You are browsing the archive for 2012 June.

Boekrak vol Afrikaanse e-lesers?

June 30, 2012 in Uncategorized

My reaksie op die volgende artikel in Beeld

Hoe kan die e-boek dan dúúrder wees?

 Daar is baie Afrikaanse boeke in e-boekformaat beskikbaar, maar daar is ook frustrasie daaraan verbonde.So saam met die vreugde van opkrul met ’n goeie boek is daar vir lesers van e-boeke ook talle frustrasies.

Vra ’n mens dié lesers uit, blyk dit hul twee grootste klagtes het te doen met die formaat waarin sommige e-boeke uitgegee word en met die prys van veral Afrikaanse e-boeke wat soms selfs duurder is as die gedrukte weergawe van dieselfde boek.
“Formate, formate, formate!” kla Anton J Jansen op die groep Lekkerlees Boekrak op Facebook.

“Dis belaglik waardeur ek moet gaan om boeke om te skakel van een formaat na ’n ander. Ek het ’n ruk gelede sagteware gekoop (teen ’n belaglike prys) vir die omskakeling van een formaat na ’n ander, maar die tyd en moeite wat daarin gaan, is, eenvoudig gestel, ongelooflik frustrerend.

Lees artikel in Beeld

MyAfrikaans het ‘n bladsy waar outeurs hul eie eBoeke publiseer teen sakpas pryse! Kyk gerus watter lekker-lees eBoeke beskikbaar is teen sakpas pryse. Die skakel is  myeboeke.

Dit artikel in Beeld is reg, daar is twee hoof tipe e-lesers:

Die Kindle wat slegs Amazon se eBoeke kan lees. Die hoeveelheid Afrikaanse eBoeke in Amazon se winkel is besig om steeds te groei.

Dan e-lesers wat van die Adobe Digital Editions platform gebruik maak. Hierdie e-lesers kan weer nie die Kindle formaat lees nie.

Die groot en gewilde uitgewers in Suid-Afrika soos Tafelberg en Human en Rousseau gebruik die Adobe Digital Editions platform om hul Afrikaanse eBoeke te versprei. Myafrikaans.com het besluit om ook van Adobe Digital Editions gebruik te maak omdat die meeste Afrikaanse eBoeke in die ePub formaat is wat slegs deur Adobe gelees kan word en nie Kindle nie.

sony-Afrikaanse eBoek-leser
sony-Afrikaanse eBoek-leser

Die Sony Reader is die grootste teenstander vir die Kindle en in elke land is daar ‘n Sony boekwinkel waarmee boeke aanlyn met die toestel gekoop kan word. Ek besit nou twee maande ‘n Sony Reader en die toestel is net ‘n plesier, ek sal nooit weer terugkeer na gedrukte boeke nie. Die toestel weeg so min dat dit slegs met een hand vashou hoef word om gemaklik te lees. Omdat die lettergrootte ingestel kan word, kan dit so gestel word dat elke sin gelees word met een oogopslag. Die e-leser maak ook nie jou oë moeg nie want daar word van elektroniese ink gebruik gemaak wat sag op jou oë is. Die battery-leeftyd is meer as 100 ure en sonder om geheuekaart in te sit kan die toestel ongeveer 1200 Afrikaanse eBoeke stoor. Wat fantasties is dat die e-leser met twee woordeboeke gelaai is, en deur net met jou vinger op die woord te druk word die betekenis verskaf. Die leser het met WI-FI toegang tot die internet en deur op ’n woord te druk neem die e-leser die gebruiker na die wikipedia web-bladsy van die term. Wat ek die meeste geniet is die funksie as ek veelvuldige Afrikaanse eBoeke lees wat onthou watter bladsy ek laas in ‘n spesifieke boek gelees het. Die e-leser het verskillende skakerings van wit en grys skermkleure wat beteken dat dit nie ’n tablet-rekenaar is nie maar werklik ’n eBoek.

Kalahari.com verkoop ook ’n Gobii e-leser teen ’n sakpas prys wat al myafrikaans.com se Afrikaanse eBoeke kan lees.

Die kundiges voorspel dat die digitale e-leser mark deur tablet-rekenaars oorgeneem gaan word soos deur die iPad. Die Samsung Galaxy Tab is ’n slim keuse vir lesers wat ’n elektroniese biblioteek wil opbou! Die Samsung kan met die toepaslike programme alle eBoek formate lees.

