Nuwejaar 2013 – Hoe doen ek dit???

December 31, 2012 in General

Ons is alweer op die vooraand van ‘n afsluiting en ‘n openings rede.

Dit is die einde van nog ‘n jaar, 2012 om presies te wees. Hier is ons om die ou jaar uit te gaan en die nuwe tegemoet te loop. Orals waar ek kyk sien ek mense wat ander voorspoed vir die nuwe een toewens.

Vir almal wat na 2 Januarie 2012 gebore is, sal dit ‘n eerste keer wees wat jy ‘n nuwejaar ingaan en deel van die vieringe uitmaak. Wat ‘n wonderlike gevoel om te weet jy het dit gemaak tot by die eerste nuwe jaar. Ek moet eers bieg dat ek as kind, voor ek skool toe gegaan het ,vreeslik gewonder wat gebeur aan die einde van die kalender wanneer 31 Desember bereik word. Hoe, waar en wanneer begin mens dan weer bo-aan die volgende kalender. Was mos nog klein en het nie geweet dat aan die einde van die dag op oujaar dat die volgende dag maar net die eerste dag van die nuwe kalender is nie. Ek het in my onkunde gewonder of mens dan nou, soos met slangetjies en leertjies,  agteruit moet beweeg om weer by blokkie nr 1 te kom. Maar, het ek gewonder, neem dit dan weer so lank soos die jaar wat nou net verby is? Ook maar dom gewees of was ek maar net oningelig.

Vanaand gaan daar orals om die aarde partytjies gehou word om die nuwe jaar in te lei en te verwelkom. Mense sal “mal” te kere gaan, net om die 2de Januarie baie jammer vir hulleself te voel. Dan summier te verklaar dat hulle NOOIT weer so baie gaan drink nie. Baie gaan ruiterlik erken dat as hulle geweet het dat hulle so dors op die 2de sou wees dan het hulle dalk nog meer gedrink.

Dan is daar die 2012 matrikulante wat sit en naels kou. Alhoewel dit nuwe jaar is, gaan meeste van hulle dit nie geniet nie. Die onsekerheid loop hoogety met die uitslae wat eers oor twee dae bekend sal wees. Daar is wel van hulle wat seker is dat hulle met ‘n matriek sertifikaat sal kan spog, maar dan is daar diegene wat so-by-so ‘n dunnerige broek sal moet aantrek om deur te kan skuur. Nietemin, fees gaan daar gevier word.

Maar met al die vreugdevure is daar ongelukkig ook die hartseer. Daar is van die feesgangers wat 2013 sal ingaan en ongelukkig nie die res van die jaar daar wees om verder te deel nie. Die mens is mos nou maar eenmaal so ‘n spesie wat, sodra jy hom waarsku, eenvoudig nie gehoor gee nie en dan die prys betaal. Hoeveel mense gaan op oujaarsaand erne heen om te paartie hou om dan net in die koerant terug te kom, hartseer maar tog so waar. Kyk ek in die media, dan blyk dit dat 2012 se feesgety die jaar van verdinkings is.

Wanneer daar hierna deur familie en vriende by ‘n oop graf gestaan word, word die vraag gevra: “Was dit rerig nodig?” of selfs woorde soos: “Ai so jonk en onskuldig gewees!” en moenie die bekendste een vergeet nie: “Ek het hulle gewaarsku!!!”

So kom daar by my ‘n ander baie interessante vraag op. Moet iemand te sterwe kom om “verloor” te word? Ek kom tot die skok besef dat iemand nie noodwendig “sy asem hoef uit te blaas” om dood te gaan nie. Ek besef dat, vele mense wat aan siektes soos Alzheimers ly, eintlik “dood” en “verlore” is. Alhoewel daar nog ‘n asem in die lyf is, is die brein nie meer by nie. Daar is lig, maar niemand is tuis nie. Hartseer is dit sekerlik baie meer as jy familie of naby vriende het wat in hierdie kategorie val. Hulle is daar, hulle haal asem, maar hulle lewe nie rerig meer nie.

