Uittreksel uit ‘n nuwe eBoek “Verhale uit die Ander Wêreld”

February 19, 2013 in Uncategorized

Afrikaanse eBoek

Afrikaanse eBoek


Die Brandstapel


Uit die eBoek: Verhale uit die Ander Wêreld deur Andrew Barlow.

Die mens is `n bang wese. Daar is baie dinge waarvoor mense bang is en die belangrikste daarvan is seker die onbekende. Dit is verstaanbaar. As mense oor die algemeen baie sterk aan iets glo dan is daardie geloof `n gemeenskaplike eiendom. Enigiets wat dit bedreig, word dan met `n gesamentlike afkeur behandel en wee die enkeling wat die vrees ontketen.

So was dit vir baie lang eeue in die Westerse wêreld toe die kerk geglo het dat hy bedreig word deur sektes wat `n ietwat anders leerstelling as die amptelik goedgekeurde verkondig. Die staat was sonder uitsondering in baie nou vennootskap met die kerk. Dat daar van tyd tot tyd ook hewige botsings tussen staat en kerk ontstaan het is ook so maar dit verander nie die afhanklikheid van die twee aan mekaar nie.
Die duiwel was gedurende daardie baie lang eeue vir byna al die mense `n werklikheid. Die duiwel was dan ook die grootste bedreiging vir die kerk en die staat. Mense wat dus die duiwel aangehang het of wat deur die gemeenskap of die kerk of staat se organe en verteenwoordigers vermoed is die duiwel aan te hang was dan ook met die grootste vrees en veragting bejeën. Dit was maklik om `n onskuldige slagoffer te geword van so `n beskuldiging – en dit was uiters moeilik om die beskuldiging te weerlê.
Soms was die verhore op beskuldigings van kettery en heksery deur die sekulêre of die kerklike howe verhoor. Gewoonlik is die beskuldigde erg gefolter en gemartel om `n bekentenis van skuld te verkry. Die metodes wat gebruik was is deesdae uiters weersinwekkend. Geen mens; nouja byna geen mens; kon die foltering en marteling weerstaan nie en in byna al die gevalle is bekentenisse dus verkry. Almal, of byna almal se gewetes was dus bevredig. Reg het geskied. Nog `n gevaar vir die samelewing was verwyder.
Minderheid groepe was erg geteiken gedurende die tydperk. Een van die groepe wat die ergste onder die vyandigheid deurgeloop het was die Jode.
In die jaar vyftien honderd ses en dertig het die Spaanse Inkwisisie talle mense op allerhande klagtes verhoor wat op een of ander manier na die mening van die priesters die kerk en dus die geloof bedreig het. In die dorp in Zaragoza in Spanje het in daardie jaar `n Joodse man gesterf. Hy was `n handelaar en na sy dood het sy weduwee genoeg geld gehad om van te leef. Sy het `n huis aan die buitewyke van die dorp gekoop en alleen daar gaan woon.
Die vrou was lank en slank en soos die meerderheid van haar rasgenote het sy lang donker hare gehad. Haar oë was donker bruin en haar vingers lank en slank aanduidend daarvan dat sy `n fyn aanvoeling vir die kunste en musiek gehad het. Vir `n paar maande het sy rouklere gedra en toe soos voorheen toe haar man nog geleef het, het sy weer helderkleurige rokke gedra. Verskeie mans – Christene en Jode het toe by haar probeer kuier maar sy het op `n hoflike wyse aan hulle almal dit duidelik gemaak dat sy nie in hulle aandag belangstel nie.
Later was haar enigste besoekers Joodse vrouens.
Mense wat by haar huis verbygeloop het, het dikwels gehoor hoe sy musiek instrumente bespeel en sing. Sy het Hebreeuse liedere gesing. Die musiek was ontroerend en het vertel van die lang stryd wat haar mense gehad nadat hulle baie eeue tevore uit hulle tuisland verdryf is deur eers die Assiriërs en toe later deur die Romeine.
Dit was moeilike tye want die hele Europa en Brittanje het gebuk gegaan onder die periodieke voorkoms van die Swart Pestilensie wat miljoene mense afgemaai het. Mense was maklik agterdogtig teenoor andere. Die oorsaak van die siektes was nie bekend nie en miljoene katte is doodgemaak omdat hulle ook onder verdenking was. Die rotte bevolking, draers van die siekte, het dus vermeerder en die verspreiding en voorkoms van die pestilensie vererger.
Naomi Cohen, die vrou, het verskeie katte aangehou.
Iemand het by die plaaslike biskop gaan kla. Dit was genoeg. Naomi is gevange geneem en voor die Jesuïete tribunaal gebring. Sy was aangekla van kettery – omdat sy haar nie soos, die bevel op alle Jode in Spanje gerus het, as Christen bekeer het nie en omdat sy heksery pleeg deur die musiek te maak, katte aan te hou en die pes te versprei. Sy het die aanklagte ontken en geweier om bekeer te word. Die priesters het haar gefolter en gemartel. Sy het steeds geweier om aan die eise te voldoen en het ontken dat sy `n heks was.
Toe hulle uiteindelik nie daarin kon slaag om haar wil te breek nie is sy skuldig bevind en gevonnis om aan die brandstapel te sterf.
Op die bestemde dag is sy na die brandstapel gelei. Toe sy daar aan die paal tussen die brandhout vasgemaak is, het sy aan die biskop gesê:
“Jy sal van nou af aan nie meer rus hê nie!”
Die hout is aan die brand gesteek en sy het daar gesterf – soos baie duisende ander mense dwarsoor Europa en Brittanje gesterf het.
Daardie aand het die biskop weereens, soos op alle aande, aan die hoof van die tafel gaan sit om te eet. Daar was elke nag baie mense, almal belangrik in die samelewing, aan tafel. `n Bediende het sy glas vol wyn geskink en ander bediendes het die ander mense se glase vol geskink.
Toe hy sy glas lig om `n heildronk in te stel het hy en al die ander mense verstar.
Langs hom, skuins by en effens voor sy linkerskouer het die Joodse vrou gestaan. Lang swart hare, donker bruin oë, `n ligblou rok en haar regterhand langs haar sy gelig. Met die wysvinger gekrom in die teken van bevel om nader te kom. Stil. Geen geluid nie.
Die biskop het flou geword en van sy stoel afgeval.
Later het hy in sy kamer in die bed bygekom. Dit was pikdonker. Geen lig het gebrand nie. Geen lig het van buite gekom nie. Die klein venster was hoog teen die muur want sy woning was `n kasteel. Hy kon niks sien nie.
Toe in die donker sien hy haar weer. Sy staan langs sy bed duidelik sigbaar netsoos sy in die eetkamer was en sy roep nog steeds met die gekromde wysvinger. Hy het weer flou geword.
Daardie dag het hy beter gevoel en `n bietjie geëet. Toe het hy geslaap.
Toe dit aand geword het, het hy weer aan die hoof van die tafel gaan sit en gehoop dat die vrou nie weer sou verskyn nie. Hy het gedurende die dag vuriglik gebid en die priesters gevra om ook te bid dat hy verlos sou wees van die vrou.
Weereens toe die bediende sy glas vol wyn skink en hy dit oplig het die vrou verskyn. Weereens het hy flou geword. Weereens het hy daardie nag wakker geword en het sy weer in die stikdonker by hom verskyn.
Dit het `n week lank aangehou. Die biskop het kranksinnig geword en in dolle vrees een nag uit sy kamer gehardloop en by die lang trappe afgeval en sy nek gebreek.

Kliek hier om verder te lees!

#eBoeke

Maverickt Magistrate

January 10, 2013 in Uncategorized

Andrew Barlow se nuwe eBoek “Maverickt Magistrate” is binnekort beskibaar. Maverickt word gedefinieer as onafhanklik en om dit te koppel aan die amp van landdros klink soos ‘n kontradiksie. Word daar nie verwag van ‘n landdros om onafhanlik te wees nie?

Andrew Barlow sal in die eBoek die sluier ‘n lig oor wat die realiteit was om ‘n landdros te wees in Suid-Afrika.

Hiemee die inleiding van die eBoek:

“Dit is die verhaal van ‘n Afrikaner seun wat gedurende die oorlogsjare van die Tweede Wêreld Oorlog en vir ‘ paar jaar daarna groot geword het in die Natalse Middelande. Dit was ‘n Duitssprekende gemeenskap en weens die vyandigheid wat veroorsaak was deur die inval in Duitswes Afrika in 1914 was hy en die ander vier Afrikaans sprekende kinders by die skool geboelie en aangerand deur die groter seuns. Hy was die enigste een wat teruggeveg het en sy oorlog teen hulle het eers ten einde gekom toe hy in graad tien was.