Die voordele van ’n tablet-rekenaar is vanselfsprekend maar daar is ook nadele in vergelyking met ‘n e-leser:

– Die tablet-rekenaar is duurder en weeg meer,
– Die e-leser is sagter op die gebruiker se oë en
– en gebruikers wat e-boeke lees rapporteer dat hulle konsentrasie gereeld onderbreek word deur funksies van die talet-rekenaar soos byvoorbeeld epos wat opdaag.

Tog is Tablet rekenaars die boek van die toekoms!

Hoekom dit sin maak om ‘n Professionele eboek te publiseer

June 29, 2012 in Uncategorized

Hoekom dit sin maak om ‘n Professionele eboek te publiseer by myafrikaans.com!

Die publikasie van ‘n beroepsgerigde eboek is ‘n uitstekende bemarkingstap en met die hulp van myafrikaans.com nou makliker as ooit. ‘n Eboek kan dalk net die kompeterende voordeel verskaf wat jou onderneming laat uitstaan teen mededingers. ‘n Beroepsgerigde eboek is ‘n toonvenster van die kundigheid van die outeur en moontlikhede van die nuwe besigheid wat dit kan inbring is legio.

Die voordele om jou eie eboek te publiseer is oorweldigend, maar daar is ook sekere slaggate! Om jou beroep/besigheid te ken is een ding, maar om dit oor te dra op ‘n wyse dat die leser dit interessant sal vind is heeltemal ‘n ander ding. Die doel van die eboek moet eerstens verkope wees en tweedens om die markaandeel van die besigheid te vergroot.

Vyf nuttige wenke om ‘n Professionele eboek op myafrikaans.com te publiseer:

1. Kies ‘n nis-mark. Daar is baie self gepubliseerde boeke op die internet en dit is moeilik vir kopers om die regte een te kies. Deur jou onderwerp baie spesifiek te maak sal jy kopers aantrek om jou eboek te koop. Deur  jou onderwerp te fokus op ‘n spesifieke aspek van jou kundigheid word die geleentheid geskep om in detail die onderwerp te bespreek en die lesers die waarde van jou kundigheid te laat besef.  Voorbeelde van gewilde eboeke is: Hoe om jou eie lapa te bou of Ontwikkel jou eie webwerf.

2. Skryf die eboek persoonlik maar moet dit nie self taalkundig versorg nie. Jy is ‘n kundige in jou veld maar nie noodwendig ervare met die versorging van dokumente nie, wat ‘n spesialisveld is.

3. Ontwerp ‘n voorblad wat die oog vang. Die voorblad kan dalk net die rede wees hoekom jou boek gekies word bo ‘n ander.

4. Die groot klagte teen Afrikaanse eboeke boeke is dat dit te duur is. Bemark jou eboek met ‘n onder die markwaarde koopprys. Dit beteken ‘n laer wins maar ‘n ‘n goeie sirkulasie wat meer besigheid en kontakte sal beteken.

5.Bemark die boek  deur dit op myafrikaans.com te plaas!

Image: FreeDigitalPhotos.net

Wie lees nie Deon Meyer?

June 29, 2012 in Uncategorized

 

Agt van Deon Meyer se gewildste Afrikaanse eBoeke is nou beskikbaar as Afrikaanse eBoeke by myafrikaans.com!

Deon Meyer word op 4 Julie 1958 in die Paarl gebore. Toe hy 18 maande oud is, verhuis die gesin na Klerksdorp in die ou Wes-Transvaal. Hy begin sy skooljare aan die Laerskool Meiringspark en matrikuleer in 1976 aan die Hoërskool Schoonspruit. Deon is die middelste van drie seuns. In standerd 6 (deesdae se graad 8) moes hy sy twee broers Bertus en Francois afpers om sy eerste storie te lees. Hulle raad aan hom was dat hy nie dadelik met ’n nuwe boek moet begin nie.

Deon sal sy Engels-onderwyseres, Valerie de Bruyn, altyd onthou as iemand wat hom voortdurend aangemoedig het en met haar positiewe terugvoer oor sy opstelle ’n sekere selfvertroue vir skryf by hom gekweek het.

Deon beskou sy pa, Neil, as die wonderlikste storieverteller wat hy ken, en sy ma, Francis, as die beste resensent van sy pa se stories – sy het van almal gehou.

