Wat staan ‘n skrywer te doen as hul pennevrug nie aanvaar word deur ‘n tradisionele uitgewer nie?
August 28, 2012 in Uncategorized

Gee op, soek ander beskikbare uitgewers, herskryf die boek of ego-publiseer!
Wat is ego-publiseer?
Vir tussen R5 000 en R10 000 kan ‘n aspirant skrywer kontrakteer met ‘n uitgewer om sy boek te redigeer en uit te gee met die voorwaarde dat die skrywer ‘n 1000 of meer kopieë self sal aanskaf. Hierdie boeke eindig gewoonlik in iemand se motorhuis of erger nog die uitgewer verdwyn met die fooi voor die boek gepubliseer is.
Die ontwikkeling van digitale uitgewers gee nuwe moontlikhede aan skrywers om hul boeke self as eBoeke uit te gee. Die skrywer kan nou die dienste koop wat hy spesifiek benodig. Die dienste sluit ondermeer redigering, ontwerk en bemarking in. Mark Levine, outeur van die eBoek: “The Fine Print of Self-Publishing” skryf dat digitale -uitgewerstegnologie die koste om ‘n boek uit te gee aansienlik verminder het. Die ongelooflike groei van die internasionale e-leser en tablet-rekenaar mark het die vraag na eBoeke ongelooflik laat toeneem. Skrywers van eBoeke behou gewoonlik alle regte op hul eBoeke en hul winsmarge is hoër as by tradisionele uitgewers.
Volgens Mark Coker die stigter en hoof van Smashbooks, die gewilde selfpubliseer uitgewer verkoop die meeste selfpubliseer skrywer nie baie eboeke nie. Party selfpubliseer eBoeke word opgeraap deur groot uitgewers soos met “Fifty Shades of Grey” gebeur het. Ander skrywers het weer ‘n hoë omset omdat die eBoeke teen ‘n winskoop verkoop word. Baie skrywers is tevrede om 100 tot 150 eBoeke te verkoop. Ander skrywers het groot drome en dit is vir die mark wat eBoek-uitgewers soos myAfrikaans ‘n diens verskaf. Enige skrywer kan teen amper geen koste self ‘n eBoek publiseer by byvoorbeeld Smashbooks en dit is die ideaale oplossing vir die skrywer wat tevrede is beperkte verkope. Aangesien Smasbooks nie werklik op die Suid-Afrikaanse mark gerig is nie, sal dit net hoofsaaklik vriende en familie wees wat die eBoek sal aanskaf.
eBoek-uitgewers soos MyAfrikaans ondersteun skrywers met die uitgee van hul eBoeke met die volgende dienste: redigering, buitebladontwerp, uitleg, omskakeling na eBoek-formate, bemarking, toegang tot sosiale netwerke, die ontwerp van webtuistes en strategieë wat die eBoek voorsien van internetverkeer. Die internationale eBoek uitgewers het ook gewoonlik soos myAfrikaans hulle eie eBoek-winkel.
Lulu is een selfpubliseer-diensverskaffer wat die die volgende dienste verskaf: geen voorafbetaling word vereis nie en die skrywer ontvang 80% van die netto wins van boeke wat verkoop word. Vir $130 sal Lulu ‘n voorblad ontwerp en hul ander pakkette begin by $750 vir ontwerp en omskakeling in ’n eBoek formaat.
CreateSpace, ‘n onderafdeling van Amazon het ook geen voorafbetaling nie, en die skrywer ontvang 60% van die netto wins. Addisionele dienste begin by $120 vir redigering en $69 vir die omskakeling van ‘n teks dokument na die kindle formaat. Die ander dienste waarvan die duurste $4,853 is sluit voorbladontwerp, uitleg en bemarking in.
MyAfrkaans lewer selfpubliseer dienste vir die afrikaanse gebruiker. Dit sluit in die bemarking van die eBoek op myAfrikaans.com teen R500 wat die volgende insluit: ‘n unieke myAfrikaans.com url, plaas van die eBoek in die eBoekwinkel en ‘n Facebook advertensie ter waarde van R400 is ingesluit. Verwerking van die eBoek manuskrip na ePublishing formaat beloop R1600 en eBoek buitebladontwerp deur een van myAfrikaans se ontwerpers bedra R1200.
Die kardinale aspek van selfpubliseering is om aandag te vestig op die skrywer se eBoeke.
Die nadeel om ‘n eBoek te publiseer by Smashbooks of Amazon is dat die eBoek se bloodstelling in die Afrikaanse mark beperk is. myAfrikaans se diens word om daardie rede aangedryf deur hul eBoekwinkel, blogs en sosiale netwerke. Die bemarkingstrategie van myAfrikaans is gerig om die eBoek sigbaar te maak vir internet-soekenjins. Die doelwit is dat ‘n eBoek gevind moet word deur die persoon wat opsoek is na ‘n eBoek oor ‘n spesifieke onderwerp.

0 responses to Wat staan ‘n skrywer te doen as hul pennevrug nie aanvaar word deur ‘n tradisionele uitgewer nie?