Is Afrikaanse eBoeke te duur?

October 5, 2012 in Uncategorized

Die meeste van myAfrikaans.com se eBoeke is tot 30% goedkoper as die slapband weergawe.

Volgens dailymail.com kos Jk Rowlings se nuwe boek vir grootmense £9 by Amazon, die boek is afgeprys van £11 af. Die eBoek weergawe word by die selfde webwinkel aangebied teen £11.99.

eBoeke verteenwoordig ongeveer 15% van die boekmark in die Verenigde Koninkryk (VK). Die grootte van die totale boekmark bedrae £26 miljoen vanjaar. Amazon verkoop tot 80% van alle eBoeke wat in die VK verkoop word. Volgens dailymail.com erken uitgewers dat hulle meer as 5% spaar as ‘n titel as ‘n eBoek uitgegee word alhoewel BTW op eBoeke hoër is.

Tom Tivnan van die uitgewer konsultante: The Bookseller, reken ‘n eBoek behoort tussen £2-£3 goedkoper te wees as die gedrukte weergawe. Benedict Evans van die navorsing agentskap Enders Analysis het aan dailymail.com genoem dat eBoeke nie noodwendig goedkoper hoef te wees as harde kopieë nie. Hy is van mening dat die kostestrukture van uitgewers in ‘n groot mate ‘n gegewe is. Die koste om ‘n boek as ‘n finale produk op die mark te kry verskil nie veel as die titel as ‘n eBoek verskyn nie.

Vroeër die maand het die Europese Unie ook bevind dat Apple en vier ander uitgewers EU kompetisie voorskrifte verbreek het, deur die prys van eBoeke regoor die mark te verhoog.  eBoeke is ook kontroversieel in die Verenigde State, waar die Justisie Departement bevind het dat prysvasstelling deur agentskapooreenkomste veroorsaak het dat lesers miljoene dollars teveel vir eBoeke betaal het.

Kliek hier om meer te lees.

 

Hoe vergelyk Afrikaanse eBoeke pryse met slapbandboek pryse?

Die meeste van myAfrikaans.com se eBoeke is tot 30% goedkoper as die slapband weergawe.

Hiervandaan, Dana Snyman

175.00 (slapband) en R125,43 (eboek)

Feniks deur Deon Meyer

R215.00 (slapband) en R158,87 (eboek)

 

Abel se lot deur Chris Karsten

R195.00 (slapband) en R125,43 (eBoek)

Kronkelpaaie: Verhale uit die howe deur Andrew Barlow

September 27, 2012 in Uncategorized

In die nuwe eBoek van Andrew Barlow is daar twee en dertig verhale oor die howe. Hulle het dit in gemeen dat almal ware gebeurtenisse is. Behalwe “Waar is Hy Nou”, “Om `n Perske te Pluk,” “Die Katedraal se Trappe,” en “`n Lamppaal As Galg” het almal in die howe afgespeel – “`n Lamppaal as Galg het wel later in die hof beland toe die betrokke persoon verhoor is. Almal het egter met die regspleging te doen al is dit in die geval van “Om `n Perske te Pluk” bloot omdat die hoofkarakter `n beampte van die hof was. Hy is nou reeds geruime tyd al dood en hy sou nie omgegee het dat die storie vertel word nie – hy kon later daaroor lag.

Kliek hier om meer oor die eBoek te lees!

Kronkelpaaie eBoek

Kronkelpaaie eBoek

Elke Pot

Die wagkamertjie by die streekhof in Hillbrow is baie klein. Daar is net drie mense daarin – `n man en `n vrou en `n bewaarder. Die ander mense wat wag vir die sake waarin hulle belang het, sit in die hof en luister of staan in die gang rond. Dit is stil daar, die stemme is gedemp soos die van mense wat by `n begrafnis is want op `n manier is dit `n begrafnis. Daar word daagliks getuig van iemand wat doodgemaak is, of ernstig beseer is, of verkrag is of oor `n ander misdaad wat ook baie ernstig is. In al hierdie gevalle sal die beskuldigde, as hy skuldig bevind word, vir baie jare tronk toe gaan. Hy is dan uit die gemeenskap verwyder; weg van sy mense; en die wêreld buite die mure van die tronk word gou vir hom `n skimbeeld. Iets om oor te droom en na te verlang en wat gou onwerklik word soos die vae herinnering aan `n droom as `n mens wakker word en jy nie mooi kan onthou waarvan jy gedroom het nie.