Hoe verwerk mens sulke tragiese gebeure as jy weet hoe daardie persoon eens op ‘n tyd was, teenoor nou met sulke hindernisse in die lewe. Die een oomblik brand die lig en daar is iemand tuis, dan brand die lig en niemand is tuis nie om nie te vergeet nie dat daar by tye geen lig is nie maar daar is iemand tuis.

Die groot hartseer is wanneer so ‘n persoon saam met jou iets Nuwe Jaar vier maar die volgende dag niks kan onthou wat gebeur het nie. Aan die ligter kant van dit is dat jy net een grappie hoef te ken want diesulke mense lag elke slag as jy hierdie grappie vertel asof dit die eerste keer is dat hulle dit hoor. Dit is die hartseer deel daarvan. Dit raak ook stelselmatig moeiliker om met so ‘n persoon te kommunikeer aangesien woordeskat ook sneuwel. Die groot hartseer is om die gesigsuitdrukkings te sien en nie te weet wat die persoon wil sê nie.

Dit bring my by die vraag of dit regtig feesterlik kan wees indien jy met sulke persone die nuwe jaar moet ingaan. Jy weet inherent dat die gebeure van die oujaarsaand more net ‘n vae herrinnering, indien enige sal wees.

Die ander groepie mense wat eensaam en allen die oujaar moet uitgaan is die oues van dae wat eenkant toe gestoot is deur familie en vriende. Die ouma en oupa wat nie meer welkom aan tafel is nie want hulle vals tande maak snaakse geluide as hulle eet of hulle dalk kliphard aan tafel poep of winde breek. Nee sies mens skaam jou vir hulle. Wie van die feesgangers dink op die oujaarsaand paartie aan enige van hierdie mense. Wie het hulle skuldig gemaak daaraan om vir ouma of oupa wat in die ouetehuis bly te belowe hulle gaan opgetel word om die oujaar saam deur te maak en dan sommer net so gelos word. Weet mense dalk dat dit die laaste keer kan wees wat daardie oupa of ouma ‘n jaareinde gaan meemaak.

Vir almal van julle wat die jaar op ‘n hoë noot uitgaan, dink aan al die ander wat dit nie kan meemaak nie en hou matigheid voor oë…

Happy New Jaar 2013

Doepie de Korte kuier in die Mall

December 28, 2012 in Tongue-in-Cheek

Ek was vandag nogeens in die groot Mall hier in ons dorp. Partykeer wonder of ek in ‘n wêreld vol reuse lewe. Want oral waar ek heen beweeg is daar net sulke vreeslike groot mense en diere.

Laat ek my voorstel. Ek heet Duppie de Korte en ek is drie jaa roud. Ek is net twee bakstene en‘n munststuk hoog of sê mens lank. Ek is nog in diegroei stadium” van my lewe en sal hopenlik een dag ook solank word soos omtrent al die ander grootmense of is dit reuse. Op hierdie stadium lewe ek maar voort in ‘n reuse wêreld.

Dit is dae soos vandag wat ek graag plekke met my Ma wil omruil. “Hoekom”, sou jy my dalk vra, “dis mos lekker om ‘n kind te wees. Jy het mos geen probleme of stres nie”.

Wel, laat ek jou so bietjie inlig rondom my huidige situasie. Ek is nog nie ‘n meter hoog nie so kom dan daal jy wat grootmens is af na my hoogte toe. Kom sit hier neffens my op die grond. Dan is ons omtrent ewe groot of hoog. Kom, kom sit… Daar’s hy.

Nou kyk bietjie om jou heen en vertel my wat jy sien. Kom dat ek jou so bietjie help om dit neer te pen.