Die weiering om geboelie te word was ‘n eienskap wat kenmerkend was lewenslank en wat veral tydens sy loopbaan na vore gekom het. Gedurende die jare wat hy as beide in die distriks- as streekhowe aanklaer was en later as landdros in die distriks- en streekhowe en op verskeie plekke oor die land was verskeie poghings aangewend om hom te boelie. Die pogings is geloods deur selfs die hoof van die Departement van Justisie en van die ander meer senior beamptes van die Departement om hulle te help of nie teen te gaan in verskeie korrupte praktyke. Hy het gevind dat hy die enigste landdros en later toe hy op die Departementele Inspektoraat was, die enigste inspekteur wat nie aan hulle eise voldoen het nie.

Dit het ‘n loopbaan van spanning en stres meegebring wat dikwels sy geestelike en emosionele vermoëns tot die uiterste toe beproef het. Hy moes al hierdie gebeure en struwelinge alleen hanteer, selfs sonder die bystand van sy eggenote.

Op ‘n paar geleenthede het hy vasgestel dat ten spyte van hulle openbare beelde as mense van onkreukbare integriteit selfs by hulle politieke teenstanders, hulle nie die toonbeelde van die einskappe was nie. Hulle was bloot politici wie se doel was om aan bewind te bly ten all koste en dat hulle ware karakters nie sonder letsels was nie. Sy ondervinding van die mense het nie openbaar bekend geword nie. Sou dit bekend geword het sou dit heel moontlik die toekoms van die land ingrypend kon beïnvloed het. Ongelukkig het die pers destyds of nie in die soort gebeure belangstel nie of meer waarskynlik was dit so geïntimideer dat hulle nie kon waag om die aangeleenthede bekend te maak nie.

Aangesien sy eie lewe onbetwisbaar was en hy altyd gesorg het dat sy optrede korrek was, kon die Departement nie daarin slaag om hom af te dank nie, ten spyte van verskeie pogings om dit te doen. In die verband moet in ag geneem word dat daar toe geen organisasie bestaan het wat enige beampte kon beskerm teen die arbitrêre gedrag van politici en senior beamptes van departemente nie.

Die verhaal van sy lewe en loopbaan klink soos ‘n denkbeeldige boek wat geskryf is deur ‘n skrywer van rillers op die geestelike en emosionele vlak. Elke bewering in die boek is egter waar.

Ek glo dat dit baie lig sal werp op wat agter die skerms gebeur het.

Andrew Barlow, Januarie 2013”

Joernaliste en ander belanghebbendes wat belangstel om ‘n resensie te doen oor die ”Maverickt Magistrate” is welkom myAfrikaans te kontak by bestelling@myafrikaans.com.

What could have been without the Anglo Boer War

December 18, 2012 in Uncategorized

Extract from the new eBook from Andrew Barlow: South African Illusions and Delusions

http://myafrikaans.com/afrikaanse-skrywers/andrew-barlow.html

South African Illusions and Delusions

Nine

What Could Have Been?

After Britain occupied the Cape in 1806, there were clashes and resistance between the Afrikaners and the British. Attempts by the British, especially by Lord Charles Somerset, to anglicise the Afrikaners, failed. When religious ministers for the Afrikaners could no longer be obtained from the Netherlands (due to the annexation) he imported Scottish Ministers. At the time it was customary for ministers of religion to be paid by the government. This was only to change some time later. Dr. Andrew Murray is the best known of them. The Scottish ministers performed their duties faithfully and served their congregations well. They remained true to their origins but were dedicated ministers of religion who are still revered in the history of the Afrikaners. All of them became fluent in Afrikaans and Dutch – Dutch was still the written language and the language of religion for the Afrikaners. An Afrikaans translation of the Bible appeared for the first time in 1923.

The British established governmental organs in many towns; built schools and appointed trained teachers and appointed magistrates. The changes did not take place without resistance. The Afrikaners in the area surrounding Graaff Reinet were the most unruly of all. While the colony was still a Netherlands possession, they regarded themselves as independent. When the British took over the resistance was merely increased. As already mentioned the “rebellion” of Slachtersnek occurred in that area. In the main, however, the English and Afrikaners got on increasingly well with each other and progress took place in many fields.

The only real problem was the continuing and serious conflict on the Eastern Border. The main objections to British rule were the emancipation of the slaves and judicial equality of all persons. These have been dealt with. After the recalcitrant persons had left the Cape Colony the remaining Afrikaners and English were reconciled increasingly. The Afrikaners became progressive, often well educated and often wealthy and settled. Their leaders were sober, intelligent and educated persons. Their power grew with little resistance and unpleasantness.

They also experienced a growing need to have their language recognised together with English as an official language. They succeeded to a large degree in this. Afrikaans instead of Dutch also became more and more important to them. The First Language Movement originated there. It is important to note that F.W.Reitz, who lived in Cape Town, when he was invested as State President of the Free State was shocked to find that the investiture was conducted in high flying Dutch while he had expected this to be in Afrikaans. He was not fluent in high Dutch. He remarked on this after the ceremony and was then told that they reserve High Dutch only for State occasions! In the two republics where the Afrikaners ruled themselves they were more than fifty years behind their compatriots in the Cape Colony in the recognition and use of Afrikaans. However, it is often stated as the main justification of the South African War that it made the Afrikaners conscious of their national identity and fused them into a nation. Again, a consideration of the facts will immediately make clear the invalidity of that statement. The Afrikaners in the Cape Colony had advanced very far beyond both republics in the use and development and recognition of Afrikaans and in their Afrikaans nationalism. They were a solid, unified cultural and political bloc. There are Afrikaans writers who dispute this and allege a secret odious complot between the leaders of the Afrikaner Bond and certain English leaders such as Rhodes, to undermine Afrikaans and the Afrikaners. This is simply either a distortion or a deliberate misinterpretation of the facts.

The Afrikaners in the Cape held the balance of the political power. W.P. Schreiner the son of a German missionary and an English mother was English speaking and was the Prime Minister of the Cape Colony. He became Prime Minister with the support of the Afrikanerbond under Jan Hofmeyer – Onze Jan. The Afrikaners in the colony were therefore overall a contented, responsible people with a rosy future. This must be borne in mind when the period of James Barry Munnik Hertzog is dealt with.

In the Free State matters were developing on a similar basis although not at the same pace as in the Cape Colony.  The two groups there experienced few problems and lived in harmony. The republic was well governed from the start. The only problem arose during the short period when Pretorius of the Transvaal tried to sit on two chairs at the same time, because he wanted to unite the two republics – and this at a time when the Transvaal was torn asunder with civil strife and had various States President and Commandants-General. The problems – for the Free State passed away quickly and left no permanent scars.

Had the South African War not taken place matters in the Free State would have progressed very much as they had in the Cape Colony.

In the Transvaal the position was quite different. There were at many places a significant English population where as in Heidelberg, the two groups also lived in increasing harmony and mutual appreciation. Details of this can be found inter alia in Heidelbergers of the Boer War  by Ian Uys.

Emotions before, during and after the Anglo-Boer War ran high between both sides. In spite of this there were numerous incidents which showed that the English speaking people and the Afrikaners could, if this had after the war been pursued properly, as Louis Botha and Jan Smuts attempted incompetently, have lived and worked in great harmony to build this country into a prosperous and stable one. Most of the English speaking people at Heidelberg (T) remained neutral and did not assist the Boers. On the other hand they neither assisted the British. However, when the British forces occupied Heidelberg and the surrounding area, the British military authorities persecuted many of the English speaking people on totally false and spurious allegations of co-operating with the Boers. Some of them were interned and others were imprisoned. There were as usual the injustices caused by the avarice and unscrupulousness of individuals. A British commander who was stationed at Heidelberg wanted the home of a prominent English family as his headquarters. In order to achieve this he had the husband interned and imprisoned at Cape Town and the wife banned to Cape Town on completely false and unfounded charges of conspiring with the Boers.

On the other hand during the period when the Republican Government still controlled the Transvaal and while the commandos had several resounding successes the English people in the towns were not molested nor ill treated.