Dit was `n koue, winderige, reënerige aand toe die jong man haastig, vooroor gebuk na die bushalte gestap het, haastig om uit die nattigheid te kom, in die beskermende binnekant van die bus, huis toe na sy vroutjie en hulle klein, piepklein babatjie. Hy het die man nie gesien nie en het geskrik toe hy skielik hier by hom praat: “Asseblief tog meneer, kan meneer nie`n tien rand of so spaar nie. Ons het nie kos by die huis nie en ek en my vrou werk nie en daar is vyf kinders wat honger ly?”

Die skrik, die nat winderige koue, die haas om tuis te kom, het hom ongeduldig gemaak. Hy het met die vinnige opkyk net gesien dis `n groot fris, sterk man van so om en by vyf en veertig jaar oud wat hier by sy skouer langs hom loop. “Gaan kry vir jou werk en sorg vir jou gesin dis net slegtigheid dat jy moet bedel!” En die jong man stap aan.

Hy het `n paar uur later in die hospitaal bygekom. Daar het hy twee weke lank gelê. Die groot man het hom met `n kort, dik swaar knuppel oor die kop geslaan en toe hy val het hy hom met sy swaar stewels geskop. Van sy besittings het die groot man slegs sy klere gelos. Al die ander goed het hy geneem – die aktetas, sy beurs met die geld, al die kaarte, en sy horlosie. Hy had skedelbreuk opgedoen en vier van sy ribbes was gebreek, sy neus was `n pappery en twee van sy voortande was uitgeskop.

Toe hy bygekom het en sterk genoeg was om behoorlik te kan praat het hy aan die polisie `n beskrywing van sy aanvaller gegee. Tussen al die baie mense in Hillbrow sou dit op die oog af `n byna onbegonne taak wees om so `n aanvaller op te spoor. Die polisie ken egter die inwoners van hulle gebiede verbasend goed en die gedrag van die mense word in talle gevalle gou bekend. Hulle het geweet van die groot fris sterk man wat net af en toe `n bietjie werk en dikwels bedel. Die beskrywing het die man gepas. Toe die jong man gesond genoeg was, het hulle die groot man wat alreeds gearresteer was op `n uitkenningsparade laat verskyn. Hulle het reeds met sy inhegtenisname van die jong man se eiendom in sy woonstel gekry. Dit was moeilik om ander mans te kry wat min of meer so groot was en min of meer soos die groot man gelyk het om deel te neem aan die uitkenningsparade. Dit is `n vereiste dat die mense op so `n parade min of meer soortgelyk moet wees.

By die parade het die jong man sy aanvaller sonder twyfel uitgeken. Die getuienis teen die groot man was onweerlegbaar.

Nou sit die groot man en sy vrou in die wagkamertjie. Styf langs mekaar en die bewaarder sit `n ent weg en maak asof hy niks hoor of sien nie. Die man en sy vrou is onaansienlik – lelik, grof en hard; onverfynd met niks wat die hardheid kan verberg nie. Die lewe het hulle hard gemaak; daar was duidelik nooit enige werklike vreugde in hulle lewens nie, min plesier, min van die luukse, min van die milddadigheid wat sommige mense oënskynlik so maklik te beurt val . Sy voorkoms boesem vrees in by `n mens as jy hom sien. Hy is wreed en genadeloos en baie sterk.

Hy is egter ook – van kleinsaf al – baie sku vir werk. Hy bestaan hoofsaaklik deur misdade soos huisbraak met die opset om te steel en diefstal, roof en swendelary te pleeg. Hy is nie hierin juis bekwaan nie en is al dikwels tronk toe gestuur.

Hy sit in die wagkamertjie en wag om gevonnis te word – hy is reeds `n week of twee tevore skuldig bevind aan die roof. Hy is `n bloubaadjie –`n gewoonte misdadiger – iemand wat so gereeld ernstige misdade gepleeg het dat hy al drie keer tevore tot gewoonte misdadiger verklaar is – hy sal vandag die vierde keer so verklaar word. Hulle word bloubaadjies genoem omdat hulle inderdaad blou baadjies dra om hulle van die ander gevangenes te kan onderskei.

Hy en sy vrou is al baie jare lank getroud. Hulle was nog sommer jonk toe hulle getroud is. Hy was egter nie dikwels by die huis nie; sy kinders, daar is vyf van hulle, ken hom nie juis nie. Vir die meerderheid van die verby vervloë jare was hy in die tronk.

Sy het hom nooit geskei nie.

Nooit eens daaraan gedink nie, Hulle het mekaar dan nog steeds lief. Innig en werklik lief.