Ongelooflik, 30% korting met Deon Meyer Afrikaanse eBoek naweek.

Een speurder. Ses Slagoffers. Sewe Dae …

Ek sal elke dag ‘n poliesman skiet, tot julle die moordenaar van Hanneke Sloet aankla, lees die dreigbrief aan die SAPS. En dan begin hy hulle afmaai. Bennie Griessel is die een wat die dossier moet heropen. Die saak is 40 dae oud, die spoor is koud. Daar’s geen motief nie, geen leidrade nie, net ‘n reeks naakfotos, ‘n hoogs ingewikkelde saketransaksie, en onmenslike druk van topbestuur, die media, en die meedoënlose, onpeilbare sluipskutter. En deur dit alles moet Griessel sy nuwe vriendin, die sangeres Alexa Barnard, weghou van die bottel voor haar groot terugkeer-konsert, sy seun keer om nie skandes te maak nie, sy kollegas weerhou om die ondersoek te kelder, en sy eie, verterende lus vir die helende kragte van die drank in toom probeer hou. Sewe dae van hel.

Kliek hier om die gewilde Afrikaanse eBoek Sewe dae te koop!

 

The Boeke Prys Fanatics Choicetoekenning vir 2011 is die jongste eer vir ‘Dertien Uur’, net twee weke nadat die boek aangewys is as die Beste Spanningsroman in die Barry Awards by Bouchercon in St Louis, VSA, op 15 September 15. “Dit was ‘n reuse-eer om tuis en oorsee dié soort erkenning te kry,” sê Deon. Dié roman was ook op die kortlyste vir die 2011 Macavity Award vir Beste Speurroman, die Britse CWA International Dagger-toekenning en die Suid-Afrikaanse Sunday Times-letterkundeprys. Dit het in 2009 die ATKV-Prys vir Beste Spanningsroman en die Mees Filmiese Roman-toekenning van M-Net ontvang.

Kyk na die Afrikaanse eBoek 13 uur!

Spoor was vir twee maande die nommer een topverkoper in Suid-Afrika, en word in 2011 in Engels in die VSA, Brittanje en Kanada uitgereik met die titel ‘Trackers’.

In Duitsland sal dit in Oktober beskikbaar wees (Duitse vertaling: ‘Rote Spur’) en in Frankryk teen September. Die Franse titel is nog nie bekend nie. (Loer gerus op die Engelse blad na die voorblaaie van die buitelandse uitgawes.)

Die boek sal ook in 2011 en 2012 in Sweeds, Noorweegs, Nederlands en Italiaans beskikbaar wees.

Kliek hier om Deom Meyer se Afrikaanse eBoek te koop.

Die rol van huursoldate

June 28, 2012 in Uncategorized

Al J. Venter se insiggewende eBoek dek vele van militêre gebeurtenis van die onlangse geskiedenis. Hy skryf vier hoofstukke oor Afganistan, drie oor Somalië en heelwat oor hoe Portugal geveg het in die koloniale oorloë van Angola en Mosambiek. 

 In Sierra Leone is die oorlogverslaggewer Al J Venter gewaarsku dat die rebelle hul harte sou uitsny en eet indien hulle gevang sou word. Al J. Venter (73) is ’n veteraanskrywer wat al 40 jaar verslag doen en skryf oor Afrika.

Al J Venter is ‘n kenner oor die rol van die huursoldaat in konflikte.’

“Huursoldaat” is ’n gelade term. Wat is jou siening?

Ek het geen probleem met die mense waarna die media as “huursoldate” of “mercenaries” verwys nie. Dit is dieselfde beroepsoldate wat verskeie oorloë in Angola en Sierra ­Leone omgedraai en in die proses talle lewens gered het. 

Daardie ouens is almal ervare, gedissiplineerde troepe wat in oorloë betrokke was – en party van hulle is steeds in die Midde-Ooste en Sentraal-Asië en meer onlangs in en om Somalië.

Westerse weermagte (en die Israeli’s, neem kennis), met enkele uitsonderings, val nie in dieselfde kategorie nie. Hul troepe is ondoeltreffend opgelei vir ongenaakbare omstandighede, die veeleisende woestyn- of oerwoud­omgewing, en het sag geword. 

Hulle het hul selfone nodig, iPods en baie, baie rus en ontspanning. Die meeste van dié troepe is huiwerig om inisiatief te neem tydens oorlog. 