A few, because they considered themselves to be Transvaal citizens, joined the Transvaal forces such as Commandant Mears of Heidelberg and Cheere Emmet of Boksburg. Emmet was Louis Botha’s brother in law and rose to the rank of general. Both were among the most competent of the officers on the Transvaal side. Mears was a disciplinarian who did not brook any indiscipline or unwillingness to fight. He used the sjambok to inspire his burghers with both. On occasion Louis Botha remonstrated with him about this and Mears then threatened to take his commando to the Free State and to fight there. He was then left in peace. (Christiaan de Wet also used the sjambok as an effective disciplinarian).

Milner took over the government of the two new colonies and imported a number of brilliant and enthusiastic young men to assist him. They came to be known rather derisively as “Milner’s Kindergarten.” His ideal was to forge the whole of South Africa into an English speaking colony. The Afrikaners had to become Englishmen – after all the Anglo-Saxon race was the best race in the world and they were fit, able and destined to rule the world.

Much of what Milner intended and attempted to achieve was admirable. The Kruger National Park was but an idea in a law passed by the Transvaal Volksraad under Kruger. It had, however in the Treaty of Vereeniging been stipulated that the laws of the Transvaal would be carried out and enforced. He then appointed Colonel Stevenson-Hamilton to carry out the provisions of the act and the Kruger National Park became a reality.

The reconciliation of the disparate factions in the Afrikaner people had to be achieved. The enmity between the Bitterenders and the “Handsuppers” and “Joiners” had to be resolved. This had to be done, not to consolidate the Afrikaners but to remove the enmity in their ranks which was a stumbling block for Milner in the achievement of his greater ideal. The adults could not be anglicised but if they could be reconciled their children could be turned into English men and women.

  The Commissioners at all the various centres had to report regularly on the progress that had been made in this. The commissioner at Pietersburg on occasion reported that the enmity there was still very deep and alive and gave as an example the incident when a Bitterender had at a meeting called a Joiner a donnerse bliksem. This he said was apparently a very serious insult although the literal meaning was merely thunder and lightning.

He took measures to protect the impoverished burghers from being exploited by traders and others.

However, like Sir Charles Somerset, his actions to anglicise had exactly the opposite effect. Dutch was relegated to the position where for all practical purposes it was not taught in the schools. Except for this the schools which were established under his rule were in the circumstances of a high quality. In the Free State general James Barry Munnik Hertzog, a man who is not credited with real abilities as a statesman by the Afrikaners, thwarted Milner. In the Transvaal Smuts as minister of Education toed the Milner line. Private schools were established where the Afrikaans youth was taught in their “language” – which was not Afrikaans but Dutch.

Homo sapiens is the only animal which does not learn from experience. If the British Government had considered and analysed the previous attempts, particularly by Lord Charles Somerset to anglicise the Afrikaners, they would have realised that Milner was probably the most unsuitable person to be appointed to South Africa.

There is a striking resemblance in one particular aspect between Rhodes, Milner and Hitler. All three were men in a desperate hurry. All three of them had a burning desire to see their ambitions realised fully within their own life times. Rhodes, Chamberlain and Milner wanted the British Empire to be expanded to encompass most of the world. Rhodes wanted this to start at the Cape and progress from there to Cairo – but with Rhodes acknowledged as the main architect of this – and very quickly. Chamberlain did not like the idea of Rhodes having the desire to be the main architect and was willing to let matters develop “of their own accord and more or less in their own time” towards that end, with the Colonial office of which he was the Secretary, as the main architect. Milner had a similar ambition to that of Rhodes and with Rhodes, after the Jameson Raid, out of the picture, took over. He was in many ways, especially in his personal life, a frustrated man. He would not, like Chamberlain wait until Kruger died or retired and a progressive government in the Transvaal took over, as in all probability it would have, but was determined to find or invent a casus belli to force matters to a head and to incorporate both republics in the British Empire. Hitler wanted to see his ambitions in Eastern Europe and in the Soviet Union realised in his own lifetime.

There had been strong opposition in Britain to Milner’s appointment, and Sir Henry Campbell-Bannerman had asked for his recall. Eventually on the 2nd April 1905 Milner left – a disillusioned man. He had come up against the stone wall of indestructible nationalism. It is possible to subjugate a nation and to incorporate it into the empire of the victorious country. There are certain unalterable requirements for this to succeed. If the soul of the nation is sought to be destroyed that nation will oppose the conqueror with all the means at its disposable. Any nation’s language is one of its most important possessions. It is, probably invariably, the one characteristic which more than anything else makes it a nation. At the peace conference in Pretoria Milner and General James Barry Munnik Hertzog clashed. When article 5 of the treaty, the article dealing with language rights, was being discussed Milner in reply to Hertzog said that he wanted only one language in South Africa. Herztog replied that that was what he wanted. They were not talking about the same language. Milner wanted the Afrikaners to become English. This desire of many British rulers in this country has probably done more than anything else to antagonise even the most moderate Afrikaners.

If there had been no deliberate attempt after the war to anglicise the Afrikaners, reconciliation between them and the English speaking people would quite possibly have been achieved to a very large extent. The atrocities committed by the British; the concentration camps, the rape, murder and pillage committed on a large scale by them, the permitting and even encouraging the black populations in several areas and of those black men in their employ to also commit these atrocities; might have become somewhat more dim in their memories. This would only have occurred if the government by the British after the war was in every sense a benevolent one towards them.

This was not so. Their language was suppressed. Their country had been wantonly destroyed. Their children, especially their children, had been killed in their camps. They were in a far worse position then than their forebears had been when they had trekked in their wagons with their possessions from the Cape into the Free State and the Transvaal. Their forbears had hacked out of the country a stable civilisation, in a country where nothing like that had existed before. They returned after the war to black burnt ruins where there was nothing but desolation and the putrid smell of death; penniless and in poverty.

The British Government had agreed to the paltry sum of three million pounds to put them back on their feet. Most of this went to the traitors – even then in drips and drabs, given reluctantly and grudgingly.

If, in view of the Afrikaners’ ability to forgive and forget, the leaders on both sides had made a concerted effort to mould the two groups into a South African nation with the retention of their separate identities, the country and its peoples would have benefited tremendously. Botha and Smuts, especially Smuts after the death of Botha in 1919, emphasised the English interest to the almost total non-recognition of the Afrikaner interest. The English speaking political leaders made no attempt to further any real co-operation.

In the Free State Hertzog mobilized the Afrikaners and fought the English education system tooth and nail. After self government was granted to the Free State, after Milner had left, he introduced an education system that put Dutch on a par with English. In the Transvaal Smuts, after self government was granted, became the minister for education. At first sight this might seem a strange port folio for a man like Smuts. If what he had done before, if what has been set out about him before is borne in mind, it fits in well with his overall strategy. He had nestled into the niche which he had prepared all along. Whichever way the war went, Smuts would emerge victorious. He would take over where Milner had left off. He would make the Afrikaner children and the subsequent Afrikaner generations English. His education policy was directed to this end.

Botha genuinely desired to reconcile the two groups but he was out of his depth. It was a difficult task and with Smuts at his side an impossible one. Botha had come out of the war with a well deserved reputation as an extremely capable general. He had a great following due to this. His party’s resounding victory at the first election was proof of this.

The English speaking section of the Transvaal made his work no easier. The animosity towards the Afrikaners was intense. The feeling that England’s – not Britain’s – interests were paramount was uppermost in their minds. The Afrikaners were barred from all but the most menial and unskilled employment.

 The conditions which developed in the Cape Colony and the Free State could have occurred in the Transvaal only if an informed, intelligent person such as Piet Joubert had been State President and not Paul Kruger.

Had Piet Joubert been State President the South African War would not have taken place. The governments of  Natal, the Cape Colony and the Free State agreed with the British government that the territories in South Africa should unite in a political and economic unit. The most important uncertainty was whether this should be by means of a federation or con federation of states. For any informed, intelligent person the necessity of this would have been clear.

If this had happened, as it inevitably must have happened once Paul Kruger was no longer the President, Smuts would not have been one of the main actors on the political stage. His divisive and therefore destructive role would not have been in the script.

A system was evolving in the Cape Colony and Natal which to the incalculable harm of the country was destroyed by the South African War – in 1910 with unification. In these two colonies any person could, if he complied with certain requirements, obtain the right to vote. The requirements had mainly to do with a certain measure of literacy and income. A natural development thereof would eventually have led to a peaceful and generally accepted solution of the colour problem.

