Lees ‘n eBoek met ‘n iPad mini

November 10, 2012 in Uncategorized

Laas Donderdag het Apple die iPad mini aan die mark bekend gestel met die doel om toe te tree tot die eBoek mark.Die iPad mini is spesifiek ontwikkel om die geleenthede van die groeiende eBoek mark aan te gryp met die nuwe 7.85 duim tablet-rekenaar.

Die laaste paar jaar het die Amazon Kindle Fire, die Nook Table, en die Samsung Galaxy Tab daarin geslaag om eLees en multimedia te kombineer in ‘n bekostigbare toestel van omtrent R1800.00. Apple het in 2001 die iPod bekend gestel gebaseer op die groeiende MP3 mark. Die prys van die nuwe iPad mini begin by $329.

Twee jaar later is die iTunes Musiek winkel ontwikkel en kon Apple daarin slaag om die prys van die iPod te sny en koper het toegang verkry tot ‘n wye musiek databasis. Daar word voorspel dat die iPad mini die selfde invloed gaan hê op die eBoek landskap as die iPod.

Volgens Apple het hulle die afgelope naweek 3 miljoen iPad’s laas naweek verkoop wat dubbel van die verkope van die vorige iPad bekendstelling in Maart, hierdie jaar. Saam met die iPad mini het Apple ook die 4de generasie iPad bekend gestel.

 

Nie eers orkaan Sandy het die kooplus gedemp nie en alhoewel verskeie Apple winkels in Manhatten Vrydag gesluit was, is die iPad mini vinnig uitverkoop in New York.

Google

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>