Stormers Storm nie meer
July 31, 2012 in Uncategorized
Ons is die Suiderkruis se Stormers
Die Burger roep ons: storm saam
Maar sonder Markie Lawrence
Verloor ons daai grote naam
Coetzeetjie glo vergeet die scoring
Dis tog alte vreeslik boring
Ons gaan vir die lekker penalties
op ‘n skinkbord van die engeltjies
Ai tog waar was onse Craig Joubert
So naby tog so bitter ver
Allenig op ons Nuweland
Hier by ons eie berg en strand
Hier voor ons Tant Helen Zille
En dit nie eers teen die blerrie bulle
Ons verdien tog nie die drama
Hier in ons eie bakermat
Ons het gekoop dan die groot Habana
Iets is duidelik nie in rat
Eendag weer die grote Stormers
As ons net eers weer in vorm is

Recent Comments