In order to obtain the co-operation of the black people in the Transvaal and the Orange Free State, the British government had promised that they would be granted political rights similar to those pertaining in the Cape Colony. This promise was not kept. It was deferred until self government was to be granted. When the four colonies, as they then were, were united in 1910 the matter was not dealt with. It was left to be dealt with by the Union Government. In 1906 chief Segale of the Kgatla tribe reported that he had found that extreme disillusionment existed among the black people in the Transvaal because of the non-fulfilment of British promises and that if war between the Boers and the British were then to break out then the black people would support the Boers as their treatment under the Boers had been better than under the British. To these indispensable allies of the British in the war, allies without whose assistance they could not have fought that war, the British, the English as the world in general refers to them, were the perfidious Albion  of the French or the promiscuous Hussy  of the Russians.

This deliberate neglect, the disregard of a serious undertaking and pledge, was as so often in the history of the British Empire made in order to achieve an immediate advantage. The advantage in this case being to be rid of the responsibility for the governing of the colonies. The material benefit to the Empire of the Witwatersrand gold had been assured. The ideal of the expansion of the empire had been secured. The politicians and the Randlords greed had been satisfied.

Milner had in mind for South Africa a great preponderance, a tremendous majority of Britons to make sure that the British would permanently be in control of the country. To this end a mass emigration of Britons to South Africa would have to take place. The British Government did not succeed in this; immigrants arrived here only in small insignificant numbers. The reason was that the British people had no wish to immigrate to a country beset with a “Native Problem” which could only become more serious as time went on. They went to places like Australia, New Zealand, Canada and the United States in great numbers.

Without the South African War the Afrikaners in the Free State and the Transvaal would not have lost l3,6% of their population – 28000 deaths in the concentration camps and 6000 deaths on the battle fields.

The Afrikaners’ entry into the trade and industrial sectors would not have taken place with the animosity and opposition of the English with which it had to cope until well into the second half of the twentieth century.

The deep seated resentment, resistance and soul destroying frustration of being prohibited from following any occupation which was the lot of other races for decades would not have taken place. The country was known to be rich in minerals. Industrial development would have taken place rapidly in spite of the rabid jingo opposition to such progress. South Africa would quite possibly have surpassed Australia in this respect. This development allied with the liberal policy of the Cape and to a lesser extent that of Natal would have ensured that the political integration of the various people would have followed a course whereby most of the major problems would have been solved almost unnoticed.

The country would have progressed unstoppably much further in all spheres of trade and industry as is at present the case.

The enmity between Boer and Brit which still bedevils the relations between the two groups would not have existed. The Afrikaners in the Cape Colony had a greater consciousness of identity than those in the Free State and Transvaal. The progress in the Cape Colony would inevitably have spread to the two republics.

The South African War was disastrous in several ways. If the route which Gladstone preferred had been followed this would not have been the case. As mentioned earlier the Cape, Natal and the Free State were in agreement that some kind of union, whether a federation or a con federation of states, was necessary. Many Transvalers were also in favour of this. The schemes of Milner, Rhodes, Chamberlain and several others wrecked this possibility. The evil that men do live after them.

It destroyed the British Empire. After the humiliations which British arms had suffered repeatedly at the hands of a few untrained farmers, after almost half a million men were unable to subjugate a handful of men who were still fighting, very few if any countries took the British seriously as a military power. India in particular, the Crown jewel in the Empire, began to realise that it could look forward to throwing off that yoke – other possessions woke to the same fact.

The dream of Milner, Rhodes and Chamberlain of an Empire ruled by the Anglo-Saxon English, the people of destiny, assisted by the white Anglo-Saxons of the colonies, would rule the world and would take the non-white colonies under their collective wings was a shattered dream.

The material loss of the war to Britain was severe – it cost more than two hundred million pounds – a colossal sum in those days. But much more than this was the loss of international prestige. The pursuit of the ideal to extend the empire to cover most of the planet lost impetus – it came to almost a standstill. The Great War, the First World War, was due to a power struggle between Britain and Germany. The assassination at Sarajevo was merely the spark in the powder keg. If the South African War had been avoided Britain’s prestige and the fear in which it was held by the other powers would not have been diminished. It is a real possibility that war between Britain and Germany would then not have taken place.

If the First World War had not taken place the Second World War would not have taken place. That conflict, taking everything into account would, if any war had broken out, have been confined to the Pacific Ocean area. (The war in the West in fact persuaded Japan that it could attack and seize areas rich in raw material in the Far East with impunity and at one tremendous blow cripple the United States of America to such an extent that it could not wage war against Japan effectively) Europe and Russia would not have been involved – Hitler could in the circumstances which then obtained not have arisen as the trumpet call to arms for the German people to set right the injustices of the treaty of Versailles as that treaty would not have existed. There would have been no Treaty of Versailles. Hitler with his dream of acquiring lebensraum eastwards would not have been on any political front or horizon.

Stalin might not have been obsessed with the arms race. The Soviet Union might possibly have progressed far more peacefully and with far greater material benefits to its people. The communist ideal of a communist world might, however, have necessitated a war against that state. Such a war would not have had the devastating and ruinous effect which the Second World War had.

A federation of the South African states was rendered impossible. The union of only the Cape, Natal, the Transvaal and the Free State made this impossible. This was to the detriment of the territory.

Enmity between the Afrikaners and the English would not be eliminated in a hundred years. There is still a great deal of that.

The Afrikaners would not have lost a major portion of their people. Recovery of this loss has been impossible.

The balance sheet of that war shows only losses. Even the mining magnates were losers. Their gains, if the war had not taken place, would have been greater.

There are better ways than war to solve differences and problems.

Like the Transvaal which had the men with the intelligence and the knowledge and the vision to lead it into its industrial revolution after the discovery of gold but who were brushed aside by its people and a militant ignorant narrow minded incompetent man placed at its helm, Britain had its men of vision who also were brushed aside and it had militant, self-seeking, narrow minded men at its helm. Gladstone and his supporters could have taken Britain and its empire to greater heights – peacefully and successfully.”

Google

#eBoeke

Kruitvat

December 11, 2012 in Uncategorized

 

Henning J van Vuuren het ná skool aan die Universiteit van Pretoria in die regte studeer. Daarna sluit hy hom by die Suid-Afrikaanse Polisie aan, waar hy ’n offisier word. Hy bekwaam hom later as prokureur, maar sy passie vir skryf laat hom ’n kursus in Kreatiewe Skryfkuns en Joernalistiek loop. Hy het ook as joernalis vir die Laevelder in Nelspruit gewerk. Etlike kortverhale uit sy pen, in Afrikaans sowel as Engels, is op Litnet gepubliseer, en hy was in 2009/2010 een van die top-vyf in Tafelberg/Sanlam se Jeugromankompetisie.

Marius Visser skryf in Rapport dat Kruitvat deur Henning Janse van Vuuren ’n triomf is. Dis ’n karaktergedrewe heuningpot van intrige en spanning wat die ondenkbare regkry: Dit spin ’n storie in die hier en nou wat jou laat vergeet hy’s Afrikaans; wat enduit boei en oortuig met sy taalgebruik en gebeure; wat jou hardop laat lag en jou laat seker maak die voordeur is dig gesluit – sonder om, en dis nog een van die slaggate in Afrikaanse prosa, jou soos ’n 12-jarige te behandel.

Uittreksel uit die eBoek, Kruitvat:

Adriaan.”

Adriaan wip soos hy skrik. Hy is besig om die deur agter hom toe te stoot.

Genade, oom Bert!”

n Fyn glimlag speel om die apteker se lippe.

Skuldige gewete?”

Nee wat. Hoekom sal ek hê?”

Bert Badenhorst steek sy hande in sy wit oorjas se sakke.

Ek sien jy dra nie vandag jou kisklere nie.”

Nee, Oom. Monica gaan …”

Moenie sleg voel nie. Ek gaan ook nie daai korrelkop se begrafnis bywoon nie.”

n Voetganger slenter nader, kyk belangstellend na sy eie weerkaatsing in Bosveldnuus se venster en drentel verby sonder om te groet.

Maaifoedie,” snork Bert. “Ja, die wêreld is ’n beter plek sonder hom.”

Adriaan voel hoe sy bloeddruk styg.

Hoe meen Oom?”

Gmf, daai vent het my jare gelede by die Aptekersraad aangegee. Hy het loop en vertel ek meng bakpoeier met sout en verkoop dit as Panado. Regte ou nincompoop.”

En?”

En wat?” Bert rek hom tot sy volle lengte. Hy troon ’n halwe kop bo Adriaan uit. “Probeer jy ’n grap van my maak?”