 Ek sien hier langs ons ‘n paar vuil skurwe voete met toonnaels wat smag na ‘n bietjie aandag. Ek is oortuig dat as hul eienaar net die naellak wat nog nie afgeskilfer het nie afhaal, sal hulle klaar beter lyk. Die paar plakkies is ook nie ver van weggooi status nie. Kyk, sien jy die skurwe hakke aan die paar voete wat daar anderkant staan. Sjoe die krake in die hakke is amper so diep soos die leivore in ons dorp en dan is hulle nie eens in enigiets wat soos skoeisel lyk nie. Ai en jy sal seker genoeg vullis onder die naels kan uitkrap om die asblik by die huis byna te vul. Kan jy dit sien daar waar jy tot op my vlak gedaal het?

Nou draai bietjie om en kyk agter ons. Wat sien jy? Is dit nie ‘n pragtige gesiggie wat daar op die skouers van die babatjie in die stootwaentjie pryk nie? Kyk hoe vriendelik glimlag sy. Ek is oortuig dat sy nie lank gelede hier aangekom het nie. Sy is nog te ontspanne en vriendelik daarvoor. Wag nog net so ‘n tydjie dan sal jy sien hoe haar gemoed verander.

Nou my liewe maatjie hier op die grond saam met my, wat dink jy van die klere wat die mense dra? Wat bedoel ek? O, jy sien nie veel nie. Maar wat sien jy? Ek verstaan, ja, jy sien eintlik net die broekspype of die roksome as dit nie knie knoppe is nie. Die enigste klere wat jy werklik sien is die ander kinders, dwergies of babas in stootkarretjies. Nou sien jy, my maatjie hier op grondvlak, ons kort mensies sien nie rêrig baie opwindende dinge raak nie. Ons lewens is maar bietjie valerig hier vanuit die onderste gestoeltes. Nou, aangesien ons dan nie ‘n vreeslike opwindende dag hier beleef nie, kom ons gaan kyk of die winkels iets beter aanbied.

Dit is hier waar ek redelik onopsigtelik saam met my nuutgevonde maatjie wegsluip om die res van die Mall te gaan verken. Ons eerste stop is die supermark met al sy mooi liggies en baie rakke. Ons baan ons weg na die rak waar al die lekkergoed uitgestal word. Dis net hier waar die groot ontnugtering my en ook my nuwe maatjie tref. Moenie vergeet dat my maatjie eintlik ‘n grootmens is nie, maar nou op sy agterstewe op die grond sit sodat hy die lewe naby grondvlak kan meemaak. So sit hy dan langs my en verwonder hom aan die mooi lekkergoed wat so pragtig en met groot sorg deur die personeel uitgepak is. Wel hy probeer ook om die mooistes raak te sien toe ons naby die rak kom. Hier waar ons nou sit/staan sien ons net pakkies lekkers wat nie so kleurvol is soos daardie wat ons van ver af gesien het nie. Is dit alweer ‘n geval van waar die mooi uitstallings net vir die grootmense se voordeel gepak is?

Goed, ons besluit toe maar om na die koelkaste te gaan en daar te gaan kyk. So gesê, stap ek en my maatjie na die koelkaste toe. Ai ek met my twee baksteen lengte, moet ook soveel meer tree gee as die grootmense. Daar aangekom, wat dink jy kry ons te sien… Die wit sykante van die koelkaste. Niks van die aanloklike roomyse en goeters nie.