Hulle sit styf langs mekaar op die harde, die enigste bank in die wagkamertjie. Hulle hou hande vas. Die hele tyd. Hulle glimlag vir mekaar en hulle gesigte is bymekaar. Saggies praat hulle met mekaar terwyl die ure verbygaan want die bewaarder het die aanklaer gevra om die saak `n bietjie laat aan te bring. Vir die volgende nege of tien of veertien jaar – niemand weet nie want dis `n onbepaalde vonnis – sal hulle mekaar maar min kan sien en dan nie weer so nie.

Nie weer so innig bymekaar nie, nie weer so gesigte dig bymekaar nie, nie weer so op dieselfde bank nie, nie weer so laggende oë diep in mekaar kykende nie.

Nie weer met `n begrypende bewaarder wat op die punt van die bank sit en maak asof hy niks hoor of sien nie; wat geduldig wag terwyl die lang vervelige ure vir hulle soos flitse verbysnel nie.

Wreed! Genadeloos! Sterk en sonder enige mensliewendheid! Lelik, grof en onverfynd! Hard en sonder vreugde! `n Gevaar vir almal wat in hulle pad kom!

Maar hulle het mekaar lief. Werklik, innig opreg lief.

Kliek hier om die skets te luister!

 

Toekoms van die Boek

September 11, 2012 in Uncategorized

Daar is baie menings om die braaivleisvure of eBoeke die gedrukte boek se grafskrif gaan skryf.

Dalk nie! Volgens Eric Limer is die boek wat ons vandag ken “low-tech” , of te wel 16de eeuse tegnologie. Die drukgehalte van boeke het verbeter, ander bindmetodes word gebruik en dit word goedkoper geproduseer. Tog is ‘n boek so half uit pas met die nuutste tegnologie wat nou deel is van ons algemene lewe. Die boek het regtig op die ossewa hier aangekom.

Die boek van die toekoms sal ‘n hardeware- uitbreiding van die persoonlik rekenaar wees. Gooi jou sleutelbord en muis weg en beheer jou persoonlike rekenaar met ‘n boek. ‘n Poolse ontwerper het met ‘n baie interessant ontwerp voor die dag gekom. Waldek Wegrzyn het ‘n prototipe elektro- boek geskep wat mense nuut sal laat dink oor toekomstige verbinding en kommunikasie tussen ‘n boek en ‘n rekenaar..

Boeke en eBoeke sal in die toekoms geëntegreer wees met ‘n internet webwerf. Wegrzyn noem sy elektro-boek die Elektrobiblioteka wat Pools is vir elektroniese biblioteek. Die elektro-boek is ‘n half kuns en half rekenaarhardeware ontwerp. Die elektro-boek is vol elektronika en kan met ‘n spesifieke program met die rekenaar kommunikeer. Hierdie prototipe gaan verseker die elektroniese ontwikkelingspanne in die wêreld aan die dink sit.

Die koerant wat jy op die staathoek koop kan moontlik in die toekoms van elektroniese papier gemaak word wat beteken dat dit sal kan kommunikeer met die aanlyn- webwerf van die koerant. As ‘n leser kommentaar lewer met ‘n pen in die koerant, sal dit onmiddelik verskyn op die webwerf van die koerant en sosiale netwerke. Dink net aan die impak wat dit kan hê op studente. ‘n Student kan moontlik eenvoudig ‘n nota neem sommer in ‘n voorgeskrewe handboek en die nota is onmiddellik beskikbaar in die woordverwerkingprogram op hul persoonlike- of tabletrekenaar. ‘n Stylvol gedrukte dagboek waar inskrywing onmiddelik verskyn op ‘n persoon se aanlyn- dagboek of blog, sal die nuutste statusproduk wees vir die suksesvolle beroepsmens.

Navorsing toon ook aan dat voordat die eBoek konsep werklik byval by kinders en jongmense sal vind, eBoeke meer interaktief sal moet word. Wie was as kind nie mal oor boeke waarvan die driedimensionele flappe kon oplig om die verhaal verder toe te lig nie? Dink aan ‘n elektroboek as ‘n digitale opwipboek.

LG het vroeër die jaar die eerste stap gegee na die boek van die toekoms, met die bekendstelling van buigbare e-papier. Die buigbare plastiekpapier het ‘n resolusie van 1024 x 768 en kan tot 40 grade buig. Die skerm is slegs 0.7 millimeter dik en weeg slegs 14 gram.

Kliek hier vir meer oor eBoeke

In ‘n oogwink

September 7, 2012 in Uncategorized

Sarah Harper sal enigiets doen om sukses te behaal. Sy staan nie vir enigiets of enigiemand terug nie.