Nog voetgangers stap nader. Bert staan kiertsregop, knik styf en wag met ingehoue asem tot hulle verby is, voor hy aangaan.

Dis nie grappies nie. Ek was onskuldig.”

Ek vra maar net. Ek weet mos nie.”

Bert lek vinnig oor sy lippe. Dit lyk of ’n bietjie kleur na sy gesig terugkeer.

Adriaan, dié swart man wat hier by jou werk, is hy ’n Mosambieker? Ek het nou die dag al met Monicatjie hieroor gepraat. Maar sy het niks aan die saak gedoen nie.”

Bert se kop sak ’n aks vooroor.

Oom praat seker van Onassis. Hy is ’n boorling van Mosambiek … as ek reg verstaan. Maar hy het Suid-Afrikaanse burgerskap. Ek het na sy ID gekyk.”

Dit tref Adriaan skielik dat hy nog nie Onassis se WVF-dokumentasie met die Departement van Arbeid uitgeklaar het nie.

Kyk, Adriaan, ons het al vir meer as ’n jaar goeie buurmanskap. Dié man, Onassis as jy so sê … kyk, is dit nodig dat hy hier agter woon?”

Hoe bedoel Oom? Pla hy? Raas hy dalk? Doen hy iets verkeerd? Daar is ’n woonstel beskikbaar en dis deel van sy diensvoordele!”

Bert vroetel in sy oorjas en lek weer vinnig oor sy lippe. Bosveldnuus se deur swaai oop en Monica kom handsak onder die arm uit.

Haai, is jy nog hier, Adriaan? Môre, Oom.”

Môre. Verskoon my.”

Hy verdwyn ding-dong by die apteek in.

Kliek op die afbeelding om die eBoek te koop teen slegs R86.76! 

Afrikaans word gehoor in die vergadersaal van die Nederlandse Eerste Kamer

December 10, 2012 in Uncategorized

1kamer

Die Interparlementêre Komitee (IPK) van die Nederlandse Taalunie se hoorzitting oor die stand van Afrikaans in Suid-Afrika het in die geskiedkundige senaatsaal van die Nederlandse parlement op 3 Desember plaasgevind. Die getuies wat die komitee toegespreek het was prof. Koos Malan, staatsregsgeleerde aan die Universiteit van Pretoria, dr. Michael le Cordeur, voorsitter van die Afrikaanse Taalraad, asook Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, en Henry Jeffreys, voormalige redakteur van Die Burger. Beeld

Die IPK bestaan uit Nederlandse en Vlaamse Parlementslede en hul vrae is in Nederlands gevra en in Afrikaans geantwoord. Wat ‘n voorreg om Afrikaans te hoor in die setel van demokrasie in Den Haag!

Flip Buys het die vraag oor hoekom Afrikaans, treffend geantwoord met ‘n aanhaling van Breyten Breytenbach “ Afrikaans is my asem”. Die voorsitter van die Kommissie, Martin Bosma se vertaling van asem as adem in Nederlands het ‘n Vlaamse verteenwoordiger genoop om by te voeg dat Vlaams ook praat van asem en nie adem nie. Die lede van die Taalunie is dit eens dat Afrikaans nader aan standaard Nederlands is as ander Nederlandse dialekte.

Dat Afrikaans so reg geklink het en so tuis was in die Vergadersaal van die eerste kamer met sy ryk Germaanse geskiedenis het net weereens bevestig dat nie Nederlands of Afrikaans hul wedersydse verbondenheid kan of mag vergeet nie.

2010-05-22-den-haag-by-RalfR-41

Die Vergadersaal van die Eerste Kamer is geleë te Binnehof 22, Den Haag. Binnehof is die gebouekompleks wat al eeue lank die hart is van die Nederlandse politiek. Die stad Den Haag het ontstaan rondom die Binnehof. Ek is begroet op die binneplein deur ‘n kombinasie van sneeu, wind en reën en nadat ek navraag gedoen het by ‘n ingang waar die vergadersaal is het ek kennis gemaak met ‘n Nederlander van Utrecht, in ‘n besigheidspak, wat dadelik my Afrikaanse aksent herken het en ook op pad was na die hoorzitting. Saam kon Nederlander en Afrikaner die Eerste Kamer der Staten-Generaal soek.

Die Eerste Kamer der Staten-Generaal, ‘n monumentale vergadersaal wat gebou is in opdrag van die State van Holland en West-Friesland deur die befaamde argitek Pieter Post. Die vergadersaal moes die nasionale en internasionale invloed van die state Holland en Wes-Friesland uitbeeld. Wat my veral opgeval het is die plavonskilderye van Andries de Haen en Nicolaas Wielingh wat die Hollandse staatmanskap uitbeeld met hul verhoudings met verskillende volke waarmee die Republiek wêreldwyd bande gehad het. Die Statenzaal word sedert 1849 as vergaderplek vir die Eerste Kamer gebruik.

Flip Buys het betoog dat Afrikaans behoort aan almal wat dit praat. Flip Buys het ‘n prentjie geskep waar Afrikaans se posisie verswak as hoër funksie taal as gevolg van die funksionele eentaligheidsbeleid van die Regering. Die laervlak funksies gedy wel soos gesien kan word uitstekende Afrikaanse musiek, letterkunde en die groei van kunstefeeste. Die krisis waarin Afrikaanse moedertaalonderrig hom bevind word ook ervaar deur ander inheemse tale. Die uitdaging wat Afrikaans in die gesig staar is volgens hom dat Engels gesien word as die taal van geleenthede. Flip Buys het NP van Wyk Louw aangehaal wat geglo het moedertaalspreek ‘n broodsaak is.

Dr. Michael le Cordeur, Voorsitter van die Afrikaanse Taalraad het aan die kommissie getoon dat die nuutste sensus-syfers aantoon dat 7 Miljoen Suid-Afrikaners Afrikaans as huistaal het. Sedert die vorige sensus het Afrikaanssprekendes met 1 miljoen toegeneem. Afrikaans het volgens le Cordeur sedert 1993 sy vryheid verkry. Afrikaans het op grondvlag vlerke gekry. Le Cordeur het ook uitgewys dat alhoewel Afrikaans op grondvlak blom dit ‘n knelpunt is dat die regering nie Afrikaans ondersteun nie. Hy het die bemagtiging van Afrikaanssprekendes bepleit.

Volgens prof. Koos Malan word Afrikaans nie voldoende verskans in die Grondwet nie, ‘n voorbeeld daarvan is dat die bepaling dat ‘n burger by ‘n staatsinstelling in sy eie taal bedien moet word nie ingesluit in die Grondwet nie. Afrikaans het hoofsaaklik geprivatiseer geraak as daar gekyk word na KykNet, Napers en organisasies soos Afriforum. Die beleid van verteenwoorigheid van die regering benadeel ook Afrikaans, omdat bestuurs- en leierskapposisies nie toeganklik is vir Afrikaanssprekendes nie.

Dit het duidelik geword uit die getuienis wat gelewer is dat Afrikaans springlewendig is maar aangesien die taal geen ondersteuning kan verwag van die regering nie, ekonomiese bemagtiging die enigste opsie ter oorlewing is. Myafrikaans.com is ook gestig om die mark vir Afrikaanse eBoeke en e-produkte wêreldwyd uit te bou. Afrikaanse eBoeke het veral groot potensiaal in Nederland, België en lande wat ‘n groot getal Afrikaanssprekendes het. Afrikaanse eBoeke en Afrikaanse musiek is ‘n venster waarin Afrikaans as ‘n taal bekend gestel kan word wêreldwyd.

Die IPK is versoek om ‘n staande komitee vir Afrikaans saam te stel wat uit ‘n  werkgroep moet bestaan van Nederlandse en Afrikaanse belanghebbendes. Die werkgroep moet veral kyk hoe die Afrikaanse kultuur bevorder kan word in Europa. Die werkskommitee kan skakel met Afrikaanse organisasies en internasionale beste praktyke ondersoek met betrekking tot die beskerming van minderheidstale soos byvoorbeeld Vlaams.

Kyk ook na Rigtingbedonnerd ‘n kort eBoek uitgegee deur tafelberg uitgewers oor die Afrikaner post 1994.

rigting

 

Max du Preez oor leierskap in Afrika

December 8, 2012 in Uncategorized

Voel dit nie ook partykeer asof jy uitmis as kommentaar oor ‘n nuwe niefiksie boek of oor sake van belang in die briewekolome van koerante verskyn nie.