Nie daardie Suid-Afrikaanse veterane wat die wekroep beantwoord het en respek afdwing vir hul kundigheid oorsee nie – hoewel jy ver sal moet soek na ’n Brit of Yank wat dit in die openbaar sal erken. Maar dis net hoe dit is.”

Lees die volle berig in Beeld.

Kyk na die boek by myafrikaans.com.

 

Fotos: Beeld.com

Nou is die tyd vir jou eie Afrikaanse eBoek!

June 24, 2012 in Uncategorized

Wou jy nog altyd jou eie topverkoper Afrikaanse eBoek self publiseer?

Nou is myAfrikaans daar om die droom waar te maak.

Advies oor hoe om jou eie Afrikaanse eboek te publiseer,

Die verwerking van die manuskrip in eBoek formate soos ePub,

Om ‘n ISBN nommer te verkry,

Publikasie van eBoeke,

Bemarking van die eBoeke.

 myAfrikaans 

Afrikaanse eBoekAfrikaanse eBoek

Kontak: mail@myafrikaans.com

Conrad Brand verras met nuwe eBoek!

June 14, 2012 in Uncategorized

blog-4-sports eboek

blog-4-sports eboek

Hierdie mag-om-die-dood-nie-mis-nie eboek is vir ‘n beperkte bekendstellingstydperk beskikbaar vir slegs $5!

blog-4-sports eboek

Blog4Sport is ‘n lekker lees eboek wat definitief ‘n glimlag of twee sal lok van beide Engels sowel as Afrikaanse lesers met beide humoristiese staaltjies en ilustrasies.

Elke staaltjie trek jou in en hou jou geboei tot en met die laaste woord en word sorgvuldig met sulke detail vertel, dat dit voel asof jy self daar is en elke emosie so saam-saam die skrywer beleef…

‘n Lekker humoristiese uitkyk op die lewe van ‘n normale alerdaagse mens..

Pinterest

Afrikaanse eBoeke in jou agtersak?

June 11, 2012 in Uncategorized

Alhoewel e-lesers dalk nog nie so bekend is om Afrikaanse eBoeke te lees nie, beskik die meeste huishoudings wel oor ‘n Android toestel,’n iPad/iPhone of oor ‘n Blackberry slimfoon.

Met ‘n mobiele toestel soos ‘n selfoon is dit moontlik om jou versameling gunsteling Afrikaanse eBoeke in jou broeksak of handsak te hou. Nooit weer hoef jy die ou tydskrifte te lees in die dokter se wagkamer nie! Of om te sukkel om jou elmboë in ‘n vliegtuigsitplek tussen jou medepassasiers se ribbes te posisioneer om ‘n boek te lees nie. Kry jy nie kans om die nuutste Afrikaanse boek te koop in ‘n boekwinkel nie, laai dit eenvoudig af op jou selfoon of tablet-rekenaar! Wat ‘n uitkoms vir die besige sakeman wat nie tyd kry om die nuutste Afrikaanse boek oor bestuursbeginsels te lees nie, wat vinnig ‘n paar bladsye op sy slimfoon kan verorber waar hy wag op sy volgende afspraak.

Die meeste gebruikers wat die geheim van eBoeke ontdek het laai hul gunsteling Afrikaanse eBoek op hul tablet-rekenaar en slimfoon. ‘n Slimfoon word gereeld gebruik om vinnig ‘n tydjie af te knyp om die nuutste afrikaanse eBoek te lees en die tablet-rekenaar om luilekker by die huis te ontspan. In hierdie artikel gaan die eenvoudige proses om Afrikaanse eBoeke op jou Android apparaat te lees bespreek word en in deel twee sal ons meer kyk na die iPad en iPhone.

Android was tot kort voor die openbare bekendstelling op 5 November 2007 bekend as die gPhone. Dié bekendstelling het gepaard gegaan met die stigting van die Open Handset Alliance, ‘n konsortium van 47 hardeware, sagteware, en telekommunikasiemaatskappye wat belangstelling het in die bevordering van oop standaarde vir mobiele toestelle.

‘n Tablet-rekenaar is ‘n draagbare rekenaar wat groter is as ‘n mobiele foon of ‘n elektroniese dagboek, met ‘n geïntegreerde aanraakskerm wat ook as sleutelbord dien. Die meeste tablet-rekenaars gebruik die Android of die iOS bestuurstelsel van Apple. Die waarde vir geld, betroubaarheid en gerief van die Android bedryfstelsel maak tablet-rekenaars wat van die bedryfstelsel gebruik maak uiters gewild by gebruikers wêreldwyd.