By die werk moet sy net eenvoudig bo uitkom; by die huis dryf sy haarself om ‘n superma te wees.  Vir haar kinders is Sarah so lief dat haar asem skoon wegslaan as sy daaraan dink.Die pas waarteen sy leef is so vinnig soos die motor waarmee sy ry. Die lewe is bedoel om geleef te word, en Sarah Harper is daarop uit om alles uit die lewe te haal wat sy kan.Sy het haar man ook baie lief, maar ongelukkig voel dit vir hom hy moet met haar werk kompeteer vir haar aandag. Dit laat haar skuldig voel, maar die begeerte om ‘n sukses te wees is allesoorweldigend

Tot een koue, reënerige herfsoggend.Soos gewoonlik jaag Sarah werk toe en wanneer sy ‘n brug oorsteek, begaan sy ‘n berekeningsfout. En so verander haar lewe in ‘n oogwink. Haar motor verlaat die pad en sy beland in die rivier. Die kanse dat sy kon oorleef, is skraal en reddingsbeamptes begin naarstiglik soek na haar liggaam.Wat hulle nie besef nie is: Sarah leef nog. Dit wat Sarah in hierdie oomblikke beleef, beïnvloed haar hele uitkyk op die lewe – die verlede, die hede en die toekoms. Haar wêreld sal nooit , ooit weer dieselfde wees nie.

In ‘n oogwink is ‘n meesleurende roman geskryf deur Joyce Meyer en Deborah Bedford. Verdiep jou in die verhaal van ‘n vrou wat die dood moes ervaar om die lewe te verstaan.

Klik hier om die Afrikaanse eBoek te koop

[youtube http://www.youtube.com/watch?v=xME3Dr8ke9I&w=420&h=315]

Impak van eBoeke in ontwikellende lande, New Delhi Boek Skou

September 4, 2012 in Uncategorized

eBoeke is die tema van die 18de Delhi Book Fair wat tans in New Delhi plaasvind.

Die konsep eBoeke word nog maar moeilik gesluk deur die Indiese boek- koper. Danish Raza skryf in Firstpost.com dat nadat ‘n jong bemarker uitvoerend verduidelik het hoe ‘n eBoek werk die kliënt opgewonde gevra het “So, jy sê eBoeke is verniet?” Internet beteken vir ‘n groot gedeelte van die bevolking van Indië om gratis produkte te verkry- gratis films , gratis musiek en gratis rekenaarspeletjies.

Die soekenjin- statistieke van myAfrikaans.com bevestig die neiging in Suid-Afrika ook omdat baie gebruikers die sleutelwoord gratis Afrikaanse eBoeke gebruik.

Die meeste uitgewers in Indië (soos in die meeste ontwikkelende lande) beskou die uitgee van eBoeke nie as strategies belangrik soos uitgewers in ontwikkelde lande nie. Hulle het ‘n wag en sien houding! Slegs 20% van uitgewers in Indië het ‘n eBoeke strategie.

Volgens Danish Raza het ‘n ondersoek deur die Pew Research Centre, in die VSA bevind dat een- vyfde van Amerikaanse volwassenes ten minste een eBoek per jaar lees. Die ondersoek het ook bevind dat eBoek lesers meer lees as die gewone leser. Gebruikers verkies eBoeke, dui die ondersoek aan, omdat eBoeke maklik verkrygbaar is en so gerieflik is.

Dit spreek van self wat die positiewe effek eBoeke op die Afrikaanse boekmark kan hê. Veral lesers van Afrikaanse eBoeke wat buite Suid-Afrika is, kan die Afrikaanse boekmark geweldig vergroot. MyAfrikaans.com het gereelde Nederlands- sprekende kliënte in Vlaandere en die Nederlandse vertalings van Deon Meyer se boeke is blitsverkopers in Nederland.

Die beskikbaarheid en prys van e-lesers en tablet- rekenaars is een van die redes dat eBoeke nog onbekend is in ontwikkelende lande. Volgens Johanna Brinton besigheidsontwikkelingshoof (Europa en Asie) van Overdrive, ‘n Amerikaanse Digitale verspreider, is die groei van die eBoeke mark proporsioneel gelyk aan die hoeveelheid e-lesers wat verkoop word. Die laaste ses maande het verkope van tablet- rekenaars ‘n ongelooflike groei getoon in Indië.

In ontwikkelende lande is daar onkunde oor hoe om eBoeke te koop en dit af te laai, en saam met onsekerheid oor hoe die leeservaring gaan wees maak dit onkundige lesers lugtig vir eBoeke. Die grootste belangstelling in eBoeke in ontwikkelende lande kom van ontluikende skrywers. Met selfpublikasie vermy hulle tradisionele uitgewers en stel hulle eBoeke beskikbaar aan ‘n groot gehoor met min koste.