Max du Preez skryf byvoorbeeld in The Mercury dat die toenemende onverdraagsaamheid en ondertoon van geweld in Suid-Afrika aangevuur word deur die houding en uitsprake van ons mees senior politici.

Feitlik elke dag , word ons gekonfronteer met iemand wat in die openbaar verklaar dat hy sal “sterf ” vir iemand of iets.

Wat staan in jou pad: Niefiksie boeke is ontsaglik duur in Suid-Afrika, besige mense kom nie altyd by ‘n boekwinkel uit nie, die boeke se formaat is te lank vir jou besige skedule en dit is onprakties om ‘n boek saam te dra vir ingeval daar iewers in die dag ‘n paar minute is om verder aan die boek te lees.

Nou het Tabelberg Kortboeke, wat beskikbaar is by myAfrikaans.com, die oplossing: kort eBoeke, met sakpaspryse, oor aktuele kwessies wat geskryf is deur die voorste meningsvormers. Erika Oosthuysen, niefiksie uitgewer, het gesê: “Ons is in ons noppies met die loodsing vandag van ’n nuwe reeks eBoeke, Tafelberg Kortboeke, waarin van Suid-Afrika se topkommentators en -skrywers aan die woord is. Dis ’n formaat wat skrywers meer ruimte bied as ’n koerantartikel, met plek vir diepte en genuanseerde analise. Tog is dit maklik en vinnig om te lees op selfone of e-lesers. Kort eboeke pas reg in die kraal van besige lesers wat op hoogte wil bly en wat goeie skryfwerk waardeer. In die VSA is daar reeds meer as 2 miljoen kort eBoeke verkoop en die New York Times het die ‘nuwe genre’ verwelkom.”

Max du Preez se kort eBoek “A chief is a chief by the grace of his people” Once we had leaders vergelyk die Suid-Afrikaanse leiers van vandag met die tradisionele leiers van die verlede. Max haal vir Dr. Mamphela Ramphele aan wat van mening is dat die knelpunte in Suid-Afrika van die afgelope dekade hoofsaaklik te wyte is aan die feit dat leierskap monumentaal gefaal het.

As meningsvormers gevra word na watter tipe leierskap in Suid-Afrika krities belangrik is, word na Staatsmanne soos Franklin D Roosevelt en Winston Churchill of besigheidsleiers soos Steve Jobs verwys. Max dui suksesvol in hierdie eBoek aan daar ‘n goudmyn is van navolgenswaardige en partykeer skouspelagtige leiers in Suid-Afrika se pre-koloniale en vroeë koloniale tydperk. Daar is in die Suid-Afrikaanse geskiedenis mans en vroue wat visie, waagmoed, dapperheid en beginselvastheid getoon het. Wat interessant vir my was dat Max aantoon in die eBoek dat sekere leiers wêreld wye aansien gehad. Met die sterwe van Hoofman Sekhukhune is soos volg berig deur die London Times op 30 Augustus, 1882 : “ We hear this morning from Durban of the death of one of the bravest of our former enemies, the Chief Sekhukhune…… The news carries us some years back to the time when the name of Sekhuhune was a name of dread, first to the Dutch and then to the English Colonists of the Transvaal and Natal” ( bladsy 8 van die eBoek).

Dit is dus nie nodig dat daar altyd buite Suid-Afrika gesoek moet word vir voorbeelde van visioenêre leiers nie. Max skryf dat as die leierskap- vaardighede, styl en visie van sekere Suid-Afrikaanse konings, sendelinge, en filosowe van gister ontleed word, vind ons dat vandag se leiers se verskonings van kolonialisme, apartheid, Westerse imperialisme, en neoliberalisme nie werklik water dra nie.

Max du Preez se kort eBoek “A chief is a chief by the grace of his people” beslaan 52 bladsye, word uitgegee deur Tafelberg Uitgewers en is beskikbaar by myAfrikaans.com vir slegs R38.42

 

Google

eBoek oor die Zulu Kryger

December 5, 2012 in Uncategorized

The Zulu Warrior. Soos dikwel die geval is, is daar wanoppvattings oor die Zoeloes, die geskiedenis van daardie tyd en dus die houding van mense en selfs die van ernstige geskiedkundiges oor die mense en die gebeure. In hierdie boek is die geskiedenis getrou weergegee. Die relaas wentel om die denkbeeldige ervaring van een Zoeloe kryger vanaf die tyd toe hy ‘n seun van vyftien jaar oud tydens die regering van Shaka was totdat hy ‘n ou man tydens die heerskappy van die Zoeloe koning Cetewayo was.

.

Min bekende gebeure tydens die regering van Shaka word behandel. Waar Shaka as ‘n Afrika Napoleon beskou word, word die juiste posisie duidelik gemaak en is dit sonder twyfel dat hy ‘n bekwame krygsman was maar dat hy ‘n volslae psigopaat was. ‘n Interessante aspek is dat hy reeds toe metodes ontwerp het om witmense in ‘n oorlog te verslaan – metodes wat nie deur Dingane gevolg was nie. ‘n Ander siening van die traktaat tussen Dingane en Piet Retief word behandel en die slag van Bloedrivier word uit ‘n ander oogpunt benader – soos die Zoeloes dit ervaar het. Die gebeure word geweef om die lewe van die kryger wat die naam van die “Die Wellustige” deur Shaka gegee was weens ‘n insident in ‘n geveg. Die geheel en al ineenstorting van die Zoeloe kewenswyse en hoe dit die gesinslewe vernietig het en die gevolglike emosionele trauma vir die Zoeloes word in die lewe van die kryger uitgebeeld. Dit is ‘n verhaal van die geskiedenis van Die Zoeloes van daardie tyd, maar die stormagtige lewe en die verwoesting daarvan van die kryger en sy lewe en sy uiteindelike huwelik met ‘n meisie wat ‘n gevange was in Dingaan se isigodlo senkosi (harem) Hoe die meisie wat geen familie meer gehad het nadat haar mense uitgewis was nie, deur die kryger met ‘n slim plan na sy ouers kon neem en uiteindelike met haar kon trou. Maar hoe sy by sy ouers gebly het al kon sy later na hom by sy militêre kraal gaan omdat sy nie die oumense alleen wou laat nie. Hoe hy later na die Slag van Bloedrivier na haar en sy ouers kon gaan, moeg van oorlog en swak regeerders

 

.

Kliek op die afbeelding om die eBoek te koop!

Google

 

Palmbome en seks

November 28, 2012 in Uncategorized

 

Palmbome en Seks

Uittreksel uit die eBoek:  

Kronkelpaaie: ‘n bundel van 32 verhale uit die howe deur Andrew Barlow

Gedurende die negentien vyftiger jare was die Polisie en die hotel bestuurders op die Suidkus van Natal baie besorg oor die sedes en moraliteit van die jongmense. Die spulletjie wat elke jaar met vakansie soontoe gegaan het, was ietwat wild.

Dis een van die eienaardighede van die mens dat elke geslag dink dat hulle die aanloklikheid, pret, genot of wat nog van seks as, sê nou maar `n tydverdryf of vermaaklikheid, uitgevind het en dat die vorige geslagte op die gebied maar taamlik dom en agterlik was oftewel dan preuts en van baie goeie gedrag.

Hulle wonder nooit, dat as dit so was, hoe dit dan gebeur het dat die dierbare planeet van ons, oorbevolk is nie. In die verband dink hulle nie daaraan waar al die mense vandaan kom nie.

Eva, natuurlik met Adam as medepligtige, het `n ding begin wat eers sal eindig as die mens die dag van die aardbol sou verdwyn. En dis nog ver in die verskiet, tensy …….. Maar laat ons liewer nou nie te diep in die moontlikhede delf nie. Daar is genoeg onaangename dinge sodat ons nou nie nodig het om sommer so moedswillig meer te maak nie.

Kyk maar na die geskiedenis. Ons kennis strek nie baie ver in die verlede nie maar ons kan raai oor heelwat van die gebeure. Neem nou maar die ou Grieke. Hulle geskiedenis is vol van die manewales wat met en deur vrouens veroorsaak is. Alexander die Grote is in Persië deur `n hoë klas Griekse prostituut aangehits om `n pragtige paleis af te brand. Dat daar in daardie “beroep” ook klasse en stande kan wees ten spyte van die ononderskeibare sedelike en morele verval van die beoefenaars daarvan! Alexander, so lyk dit vir my, het nie juis in vrouens belang gestel nie, hy het sy seks pret by `n ander man gesoek en gekry. Sommer so terloops, dit lyk uiters waarskynlik dat hy en die vriend van hom eindelik in Persië aan Vigs dood is. 

