So die lewe gaan aan…

February 7, 2013 in Uncategorized

So die lewe gaan aan.

Was jarelaas op die blog. Moet bieg het nie geweet hoe om weer terug te kom nie, want al my ‘passwords’ ens het ek verloor.

So baie dinge het intussen verander. Een van my susters is op 9/11 2011 oorlede in ‘n ongeluk. Sy was oppad van Jhb na Piet Rietief, toe ‘n bees voor hulle in geloop het. Die paneelwa het omgeslaan en sy het uitgeval, sy is opslag dood. Party mense was geskok, ander kwaad vir die boer se bees, ag sommer ‘n klomp goed het gebeur. Maar tog, wat help dit alles.?

Wie, wat, waar, hoe?…dis verby dit het gebeur. Ek het nie begrafnis toe gegaan nie en my familie was onsteld daaroor. Ek wou nie by ‘n oop graf gaan staan en sien hoe almal huil nie. Ek wou haar net onthou hoe sy was. Haar lag hoor ek steeds in my kop. Liewer dit as die geween van die begrafnisgangers.

My oudste sussie vat die baie erg, tot vandag toe. Maar dis te verstane . Hulle twee het oor ALLES gepraat. Ek is eintlik dankbaar  dat sy opslag heengegaan het. Ek dink nie ons sou dit gemaak het as sy moes ly nie…ag julle weet wat ek bedoel.

Gister was dit my dag  om ‘n ‘dip’ te vang, maar die lewe gaan aan. Al wat my troos is dat ons haar defnitief weer gaan sien. Alhoewel daar mense is wat nie so dink nie. Alles om my het nie net vanself ontstaan nie. Daar is ‘n God. Ek sien dit elkedag raak. Hierdie lewe is ‘n geskenk…hierdie lewe is eintlik die droom, want die ewigheid is oppad…en so…. die lewe gaan aan.

Lekker dag almal

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>