Kliek hier om meer te lees oor selfpub!

Deon Meyer: Suid-Afrika is net nie so “sexy” soos Skandinawië nie

September 3, 2012 in Uncategorized

p>

Alison Flood het in die Gardian.co.uk ‘n interessante onderhoud met Deon Meyer gevoer, wat weereens aandui dat hy as een van die top- skrywers internasionaal beskou word.

Deon is in 1958 gebore en was die handelsmerk- strateeg van BMW Motorfietse voor hy voltyds begin skryf het in 2008. Sy aksie- romans is in 25 tale vertaal en hy het al verskeie toekennings wêreldwyd ontvang.

Alison Flood het vrae aan hom gestel oor die sy nuutste boek 7 Dae wat ook as Afrikaanse eboek beskikbaar is by myAfrikaans.com.

Alison: Was jy nie bang dat die briljante alkoholis speurder Bennie Griesel met sy persoonlike probleme wat op die nippertjie die saak oplos al ‘n bietjie afgesaag is nie?

Deon: Toe Bennie die eerste keer verskyn het in Feniks was hy nie veronderstel gewees om ‘n hoofkarakter te speel nie! Bennie moes ‘n bietjie ligte afleiding verskaf in ‘n donker boek maar met ‘n wil van sy eie duik hy toe op die bladsye op, en laat dinge gebeur. Aan die einde van Feniks het ek besef ek moet Bennie terugbring as ek die regte storie vir hom kan vind. Teen daardie tyd het die Bennie -karakter reeds gelewe en ek het besluit om nuwe fasette in te bou in die stereotipe van die dronk polisieman. Daarom het ek hom deur spreekwoordelike meule laat gaan in latere boeke.

Alison: Hoekom skryf jy in Afrikaans as jou Engels so goed is?

Deon: Afrikaans is my moedertaal. Dit moeilik genoeg vir my om ‘n boek in Afrikaans te skryf wat nog in ‘n ander taal! Omdat Engels my tweede taal is, is dit net soveel moeiliker om presies die regte woord te vind. Tog werk ek self deur die Engelse vertalings om seker te maak dat dit ‘n akkurate weergawe is van my oorspronklike werk.

Alison: Jou boeke is groot in Europa! Beteken dat Suid-Afrika Skandinawië die loef gaan afsteek as die nuwe tuiste vir speurfiksie?

Deon: Dit sal wonderlik wees as dit gebeur maar Suid-Afrika is maar net nie so “sexy” soos Skandinawië nie. Die mediadekking oor Suid-Afrika gee ongelukkig nie ‘n billike beeld van die ware Suid-Afrika nie 

Kliek hier om die volle onderhoud van Alison Flood te lees.

Die + en die – van eBoeke

September 1, 2012 in Uncategorized

Die stille eBoek -rewolusie wat die wêreld aan die gons het is slegs nog ‘n ligte briesie in Suid-Afrika!

Wie is die wenners en die verloorders in die tegnologiese wildernis wat eBoek -publikasie genoem word?

Maak dit regtig saak in watter formaat ‘n eBoek gepubliseer word? Blykbaar JA! Vir die pro en anti Kindle brigades.

EBoek-tegnologie is nog so nuut dat daar nie gepraat word van vlymskerp- tegnologie nie maar eerder van bloedskerp- tegnologie! Die eBoek omgewing verander amper daagliks en tradisionele uitgewers roep uit: “ stop die aarde ek wil afklim!”.

Tog is dit nodig om die praktiese aspekte van eBoeke te ondersoek voor hare gekloof word oor die verskillende tegnologie wat beskikbaar is. Daar is verskeie voordele en nadele wat geldig is in die eBoeke vs gedrukte boeke debat:

Die Nadele van eBoeke:

Die gewig van die eBoek is nie ‘n aanduiding van die gesaghebbendheid daarvan nie
Laas jaar het ek die handboek Comparitive Labour Law in Industrialized Market Economies bestudeer. Die gedrukte boek bestaan uit meer as as ‘n 1000 bladsye en weeg seker meer as ‘n kilogram! Deur net die gedrukte boek met ‘n slag op die tafel neer te sit sal ‘n onderhandelaar al ‘n intimidasie voordeel verskaf in loononderhandelinge.

Jy kan nie so lekker ‘n eBoek deurbaai soos ‘n gedrukte boek nie
Ek hou hoeka daarvan ‘n slapband boek van agteraf deur te kyk. Geen wonder party boeke op die CNA se rakke lyk soms al so afgeleef met sulke – soos ons dit in graad 1 genoem het – “donkieore”.

