Hemelse heuning

November 19, 2010 in Uncategorized

Blykbaar eet bere nie juis heuning nie.  As ‘n beer by ‘n byekorf gesien word, is hy eerder agter die by-larwes aan as wat hy die heuning probeer bykom.



Bere weet beslis nie wat goed is vir hulle nie.


Heuning is nog ‘n wonder-kos wat in sy natuurlike vorm, super gesond is.

 

Ons praat hier van rou, ongefiltreerde heuning.  Mens kry dit deesdae in baie winkels en enige gesondheidswinkel wat sy sout werd is, sal ‘n paar verskillende tipes rou heuning aanhou.

 

Die gewone (gewoonlik goedkoper) heuning wat supermarkte anhou word gefiltreer en ook deur ‘n pasteurisasie proses gesit, wat beteken dat meeste van die goedheid daarmee heen is.  Dit vloei miskien makliker en versuiker nie, maar wat gesondheid aanbetref, is dit nie veel beter as goue stroop nie.

 

Die filteringsproses verwyder al die bietjies stuifmeel, propolis en prinsesselei wat wel in rou heuning gevind kan word.

 

As jy hoeikoors kry, help dit blykbaar om gereeld rou heuning wat plaaslik versamel is, te eet .  Omdat daar stuifmeel dele in die heuning is, bou jou liggaam natuurlike ‘n immuniteit daarteen op, wat beteken dat jy minder reageer as jy weer direkte kontak daarmee het.

 

Sukkel jy om te slaap?  Heuning is ‘n natuurlike kalmeermiddel en gemeng met ‘n glas melk maak dit ‘n heerlike drankie wat Klaas Vakie na jou kopkussing sal lok.  

 

Wees net versigtig dat jy die melk nie te warm maak nie, want dan vernietig jy al die waardevolle ensiemes en minerale in die heuning.

 

Heuning is ook ‘n natuurlike swamdoder en as jy rou heuning deel maak van jou daaglikse dieet, help dit vir die algemene gesondheid van jou ingewande.

 

Diegene wat sukkel met maagsere kan ook gerus rou heuning eet om te help teen die pynlike kwaal.

 

Die anti-bakeriale eienskappe van heuning het daarvoor gesorg dat heuning eeue reeds deur geneeshere gebruik word, inwendig en uitwendig.

 

Daar word selfs na heuning verwys as die ‘Swiss Army Knife’ van natuurlike medisyne.

 

Dit kan direk op wonde gesmeer word as ‘n anti-bakteriale salf.

 

Vir verkoues en ‘n ge-hoesery, is heuning net so goed.  Meng ‘n teelepel heuning met ‘n teelepel gemmersap vir ‘n baie effektiewe slymafdrywer.

 

As jy sukkel met asthma, maak dieselfde heuning en gemmer-mengsel aan met ‘n kwart teelepel swart peper en drink dit ‘n paar keer deur die dag.

 

Heuning gemeng met kaneel is goed vir ‘n magdom dinge:

 

Gewigverlies:  meng ‘n lepel heuning met ‘n bietjie kaneel in ‘n glas warm water en drink dit in die oggend voor ontbyt en in die aand voor jy gaan slap.


Aknee:  maak ‘n pasta van heuning en kaneelpoeier en water en plak dit op die geaffekteerde areas.  Los dit vir so kwartier en spoel dan af met louwarm water.


Artritis: Meng twee lepels rou heuning met een teelepel kaneelpoeier in ‘n glas warm water.  Drink op ‘n gereelde basis vir die verligting van artritis. 


Haarverlies: meng een teelepel rou heuning met een teelepel kaneelpoeier in so kwart koppie warm olyfolie (nie te warm nie) en smeer dit op jou kopvel.


Kolestrol: maak ‘n lekker tee’tjie aan deur twee lepels rou heuning saam met twee teelepels kaneelpoeier in ‘n koppie warm water te meng.

  

Tandpyn: maak ‘n pasta van kaneelpoeier en rou heuning en sit dit direk op die tand wat pyn.  Die mengsel sal ook help vir ‘n slegte asem.


Maagkwale:  ‘n Mengsel van rou heuning en kaneelpoeier help vir die pyn geassosieer met winderigheid sowel as blaasontsteking.

 

Heuning is ook ‘n baie goeie vogmiddel vir jou vel en kan sommer net so gebruik word as ‘n masker.

 

Meng een teelepel fyngemaalde amandels, ‘n lepel rou heuning en twee lepels hawermout met ‘n bietjie yogurt vir ‘n uitstekende ‘scrub’.

 

Ook vir die hare is heuning goed:  meng ‘n halwe koppie olyfolie met ‘n halwe koppie heuning en werk dit in jou hare in.  Los dit vir ‘n minuut of vyf in, spoel uit en was soos gewoonlik.

 

Daar het julle dit.  Nog ‘n wonderlike geskenk van Moeder Natuur om ons natuutlik mooi en gesond te hou. 

 

So stop daai byeboer-wa as jy hom erens raakloop en vra die boer vir ‘n potjie plaaslike heuning. 

2 responses to Hemelse heuning

  1. Dankie vir ‘n lekker-lees artikel, Gerda!
    Hier is nog ‘n raat:
    Vir puisies: rasper kaneel fyn (regte kanneel – nie kassia nie) en meng met heuning om ‘n pasta te vorm – sit oornag aan puisie. Dit genees van die binnekant af en sal vinniger verdwyn.

  2. Dankie, BaggyOwl! Ek het juis ‘n lekker vet puisie hier op my regter tempel. Wat is kassia??

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>