Avatar of Kevin D

by

Bokke moet pasop vir manne in rompe!

November 14, 2012 in Uncategorized

Yeah, yeah. The Scots is a country and team that most Saffas struggle to take serious as real competitors. The ‘William Wallace’s are always seen as a sure victory when the green and gold tour up north.

The world champions put 50 points on them, however, the Springboks will struggle to do that. England is always the biggest UK threat; however, Scotland has more victories against the Boks, yes, more than Ireland or Wales.

The Boks won 16 /21 with the last lost in 2010. Other times when the bag pipes made huge noises were in 1906, 1965, 1969 and 2002.

Om eerlik te wees; Fuhrer Kampstaaldraad Rudolph Straueli, se Bokke was sommer eerlik waar meer blesbokke as Springbokke. Met voorspelers soos Wessel Roux, Deon Carstens, Marco Wentzel (Meyer het hom nou ook binne SOS noodlyne benader, nee wragtig) en  Pierre Uys sou meeste internasionale pakke kans gesien het vir die Bokke.

Die Bokke se verouderde wedstrydplan en benadering is alombekend. Heyneke Meyer is tans die grootste SondeBok in die Bokkraal. Sy span/groep keuses is al sedert Mei verdag, provinsialisties en basies swak. Laas week regverdig hy Schalk Brits (die nuwe Bodb Skinstadt) se keuse bo Deon Fourie, is omdat Brits daardie x-faktor impak sal maak vanaf die bank. Realisties was Brits net op die bank en as hy nie die witlyn gaan kruis nie, is sy impak maar dieselfde as die passievolle ondersteuners in die pawiljoen.

Die Bokke se agterspel is skandalig veral inaggenome dat hul tans die naas beste span op die planeet is. Meyer het wel nou, ‘n stewig vulkaan-oond-agttal, maar selfs die spoeg nie altyd die nodige lawa nie. Die Iere het daai vlamme koud gehad in die eerste helfte; tog is die Bokpak nie een wat sonder handskoene aangepak moet word nie. Die pak sal in die toekoms nog seerder brand as Bismarck du Plessis, Andries Bekker, Beast Mtwarira en Schalk Burger ook weer inaanmerking geneem kan word. Maar dit is agter waar Bok se kind geen spring het nie!

Die probleem is eerstens ‘n skrummie wat flink kan dienslewer maar ook gereeld verdedigers rondom die losgemale kan eerlik hou. Ruan Pienaar pas in Heyneke Meyer se waansin skoprugby-patroon, maar dit gaan nie werk nie. Francois Hougaard is ‘n klein ettertjie met bal onder die arm maar sy primere taak (veral na sy regterkant) is nie toetsvlak standaard nie. Hier is dit mos waar die Bokagterlyn afrigter….hmmmm…wat is sy naam nou weer….hmmmm. jul weet mos, daai ou van die Bulle….sy geld moet verdien en Hougie leer ordentlik, akkuraat en vinnig te kan uitgee! Juis agv hierdie twee spelers dink ek dit sou goed gewees het om vir Jano Vermaak Saterdag teen die Skotte los te gelaat het. Die arme man het skaars gespeel vanjaar want hy was by elke Bokkamp met duikskerms in die arm!

Die ander kommer is Meyer se dom-astrantheid om nie vir Juan de Jongh te speel nie. Jaco Taute wil en is ‘n heelagter. Ja, hy het potensiaal om wel in ‘n senter te ontwikkel maar moet die vaardighede gaan leer op Curriebeker en Super15 vlak; dan as hy dan ‘n reuse sukses is speel hom dan daar in toetse. Het Meyer nie geleer hoe die All Blacks  vir Christian Cullen ook  gemors het deur hom tydens die ‘holy grail 99′ te gaan senter speel het nie? Meyer se keuse voor Taute, JJ Engelbrecht was net so mislukking. De Jongh en Gio Aplon is glo ook in onguns omdat hul tierlantyntjies uithaal as hul vyfpunters behaal. Onthou Meyer ken nie die nuwe generasie van waar spelers ook emosie mag toon nie; basta nog dat hul te veel ritme het vir Meyer wat seker net Steve Hofmyer en Kurt Darren ‘trekke’ in sy kar het!

Verkrampt seg ek jul!

Add Comment Register



Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>