wanneer daar hierna deur familie en vriende by ‘n oop graf gestaan word, word die vraag gevra: “Was dit rerig nodig?” of selfs woorde soos: “Ai so jonk en onskuldig gewees!” en moenie die bekendste een vergeet nie: “Ek het hulle gewaarsku!!!”

So kom daar by my ‘n ander baie interessante vraag op. Moet iemand te sterwe kom om “verloor” te word? Ek kom tot die skok besef dat iemand nie noodwendig “sy asem hoef uit te blaas” om dood te gaan nie. Ek besef dat, vele mense wat aan siektes soos Alzheimers ly, eintlik “dood” en “verlore” is. Alhoewel daar nog ‘n asem in die lyf is, is die brein nie meer by nie. Daar is lig, maar niemand is tuis nie. Hartseer is dit sekerlik baie meer as jy familie of naby vriende het wat in hierdie kategorie val. Hulle is daar, hulle haal asem, maar hulle lewe nie rerig meer nie.

Hoe verwerk mens sulke tragiese gebeure as jy weet hoe daardie persoon eens op ‘n tyd was, teenoor nou met sulke hindernisse in die lewe. Die een oomblik brand die lig en daar is iemand tuis, dan brand die lig en niemand is tuis nie om nie te vergeet nie dat daar by tye geen lig is nie maar daar is iemand tuis.

Die groot hartseer is wanneer so ‘n persoon saam met jou iets Nuwe Jaar vier maar die volgende dag niks kan onthou wat gebeur het nie. Aan die ligter kant van dit is dat jy net een grappie hoef te ken want diesulke mense lag elke slag as jy hierdie grappie vertel asof dit die eerste keer is dat hulle dit hoor. Dit is die hartseer deel daarvan. Dit raak ook stelselmatig moeiliker om met so ‘n persoon te kommunikeer aangesien woordeskat ook sneuwel. Die groot hartseer is om die gesigsuitdrukkings te sien en nie te weet wat die persoon wil sê nie.

Dit bring my by die vraag of dit regtig feesterlik kan wees indien jy met sulke persone die nuwe jaar moet ingaan. Jy weet inherent dat die gebeure van die oujaarsaand more net ‘n vae herrinnering, indien enige sal wees.

Die ander groepie mense wat eensaam en allen die oujaar moet uitgaan is die oues van dae wat eenkant toe gestoot is deur familie en vriende. Die ouma en oupa wat nie meer welkom aan tafel is nie want hulle vals tande maak snaakse geluide as hulle eet of hulle dalk kliphard aan tafel poep of winde breek. Nee sies mens skaam jou vir hulle. Wie van die feesgangers dink op die oujaarsaand paartie aan enige van hierdie mense. Wie het hulle skuldig gemaak daaraan om vir ouma of oupa wat in die ouetehuis bly te belowe hulle gaan opgetel word om die oujaar saam deur te maak en dan sommer net so gelos word. Weet mense dalk dat dit die laaste keer kan wees wat daardie oupa of ouma ‘n jaareinde gaan meemaak.

Vir almal van julle wat die jaar op ‘n hoë noot uitgaan, dink aan al die ander wat dit nie kan meemaak nie en hou matigheid voor oë…

Happy New Jaar 2013

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>