Dit is ook belangrik om kennis te dra oor wat “Apps” is om ten volle die Android toestel te kan gebruik. “Apps” is programme wat toepassings het vir slimfone en tablet-rekenaars met addisionele gerieflike funksies vir die gebruiker. Een so ‘n toepassing is ‘n “App” wat die gebruiker in staat stel om eBoeke te lees en te beheer. Op die Android toestel is daar ‘n funksie waar die gebruiker verbind word met die Android Market aanlyn winkel waar toepassings afgelaai kan word en waarvan vele gratis is.

Afrikaanse eBoeke kan eenvoudig met die Aldiko Book Reader toepassing gelees word op Andriod toestelle. Die Aldiko sagteware kan gratis verkry word by die Android Winkel.

Om Afrikaanse eBoeke op jou Android toestel te lees is die volgende sagteware nodig:

–  Die Aldiko Book Reader App (wat op jou Android toestel gelaai is)

–  Adoby Digital Editions.

Kliek hier oor meer inligting oor wat Adoby Digital Editions is.

Volg die volgende maklike stappe om Afrikaanse eBoeke op jou slimfoon te lees. Die stappe hoef slegs die eerste keer gevolg te word, daarna is kan eBoeke moeitevry op jou slimfoon gelees word.

Stap 1

Installeer die gratis Aldiko Book Reader App op die Android toestel van jou keuse. Kliek op die Android Market/Google play toepassing op die Andriod toestel en soek na “Aldiko Book Reader App” of kliek hier om die gratis toepassing te installeer om Afrikaanse eBoeke te lees.

Stap 2

Instaleer Adobe Digital Editions  op jou persoonlike rekenaar of op jou tablet-rekenaar.

Kliek hier vir ‘n stap vir stap verduideliking oor hoe om Adobe Digital Editions af te laai.

Tydens die installasie van Adobe Digital Editions sal die gebruiker gevra word om sy rekenaar te magtig om eBoeke af te laai (Authorize Computer). Skep ‘n Adoby ID indien jy nie reeds een het nie.

Nadat jou rekenaar gemagtig is, gaan dan na die Aldiko toepassing op die tablet-rekenaar of slimfoon en magtig dit met jou Adoby ID. Dit is baie eenvoudig om die Aldido toepassing te magtig om die Afrikaanse eBoeke te lees wat jy by myafrikaans.com gekoop het en jou rekenaar en slimfoon hoef net die eerste keer gemagtig te word!

Kliek op die Aldiko toepassing (Aldiko app) op die toepassingsbladsy (device applications menu) van die Android toestel.

Kliek dan op die keuse-knop (menu button) van die toestel en kies instellingskeuses (settings).  Kies Adobe DRM en voer jou persoonlike Adobe ID in. Hierna is jou Android toestel gemagtig om die Afrikaanse eBoeke van myafrikaans.com te lees.

Stap 3

Koop Afrikaanse eBoeke by myafrikaans.com en stoor dit op jou persoonlike rekenaar of tablet-rekenaar. Nadat ‘n Afrikaanse eBoek by myafrikaans.com gekoop is, sal jy ‘n aflaai-skakel ontvang. Die Afrikaanse eBoek kan ook afgelaai word deur te kliek op “my digitale produkte” by jou rekening by myafrikaans.com. Die lêer wat afgelaai word het ‘n .acsm-formaat wat beteken dat dit slegs gelees kan word met ‘n rekening by Adobe. Adoby Digital Editions sal dadelik die .acsm lêer, outomaties oopmaak. Die lêer kan gelees word met Adoby Digital Editions of oorgedra word na ‘n ander toestel. Om die eBoek oor te dra van ‘n persoonlike rekenaar na ‘n slimfoon kan die dokument gevind word in die sub-lêer “my digital editions” onder die lêer “mydocuments”. (Windows: your-home-directory/My Documents/My Digital Editions). As die eBoek opgespoor is, kan die leer oorgedra word na die interne geheue of SD kaart van die slimfoon.

Stap 4

Dra jou Afrikaanse eBoek oor na jou slimfoon. Verbind jou slimfoon met die rekenaar en vind die interne geheue of SD kaart van die toestel.