Dan kan ons effens stilstaan by die Romeine. Hulle was as so iets moontlik is, wilder as die Grieke. Kyk na Cleopatra. Die oorlewering wil dit hê dat sy nie eens mooi was nie. Ja, ek weet sy was nie `n Romein nie, sy was Egipties maar twee belangrike Romeine het met haar gelol. Dit word gesê dat alle katte grou is in die donker maar so `n kat moet iets meer of anders hê as net daardie soort grouheid. 

En die Romeine het so erg gefuif en met seks deurmekaar geraak as stokperdjie, tydverdryf of verslaafdheid dat hulle hulle Ryk as gevolg daarvan verloor het. Terwyl hulle hulleself in Rome vermaak het met jong seuns en nie aandag aan die beheer, bestuur en behoud van die Ryk gegee het nie, het hulle vrouens snags na die “barbare?” buite die grense van Rome gegaan en daar by hulle die pret en vermaak gekry wat die Romeinse mans nie meer kon of wou verskaf nie. Die Griekse vrouens daarenteen het padgegee na die eiland Lesbos en eenkeer per jaar `n paar mans van die vasteland gaan haal vir `n bietjie pret en om die voortplanting van die spesie te verseker.

Dis moeilik om te verstaan dat terwyl daar op dese aarde van ons niks mooier as `n vrou is nie dat mans in ander mans kan belang stel. As daar enigiets mooier as `n vrou is, is dit nog nooit gesien nie. Alle vrouens is mooi – hier en daar is daar een wat miskien `n bietjie mooier is as die meerderheid – kyk maar mooi.  Ons kan net so vlugtig `n draai in Europa en Brittanje maak – na die tydperk van die  Grieke en Romeine. Hoeveel oorloë is deur die eeue in daardie geweste gevoer juis om `n vrou of vrouens. Hoe dikwels is hulle gebruik as die middel om mag en nog meer mag te bekom. 

En dan die arme Marie Antoinette. Die pragtige Oostenrykse prinses wat haar kop in Frankryk gaan staan en verloor het (letterlik) omdat die gepeupel kos wou hê en die middelklas meer mag en regte. 

En as u na die dinge so `n bietjie noukeuriger sal gaan kyk, sal u sien dat seks in almal teenwoordig was – onder draai die duiwel rond. Dis sommer so terloops; net om u eetlus oftewel u leeslus aan te wakker om meer uit te vind oor die mens se grootste swakheid.

Nou kan ons maar terugkeer na die Natalse Suidkus. Baie jongmense van die Witwatersrand het gereeld, veral in die winter soontoe gegaan met vakansie. Die hele jaar spaar hulle baie hard om vir twee of drie weke in die paradys te kan wees. Die paradys waar die slang `n welkome gas is.

Hulle het in die hotelle in mekaar se slaapkamers geboer. Daar het hulle dikwels nie eens die gordyne toegetrek nie en toevallige verbygangers kon dan dikwels tonele aanskou wat na bewering `n pornografiese film ietwat mak sou laat lyk het. 

Bedags op die strande het die spulletjie hulle nogal goed gedra. Die meisies het op die strande gelê en bak en af en toe geswem. Daar was toe al bikinis  en baie van die asters het die goed gedra. Die met `n beter begrip het die eenstuk swempakke gedra want hulle het geweet dat hulle `n mooi vulletjie se liggaam baie beter en treffender ten toon stel as die bikinis. 

Hulle het selde gemaak asof hulle verdrink of dat hulle in die moeilikheid is (dis nou in die water) om sodoende die lewensredders se aandag te lok, want dit was gewoonte om saans en snags al die nodige aandag van hulle te kry. Natuurlik was daar nie genoeg lewensredders vir al die meisies nie en kon die Vaalpens besoekers ook genoeg meisies kry.

Die bymekaar boerdery in die slaapkamers het vir die hotel bestuurders en die polisie `n groot probleem geword. Hulle was tog immers die beskermhere van die volk se sedes en moraliteit. Stry nou – sê/vra net: “wat het hulle daarmee uit te waai, `n mens kan mos maak wat en soos jy wil, niemand het daar enigiets mee te doen nie.” Ek gaan nie nou saam stry nie. Dis `n lang-lang storie en `n mens kan wye draaie met die ding loop.

Die polisie en die hotel bestuurders het koppe bymekaar gesit en die polisie belowe toe dat hulle al die moontlike ondersteuning aan die hotel bestuurders sal gee as hulle die onsedelikhede wil bekamp. Die kelners word toe opdrag gegee om dop  te hou en as hulle jong mans en meisies bymekaar in enige kamer kry, moet hulle dit dadelik aan die bestuurder rapporteer.

Die Southern Cross Hotel by Scottburgh was `n baie gewilde hotel. Dit was ook `n mooi hotel en die tuin was aantreklik en goed versorg. Opvallend was veral die palmbome. Hulle was oud en baie hoog. Die hotel het goed gesorg vir die vermaak van sy gaste en het gespog met `n baie imposante dansbaan. Destyds het die diskoteke nog nie bestaan nie. Daar was toe nog nie mense wat met `n spul plate en elektroniese speel apparate met yslike luidsprekers wat jou ore  van jou kop af blaas, om te sorg vir die musiek nie. Die blitsende, flitsende, rollende veelkleurige ligte het nog nie bestaan nie. Die musiek was, by die soort plekke, verskaf deur `n werklike orkes.

 Om ongeveer nege uur een nag kry `n paar kelners drie jong mans  by drie  jong meisies in afsonderlike kamers. Hulle was dom genoeg om drankies na die kamers te bestel. En dit na al die waarskuwings oor wat alles gaan gebeur met mense wat hulle nie wil of kan gedra nie.

Hulle het vir die bestuurder gaan roep en hy gee die drie jong mans opdrag om die hotel dadelik te verlaat – almal was toe gaste by die hotel. Hulle stry en praat mooi maar die bestuurder hou voet by stuk. Hulle moet trap.

Hulle gaan pak hulle goed en dit neem lank. Eindelik is alles klaar gepak en in die motor – die drie het saam daar aangekom. Hulle het lank gesloer en eers rustig die drankies wat hulle bestel het maar nie saam met die meisies kon drink nie, na hulle kamers geneem en dit tydsaam en uitgerek gedrink. 

Na `n lang ruk is hulle goed gepak en is hulle gereed om te ry. By die motor staan hulle rustig rond en bekyk die wêreld om hulle baie goed. Die hotel is stil. Dis donker behalwe vir die buite ligte. Die kroeë het destyds om tienuur saans gesluit. 

Terwyl hulle so getalm en tyd met die pakkery verspil het, het hulle planne gemaak om die hotel bestuurder `n les te leer. Hulle stap na drie van die mooiste palmbome wat daar groei. Die bome is al baie oud en troon hoog in die lug op – hulle kruine soos groot lewendige sambrele oor die mooi grasperk.

Elkeen grawe die grond om `n palmboom los tot `n diepte van ongeveer ses duim. Om elke palmboom in die voor sit hulle `n paar stokke dinamiet, maak `n lont en knaldoppie vas, krap die los grond bo-oor en klim in die motor en ry weg. Hulle was myners en waarom hulle dinamiet saam gekarwei het, het hulle self nie mooi geweet nie. Myners het nogal dikwels sulke onbesonne dinge aangevang.

Om een uur die oggend word almal in die hotel en die omtrek wakker gemaak deur drie harde knalle, erger as donderweer, toe die dinamiet ontplof. Toe die bestuurder eindelik herstel van die skok en buite gaan kyk, sien hy die drie palm bome treë weggeslinger met wortel en tak – of is dit blare?- uit die aarde geruk. 

Kliek hier om die eBoek verder te lees!

Google

Afrikaanse eBoeke dossier 2

November 28, 2012 in Uncategorized

Afrikaanse eBoeke dossier 2

Kliek hier om eBoeke Dossier: 1 te lees

Dit is die vrees van menige nuwe skrywer dat hulle nie ‘n uitgewer gaan vind om hul boek uit te gee nie. Wat as die woorde wat die voornemende skrywer in die middel van die nag uitworstel te lig gevind word deur uitgewers. Jacqui Murray skryf dat sy nooit haar eerste soen en eerste afwysbrief sal vergeet nie. Volgens Jacqui is die frustrasie wat skrywers ondervind om hul werk gepubliseer te kry vinnig besig om te verdwyn met die uitgewersbedryf wat so vinnig verander.