Terwyl ons nog so staan en wonder waarheen ons nou kan loop om te gaan kyk waaroor almal by die huis so oor kan uitwei en vreeslik gesels oor wat hulle by die mall gesien het, kom daar ‘n man en hy kyk ons vreeslik snaaks aan. Moenie vergeet nie, ek is net twee bakstene en ‘n bietjie groot en my maatjie wat ‘n grootmens is, sit langs my op die grond. Hy vra toe so met ‘n frons op sy gesig wat my naam is. “Duppie de Korte”, antwoord ewe kordaat. Sy frons verdiep en hy kyk my maatjie bietjie snaaks aan, so al asof hy nie mooi kan verstaan wat maak die grootmens dan op die vloer nie. Op daardie oomblik verskyn my ma om die hoek van die koelkas en ek kry sommer dadelik daardie gevoel dat ek nou in die moeilikheid is. Langs haar staan ‘n vrou en sy lyk vir my eerder erg bekommerd as kwaad. Hierdie vrou kom dadelik na my maatjie geloop en neem sy hande om hom op sy voete te help. Ek merk dat sy trane in haar oë het. Ek vra toe hoekom sy dan so hartseer is. Sy kyk my aan en sit haar hand op my kop en sê: “Ai my kindjie, ek is so bly dat jy saam met Francois is en dat julle nie weg is nie”. Ek is nie seker hoekom sy so iets sê nie. Toe is my ma ook by my en tel my op. In plaas daarvan dat sy met my raas, gee sy my ‘n drukkie. Ek verstaan nie mooi wat aangaan nie. By hierdie tyd het daar al ‘n klomp mense om ons vergader.

Ek sien dat my maatjie saam met sy ma aanstap. My ma begin om vir my te vertel dat die maatjie van my nie ‘n normale man is nie. Hy is siek en kan nie mooi dink of praat nie. Ek wil nog probeer om vir haar te vertel wat ons hier kom maak het, maar sy het my alweer neer gesit, my hand geneem en begin aangestap. Ek moet amper hardloop om by te bly.

Nou wonder ek net of, wanneer sy vanaand vir my pa gaan vertel van alles wat sy vandag gesien het, sy my ook gaan vra wat ek gesien het. Dis dan wanneer ek vir haar wil vertel dat sy net eendag na my hoogte moet daal en sien waarna ek heeltyd moet kyk wanneer ek saam Mall toe kom. Dalk sal sy besef hoe niks lekker dit is om Mall toe te gaan nie, en hoekom ek so moeilik kan raak. Al wat ek tog kan sien is mense se knieë, vuil of onversorgde voete, die onaantreklike dele van winkel rakke en die sykante van koelkaste.

Terloops daar is nog iets wat my grensloos irriteer… Ek haat dit as al wat leef my aan die ore gryp of my wang knyp en verklaar dat ek pragtige ore of wange het. As dit so aangaan is ek oortuig dat ek ‘n kompleks oor myself gaan ontwikkel.

Los hulle uit, ek dink by die tyd besef ek dat ek mooi ore het asook die die pragtigste wange. Ek het sekerlik nie nodig dat almal wat my sien dit moet herhaal nie.

 Al wat ek julle klomp grootmense vra is om aan ons kort mensies te dink wanneer julle so heeldag in winkelsentrums rondloop. Ons kan nie alles wat julle sien uit dieselfde oogmerk waarneem nie. Neem ons situasie in ag en ons sal nie moeilik wees as ons saam met julle gaan nie…

CV’s – Wasted paper or valuable document.

August 23, 2012 in Buz-Talk

Is the CV a waste of paper or is it a valuable document in today’s workplace?

This question has plagued me for some time and I decided to do a bit of research. Now I know that I might get my head bitten off but what I found was quite interesting.

Read the rest of this entry →

BMT or just not RWA?

August 18, 2012 in Commentary

When I have a bit of hindsight re the Olympic games of 2012 and more specifically the South African team, then I have a few serious questions which spring to mind…

Read the rest of this entry →

Vrouedag – 2012

August 9, 2012 in General

Ek is tans in die situasie waar die moeder van die huis in ‘n rolstoel is. Na haar voet-operasie is daar ‘n stywe opdraende voor totdat die wond heeltemal genees het en sy weer op albei bene kan wees.

Dit is dus nou my onbenydenswaardige taak om sekere van die take in die huishouding waar te neem…

Read the rest of this entry →

When does a stupid question deserve a brilliant answer?