E-lesers werk met batterye
Alhoewel e-leser ongelooflike batteryleeftyd het, kan die skerm op die mees ongeleëste tyd doof. Dit was net na middernag, ek het ‘n eBoek verslint in die bed en die held het pas deur ‘n dakvenster geval en ….. my e-leser se skerm het ewe skielik in vyftig skakering van swart getransformeer.

Die afsterwe van die koffietafelboek
Iemand skryf onlangs dat nadat hy die eBoek van ‘n sekere skrywer gelees het, hy die gedrukte weergawe gekoop het omdat dit mooi op sy boekrak sal lyk. Ek lees Dana Snyman kyk altyd na iemand se boekrak om te bepaal wat se tipe mens hy is- ek sal maar my e-leser vir hom aanbied vir inspeksie die dag as hy kom koffie drink.

Die einde van die tweedehandse sagteband- boekwinkel
Die verkoop van tweedehandse sagtebandboeke is ‘n belangrike inkomstebron vir goeiedoel organisasies.

Kopieregskending
Kopieregbeheer bly ‘n kontroversiële onderwerp in die digitale wêreld. Kopieerbeskerming (drm) is duur, ongewild by gebruikers en nie 100% veilig nie.

Eboeke kan nie deur jou gunsteling outeur geteken word nie
Deon Meyer kan nie my kopie van 13 uur teken nie.

Die voordele van eBoeke

Dra ‘n biblioteek in jou sak

As jy persoon is wat graag reis, is beperkte handbagasie nie meer ‘n probleem nie. Ook nie as jy pas oor Egipte in die viegtuig jou boek klaar gelees het en nie kan slaap nie. Dit is ook ‘n uitkoms vir iemand soos ek wat graag meer as een boek gelyk lees.

Die woordeboek en wikipedia- funksie op ‘n e-leser maak jou ‘n meer ingeligte leser
Druk eenvoudig op die woord en kies tussen verskillende woordeboeke en wikipedia om die betekenis van ‘n begrip te verkry.

E-leser eienaars lees meer
Mense met e-lesers lees meer. Jy enige tyd dag of nag ‘n eBoek koop in die gerief van jou huis. Die veelbesproke boek is nooit uit voorraad of uit druk nie. My ondervinding is ook omdat die e-leser se lettergrootte en uitleg van die bladsy ingestel kan word volgens jou individuele voorkeure, die leser ook baie vinniger lees. eBoek- winkels soos myAfrikaans.com het ook baie meer spesiale aanbiedings wat gebruikers ook meer eBoeke laat koop.

eBoeke is ideaal vir studente
Handboeke word gereeld opgedateer wat beteken dat die elektroniese formaat vir hierdie doel perfek is.

eBoeke maak nuwe deure oop vir selfpubliseer skrywers
Dit maak finansiële sin vir selfpubliseer skrywers om van die eBoek formaat gebruik te maak. Meer oor selfpublikasie.

Jy boeke waaroor jy verleë is kan ongemerk gelees word
Niemand kan ‘n opinie oor jou vorm oor wat jy lees nie, eBoeke verseker anonimiteit.

Kliek hier om alles te lees oor eBoeke

eBoeke

eBoeke

Afbeelding:The Guardian

Wat staan ‘n skrywer te doen as hul pennevrug nie aanvaar word deur ‘n tradisionele uitgewer nie?

August 28, 2012 in Uncategorized

Gee op, soek ander beskikbare uitgewers, herskryf die boek of ego-publiseer!

Wat is ego-publiseer?

Vir tussen R5 000 en R10 000 kan ‘n aspirant skrywer kontrakteer met ‘n uitgewer om sy boek te redigeer en uit te gee met die voorwaarde dat die skrywer ‘n 1000 of meer kopieë self sal aanskaf. Hierdie boeke eindig gewoonlik in iemand se motorhuis of erger nog die uitgewer verdwyn met die fooi voor die boek gepubliseer is.

Die ontwikkeling van digitale uitgewers gee nuwe moontlikhede aan skrywers om hul boeke self as eBoeke uit te gee. Die skrywer kan nou die dienste koop wat hy spesifiek benodig. Die dienste sluit ondermeer redigering, ontwerk en bemarking in. Mark Levine, outeur van die eBoek: “The Fine Print of Self-Publishing” skryf dat digitale -uitgewerstegnologie die koste om ‘n boek uit te gee aansienlik verminder het. Die ongelooflike groei van die internasionale e-leser en tablet-rekenaar mark het die vraag na eBoeke ongelooflik laat toeneem. Skrywers van eBoeke behou gewoonlik alle regte op hul eBoeke en hul winsmarge is hoër as by tradisionele uitgewers.

