eBoeke is die kampvuurgeleentheid van die toekoms!

October 23, 2012 in Uncategorized

Almal geniet ‘n storie en eBoeke is die kampvuurgeleentheid van die toekoms. Daar sal altyd ‘n mark wees vir ‘n goeie storie, maar die res van die uitgewersbedryf is besig om nuwe grond te breek. Sekere topverkopers begin selfs om self eBoeke uit te gee.

Agente begin weer om manuskripte wat risiko-trae uitgewers afkeur self uit te gee. Selfs tradisionele uitgewers begin senuagtig word oor die opkomende mark vir self-pub. Penguin uitgewers het onlangs die eerste tradisionele uitgewer geword wat ‘n self-pub onderneming bekom het, deur Author Solutions Inc vir $ 116 miljoen te bekom. Dit is uitgewers wat die meeste geraak word deur die nuwe eBoeke landskap!

Die onlangse ekonomiese krisisse het uitgewers gedwing om hul dienste tot op die been te sny. Dwyer bevestig dat daar van vandag se skrywers verwag word om self te belê in redigering en taalkundige versorging van die boek, hulle eie bemarking te doen en te betaal vir die ontwerp van die buiteblad. Al wat die uitgewer doen is om hul netwerk van bemakers te gebruik om te verseker dat die boek op die rakke van die boekwinkels kom.  eBoeke het nie boekwinkels nodig nie en baie eBoekwinkels word besit deur multinasionale ondernemings soos Apple en Amazon en nie deur uitgewers nie.

Wat staan skrywers nou te doen in hierdie verwarrende tyd in die boekmark? Baie skrywers vra hulself af hoekom hulle enigsins ‘n uitgewer moet hê! As hulle self vir die redigering en buiteblad moet betaal, self bemarking op Facebook, Twitter en hul Blogs moet doen – hoekom ontvang hulle slegs 20% van elke boek wat verkoop word?

Hierdie is die rede waarom myAfrikaans.com skrywers ondersteun om self uit te gee en die proses omgedraai het waar skrywers 80% van die opbrengs van die boek ontvang.

eBoeke het die ekonomie van die uitgewersbedryf verander. Omdat ernstige en hoogaangeskrewe skrywers soos Joe Konrath, John Locke and Amanda Hocking nou self-pub, veloor verloor self-pub nou sy ego-uitgee beeld.

Die uitgewersbedryf het altyd gepraat van die kritiese realisasiepunt waar genoeg lesers e-lesers of ander toestelle besit, wat die bemarking van eBoeke winsgewend sal maak. In die internasionale mark het dit blykbaar gebeur tussen Oktober en November 2010. Volgens Dwyer het Amazon in Mei, 2012 bekend gemaak dat vir elke 100 boeke wat hulle verkoop, 105 eBoeke verkoop word.

‘n E-leser of ‘n tablet rekenaar plaas die boekwinkel op jou skoot en die eBoek in jou hand sekondes nadat dit gekoop is.

Kliek hier om Phil Dwyer se Blog te lees

Kliek hier om meer inligting te verkry oor self-pub by my Afrikaans.com 

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>