July 29, 2012 in Tongue-in-Cheek

Sometimes people tend to ask you a stupid question and when you snap a brilliant (in retrospect) answer you are considered “awful” by some but “awesome” by others. Here are a few of those jewels:

Q: Will you be able to see lions or leopards in the streets of Jo’burg?

A: Depends how much you have been drinking, but yes you will.

Q: I want to walk from Jo’burg to Cape Town. Can I follow the railway line?

A: Yeah sure, it only about 1500 km, remember to take lots of water and beware of the lions and leopards along the way.

Read the rest of this entry →

Wanted – Senior Post in Government….

July 28, 2012 in Tongue-in-Cheek

I have come to the point now where I’m going to change my name to something like Vincent Tshabalala. Why would I do that, I expect would be your first reaction. Well, with a name like that being true “African” I might be able to be employed and fill one of those very senior posts in government, being either nationally or provincially.

Read the rest of this entry →

Namaqualand, oh Namaqualand, who knoweth thine treasures?

July 28, 2012 in Tongue-in-Cheek

Namaqualand, oh Namaqualand, who knoweth thine treasures?

What a question. If you do not know where this region of South Africa is, let me help you. It is an arid piece of the earth spanning the Atlantic Ocean to the West across Garies in the South to Pofadder on the eastern border and up to the Orange River in the North. Vast, arid, barren and “ugly” for most of the year this gem holds a lot of secrets. Still, there is beauty in the harshness of the Namaqualand.

If your address is anywhere in the Namaqualand region of South Africa, you’ll be well aware of the annual transformation of the veld and which climaxes around August/September. Once a year bus loads of visitors, local and international, flock to the region to view this annual phenomenon. The arid landscape is transformed into a lappies-kombers of veld-blomme. However, before arriving you must make a definite paradigm shift in you mind. DO NOT expect ROSES, TULIPS OR GERANIUMS!!!

Read the rest of this entry →

Versoenings-dag

December 16, 2011 in Uncategorized

Sit ek so hier by my selwers en lees die Faceboek bladsye en dan wonder ek net:

Ek lees dat daar van almal verwag word om in die Versoenings proses deel te hê, maar dan kom daar so ‘n wrang smaak in my mond. Ek lees op Nuus24.com dat die parool van Clive Derby-Lewis weereens geweier is.

In die lig van die versoening vra ek dan ‘n paar vrae wat smaak dit vir my, onbeantwoord gelaat word, net omdat dit die maklikste is.

a) Hoe is dit dat ‘n persoon wat 74 jaar oud is, al ledemate verloor het en nog kan verloor agv gangreen, nie eens ‘n vlieg kan raaklsaan in sy toestand nie, nog in die tronk gehou moet word. Dit sonder dat hy die luuksheid het om ‘n ‘m hospitaal behandel te word?

b) Hoe verduidelik jy ‘n persoon soos Shabir Sheik se toestand wat as terminaal siek beskryf word, maar toegelaat word om op vrye voet te wees en dan wanneer daar te veel daaroor gekla word terug tronk toe geneem word net om ‘n paar dae later dodelik siek te wees en mediese behandeling te moet kry. Dit lyk vir my hy is ernstig oor sy terminale toestand en het homself absoluut geforseer om sy laaste dae op aarde aan sy gholf te wy.

c) Hoe is dit dat wanneer die gereg sy gang moet gaan en dit ‘n (gewese) hoë profiel  persoon is, dan skielik so siek word, hy ekstra spesiale mediese behandeling moet kry?

d) ‘n Suid Afrikaanse burger in ‘n Sjinese tronk op die doodsbank sit, dat daar niks vir so ‘n persoon gedoen kan word nie? Of is dit ook ‘n geval van “ons sal nie golwe maak nie want netnou onttrek die Sjinese hul geldelike hulp aan die regering”. Let daarop dat ek die term regering gebruik omdat ek die gevoel kry dat die geldelike hulp boggerol met die land se welvaart te make het.

e) Twee van die Waterkloof 4 word deur Korrektiewe Dienste vir parool aangewys en nou kan hulle nie vrygelaat word nie. Hoe werk dit?