Volgens Mark Coker die stigter en hoof van Smashbooks, die gewilde selfpubliseer uitgewer verkoop die meeste selfpubliseer skrywer nie baie eboeke nie. Party selfpubliseer eBoeke word opgeraap deur groot uitgewers soos met “Fifty Shades of Grey” gebeur het. Ander skrywers het weer ‘n hoë omset omdat die eBoeke teen ‘n winskoop verkoop word. Baie skrywers is tevrede om 100 tot 150 eBoeke te verkoop. Ander skrywers het groot drome en dit is vir die mark wat eBoek-uitgewers soos myAfrikaans ‘n diens verskaf. Enige skrywer kan teen amper geen koste self ‘n eBoek publiseer by byvoorbeeld Smashbooks en dit is die ideaale oplossing vir die skrywer wat tevrede is beperkte verkope. Aangesien Smasbooks nie werklik op die Suid-Afrikaanse mark gerig is nie, sal dit net hoofsaaklik vriende en familie wees wat die eBoek sal aanskaf.

eBoek-uitgewers soos MyAfrikaans ondersteun skrywers met die uitgee van hul eBoeke met die volgende dienste: redigering, buitebladontwerp, uitleg, omskakeling na eBoek-formate, bemarking, toegang tot sosiale netwerke, die ontwerp van webtuistes en strategieë wat die eBoek voorsien van internetverkeer. Die internationale eBoek uitgewers het ook gewoonlik soos myAfrikaans hulle eie eBoek-winkel.

Lulu is een selfpubliseer-diensverskaffer wat die die volgende dienste verskaf: geen voorafbetaling word vereis nie en die skrywer ontvang 80% van die netto wins van boeke wat verkoop word. Vir $130 sal Lulu ‘n voorblad ontwerp en hul ander pakkette begin by $750 vir ontwerp en omskakeling in ’n eBoek formaat.

CreateSpace, ‘n onderafdeling van Amazon het ook geen voorafbetaling nie, en die skrywer ontvang 60% van die netto wins. Addisionele dienste begin by $120 vir redigering en $69 vir die omskakeling van ‘n teks dokument na die kindle formaat. Die ander dienste waarvan die duurste $4,853 is sluit voorbladontwerp, uitleg en bemarking in.

MyAfrkaans lewer selfpubliseer dienste vir die afrikaanse gebruiker. Dit sluit in die bemarking van die eBoek op myAfrikaans.com teen R500 wat die volgende insluit: ‘n unieke myAfrikaans.com url, plaas van die eBoek in die eBoekwinkel en ‘n Facebook advertensie ter waarde van R400 is ingesluit. Verwerking van die eBoek manuskrip na ePublishing formaat beloop R1600 en eBoek buitebladontwerp deur een van myAfrikaans se ontwerpers bedra R1200.

Die kardinale aspek van selfpubliseering is om aandag te vestig op die skrywer se eBoeke.

Die nadeel om ‘n eBoek te publiseer by Smashbooks of Amazon is dat die eBoek se bloodstelling in die Afrikaanse mark beperk is. myAfrikaans se diens word om daardie rede aangedryf deur hul eBoekwinkel, blogs en sosiale netwerke. Die bemarkingstrategie van myAfrikaans is gerig om die eBoek sigbaar te maak vir internet-soekenjins. Die doelwit is dat ‘n eBoek gevind moet word deur die persoon wat opsoek is na ‘n eBoek oor ‘n spesifieke onderwerp.

Bron: Kliek hier om meer oor die onderwerp te lees.

eBoeke: Rigtingbedonnerd

August 23, 2012 in Uncategorized

Rigtingbedonnerd, NB uitgewers, Fred de Vries, R192,00

Met ‘n tas vol vrae reis die Nederlandse joernalis Fred de Vries deur Suid-Afrika om met uiteenlopende Afrikaners te praat oor die sake wat hulle raak. Vir almal vra hy dieselfde vraag: is daar nog plek vir hierdie volk aan die suidpunt van Afrika en indien wel, waar is hul emosionele tuiste – hul Nkandla – in pres. Jacob Zuma se woorde?

Resensie van die Afrikaanse eBoek Rigtingbedonnerd deur Wilhelm Jordaan

Lees die volle artikel in Beeld

Die boek is die resultaat van onderhoude wat De Vries sporadies sedert 1994 met mense gevoer het rondom twee vrae: Is daar werklik ’n plek vir ’n wit mens in Suid-Afrika? En, indien wel, wat is die voorwaardes vir ’n werkbare samelewing? 