Gaan na die “eBooks” lêer op die slimfoon. Die “eBooks” lêer  word outomaties geskep as Aldiko geïnstalleer word.  Sleep die Pdf of ePub lêer vanaf  “my digital editions” na die slimfoon se geheue.

Ontkoppel die slimfoon van die rekenaar. Open Aldiko e-leser op die slimfoon.

Druk op “files” by Aldiko en open die Afrikaanse eBoek by “eBooks”. Die Afrikaanse eBoek is nou gereed om gelees te word.

Ek het ook ‘n baie nuttige toepassing ontdek waarmee jou slimfoon draadloos gesinkroniseer kan word met jou rekenaar. Kyk gerus na die AirDroid toepassing.

Lees verder oor die onderwerp.

Junie is lees-maand. 20% afslag op alle eBoeke! Besoek myafrikaans.com nou! Gebruik koeponkode “leesjuni ” om die afslag te ontvang.



Google

Gebruik ‘n tablet om Afrikaanse eBoeke te lees?

June 1, 2012 in Uncategorized

Afrikaanse eBoekwinkel

Afrikaanse eBoekwinkel

Lees wat sê die New York Times oor die onderwerp.

Doemprofete is het met die bekendstelling van die iPad voorspel dat die doodsklok gelui het vir e-lesers soos die Amazon Kindle.

Dit het nie gebeur nie! Die Afrikaanse eBoek sal waarskynlik die selfde koers inslaan as die eBoek bedryf in die VSA.

Barnes & Noble het bekend gemaak dat die verkope op hulle Nook e-leser gedurende die Kersseisoen met 70% gestyg het in vergelyking met die selfde periode laas jaar. Dit is ook onwaarskynlik dat die Kindle e-lesers sal verwyn want is die VSA is die term so sinoniem met ‘n e-leser as wat Kleenex is met sneesdoekies.

Tog moet die Afrikaanse eBoek bedryf besef dat die e-leser mark in die toekoms sal krimp as gevolg van die ongelooflike populariteit van die tabled-rekenaar. Die tablet-rekenaar se funksionaliteit en eienskappe oortref die e-leser.

Volgens Vinita Jakhanwal, ‘n analis by I.H.S. Isuppli het die verkope van e-lesers in die VSA met 108 % gestyg in 2011. Sy voorspel die e-leser mark in groei tot 43 miljoen eenhede in teen 2014, maar teen 2015 sal die mark begin afneem soos die behoefte na tabled-rekenaars in gewildheid toeneem.

Dan is daar ook die nuwe generasie e-lesers van Amazon and Barnes & Noble wat kleur raakskerm-tegnologie het wat e-leser al meer soos tabled-rekenaars laat voorkom.

Besoek die Afrikaanse eBoek-winkel!

Afbeelding: nytimes

Psalms van Izak de Villiers

June 1, 2012 in Uncategorized

Izak de Villiers het in sy laaste boek geskryf oor sy geliefde Psalms.

“Tussen Jerusalem en Jerigo
O God, u weë is heilig.
Is daar enige god so magtig soos U?
U is die God wat wonders doen!
~ Psalm 77:14-15 ~
Loop God op ‘n pad? Sê van een sonnestelsel na ‘n ander? Is daar
‘n sterreweg vir sy voete? Is die Melkweg soos die kindergediggie
gesê het die mooiste hemelstraat? Alles mooi beelde, alles metafore,
alles menslik gedink, maar nee, God loop nie tussen
Jerusalem en Jerigo nie.
Hy is nie aan paaie gebind nie. Hy is immers oral. Sy weë is sy
onbegryplike beplanning, sy andersheid, sy diepte van wat ons
gedagtes noem. Ons kan soos studente destyds met baarde
laatnag sit en redeneer oor God, en dan nog niks weet nie en
nog niks verstaan nie en nie een verstaan dat ons nie kán verstaan
nie.
God se weë is heilig, onaanraakbaar, onverklaarbaar. Maar
Jesus, sy Seun, sy menslike gestalte, het saam met ons kom loop!
Van Jerusalem na Jerigo en terug. Hy stap met ons saam. Tree vir
tree. Of ek dit kan verklaar? Nee. God se manier, sy weë, is heilig.”

Izak se eBoeke

Free images from FreeDigitalPhotos.net