Selfpublikasie maak baie deure oop wat vroeër streng beheer is deur die tradisionele uitgewers. Jacqui het in haar skrywersloopbaan haarself die vraag veelmaal afgevra: hoekom stel ‘n uitgewer nie belang nie – is haar werk nie goed genoeg nie?

Die realiteit van die huidige ekonomiese situasie is dat uitgewers dit slegs kan bekostig om topverkopers uit te gee. Dit neem gewoonlik twee tot drie boeke voor ‘n skrywer ‘n topverkoper skryf en die tyd is verby dat ‘n uitgewer ‘n skrywer ondersteun tot sy spreekwoordelike skip inkom. Uitgewers soek skrywers wat VANDAG suksesvol is.

Dit nie nodig dat skrywers moet opgee as hulle nie oornag ‘n blitsverkoper op die mark het nie. Die goeie nuus is dat daar ‘n groot vraag is na bekostigbare eBoeke. Baie boeke wat deur tradisionele uitgewers afgekeur word is suksesvol in die eBoek mark. Vir die meeste skrywers is skryf ‘n stokperdjie, wat hulle doen omdat dit hulle passie in die lewe is. Hierdie skrywers sal duisende rande per maand wil verdien met hul skryfwerk maar is tevrede met ‘n paar honderd rand. Agente van uitgewers in die teendeel glo dat daar slegs ‘n mark is vir blitsverkopers.

Hier is die uitdaging van selfPub om ‘n nis mark te vind van lesers wat nie kan wag om jou eBoek te lees nie. Selfs ‘n groot internasionale uitgewer soos Penguin, VSA begin die integrale rol wat selfPub in die besigheid speel raak te sien. Penguin, VSA het aangekondig dat hulle ‘n selfPub-diens gaan begin aanbied deur Book Country , hul aanlyn sosiale gemeenskap. Molly Barton die president van Book County is van mening dat daar ‘n groeiende hoeveelheid skrywers is wat direk na hul lesers toe wil gaan met hul eboeke. Book County respekteer hierdie nuwe realiteit en het eerder besluit om selfPub te ondersteun met die toepaslike tegnologie. Molly glo selfpub is ‘n neiging wat nie gaan verdwyn nie.

Daar is vier (4) tipes van publikasie: Selfpubliseer, Tradisionele uitgewers en e-publiseer

Tradisionele uitgewers:

Hierdie was in die verlede die enigste manier om te publiseer. ‘n Skrywer sou ‘n boek skryf, dit finaliseer en die manuskrip na verskillende agente toe stuur. As ‘n agent belang stel, sou hy ‘n ooreenkoms met die skrywer aangaan en ‘n uitgewer vir die boek kontrakteer. In Suid-Afrika was daar ook die praktyk om ‘n manuskrip direk te stuur na ‘n uitgewer. Indien ‘n uitgewer die manuskrip aanvaar, was hulle verantwoordelik vir die redigering, taalkundige versorging , buiteblad en bemarking. Die uitgewer het geen betaling van die skrywer verwag nie en het hul gedeelte uit die omset van die boek ontvang. Volgens PopularSoda.com was die proses nie altyd deursigtig nie en het die persoonlike voorkeure van die redakteur ‘n groot rol gespeel. Van die mees suksesvolle boeke van ons generasie is ‘n paar keer deur redakteurs afgekeur voor dit met groot sukses gepubliseer is.

E-Publiseer:

 E-publiseer beteken eenvoudig dat ‘n eBoek elektronies gepubliseer word. Daar is partykeer ook ‘n gedrukte weergawe van die eBoek. Die e-Publiseer het die speelveld gelyk gemaak, ‘n groot onderneming kan miljoene rande spandeer aan ‘n spog uitgawe of ‘n skrywer kan sy eie eBoek van sy huis af reg oor die internet versprei.

Ego- publiseer:

Volgens PopularSoda.com is ego-publikasie wanneer ‘n skrywer ‘n voltooide manuskrip verskaf aan ‘n ego- uitgewer en duisende rande uitgee waar ‘n redakteur basies die boek oorskryf en die skrywer min beheer het oor die finale produk het.

Selfpubliseer:

Die skrywer gee self sy boek uit en is in beheer van die totale proses van publikasie van redigering, buiteblad ontwerp tot bemarking. Dit beteken natuurlik nie dat die skrywer alles self doen nie, maar hy besluit van wie se dienste hy gebruik maak en hoe dit gedoen moet word. By myafrikaans.com is die skrywer in beheer en besluit watter dienste hy benodig en wat sy begroting is. Die skrywer het direkte toegang tot sy lesers. Die skrywer besit die kopiereg is sy boeke en besluit waar en wanneer sy boeke verkoop sal word. By ‘n tradisionele uitgewer kan dit enige iets neem van 12 -15 maande voor ‘n boek verskyn. By selfPub- uitgewers soos myafrikaans.com kan ‘n eBoek binne 3 tot 4 weke verskyn. Waar skrywers by tradisionele uitgewers slegs ‘n fraksie van die verkoop van die boek ontvang, ontvang hulle by selfPub-uitgewers 70% van die verkooprys en by myafrikaans.com selfs 80%!        

Google

SelfPub van eBoeke 1

November 24, 2012 in Uncategorized

Waarom Afrikaanse eBoeke?

eBboeke het vinnig die voel-voel begin fase verby gesteek en vandag verkies miljoene lesers eBoeke bo die gedrukte boek. Stap net in Europa en Amerika deur enige aankomssaal of koffiewinkel en sien hoe lesers die nuutste topverkoper roman, tydskrif of self strokiesprente geniet op hul eLeser, Android-toestel, Ipad of slimfoon. As lesers gevra word hoekom hulle digitale teks verkies word die volgende redes opgenoem: bekostigbaarheid, gerief, die draagbaarheid van die eLees-toestelle en toeganklikheid tot miljoene eBoeke met die druk van ‘n knoppie.

Dit nog nie nodig om jou boekrakke by ‘n motorhuisverkoping aan te bied en braaivleis met die boeke te hou nie maar eBoeke is besig om vinnig veld te wen.

Die groei van die eBoek-mark in Amerika behoort vir ons ‘n aanduiding te verskaf van wat die res van die wêreld te wagte is. 21% van volwasse Amerikaners het die afgelope jaar ‘n eBoek gelees en wat verbysterend is dat eBoek-lesers ‘n gemiddeld van 10 boeke meer gelees het as die gewone leser per jaar. Die digitale rewolusie verander ons leesgewoontes en keer die uitgewersbedryf op sy kop. Lesers gryp die digitalisering van boeke aan en lees meer omdat eBoeke nou werklik met mobiele Internet uit die lug gegryp kan word, waar jy ook al is. Mense met eLesers verkies ook om eerder ‘n eBoek te koop as om dit te leen. Lesers lees ook nie slegs eBoeke op eLesers nie: 42% het dit op ‘n persoonlike rekenaar, 41% op ‘n eLeser, 29% op ‘n selfoon en 23% op ‘n tabled-rekenaar gelees.

Wat interessant is dat die aanhangers van eBoeke ook nie opgehou het om gedrukte boeke te lees nie, 88% van mense met eLesers het laas jaar ook ‘n gewone boek gelees.

Die eBoek-mark ontploffing wat vir hierdie Desember verwag word in Suid-Afrika het reeds in 2010 in Amerika plaasgevind met die volgende gebeure:

  • Apple stel sy rewolusionêre iPad bekend en verkoop 3 miljoen toestelle in 80 dae! Nooit was dit makliker en lekkerder om digitale inhoud soos eBoeke te verbruik nie.
  • Amazon verlaag die prys van hul Kindle-leser na $189 wat dit toestel binne die bereik sit van die massas.
  • In Julie 2010 maak Amazon bekend dat hulle 143 eBoeke teenoor slegs 100 hardebandboeke verkoop het die vorige 3 maande.

  • Gedurende die laaste 3 maande van 2010 verkoop Amazon meer eBoeke as sagtebandboeke.

  • Mei 2011 reik Amazon ‘n persverklaring uit dat meer eBoeke verkoop is die afgelope jaar as sagteband- en hardebandboeke gesamentlik.

Daar word verwag dat die bekendstelling van die Kobo-leser net voor Kersfees in Suid-Afrika teen slegs R996 die selfde gaan beteken vir die Suid-Afrikaanse eBoek mark.

Google