Dan wonder ek wat is die doel van versoenings dag nou eintlik? Of het ons hier maar weer met die “Animal Farm” konsep te make. Almal is gelyk maar sekeres is meer gelyk dan ander.

Dan kom ek tot die slotsom dat ons so ver van versoening af is as wat die Noord en die Suid-pole van mekaar is. Solank daar steeds op kleurgrense gahamer word kan daar nooit samewerking wees nie, en dit my liewe leser, is die rede dat Suid Afrika op die snelweg na vernietiging voort stoom.

The Gullable South African public

December 25, 2010 in Uncategorized

And it was Xmas 2010 and…

… the day is not even done yet and the advertisments on SABC TV already offer 10 to 15% discount on items purchased tomorrow and Monday.

Every year just after Xmas I hear the old cliche: “I’m never going to spend so much money on useless and mindless presents again… Then comes November the next year and… Yes, I spend even more money on more useless presents.

I wonder if everybody stops buying Xmas presents at year end, wait till January and then buy the bargains if this habit of hiklng prices in October for the Xmas rush would stop. Xmas is just one of those events in the course of the year. Don’t forget Valentine’s Day. Then the same rose which normally sells for R10.00 each suddenly gets a price tag of R30.00 each. I ask what is different between the two roses? The chocolates also get heavy price tags before such an event just to be discounted by sometimes more than 100% after the day.

I love my chokkies, but to pay such high prices before Xmas, Valentine’s Day and Easter is just a whole lot of BS. I just wait for the week following these days the I get, sometimes three times the chokkies for the same price as for one before the event. The sad part is, we as the public are gullable, we pay for it just to keep up with the Jones’.

This brings me to these absurd advertisements about saving on purchases. If an item is advertised at a certain price, let say R2995.00. Isn’t that the price the item is offered at? Isn’t that then the price you pay if you accept the offer? Now I ask you, if an item is advertised at that price, how in the remotest sense of the word can one save RX.00 on the purchase? The way I see it is: If an item is advertised at a price e.g. R2995.00 and when you purchase this item the store gives you a percentage discount, then you save. An advertised price is the offer and the fact that you pay that price constitutes NO SAVING at all.

It is about time we as the public start standing up for our rights. I understand that in the near future all items must be priced as in previous years. This shelf pricing is BS. I have had it many times that the advertised price on the shelf is different to that when the item is scanned. This to my mind is fraud on the part of the store.

Another matter which bugs me is the current pricing of items all over. As far as I am aware you cannot pay for an item with a price which does not end in 5c or 0c. This means these prices of R4.99 is illegal. Shops should round off to either 0 ot 5c and not anything else. Great so the shop declares it rounds off on the final total if not on 0 or 5. Let’s take a case. Let us say I buy 5 items each with a price tag of R4.99. If I buy one the price is R4.99 and it gets rounded to R4.95… no problem. Now for 5 items it would be R24.95. So great I get no rounding. But if I paid R4.95 for each item if all prices were rounded I would have to pay R24.75 a saving of 20c. Now let us multiply this by a million customers per day paying 20c more due to the rounding problem we get…..

No rocket science needed…. R200,000 in profit for the store or chain group. Nice I would say… Is this riight?

That’s not the end. Many of the stores do NOT round off on payments amounts when paying by CR/DB card. That gives them another little bit extra which should not be. This problem is very apparent at petrol stations. If you ask for R200.00 and the meter goes to R200.04 and you pay cash, you only pay R200.00, but no siree, use your card and the 04c get added. Is that correct?

It is time we realise that the consumer has the buying power to alter the way the industry nowadays take control. We the man with the cash should be the one to call the terms… not the other way around. The bottom line is easy, we have to show the industry that they are dependable on us and not we on them…