Volgens die trant van die onderhoude word met “wit” eintlik wit Afrikaners bedoel en baie meer dinge as dié vrae self kom ter sprake na gelang van die eiesoortige perspektief van die deelnemers. 

Daar is temas soos Afrikaner-identiteit; skuldaanvaarding of -ontkenning oor die apartheidsverlede; die betekenis en uitwerking van magsverlies; voortgaande en nuwe rassismes; onbeholpe staatsbestuur; misdaad; veiligheid; godsdiens; taalkwessies; emigrasie; die toegeneentheid tussen gewone wit, bruin en swart mense en vele ander sake. 

De Vries is ’n belese en ervare skrywer, joernalis, reisiger, navorser en boonop ’n bedrewe en innemende onderhoudvoerder. 

Hy kry dit reg om mense vryelik te laat gesels en wat hy in die boek aanbied, met sy eiesoortige kommentare en nabetragtings tussen-in, is allesbehalwe droë onderhoudstof. 

Die trant van die boek is tegelyk diep ernstig, lighartig, stuitig, kru, aweregs, indringend en, ja, ook rigtinggewend oor ’n beter verstaan van Afrikaner-wees in meervoud. 

Met wie praat hy? Soos hyself sê: Die denkers, drinkers, hardekoppe, klakouse, dromers, doemprofete, lasposte en selfs die dooies se gedagtes word bygehaal. 

Hieronder tel tientalle bekende Afrikaners (politici, skrywers, musikante, kunstenaars, aktiviste, kultuurmakelaars, skatrykes); boere; onbekende gewone mense; uitgewekenes; brandarmes en sukkelaars wat hulle in wit én gemengde plakkerskampe bevind. 

Dit alles word ’n vreemde, maar heerlike geroesemoes van stemme. 

Kliek hier om meer foto’s te sien van Izak de Vries wat hy tydens die bekendstelling van die boek geneem het.

Rigtingbedonnerd is by myAfrikaans beskikbaar teen R192.00

Die wonder van Afrika

August 22, 2012 in Uncategorized

 

Stoffel in Afrika, Christiaan Bakkes, NB uitgewers, R136,00

Hierdie vyfde boek oor die wel en wee van Stoffel Mathysen – veldkenner, bewaringskundige en safarileier – bied nuwe ervarings. Deesdae neem sy ekspedisies hom ook na Midde-Afrika, tot in die hart van die ware, ongetemde Afrika: gorillasafari’s in Uganda en Rwanda. Geskryf met Bakkes se kenmerkende humor, fyn mensekennis en ironiese kyk en gebaseer op werklike gebeure.

Kliek hier om die Afrikaanse eBoek te koop!

 

Die flikkering van bloemiste

So skryf die Poolse skrywer Ryszard Kapucinsky oor Afrika: “Die vasteland is te groot om te beskryf. Dit is ’n oseaan, ’n afsonderlike planeet, ’n ryklik geskakeerde heelal.

Slegs ter wille van vereenvoudiging, en gerieflikheidshalwe, kan ons praat oor ‘Afrika’. Buiten as geografiese aanduiding bestaan Afrika nie.” Toe ons onlangs van die lughawe af die stad Algiers binnery, herinner ek my ’n staaltjie. ’n Mens kan glo veel wys word van ’n plek deur sy diere. As daar baie katte is, is daar ook rotte.

Dié sit gewoonlik in die regering. As al die honde aan kettings is, soos in die arm landelike gebiede van Suid-Afrika… wel, dis nóg ’n werklikheid. En in Ethiopië is daar glo baie wilde honde. Die storie gaan dié honde is die voormalige troeteldiere van die uitgemoorde middelstand en intelligentsia.

Ná die slagting deur die diktator Mengistu moes al die honde oornag ander heenkome vind. En toe het hulle in troppe aan die buitewyke begin saamjag. Vandag staan hulle bekend as “die brakke van Mengistu”. En vanuit die lug is dié plate honde glo asemrowend mooi, soos die springbokke van weleer… In Algiers is kwalik enige honde. Ook nie rondloperhonde nie. Dié afwesigheid is opvallend.

Daar word gesê die land word regeer deur ’n klein, onsigbare kabaal, een man eintlik, wat nie vasgepen kan word nie. Maar lank ná middernag, wanneer die res van die land slaap, word jy soms wakker. Van die vae klanke van ’n partytjie. Pleks van fuifende stemme, is dit honde wat jy hoor tjank… ’n séé van honde.

En dan is dit weer stil.

Lees die rubriek van Charl-Pierre Naudé verder in Beeld